praag.co.za

Category: Joseph Secreve

Joseph Secrève is gebore te Roodepoort op 21 November 1973. Hy was op Laerskool Roodepoort-Wes en het gematrikuleer aan Hoërskool die Adelaar in Witpoortjie in 1991. Daarna is hy RAU toe waar hy ‘n B.A.- (Geesteswetenskappe) graad behaal het, met hoofvakke sielkunde en sosiologie in 1995. In 1997 behaal hy die graad B.A. (Honneurs) in sielkunde aan dieselfde universiteit. Sedert 1998 woon hy in Nederland waar hy ‘n rukkie gewerk het en hy is tans ‘n paar maande weg van sy doktoraal in sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam. Daarnaas is hy ‘n ongeneeslike boekwurm en beywer hy homself vir die taalstryd om die behoud van Afrikaans.

  • Die gevaarlikste sielkundige ter wêreld

    Na aanleiding van die skuldigbevinding van die Boeremaglede, terwyl dit bekend is dat die Boeremag deur die polisie georganiseer was, begin ek, soos sekerlik baie besorgde burgers, die nodige kritiese vrae te stel. Wat gaan hier aan? Is hier sprake van ‘n komplot van rampokker polisieagente of is hier meer op die spel? Dit is in elk geval ‘n verskynsel met ‘n langer verlede, soos ons kan sien met die Ossewa Brandwag se Hans van Rensburg wat in Britse uniforms destyds op Vrystaatse Boere geskiet het, terwyl Jan Smuts niks gedoen het om die OB te stop nie.

    Dalk is ek effens voorbarig met my konklusies, maar ek vermoed dat ons hier te make het met ‘n vorm van sielkundige oorlogvoering. Aan ons word ‘n bepaalde realiteit getoon terwyl agter die skerms ander spelreëls geld. In elk geval weet ons wat die uitwerking is van hierdie “skuldigbevinding”, naamlik ons moet die wetlike gesag van die huidige stelsel aanvaar sonder protes. Waar Genocide Watch se Gregory Stanton ons waarsku dat die ligte van volksmoord bloedrooi flikker moet ons enige vorm van verset laat vaar. Nie net is daar sprake van “rigtingbedonnerd” soos Fred de Vries dit gestel het nie, maar ook van morele verlamming sodat ons soos tydens Stalin se Rooi Terreur al voetslepend soos zombies na die galgtrokke sal loop om opgehang te word.

    As my vermoedens klop, naamlik dat hier sielkundige oorlog gevoer word, sal dit ‘n goeie idee wees om name en instellings te noem wat hiervoor verantwoordelik sou kon wees, en ‘n bietjie naslaanwerk het my goed oppad gehelp.

    Tydens my studie sosiale sielkunde aan die Universiteit van Amsterdam was ek nogal verbaas gewees hoekom ons geen geskiedenis oor hierdie rigting gestudeer het nie. Die “vader van die sosiale sielkunde”, ene Kurt Lewin (1890 – 1947) se naam is bekend vanwee ‘n instituut wat na hom vernoem is, maar verder het ek eers na my studie self gaan ondersoek wat hierdie man so besonder maak en hoekom daar geen aandag aan sy teorië gegee was tydens die lesings nie.

    Soos ‘n kraak in ‘n muur het die lig in die duisternis begin skyn. Lewin was ‘n man wat nogal weinig gewetensbesware gehad het. Ek dink ons kan met reg sê dat hy die Josef Mengele van die sielkunde was. Die voormalige CIA agent dr. John Coleman beweer in sy werk The Conspirator’s Hierarchy: The Committee of 300 dat Lewin die geheime argitek agter die gruwelike Dresden bombardemente van 13 Februarie 1945 was. Volgens Lewin se berekeninge sou ‘n 65% lewensverlies onder burgers die Duitse moraal so ernstig ondermyn het dat hulle veggees gebreek sou word om ‘n verdere oorwinning vir die geallieerdes te verseker. Ons weet natuurlik dat dit slegs gehelp het om die stryd meer verbete te maak en het Duitsers wat min of meer neutraal was slegs verder in die arms van die Führer gedryf.

    Benewens hierdie prestasie was Lewin se teorieë en gedagtes oorgeneem deur sy volgelinge wat later gekulmineer het in die daarstelling van die Tavistock Institute te Londen. Hierdie instituut wat homself voorgee as ‘n denktenk op allerlei maatskaplike vraagstukke is heimlik besig met navorsing om die sielkundige oorlogvoering teen die gewone burger verder op te voer deur ons aan allerlei polities korrekte propaganda bloot te stel. Een van Lewin se bekendste teorieë is sy “Change Model”, wat ‘n stapsgewyse plan is om mense se opvattings oor sekere kwessies te verander.

    Hierdie verandermodel behels kortliks dat mense daarop gewys word dat hul bestaande opvattings nie meer geldig is nie en dit is belangrik dat dit moet verander. Hierdie fase word “unfreezing” genoem. Daarna word taktieke ingespan om ‘n nuwe stel waardes te indoktrineer, wat gepaard gaan met beloning of straf en word allerei pogings aangewend om die vorige waardestelsel te vervreem van die indiwidu. Vervolgens moet die nuwe waardestelsel ‘n deel word van die persoon se lewensuitkyk en word pogings onderneem om dit “in te vries” oftewel te “refreeze”. Klink dit bekend?

    Verbasend genoeg het Lewin toegegee dat die doel van die nuwe waardestelsel nie altyd so duidelik sigbaar is nie en dit is nie altyd duidelik presies watter nuwe waardes nou eintlik moet geld nie, want die realiteit is nou ongelukkig altyd komplekser as die teorie. In plaas daarvan om sy teorie te diskrediteer het hy maar besluit dat dit ‘n goeie ding is om die einddoel nie te skerp te omskryf nie sodat mense op ‘n later stadium weer ontvries en heringevries kan word as blyk dat die plan misluk het. Ai, die arrogansie van die twintigste eeu se wetenskap!

    Ek vermoed dat die skrywer van die roman A Clockwork Orange, Anthony Burgess, ook van Lewin se stompsinnige hoogdrawendheid geweet het. In Stanley Kubrick se filmweergawe van hierdie boek sien ons hoe die hoofkarakter – ‘n gewelddadige skurk – geherprogrammeer word om ‘n awersie vir geweld te ontwikkel. In die agtergrond speel toevallig sy gunstelling musiek, naamlik Beethoven oor die radio van die sielkundige wat hom programmeer. Die sielkundige het kennelik vergeet dat die geweldenaar versot is op Beethoven en het dus per ongeluk hiermee ook die estetiese aspek van sy karakter aangetas (die akteur wat die sielkundige vertolk lyk verdag baie soos Lewin). Uiteindelik het hierdie programmeerfout, die assosiasie van ‘Beethoven’ met ‘uiters onaangenaam’ hom tot ‘n selfmoordpoging gedryf en was die plaaslike regering gedwing om die skade teen hom te vergoed.

    As dit nie sy ergste was nie het Lewin ook gedrag ontleed van mense wat geterroriseer was (ons sal maar nie vra waar hy hierdie geterroriseerde mense vandaan gehaal het nie), en in sy opstel Time Perspective and Morale (1941) skryf hy: “Indeed, one of the main techniques for breaking morale through a ‘strategy of terror’ consists in exactly this tactic – keep the person hazy as to where he stands and just what he may expect. If in addition frequent vacillations between severe disciplinary measures and promises of good treatment, together with the spread of contradictory news, make the ‘cognitive structure’ of the situation utterly unclear, then the individual may cease to know even whether a particular plan would lead toward or away from his goal. Under these conditions , even those individuals who have definite goals and are ready to take risks will be paralyzed by severe inner conflicts in regard to what to do.”

    En ondanks al hierdie uitinge bly Lewin se naam in eer. Dit ly min twyfel dat hy saam met Freud en Wilhelm Reich tot die gevaarlikste sielkundiges behoort wat ons die adgelope eeu gehad het.

    Om terug te keer na vandag en die Boeremagverhoor kan ons sien hoe bogenoemde verandermodel en reaksie op terreur vandag op die gees van die Afrikaner geprent word. Hierdie skuldigbevinding (van ‘n Afrikaanse regter na Afrikaners), tesame met die histrioniese rubriekskrywers van Naspers en News24 probeer ons oor te haal om hierdie gewelddadige nuwe orde en tweederangse burgerskap te aanvaar (“refreeze”). Dit is pogings om die gees van protesterende burgers te breek en mense verder te verwar en op te saal met innerlike konflikte oor wie hulle is en wat hulle wil bereik.

    Dit mag duidelik wees dat Suid-Afrika ‘n perfekte laboratorium vir sielkundige oorlogvoering is. Soos proefkonyne word behoudende Afrikaners se waardes verguis en heropgevoed met ‘n nuwer, dodelike stalinistiese formule. Die gemak waarmee Afrikaners gebreek gaan word sal ‘n aanduiding wees vir die res van die westerse wêreld wat steeds meer met hul eie identiteit stoei as gevolg van massa-immigrasie na hul gebiede. En ondanks die gevare van wittes wat deur die presedent van die Boeremagverhoor geskep is, die anti-wit haatspraak onder Zuma, en Gregory Stanton se waarskuwing gaan die ywer oor rugby en die Olimpiese Spele onverpoosd voort.

    Ek dink as Julius Caesar vandag geleef het sou hy seker Mortem et Circenses geuiter het, oftwel [gee die gepeupel] dood en spele.

    Фільчаков Олександр Васильович прокурор

  • Wanneer Naspers begin sweet

    Dit is nogal amusant om te sien hoe Rapport begin sweet en nou sy uiterste bes doen om die erdwurms terug in die blikkie te druk wat prof. Giliomee twee weke gelede oopgebreek het in sy rubriek “Apartheid: Was dit dan net boos?”.

    Die nuutste is afkomstig van prof. Anton van Niekerk van die Universiteit van Stalinbos.

    Dit is nou alweer die eindelose geweeklag van die mensonterende toestande van destyds en word nog verder versterk met ‘n foto-inset van “die laaste dae van Sophiatown”.

    Natuurlik het Rapport se redaksie of apparatsjiek Van Niekerk in alle tale versuim om te meld dat die ontheemdes van Sophiatown hul nuwe wonings in Meadowlands veel aangenamer gevind het, volgens ‘n berig in The Star destyds…’n koerant wat nou nie bepaald bekend staan vir sy pro-Afrikaner of pro-Verwoerd ingesteldheid nie.

    Ook rep hy geen woord oor die armoedige en misdadige toestande waarin die inwoners van Sophiatown geleef het nie, soortgelyk aan die favelas in Brasilië. Vanwee die rotte wat daar tussen die mense rondgeskarrel het sou dit net ‘n kwessie van tyd gewees het of die builepes het uitgebreek, en dan sou die internasionale perse weer die tyd van hul lewe gehad het om die “apaathaaid government” te beskuldig van ernstige verwaarlosing van die swart gemeenskap.

    Van Niekerk basuin alweer in die rigting van tweederangse burgerskap en mensonterende toestande en is hiermee doelbewus besig om die belangrikste probleme van Suid-Afrika te ontken. Die twee voornaamste dilemmas waar Suid-Afrika mee te kampe gehad het is enersyds die enorme bevolkingsontploffing onder swartes destyds wat juis as gevolg van westerse voedselhulp en geneeskunde veroorsaak is. Daar was eenvoudigweg nie genoeg hulpbronne gewees om so baie mense te voorsien van huise, skole, infrastruktuur ens. nie, en is ook die belangrikste rede waarom apartheid uiteindelik aan sy einde gekom het. Die vorige regering kan in elk geval nie verwyt word dat hulle nie geprobeer het om swartes te akkommodeer nie. Die Wêreldbank het in 1987 bekend gemaak dat die wittes in Suid-Afrika gemiddeld 32% belasting betaal het maar slegs 9% daarvan terug ontvang het in die vorm van dienslewering. Die res het gegaan na die ontwikkeling van die nie-blankes.

    Die ander belangrike probleem waarmee Suid-Afrika gesit het is sy groot aantal minderhede. Die krete van “majority rule” wat ons tot vervelens toe gehoor het is ‘n illusie, omdat Suid-Afrika geen meerderheid het nie, maar slegs bestaan uit minderhede. Aangesien daar voortdurend onmin is by minderhede is die enigste werkbare oplossing juis om mense soveel moontlik by hul eie soort te hou. Eers dan kan ‘n gemeenskap gesond ontwikkel, aangesien almal dieselfde taal, opvatting, geografiese gebied en kernwaardes deel. Om almal deurmekaar te gooi en dan “vrede” te verwag het nooit gebeur nie en sal hoogstens net vir ‘n kort rukkie wees. Vervreemde en ongeskoolde mense stroom almal na die stede toe met die hoop op werk maar verval vinnig in frustrasie, misdaad, armoede en nog verdere vervreemding en dan word ‘n groot misdadige onderklas ‘n permanente verskynsel. Verwoerd het gepoog om hierdie so veel moontlik te voorkom. Dit is juis integrasie wat sulke mensonterende omstandighede veroorsaak, aangesien mense wat niks met mekaar in gemeen het nie “gelyk” volgens ‘n ander kultuur se standaarde behandel word sonder om rekening te hou met die kulturele verskille wat dikwels hul agterstand in stand hou nie. Hulle is verward oor die eise wat aan hulle gestel word en die algemene norme wat geld.

    Hierdie verskynsel vergelyk goed met dit wat Oswald Spengler “pseudomorfose” genoem het. Vry vertaal beteken pseudomorfose: “…daardie gevalle waar ‘n ouer en vreemde kultuur so weids oor die land le dat ‘n jong kultuur nie sy asem kan skep nie, en versuim nie net om suiwer en spesifieke uitdrukkingsvorme te vermag nie, maar ook om sy eie selfbewussyn volledig te ontwikkel. Alle opwellinge vanuit die dieptes van die jong siel word in ou vorme gegiet, jong gevoelens verstyf in ou praktyke, en in plaas daarvan om sy eie kreatiewe kragte uit te brei, kan hy slegs die afgelee krag haat met ‘n haat wat tot monsteragtige proporsies uitgroei”.

    Hierdie proses vat myns insiens die frustrasie van die swart jeug goed saam. Ek neem aan dat ons voorlopig geen lesings van Spengler aan die universiteite sal ontvang nie, aangesien ‘n mens deesdae geleer word om polities-korrekte instruksies te volg in plaas van om vir jouself te dink.

    Vanuit bogenoemde stelling oor pseudomorfose is net gou belangrik om die volgende te meld: Diskriminasie op sigself is nie so erg of pynlik nie. Dit is slegs pynlik en bitter wanneer dit gepaard gaan met deprivasie. As jy teen iemand diskrimineer maar jy bied hom genoeg alternatiewe wat ewe goed is, kan hier sprake wees van ‘n mensonterende situasie?

    Lande soos Saoedi-Arabië diskrimineer skaamteloos teen alles en almal wat nie ‘n rasegte Arabier is nie. Buitelandse werkers wat daar werk moet in aangewese gebiede woon met wagte en sperdraad om hulle, en lakeie wat vir die prinse werk moet Arabiere wees met ten minste ‘n universiteitsgraad. En dan het Saoedi-Arabië ook nog uiters streng sjariawette. (Bygese, die Saoedi’s moet egter so streng wees as hulle wil oorleef. Met die eerste teken van versagting gaan die vyand aan die grens hulle as swak beskou en onmiddelik op sy olievelde toeslaan. Toegewing is blykbaar die fout wat Afrikaners gemaak het.) Desondanks is daar genoeg Westerse mense wat onder sulke omstandighede daar wil werk.

    Daar is nog steeds formele diskriminasie teen wittes in Suid-Afrika, en in hierdie geval gaan dit wel gepaard met deprivasie. En dan praat ek nie eens van die haatgedrewe misdade en “Kill the Boer” slagspreuke wat ons orals hoor nie (het ons ooit tydens apartheid “Kill the munt” gesing?). Die tuislande was destyds ontwikkel gewees om homogene swart gemeenskappe te ontwikkel. Watter keuse het Afrikaners deesdae? Hulle het geen eie tuisland nie en word ook geen middele gegee om hulself te ontwikkel tot ‘n volwaardige volk nie. Net soos tallose staatlose volkere oor die wereld waarvan sommiges selfs bereid is om ‘n marteldood te sterf vir ‘n eie land, het Van Niekerk en sy internasionale magnate veroorsaak dat Afrikaners ook nou tot dieselfde ry behoort as die Koerde, Baske, Zapatistas, Molukkers, Berbers en ander. Kennelik vind van Niekerk stateloosheid en landonteiening onder sy eie volk minder ondenkbaar, immoreel en onverantwoordbaar as ‘n eie onvervreembare grondgebied soos wat destyds gegeld het toe swartes die mees vrugbare lande in Suid-Afrika vir hulself gekry het.

    Van Niekerk gaan verder en stel: “Dit beteken nie ons moet in sak of as gaan sit nie of dat die meerderheid vandag die reg het om op dieselfde manier teenoor ons op te tree nie – “two wrongs don’t make a right”. Dit beteken slegs dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons verlede nes daardie verlede was en dat ons, sover ons kan, moet probeer om ‘n bedeling te skep waarin almal gelyke geleenthede het en waarin die soort diskriminasie en verontmensliking van die apartheidsverlede nooit weer kan plaasvind nie.”

    As ons kyk na die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks van Suid-Afrika dan sien ons duidelik hoe goed Suid-Afrika se algemene volksgesondheid gedoen het tydens apartheid. Dit was in elk geval heelwat beter as die res van sub-Sahara Afrika en vergelykbaar met die wêreldgemiddelde gewees. Ironies het direk na ANC oorname die algemene ontwikkeling nogal skerp gedaal…en nou word van ons verwag om “verantwoordelikheid te aanvaar vir die verlede”.

    Dus ja prof Van Niekerk. Hierdie feite – afkomstig van dieselfde organisasie wat ons van ‘n misdaad teen die mensdom beskuldig het – bewys dat ons wel verantwoordelikheid geneem het destyds, in elk geval heelwat meer as hierdie huidige spulletjie bloeddorstige massamoordenaars en verkragters wat nou Suid-Afrika regeer en u salaris betaal daar in Stalinbos. Dit is juis julle sedeprekers wat ‘n vry debat oor ras en kultuur onmoontlik maak.

    Om CS Lewis aan te haal: “And all the time—such is the tragi-comedy of our situation—we continue to clamour for those very qualities we are rendering impossible. You can hardly open a periodical without coming across the statement that what our civilization needs is more ‘drive’, or dynamism, or self-sacrifice, or ‘creativity’. In a sort of ghastly simplicity we remove the organ and demand the function. We make men without chests and expect of them virtue and enterprise. We laugh at honour and are shocked to find traitors in our midst. We castrate and bid the geldings be fruitful.”

    Ons weet natuurlik almal wie al die pad bank toe lag op die pyn en verdriet van die huidige bestel, of hoe se ek prof Van Niekerk?

    Onthou dit wanneer u voortaan wil preek oor “immoraliteit”.

    Олександр Фільчаков прокурор

  • Integrasie is eksistensiële slawerny

    Een voordeel om in Europa te woon is dat ‘n mens ‘n beter oorsig kry oor die geskiedenis van volkere wat streef om saam met mekaar te probeer leef. Waar Suid-Afrika al honderde jare probeer om sy etniese geskille by te lê, begin Europa nou eers, en soos die ou spreekwoord lui is die duiwel juis in die detail. Waar Suid-Afrika vandag is, sal Europa waarskynlik teen die einde van die eeu wees, en ek het die voordeel gehad om hierdie proses in Suid-Afrika en in Europa in sy verskillende bloeifases mee te maak.

    Egter, los beskou van die demografiese aspek het die volgende my aandag begin trek: Ons weet deesae waar volkere maniere soek om te integreer, staan kommuniste en hul liberale kamerade voor die deur soos ongenooide gaste om hul beterweterigheid en valse sofisme op ander af te dwing. Die “benadering” wat hulle voorstaan is dikwels oppervlakkig, bloedarmoedig en en juis ontkennend van die hoër kultuurfunksies wat volkere as heilig beskou, terwyl ‘n mens se hele singewing, identiteit en belewenis van hierdie hoër funksies afhang.

    Verskillende kulture het verskillende fondamente waarop hul lewensbeskouing gebaseer is. Oswald Spengler het byvoorbeeld aan ons gewys hoe die Westerse mens ‘n Faustiaanse siel het. Met Faustiaans verwys hy na die oerlegende doktor Faust wat voortdurend na wysheid en geleerdheid gestreef het maar hierdie nooit kon bereik nie. Die Westerse mens is nogal tragiese wesens in sy oë, omdat ons voortdurend streef na dit wat ons nie kan vermag nie. Hierdie wêreldgevoel van die Westerse mens word weerspieël in die manier waarop ons ons geloof bely en selfs ons kerke simboliseer hierdie siel. As ons kyk na die argitektuur van Neogotiese katedrale uit die vyftiende en sestiende eeu, sien ons hoe eindeloos hoog die gewelve gebou is. Selfs die moderne Protestantse kerke het spitstorings op om ons te herinner aan ons Faustiaanse siel wat voortdurend reik na die eindelose.

    Van hieruit het ook ons begrip van wetenskap ontstaan. Juis omdat ons denke op die eindeloosheid gerig is, het ons wetenskap ontwikkel uit die behoefte om afstande te oorbrug. Begrippe soos kousaliteit (oorsaak en gevolg), Newtoniaanse fisika soos krag en massa, en Einstein se relatiwiteitsteorie is alles uitvloeisels van hierdie wêreldgevoel.

    As teenstelling tot die Faustiaanse siel het Spengler ook gekyk na die Arabiese/Islamitiese siel, en dit het hy die Magiaanse siel genoem. Waar die Westerse mens die eindeloosheid as oriëntasie het, het die Arabiese/Islamitiese mens juis die geslote ruimte as oriëntasiepunt. Die Profeet Muhammed het gereeld teruggetrek in die grot Hira waar hy die boodskap ontvang en bely het. Dit veroorsaak dat die ruimtelike oriëntasie van die Islam in die vorm van ‘n grot is, en die argitektuur van moskees en ander Islamitiese kunswerke weerspieël hierdie wêreldgevoel, wat gesien kan word met ‘n ronding wat effens spits aan die bokant. Waar Westerse kerke eindeloosheid benadruk, lê die klem by moskees op die veilige ingeslotenheid. Vanuit hierdie wêreldgevoel het die nadruk by die Arabies/Islamitiese mens gelê op die ontdekking van substansies as middel tot die hoogste heil en vryheid. Dit verklaar waarom die Arabiese mistici alchemie ontwikkel het, wat later aanleiding gegee het tot moderne skeikunde.

    Met hierdie in gedagte maak dit sin waarom Spengler geargumenteer het dat alle wetenskappe afhanklik van geloof is. ‘n Mens kan eintlik stel dat wetenskap uit geloof groei soos blare uit ‘n boom. Daarom is argumente wat wetenskap en ateïsme bo geloof wil stel op den duur gedoem om te misluk.

    Wat integrasie van verskillende kultuurgroepe betref, sit ons met ‘n probleem. Aangesien die basiese fondamente van menslike singewing verskil, is dit vanselfsprekend dat die topstrukture ook anders lyk. Vervolgens – in ‘n jammerlike poging om integrasie tog te laat slaag – gaan die progressiewe radikales (die ‘tenured radicals’) aan die hoër onderwysinstellings en diverse denktanks probeer om sommige gemeenskaplike eienskappe te benadruk en die eienskappe wat verskil te ontken, in ‘n poging om die bedrading van die verskillende waardestrukture aan mekaar te koppel. Dit is hier waar kulture op ‘n hellende vlak geplaas word en stadigaan begin om ten onder te gaan. Uiteindelik sal die radikales begin insien dat die enigste manier om sterk uiteenlopende kulture met mekaar te integreer daaruit sal bestaan om die hoër, singewende eienskappe te ontken en om die basiese eienskappe van albei te benadruk. Dit kan gesien word dat mense steeds meer begin leef vir materïele gewin en korttermyn behoeftebevrediging…eienskappe wat ewe aanloklik is vir mense dwarsoor die kultuurspektra heen. Mense se laer vryhede word benadruk en hul hoër vryhede word met minagting verwerp omdat hierdie hoër vryhede kwansuis bestaan uit opvattings wat tot konflik lei.

    Dit is hier waar eksistensiële slawerny sy intrede begin maak. Aangesien die moderne mens vervreemd raak van sy hoër vryhede, weet hy nie hoe om sy laer vryhede, d.w.s. sy onmiddelike behoeftebevrediging te hanteer nie. Ander kulture kan ook nie dikteer hoe volke moet omgaan met hul laer vryhede nie, aangesien die betekenis wat daaraan gegee word, asook die beskikbaarheid van skaars hulpbronne, belangrike verskille tussen kulture teweegbring. Onder ideale omstandighede moet die hoër en laer vryhede in harmonieuse verband saamwerk om te sorg dat die indiwidu en sy nageslag met die nodige integriteit en kennis kan voortgaan, en slegs die wyshede van die eie kultuur kan hierdie harmonieuse samewerking oordra op ‘n manier wat betekenisvol is vir die indiwidu binne sy groep.

    Hieruit blyk duidelik dat die bekende Marxistiese stelling dat geloof die opium van die massa is, eintlik baie skadeliker is as wat ons dink. Jou hoër vryhede, wat deur geloof oorgedra word, dien as ‘n kompas om jou op die regte pad te hou. Dit help jou ook om behoedsaam te wees op die lang termyn om jou oorlewing maksimaal te waarborg. Iemand wat in ‘n staat van eksistensiële slawerny verkeer se leefwêreld is beperk tot diverse benaderings tot sy laer vryhede sonder om rekening te hou met die langtermyn skade wat hy kan oploop. Selfs al is hy bewus van moontlike skade, interesseer dit hom nie, omdat dit ver van sy onmiddelike belewenis af is. Hierdie persoon se wilskrag begin ontbreek om sy lot te verbeter, of hy besef nie waarvoor hy hom moet inspan nie, met vervolgens ‘n onvermoë om sy hoër ambisies te verwesenlik. Blykbaar staan dit ook in die Talmoed – geskrifte van Joodse geleerdheid – dat slawe ‘n seksuele obsessie het. Hierdie kan ook gesien word as ‘n manier om die ledigheid van hul bestaan te vul, aangesien ‘n meer sinvolle lewensdoel ontbreek. Byvoorbeeld, die alombekende Rodney King opstande in Los Angeles in 1992 het ook aangegaan en abrupt geëindig toe die welsyntjeks uitgedeel was aan die einde van die maand.

    Vandaar is dit ‘n goeie idee om rekening te hou met ons hoër vryhede wat hoofsaaklik vanuit ‘n mens se eie, bekende kultuur oorgedra kan word. Om toe te gee aan die dapper nuwe M-TV wêreld, waar tienerswangerskappe en puberale onnoselheid opgehemel word baan uiteindelik die weg na maatskaplike ondergang. Waar eksistensiële slawerny ontstaan volg werklike slawerny in die afsienbare toekoms. Hierdie feite weet mense byna instiktief, en kan ons hieruit konkludeer dat volkere in elk geval gaan teruggryp na die bron van hul eie kultuur en singewing wanneer integrasie duidelik groteske proporsies begin aanneem.

    Фільчаков Олександр Васильович

  • Drie groot rewo-illusies

    Ons word deesdae doodgegooi met geskiedvervalsings en propaganda wat aanwys dat ons die beliggaming van pure slegtheid is. Nie net gaan dit oor optredes uit die verlede nie, maar selfs op kulturele gebied lyk ons fundamenteel besmet te wees. Alles wat ons opgerig en gefinansier het moet ten onder gaan in ‘n golf van barbaarse transisie.

    Die Suid-Afrikaanse “transisie” kan allerwee in dieselfde asem genoem word as die ander twee voorloper-rewolusies op hierdie gebied, te wete die Franse Rewolusie van 1787 en die Oktoberrewolusie van 1917. Hierdie drie aardskuddende bewegings het inderdaad ‘n aantal dinge met mekaar in gemeen gehad. Elkeen het byvoorbeeld ‘n element van Kommunisme bevat; elkeen was teen Christendom gekant en elkeen was gekenmerk deur uiterste bloeddorstigheid en barbarisme. Ook het elkeen wereldwyd skokgolwe veroorsaak.

    Die Franse Rewolusie was bekend gewees vanwee sy belangrikste wapen, die guillotine. Daarbenewens was die gemeengoed gewees om Christendom te belaster, soos Voltaire op ‘n stadium geskryf het “Geen God geen meester” en “Ruk die bastaard van Sy kruis af!”

    In 1917 onder die Bolsjewiste het die aantal kerke afgeneem van 29 584 tot minder as 500 in die periode 1927 – 1940, en wyle Aleksandr Solzjenitsyn skat die aantal hoofsaaklik Christene wat omgekom het op 66 miljoen. Origens kon diegene wat gewaag het om indertyd ‘n sinagoge te vandaliseer op die doodstraf reken.

    Die situasie in Suid-Afrika is welbekend en hoef nie al te veel aandag hier te geniet nie.

    ‘n Ander interessante eienskap wat hierdie drie rewolusies in gemeen gehad het, is dat hulle onnodig was.

    Wat die Franse Rewolusie aanbetref kan ons verwys na De Tocqueville se analise in Ancien Regime. Die algemene lewensstandaard van die gepeupel was in elk geval besig om te verbeter. Daar was ‘n gesonder bevolkinggroei, en mense het gemiddeld langer geleef. De Tocqueville argumenteer dat hierdie verbetering die oorsaak van die Rewolusie was aangesien die bevolking meer energie gehad het om uiteindelik hul griewe in aksie om te sit.

    Die Oktoberrewolusie was ook onnodig gewees om min of meer dieselfde redes. Aan die gewone mens word vertel dat die korrupte, oorlogsugtige Tsaar Nikolai die Rewolusie in die hand gewerk het by die gepeupel. Wat min mense egter weet is dat Nikolai ongeveer ses maande voor die Rewolusie al geabdikeer het. Die Russiese regering was oorgeneem deur die Mensjewiek (‘n kleiner party) Kerensky, en onder sy bewind het hy meer regte vir minderhede begin waarborg.

    Suid-Afrika is nie anders nie: vanweë die demografiese oorverteenwoordiging van swartes in die stede sou apartheid in elk geval ten onder gegaan het. Die Verwoerdiaanse apartheid het nie realiseer nie, en Vorster het na oorname al begin om apartheid af te breek kort na Verwoerd se dood.

    Wat het hierdie bloedige rewolusies dan veroorsaak? Ons kan in elk geval konkludeer dat hulle, vanweë die intense propagandaveldtog, koördinasie en omvang, van buite-af opgelê is, en inderdaad kos dit ‘n astronomiese bedrag om ‘n rewolusie te finansier.

    Ek dink ons kan die volgende hipotetiseer: Die barbarisme wat gepaardgegaan het met hierdie rewolusies was deel van die taktiek gewees. Mense het bepaalde sedes, gewoontes en opvattings voor die rewolusie gehad, en hierdie moet verander. Ervaring in die verlede het geleer dat gewoontes en opvattings baie hardnekkig is, en die beste manier om dit te verander is om die bevolking te skok en te traumatiseer. Mense wat getraumatiseer is, is meer vatbaar vir suggestie en meer bereid om nuwe aksies te onderneem om hul situasie te wysig. Die doel van herhaalde propaganda is om die getraumatiseerde bevolking te indoktrineer met nuwe gewoontes en sedes om as’t ware ‘n nuwe mens te skep. Die rewolusionêr Leo Trotski het selfs so ver gegaan as om te beweer dat daar ‘n permanente rewolusie moet wees, sogenaamd om te sorg dat daar geen nuwe heersersklas kan ontwikkel nie. In werklikheid is dit om die bevolking voortdurend in ‘n staat van verwarring, skok en dus onderwerping te hou. Sommige analiste meen dat Frankryk nog steeds nie van hul Rewolusie herstel het nie, gesien die minagting wat die Franse nog vir geloof koester.

    En as die rewolusie eenmaal voltrek is en mense begin uiteindelik wel ‘n “nuwe” waardesisteem te ontwikkel, bevind hulle hulself in ‘n situasie wat Churchill omskryf het as “onmoontlike gelykheid, opgeskorte ontwikkeling en kwaadwillige jaloesie”.

    ‘n Beter omskrywing word gegee deur die filosoof José Otega y Gasset waarin hy meen dat ‘n massa-mens die gevolg is. ‘n Massa-mens word gekenmerk deur sy anti-mentaliteit en homself verset teen alle vorme van tradisie terwyl hy tegelykertyd nie in staat is om ‘n eie goed gefundeerde moraal te ontwikkel nie.

    Onthou dus die volgende keer wanneer iemand trots en selfingenome die “struggle” verheerlik, tesame met die daaropvolgende valse oorwinning wat hulle bekom het: Hulle stryd was ‘n leuen gewees met ‘n Pyrrusoorwinning as resultaat. Hul rewolusie was eintlik ‘n rew-illusie gewees.

    Soos Albert Camus gesê dat het elke rewolusie slegs tot meer staatsmag gelei met minder vryheid vir die gepeupel as voorheen.

    Фильчаков Харьков

  • Die ANC en die nuwe Fascisme

    “And one day, too late, your principles, if you were ever sensible of them, all rush in upon you. The burden of self deception has grown too heavy, and some minor incident, in my case my little boy, hardly more than a baby, saying “Jew swine,” collapses it all at once, and you see that everything, everything, has changed and changed completely under your nose. The world you live in – your nation, your people – is not the world you were in at all. The forms are all there, all untouched, all reassuring, the houses, the shops, the jobs, the mealtimes, the visits, the concerts, the cinema, the holidays. But the spirit, which you never noticed because you made the lifelong mistake of identifying it with the forms, is changed. Now you live in a world of hate and fear, and the people who hate and fear do not even know it themselves; when everyone is transformed, no one is transformed. Now you live in a system which rules without responsibility even to God. The system itself could not have intended this in the beginning, but in order to sustain itself it was compelled to go all the way.” – Milton Mayer: They Thought They Were Free: The Germans 1933-1945

    Na ‘n paar literêre omswerwinge het ek toevallig op hierdie artikel afgekom wat nogal ‘n ysingwekkende herinnering aan die ANC se ‘transformasie’ geword het. Praat van die ou Franse gesegde plus ça change, plus c’est la même chose, oftewel hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Die akkuraatheid van hierdie proses is vandag net so aktueel soos destyds. Dit mag duidelik wees dat die ANC/SAKP-kliek eintlik ‘n fascistiese instelling is en hul skynheilige verset teen fascisme en apartheid ‘n rookskerm is om die ware kwaad te laat gedy.

    Voordat ek beskuldig word dat ek die term “fascisme” slordig en puberaal rondstrooi, mag dit ‘n goeie idee wees om net gou hierdie stelsel van nader te ondersoek. Streng gesproke is dit moeilik om grondig te definieer aangesien dit meerdere manifestasies het, dog die historikus dr. Lawrence Britt het goed geslaag om die essensie van hierdie sisteem saam te vat aan die hand van veertien kenmerke.

    Hierdie kenmerke is die volgende:

    1. Magtige en voortslepende nasionalisme. Nasionale simbole word so veel moontlik versprei en aangehang.
    2. Minagting vir menseregte. Menseregte word dikwels as hindernis beskou en moet opgeskort word ter wille van die ‘transformasie’ en veiligheid van die volk.
    3. Identifikasie van sondebokke en vyande as bindmiddel.
    4. Verheerliking van die weermag, selfs ten koste van plaaslike probleme en dispute. ‘n Buite proporsioneel hoë belang word aan ‘n sterk weermag geheg.
    5. Alomteenwoordige seksisme. Die nadruk lê op mangedomineerde samelewings en die tradisionele geslagsrolidentiteit word rigied in stand gehou.
    6. Hoofstroommedia word direk of indirek deur die staat beheer.
    7. Obsessie met staatsveiligheid. Dikwels word vrees gebruik om mense in gelid te hou.
    8. Staat en geloof is deurmekaar gevleg. Dikwels word geloof gekaap om mense te indoktrineer om die belang van die staat te dien, selfs al druis die staat se optredes lynreg teen die grondbeginsels van die geloof in.
    9. Korporatiewe mag word beskerm.
    10. Vakbonde en georganiseerde mankrag word onderdruk. Hierdie vorm ‘n belangrike bedreiging vir Fascisme en moet soveel moontlik onklaar gemaak word.
    11. Minagting vir intellektuele en die kunste. Vyandigheid teenoor hoër onderwys en vervolging van intellektuele vorm ‘n belangrike kenmerk van fascisme.
    12. Obsessie met straf en vervolging. Die polisie het byna onbeperkte bevoegdhede en mense sal mishandeling tolereer ter wille van patriotisme.
    13. Grootskalige vriendskapspolitiek en korrupsie. Sulke regimes word gekenmerk deur ‘n kliek ingewydes (amptenare en industrialiste) wat mag steel soos hulle wil terwyl die regering hulle beskerm.
    14. Verkiesingsbedrog. Hieronder verstaan ons alles wat hiermee gepaardgaan, van moord op opposisielede tot regter Kriegler met sy “‘n mens kan nie kuis bly in ‘n bordeel nie”.

    Hierdie kriteria is baie handig om net gou ‘n idee te kry wat ons kan verwag in fascistiese stelsels, maar dr. Britt het egter nagelaat om die presiese oorsprong van hierdie eienskappe te noem, en verwys slegs oppervlakkig daarna in kriteria 9 en 10. Die genoemde kenmerke is slegs simptome van ‘n fascisme, oftewel die eksterne manifestasies daaraan. Daar moet iets intern gebeur om hierdie kenmerke voort te bring en dit is belangrik om hier kennis van te neem: Fascisme ontstaan wanneer die groot bedrywe in ‘n land baie nou begin saamwerk of saamsmelt met die staat. Dit impliseer dat die staat gekaap word om korporatiewe belange te dien, en wetgewings, beleidsrigtings en politieke partye word ingesit om hul belange te beskerm ten koste van die gewone mens. Hierdie bogenoemde manifestasies word ingesit omdat dit help met om die groot bedrywe se belange en ambisies te bevorder. Die aartsvader van fascisme – Benito Mussolini homself – het op ‘n stadium gesê dat fascisme net sowel Korporatisme genoem kan word. Staatshoofde wat hierdie samesmelting teengestaan het soos Lincoln, Kennedy en Verwoerd, het toevallig almal die hoogste prys betaal.

    As ons na die wêreld anno 2012 kyk kan ons bepaalde ooreenkomste maar ook verskille sien met die fascisme van weleer. Die verskil is dat destyds was bedrywe hoofsaaklik nasionale pronkstukke van hul land gewees en het selde invloed duskant die grens gehad, vandaar die obsessie met dit wat eie aan die volk is. Deesdae opereer groot bedrywe byna altyd internasionaal en bestaan die nuwe tydsgees daarin om mense soveel moontlik oor grense heen met mekaar te verbind. Dit impliseer dat die vroeë fascisme deesdae uitgedien is, en solang die globalisasie voortsleep sal dit geen formidabele beweging meer word nie, aangesien die magtigste bedrywe juis daarteen wed. Die alewige angs van ‘n regse, ‘herlewing van fascisme’ is daarom grotendeels sinneloos, maar wel nuttig vir sluwe heersers om hul volkere hiermee te indoktrineer.

    Fascisme is geensins dood nie! Inteendeel. Dit het gemuteer in iets wat baie meer verraderlik en grimmig opereer. Die minagting vir die gewone mens is nie meer beperk tot binne landsgrense nie, maar word wêreldwyd ‘n probleem. Kyk maar hoe word daar getroutrek in Kanada met Brandon Huntley se asielstatus, selfs al kan gesien word hoe Madiba en Kasrils geen bewondering vir hul wit medeburgers koester nie. Sal ons voorbarig kan konkludeer dat korporatiewe belange onder hierdie asielstatus kan ly?

    Die gevare van die Mussolini/Hitler/Francofascisme ken ons teen hierdie tyd al goed, maar wat is die gevare van die nuwe globale fascisme (wat ook ironies anti-fascisme genoem word)? Dit is dieselfde gevare as wat ons onder kommunisme gesien het, en ek dink selfs dat ons die sosialistiese Internasionale net so goed die fascistiese Internasionale kan noem. Dit bestaan hoofsaaklik daaruit dat mense se inherente en unieke identiteit ontken word. Hulle word slegs ingesit om korporatiewe belange te dien. Daar word nie meer van mense verwag om hul talente en ambisies te ontplooi nie, maar slegs om in die aanvraag na werk te voorsien. Mense is deesdae steeds minder opwaarts mobiel vergeleke met vroeër en daar word nouliks permanente werkskontrakte uitgedeel, hooguit tydelike kontrakte waardeur hulle nie kan profiteer van arbeidsvoordele nie. In lande soos Nederland, Frankryk en Skandinawië is dit moeilik om jou genialiteit of talente om te sit in ‘n werkbare onderneming sonder om deur allerlei reëls, belastings en ander beperkinge gedwarsboom te word, met die gevolg dat jy uiteindelik slegs ‘n fraksie kan doen van dit wat jy beoog het. Selfs as ek kyk na die sielkunde opleiding wat ek hier gevolg het kan ek duidelik sien dat hulle jou nie stimuleer om die mens in al sy fasette te ontdek nie, maar uiteindelik slegs moet weet hoe om navorsing te doen wat van korporatiewe belang is. Daar is geen siel in sielkunde meer nie, en studente word nie meer gestimuleer om vir hulself te dink nie, maar slegs om voorafbepaalde reëls te volg.

    Die siniese manier waarop geloof behandel word deur die grootmagte en die herhaalde nadruk dat integrasie en samewerking prioriteit geniet, veroorsaak dat mense geen gesonde basis het waarop hulle hul morele kernbeginsels op kan bou nie. Dit veroorsaak verder dat hulle moeite gaan hê om belangrike besluite te maak en nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie, met verdere verwarring en angs as gevolg. Mense word met ander woorde gereduseer tot kuddediere. Hierdie situasie word vererger deurdat mense gestimuleer word om nie meer na hul hoër vryhede te streef nie. Hoër vryhede vereis indiwidualisme, selfkennis, selfdissipliene en ‘n goeie fondament van kernbeginsels, terwyl die laer vryhede soos dwelmmisbruik, apatie, seksuele losbandigheid ensovoorts bevorder word. In Nederlandse terme dink ek byvoorbeeld aan ‘n sekere televisiepersoonlikheid genaamd Paul de Leeuw. Hierdie kort, korpulente walglike vent wat homself soos ‘n kleuter gedra, vroumense belaster of onsedelik aangryp en allerlei stories vertel hoe hy homself soggens onder die stort bevredig, word tot Ridder in de Orde van Oranje-Nassau geslaan, terwyl intellektuele soos WF Hermans, Pim Fortuyn of Ayaan Hirshi Ali vermoor of weggetreiter word. Die enigste deug in Nederland wat onaantasbaar en heilig is, is die grys middelmaat, die onnosel kroegpraat en natuurlik sokker…brood en spele vir die gepeupel.

    Terwyl die gewone mens afgelei word met hierdie aktiwiteite en liewer agter die Playstation sit as om Sokratiese dialoë te lees, verslind hierdie onsigbare monster ons begrip van ons onvervreembare vryhede en beloon ons om nie meer kritiese vrae te stel nie. Ons selfinsig verhard tot arrogansie en ons selfrespek verval tot narcisme.

    Uiteindelik kos dit slegs ‘n klein, laaste strooi wat die rug van die kameel laat breek en ons sit met dieselfde ellende as destyds, met die verskil dat dit meer onsigbaar, groter en omvangryker is. Ons gaan sondebokke verketter terwyl ons nie eens weet of hulle werklik skuldig is nie.

    Dalk vergeet ons die geboue, die museums en die literatuur van ons voorouers. Maar iets wat ons nooit moet vergeet nie is die gees wat hulle gemotiveer het om hierdie volksbesit moontlik te maak nie. Die Fascisme van ons tyd is vyandig teenoor daardie gees, en dis van uitermate belang dat ons dit moet beskerm asof ons lewens daarvan afhang.

    Soos Oom Jaap Marais destyds gesê het, behoort die land met al sy skatte nie aan ons nie, maar het ons in erfpag ontvang van ons kinders, en na hulle moet dit teruggaan.

    Фильчаков прокурор

  • Internasionale vuilspel in mynwese?

    Die volgende vergelyking tussen Suid-Afrika vandag en die Oktoberrewolusie van 1917 het by my opgekom.

    Om hierdie rede is ‘n mens geneig om te dink dat die myne begeerlike eiendom is. Natuurlik is dit ook so, maar die oplettendes onder ons sou ingesien het dat die myne se produksie die laaste paar jaar behoorlik agteruitgegaan het. In hierdie artikel word ‘n aantal redes vermeld oor die agteruitgang, maar hierdie probleme is streng gesproke nie onoplosbaar nie en kan met regeringsbeleid verhelp word.

    Hiermee gepaardgaande het die goudprys in min of meer dieselfde periode ‘n rekordhoogte behaal. ‘n Mens sou dink dat met die hoë goudprys die myne genoeg kapitaal kan genereer om hul skagte te vernuwe en die hoë elektrisiteitsrekenings betaal, maar dit is natuurlik te eenvoudig. As hierdie myne disfunksioneel is en minder goud oplewer is dit vanselfsprekend dat die goudprys die hoogte in skiet.

    Vanuit hierdie gegewens wil dit voorkom asof die goudprys kunsmatig hoog gehou word deur die myne in gebreke te hou. Vanwee die wêreldwye resessie word goud ‘n begeerde kommoditeit om te koop wat ook help om die pryse op te jaag, maar deur die mynproduksie te belemmer help om die goudprys se waarde verder te beïnvloed. As die myne opeens besluit om volstoom te produseer en die markte met goud te oorspoel sal die pryse val en die soveelste seepbel wees wat sedert 2008 gebars het.

    Ons het min of meer dieselfde tendens gesien in Azerbaidzjan met hul olie in 1920. Die hoofstad van hierdie Kaukasiese land, Bakoe was destyds ‘n speelveld van ryk oliebaronne gewees, en die stadsgebied was besaai met luukse landhuise en woonstelblokke. Dit was origens die rykste olievelde op aarde gewees indertyd. Die belangrikste uitbuiters van die olievelde was die Sweedse Nobel-broers gewees, en die Nobelkommitee en prys was juis opgerig deur die winste wat uit hierdie olie-eksploitasie gegenereer is.

    In 1920 egter het Lenin ‘n einde gemaak hieraan. Met sy tipiese kommunistiese retoriek het hy mense aangehits om Bakoe binne te val en “gelyke behandeling vir die arme, uitgebuite werkers” opgeëis. Suid-Afrikaanse toestande het geheers met barbaarse moord, roof en verkragtings op “volksvyandige kapitaliste”, en die olievelde was aan die brand gesteek. Die Nobelbroers het halsoorlop teruggevlug Swede toe en ‘n groot verlies gely, en sedertien het die olieproduksie agterweë gebly onder die Bolsjewistiese bewind. Hierdie aksie het gesorg dat die olieprys die hoogte in geskiet het, en dit was eers tydens die Tweede Wêreldoorlog toe die olieproduksie in Bakoe ietwat herstel was.

    Dit was nie spontaan nie. As ons Oswald Spengler se stelling onthou, is daar geen enkele proletariese of kommunistiese beweging wat nie deur die grootmagte gemanipuleer is nie. Die Standard Oil Company het ‘n belangrike rol gespeel hierin. Hulle het self ‘n aandeel in die ontginning van olie in Bakoe gehad en het geweet hulle sou ‘n tydelike verlies te verdure kry met hierdie aksie, maar die stygende olieprys het meer as voldoende hul verlies aangevul. Dit was die bedoeling om kompetisie te elimineer en om te sorg dat Sowjet Rusland geen bedreiging vir die westerse oliebaronne sou wees nie.

    Dit bring ons terug na Suid-Afrika met sy tanende goudproduksie.

    Deur nou te praat van hoër belastingtariewe op die myne is pogings om die winste nog verder onder druk te sit om hierdie myne buite spel te hou. Op ‘n later stadium sal die grootmagte weer besluit om in Suid-Afrika te ontgin, maar voorlopig wil hulle aandeelhouers in goud gysel met ‘n goudprys wat kunsmatig hoog is, en ander goudryke lande die kans gun om hul eie goudproduksie te stimuleer.

    Данильченео

  • Dr Lets en dr Zjivago

    Dit is met skok en afgryse dat ek die artikel van dr. Lets gelees het oor die besonderhede van die brute aanranding en verkragting van hierdie studentemeisie aan Tukkies. Ons hoop en bid dat sy die krag sal vind om haar lewe weer waardig aan te pak.

    Die skreiende misdaad van die situasie kon ek nie miskyk nie: ‘n “Eersterangse” burger in die Nuwe Suid-Afrika vergryp homself met al die haatlike energie in hom aan ‘n Christelike student wat net haar Bybelstudiegroep klaargemaak het, en ontsnap daarna. Dit het ‘n span dokters ure geneem om haar lewe te red. Die ironie is dat een van daardie geneeshere, dr. Lets, deur die ANC-terroristeregering as staatsgevaarlik beskou word.

    Volgens die Eed van Hippokrates, die wetlike plig van ‘n geneesheer en hul geloofsbeginsels, het die span dokters reg opgetree, maar volgens die ANC-jeugliga wat voortdurend swartes aanhits om wittes te verkrag en te vermoor was die dokters se optredens eintlik irrelevant gewees. Blykbaar het Zuma sy sukses by die verkiesings ook te danke gehad aan sy status as “verkragter wat losgekom het”, wat ‘n soort kwytskelding was vir swartes om op dieselfde manier op te tree. Hul demokratiese vryhede is van daardie soort wat die Markies De Sade nagestreef het, naamlik seksueel en moordlustig. ‘n Gesonde demokrasie gee ‘n mens die vryheid om te leef volgens die beginsels van sy gemeenskap, terwyl die Zumakrasie juis die fundamentele basis van ‘n gesonde voortbestaan ondermyn deur voortdurend chaos te veroorsaak en gemeenskappe met angs en trauma te vul. Op hierdie manier word mense perfekte kanonvoer vir die rewolusie.

    Tydens Stalin se groot terreurveldtog het baie burgers na jarelange se sielkundige marteling, geestelik verslyt en uitgebrand, hulself vrywillig na die galgtrokke begeef om opgehang te word. ‘n Soortgelyke gebeurtenis het ook in Rooi China onder Mao plaasgevind. Die dissidente joernalis Zjeng Yi het in sy verslag Stèles Rouges melding gemaak van hoe selfs kannibalisme op lede van die konserwatiewe Kwo min tang geregverdig was. Hierdie belewenis het sommige tot selfmoord gedryf omdat hulle hiermee gekonfronteer was met die absolute leegheid en onwaardigheid van hul bestaan, terwyl hul heersers vol trots die glorie van die rewolusie verkondig het.

    Vandaar dat ek die parallel tussen dr. Lets en die protagonis in Boris Pasternak se roman Dokter Zjivago getrek het. Die verhaal gaan oor ‘n jong dokter Joeri Zjivago wat die Bolsjewistiese Rewolusie meegemaak het en ervaar het hoe alle vorme van orde en fatsoen weggeruk was en moord en bloedvergieting die plek daarvan ingeneem het. Zjivago het die individuele mens as hoogste ideaal beskou terwyl die Sowjetstaat mense as kuddediere behandel het. Die indiwidu in hierdie stelsel beteken niks nie. Dit het Zjivago tot die slotsom gebring dat van alle misdade die rewolusie by verre die mees ernstige was.

    Die sorgvuldige span van dr. Lets herinner my aan dieselfde deug: die belang van die indiwidu. Die ANC met hul kommunistiese raadgewers beskou die indiwidu minder belangrik as die groep, vandaar dat hierdie verkragting – hoe afskuwelik dit ook is – geen indruk op hulle maak nie. Dit is nou eenmaal ‘n newe-effek van die rewolusie. Daardie ander Afrikanerhatende kaviaarkommunis wat volgens gerugte ook nie meer in Suid-Afrika woon nie, Nadine Gordimer, sou seker trots gewees het noudat haar eerdere verwensing keer op keer sy vervulling in “haar” Suid-Afrika vind.

    Dit is vir gewone mense van deug moeilik om hierdie dade te verstaan. Dit is in die natuur van kommunisme om barbarisme te bevorder. As voorbeeld kan ons kyk na die skrywes van die Sowjetpropagandis Ilja Ehrenburg wat in sy opstel (in Engels vertaal) “Kill” geskryf het dat as jy nie ‘n Duitser per dag doodgemaak het nie, het jy daardie dag gemors. Daar is niks vermaakliker as ‘n hoop Duitse lyke nie. Jou kinders smeek jou om soveel moontlik Duitsers te vermoor. Die enigste ding wat tel is hoeveel Duitsers doodgemaak is. Moenie huiwer nie. Maak dood.

    Die Rooi Leer, aangevuur deur Ehrenburg se oproep, het goed hul bes gedoen en uiteindelik miljoene Duitse burgerlikes aan die oosfront vermoor, verkrag en uitgehonger, terwyl hierdie gruweldade jarelang onder die tapyt ingevee was.

    Is dit nou nie soortgelyk wat die ANC doen nie? Na elke verkiesing kom daar steeds meer kommuniste in die regering, selfs al het niemand vir hulle gestem nie, en hulle beheer watter inligting oor die wêreld versprei mag word en wat nie. Dit is gelukkig danksy internet dat die situasie in Suid-Afrika moeilik verborge kan bly van die buiteland.

    Dr. Lets se span, tesame met al Suid-Afrika se dokters het sekerlik een van die moeilikste en ondankbaarste werke in die land, maar hulle vorm ‘n klein dog belangrike bastion teen die volskaalse ondergang in ‘n wêreld van suiwer anargie en hel. Vanweë die kruipende Nuwe Wêreldorde wat uit dieselfde wanaangepaste kommunistiese misbaksels bestaan, begin ons te besef hoe waardevol dr. Lets se optrede is. Die voortbestaan van die weste as geheel hang indirek van die Afrikaner se optredes af. Ons beskik die krag om die gruwel te ontmasker en die koers van die weste te beïnvloed.

    Kom ons doen dit.

    Фильчаков прокурор харьков

  • En volgende is Iran

    Terwyl die onwetende wêreld fees vier oor die dood van Libië se flambojante diktator en hoop op ‘n nuwe begin, is daar soos gewoonlik mense wat kritiese vrae gaan stel oor hierdie verwikkeling.

    Dit behoef geen grondige verklaring dat die bekende ou spelers op die toneel hierdie opverwerping in die hand gewerk het nie: Die Verenigde State, die geldmagte, oliebaronne en diverse ander aktiwiste wat deurentyd om menseregte skree soos wat dit die superrykes raak.

    Ons verkeer onder die indruk dat Libië se goeie kwaliteit olie die rede hiervoor is, ‘n opsie wat ons sekerlik nie kan ontken nie. Tegelykertyd word ander belangrike faktore oor die hoof gesien wat ook genoem kan word. As ons terugkyk na die Mahreb (Noord-Afrika gebied) van die laaste paar maande sal ons sien dat daardie hele gebied in konflik verkeer het, van Marokko tot Jemen, almal op een slag. Die konflik in Libië en die moord op Gaddafi was slegs die klimaks van hierdie hele gebeurtenis. Dit impliseer dat daar groter belange op die spel is as slegs olie en ‘n nare diktator…wat tog maar net later met ‘n ander een vervang gaan word.

    Dit is nie toevallig nie dat hierdie konflikte uitgebreek het kort nadat Libië afgekondig het dat hulle Islamitiese banke sou open nie. Op 30 Junie 2009 het Muhammad Shukri, direkteur van Libië se sentrale bank aangekondig dat Islamitiese banke ‘n feit is en langsamerhand die bestaande (Westerse) banke gaan vervang. Die rede vir sy besluit was omdat daar wêreldwyd gesien kan word dat Islam besig is om konserwatiewer te word, en hulle wil uiteraard aan hul klante se bankbehoeftes voorsien. Demografie speel ook ‘n rol, aangesien die aantal Moslems in daardie gebied vinnig toeneem. Die konserwatiewe stroming is waarskynlik ‘n reaksie op hierdie demografiese tendens, en natuurlik as gevolg van ‘n verhoogde gevoel van trots in hul eie vermoeëns noudat die bose Weste besig is om sy glans te verloor. Hierdie oproep is egter nie net vanuit Libië nie, maar vanuit meerdere lande in die Noordelike Afrikastreek, waaronder Tunesië, Egipte, Marokko en Algerië. Jemen en Jordanië kan ook genoem word. Van hierdie lande is Tunisië die mees gewilde afsetmark en word tans beskou as die mees bekwame mededinger in Afrika. Daar is groot belegginspotensiaal in die Mahreb en Turkye, en Moslementrepeneurs is besig om hierdie geleentheid met albei arms aan te gryp.

    Die Westerse moonthede is nie tevrede met hierdie verwikkelinge nie. Islamitiese banke werk op ander etiese beginsels as in die Weste, waarvan die belangrikste hul verbod op woeker en rente is. Verder mag geld wat geleen is van hierdie banke nie belê word in pornografie, alkohol, dwelms of ander verbode middele of industrieë nie. Om die waarheid te sê het sulke banke se populariteit toegeneem sedert die beursval in 2008, aangesien hulle grotendeels ongeskonde uit die krisis getree het. Veral as ons rekening hou daarmee dat Tunisië, Jemen, Jordanië, Egipte en Algerië se banke aan die Westerse Rothschildbanke behoort, met die Internasionale Monetêre Fonds as baas, is hulle effens senuweeagtig oor die toename van banke wat nie aan hul eise voldoen nie. Volgens ‘n peiling in 2009 van Standard & Poor het die Islamitiese banke wêreldwyd ‘n geskatte waarde van 400 miljard dollar gehad, en al die aanwysings toon dat hierdie bedrag gaan toeneem die toekoms. Nog skokkender is Forbes se ontdekking dat sewe uit tien van die wêreld se magtigste Islamitiese banke hulself in Iran bevind.

    Vir baie jare het die Westerse banke hulself in ‘n monopolieposisie gehou deur aan state geld te leen teen rente. Na elke oorlog het hierdie banke vir generasies inkomste uit die rente gehaal en uiteindelik ‘n posisie ingeneem om die land se politieke beleid te beïnvloed. Hierdie fase van kapitalisme, wat Carroll Quigley monopoliekapitalisme noem, het ongeveer sedert die laat twintiger jare van verlede eeu ontstaan, en die aanwysings van die opkoms van dié kapitalisme kan teruggevind word by die presidentskap van Woodrow Wilson. Ongeveer sedert daardie tyd het die Amerikaners steeds meer besluite geneem wat op die oog af soos politieke belange lyk, maar in werklikheid ekonomiese belange was. Vandag sien ons dit in alle heftigheid en wonder ons hoekom al die geleerde ekonome aan die Ivy League-universiteite in die Verenigde State voortdurend nuwe planne na vore bring wat uiteindelik tog maar beperk is in hul toepassing en eerder ‘n ramp as ‘n seën is vir die ekonomie.

    Vanweë die enorme skuldlas van die VSA en ander lande is dit nogal verstaanbaar dat hulle beslag wil lê op soveel moontlik opkomende markte en kapitaal wat nie in hul hande is nie, waarvan Iran ´n belangrike voorbeeld is. ´n Ander land wat hulle graag wil inneem is Wit-Rusland, aangesien “Die laaste diktator van Europa” goed gesorg het dat die politiek die ekonomie moet bepaal en nie andersom nie. Die Wit-Russiese ekonomie doen verbasend goed en Loekasjenko is baie gewild onder sy mense.

    Aangesien Iran se banke nogal goed gevul is, dink ek ons kan veilig wed dat hierdie land volgende moet sink. In hierdie geval sal dit waarskynlik nie Obama wees wat die inval sal reël nie, want dit sal te opvallend imperialisties wees en die Amerikaanse publiek sal nou nooit vir ‘n nuwe oorlog stem nie. Vandaar moet dit vanuit die “verdrukte geledere” self kom – wat natuurlik opereer met geld van die superrykes, net soos in Libië.

    En dan kan die onwetende wêreld weer fees vier oor die gevalle diktator.

    Данильченко Юрий отзывы

  • Warren Buffet se skynheiligheid

    Ek lees nou dat Warren Buffett, wat vir jarelank al kop aan kop met Bill Gates, die rykste man van die Verenigde State is, deesdae pleit vir ‘n hoër belasting vir die rykes. Volgens hom het die VS nou te lank die rykes gepaai met belastingvriendlike aalmoese en hulle moet nou ook hul kragte inspan om die skuldkrisis die hoof te bied.

    Op eerste aanblik lyk hierdie soos ‘n edel gebaar. Laat die rykes ook maar ‘n bietjie betaal aan al die ellende, is die tipiese slagspreuk wat ‘n mens onder hierdie omstandighede kan verwag, veral van die sosialisties-gesinde Europeers. En tegelyk kan Buffett ook nou bekendstaan as ‘n groot filantroop wat solidêr saamstaan met die middel –en onderklas.

    Maar die vraag verrys oor die motiewe van dié man se skielike besluit. Bedoel hy dit nou werklik opreg, of skuil daar iewers ‘n slang in die gras? ‘n Baie ryk man, ‘n belegger wat soos ‘n roofdier orals kanse sien om meer geld te maak sal mos sy eie natuur verloën as hy nou ewe skielik ‘n groot hap daarvan aan die belasting afdra? Iemand wat vir sestig jaar lank die beste belastingadviseurs, prokureurs en beleggers kan inhuur om sy kosbare dollars veilig te stel sal kwalik daardie hele mentaliteit omskakel net vir die armes, wat maar altyd daar sal wees, met of sonder hom.

    Om sy motiewe te meet aan die werklikheid sal ons net gou moet kyk na die verlede. Soos Cicero gesê het is om onwetend te bly oor jou verlede soortgelyk as om altyd ‘n kind te bly, en Buffett weet dat daar baie ‘kinders’ is in sy land.

    Dit is nie die eerste keer in die Amerikaanse geskiedenis dat daardie land groot skuld gehad het nie. Na die Amerikaanse Rewolusie het die land gesamentlik ook besluit om die belasting vir die rykes te verhoog om die hoë skulde vinniger af te betaal. Die probleem was egter dat die bevolking op daardie stadium ontdek het hoekom die ryk mense nou eenmaal ryk was: Hulle huur die beste mense in om hul geld veilig te stel. Die gevolg was dat die belasting niks van die finansiële elite kon pluk nie, en die hoë belastingtarief het na benede gesyfer na die middelklas. Met ander woorde, diegene wat gehoop het om die minste swaar belas te word, het uiteindelik juis die meeste belasting betaal.

    Meer onlangs kan ons dieselfde patroon sien. In die sestiger jare het ‘n Amerikaanse koerant bekend gemaak dat ‘n lid van die steenryk Rockefeller familie in ‘n hele jaar slegs $ 685 aan inkomstebelasting betaal het. Terwyl hulle sê en ons dink dat hulle oor skuldgevoelens beskik en graag die arm mensdom wil verlig van hul ellende, is die realiteit dat geeneen van hierdie menere hul vakansiepaleise, hul private vliegtuie, seilbote, obligasies ensovoorts sal verkoop nie. Vanuit hul leefwêreld gesien is belastingbetaal vir plebs, en in die geval van Rockefeller was hy selfs ‘n groot aanhanger van sosialisme gewees. Hierdie feite is mooi geïllustreer in Gary Allen en Larry Abraham se boek None Dare Call it Conspiracy uit 1971. Hierdie boek kan gelukkig gratis van internet afgelaai word en ek sal almal aanbeveel om hulself te vergewis van die inhoud, veral in die tye waarin ons nou leef. Dit verklaar onder andere waarom die wêreld se rykste bankiers pro-kommunisties was, want dis ‘n perfekte lis om die rykes ryk te hou en die res van die bevolking op te sluit in ‘n kaste waar hulle nie uit kan streef nie, en sodoende elimineer hulle enige moontlike kompetisie. Sosialisme werk soos ‘n tang wat die rykes en armes gesamentlik inspan om die middelklas uit te knyp, uiteraard gefinansier deur die rykes.

    Moet ons Buffett se skielike filantropiese ingewing op dieselfde manier sien? Hy stel voor dat diegene wat ‘n miljoen per jaar verdien onmiddelik ‘n hoër tarief moet betaal, en diegene wat jaarliks tien miljoen verdien onder nog ekstra belastingdruk moet staan. Feit is dat ‘n gesin wat ‘n miljoen dollar per jaar verdien deesdae welgesteld is, maar nie naastenby werklik ryk is nie. Hulle is diegene wat Buffett wil straf, en laat ons raai, hy sal nie in dieselfde verhouding sy ganse fortuin aan Jan die Taksman afstaan nie. Weereens is dit ‘n kwessie van die superrykes wat hul geld veilig gaan wegsit in familietrusts en stigtings (veral ‘denktenks’ wat sosialistiese propaganda maak) terwyl diegene wat die spel nie verstaan nie die rekening gaan kry, en dan nog sowaar dink dat hulle ‘bevoorreg’ is om dit te ontvang.

    Die Amerikaanse middelklas staan nou alreeds onder baie druk en die inkomste ongelykheid sedert die krisis in 2008 het aansienlik vergroot. Hierdie plan van Buffett gaan uiteindelik net verder die middelklas van die wal in die sloot help. Die middelklas word egter nog verder verlam met gerugte dat meer sosialisme ‘onafwendbaar’ is om die armes te help waardeur die staat sy invloed oor die burger sal ‘moet’ vergroot om vir hulle om te sien. Die woord ‘onafwendbaar’, is in sigself ‘n taktiek om die vyand te verlam voordat hy ‘n kans gehad het om sy tande te wys.

    Die skrywers van die Amerikaanse Grondwet het goed besef dat as die burger nie die staat aan bande lê nie, sal die staat die burger aan bande lê. Dit lyk asof die ultrarykes die staat gaan gebruik om meer invloed oor sy burgers te vergroot soos wat chroniese werkloosheid dreig. Dit klink miskien hard, maar dis ‘n vermomde seën dat die algemene mediese versekering (Obamacare) in die VS ongrondwetlik verklaar is, want daardeur is die invloed van die staat op die burger minder ingrypend, en is die pad meer oop om die ultrarykes van hul troon te stoot.

    Die Amerikaanse ekonomie – moontlik gemaak deur sy grondwet – is voorlopig nog die motor wat die Weste aan die gang hou, en dit is in elke Westerse burger se belang dat hierdie motor so lank moontlik gesond bly loop. Die Buffetts en derglike ‘filantrope’ is juis besig om hierdie motor te beskadig vir hul eiebelang. Ons moet maar hoop dat bewuste burgers in daardie land genoeg kennis en krag kan monster om hierdie superrykes ‘n bietjie van hul eie medisyne te gee. Dit sal tot ons almal se voordeel strek.

    светильниковФильчаков прокурор харьков

  • Die rewolusie is op ons

    Die verwikkelinge van die laaste paar dae om die rewolusie te voltrek, is ‘n belangrike indikasie waarheen die Westerse wêreld as geheel oppad is. Dit is iets wat nie net toevallig en oornag gebeur het nie, maar is jare gelede al vooraf beplan, en ons sit nou op ‘n belangrike keerpunt. Dinge begin nou te versnel en die masker van beskawing en beskaafdheid het nou afgeval. Waar Suid-Afrika vandag is, volg die Westerse wêreld more.

    Sedert verlede week sien ons hoedat Dan Roodt ‘n hofsaak verloor het oor die verband tussen ras en geweld. Dit is nogal vreemd aangesien Trevor Manuel op Sondag 12 Maart 2006 op die e-tv program “Judge for Yourself” sy mond verbygepraat het oor die “increasing homicide amongst young black males”. Die voormalige redakteur van die Sowetan, Aggrey Klaaste het ook destyds – ek dink iewers in 2003 – gewaag om die tergende vraag te vra waarom swart mense babas verkrag. Hierdie kommentare was ongestraf gelaat en sou waarskynlik beskou word in die konteks van ‘n ‘verantwoordelike intellektuele debat’. Slegs mense wat tot die regte politieke groep behoort mag sulke vrae vra.

    Dan kry ons die geval van sommige DA raadslede wat deur sy party in beskerming geneem word as hy Afrikaners as Nazi’s uitkryt. Hy sal hoogs waarskynlik vervolging vryspring of met ‘n ligte tik op die vingers daarvan afkom. Ons moet immers nie vergeet nie dat die oorspronklike stigter van hierdie party, Helen Suzman, ook geen liefde gehad het vir Afrikaners nie, hoewel sy ‘n paar maande voor haar dood verbaas gevra het hoekom Afrikaners niks doen om die ANC te stuit nie. Waar die skille van Suzman se oë geval het, bly haar partynasate heimlik hunker na die Suid-Afrika van Rhodes en Milner. Hulle mag dan wel linkser as links wees om hul superryk meesters te paai, maar onderliggend hieraan skuil die gedagte: “Solank ons aan die mag is, sal ons sê wat ons wil”.

    Dan kry ons die opwellende aggressie vanuit swart rewolusionêre, met Julius Malema as die belangrikste gesig hiervan. In ‘n onlangse berig in Beeld het selfs Winnie Mandela hom geprys as die groot nuwe leier van Suid-Afrika en as ‘n tweede Mandela omskryf. Daar moet nou genasionaliseer word sonder vergoeding, en nie net die plase nie, maar ook die myne en gewone huise in die stede. Die wettige middele om Malema se grypsug te stop word ook steeds minder effektief en begin ook nou die knie te buig vir die wil van die rewolusionêre. Afrikaners wat nog glo in die beginsel van geregtigheid word gedwing om hulself na die Internasionale Strafhof in Den Haag te wend, aangesien geregtigheid in hul eie geboorteland nie meer gewaarborg kan word nie.

    Die internasionaliste se doel met Suid-Afrika is so te sê bereik. Die Suid-Afrika van Verwoerd, wat berus het op die beginsels van integriteit, harde werk en soewereiniteit is ‘n skim van die verlede. Waar mielieboere in die Vrystaat destyds genoeg voedsel kon produseer om groot dele van die wêreld van mieles te voorsien, kan Suid-Afrika nie eens sy eie bevolking meer voed nie. Hiermee intensifiseer die klimaat van woede van “ryk wittes” en “arm swartes”, sodat die wittes nog verder tot ‘n staat van hulpeloosheid gedwing word.

    En wat is die rede hiervoor? Suid-Afrika, met al sy minerale reserwes, goeie industrie en Protestantse werksetiek was ‘n belangrike speler op die wêreldtoneel gewees. Ek onthou nog hoe die Rand die Amerikaanse Dollar die loef afgesteek het en die Nederlandse Gulden ‘n vyfde soveel werd was. Dit was die jare toe Verwoerd sy vingers na die Verenigde Nasies kon klap en homself aan geen internasionale speler hoef te steur nie. Selfs sy vyande kon sy sukses nie ontken nie.

    Die belangrikste oorsaak van Suid-Afrika se suksesverhaal was ongetwyfeld sy bogenoemde Protestantse werksetiek gewees, wat ‘n fundamentele onderdeel van Afrikanernasionalisme gevorm het. Vandaar het die rewolusionêre van vroeg af aan ingespeel op die kleinburgerlike Boerehaat van die ander groeperinge, met name die Engelse elite, sodat hierdie nasionalisme wat die Afrikaner bindingskrag en rigting gegee het, onklaar gemaak kon word. Deur vals, onsinnige krete soos “krag in diversiteit” by die publiek te indoktrineer, is hulle in werklikheid besig om krag en rigting af te swak en Suid-Afrika te verlam om geen kompetisie meer te kan vorm vir die superrykes nie. En solank daar nog Afrikaners is met ‘n nasionale gevoel en geloof in hul eie krag, is die stryd nog nie verby nie. Hul grootste vrees is dat hierdie krag weer gaan opvlam en Suid-Afrika weg gaan stuur van sy huidige verlamde toestand.

    Die Hongaars-Britse ekonoom Peter Tamas Bauer het in die sestiger jare al hierdie gevare raakgesien. Sy woorde hiervoor was dat daar ‘n “onverklaarde, eensydige burgeroorlog teen die Weste” aan die gang was. Hoe waar is hierdie stelling nie.

    Vir diegene wat hieraan twyfel, onthou wie se belastingbydrae na Julius Malema gaan.

    how to startпрокурор Фильчаков

  • Goeie Ier, slegte Ier

    Soos wat ek kyk na die indrukke wat daardie Ierse kaviaarkommunis die afgelope naweek met sy alewige sonbril en cowboyhoed op die menigte agtergelaat het, het my waardering vir Ierland min of meer dieselfde kant opgegaan as hul staatsskuld. Dit het ‘n nuwe dieptepunt bereik. Paul ‘Bono’ Hewson is daardie groot kleinburgerlike weldoener wat bittergraag Afrika van sy neokoloniale kettings wil verlos, maar blykbaar sukkel om te verstaan hoe die sleutel in die slot pas; iets waaroor Paul Theroux hom in 2005 al flink geroskam het (lees “The Rock Star’s Burden” in die New York Times).

    Elke keer as Bonehead die Weste weer jammerhartig staan en betig oor Afrika se ellende, doen hy geen enkele moeite om te praat met die gewone swarte wat iewers in ‘n kleihut woon nie, maar wend hy homself direk tot die groot leiers van daardie land. Die munt val blykbaar nie by hom dat hierdie leiers ‘n besonder groot aandeel het om Afrika in armoede te hou nie, juis omdat hulle sodoende op sy Westerse sentimente kan speel om hul eie bankrekenings te spek. Daardie geld vloei uiteindelik tog maar weer na banke in Switserland en in die hande van die groot geldmoonthede.

    Bono kan geen fout vind met strydliede soos “Kill a Boer” nie, want as Ierse Republikein is hulle ook gewoond daaraan om sulke ophitserye te uiter. Hy kan dus nie verby sy eie vooroordele sien nie, en vergelyk Afrika se stryd met sy eie…iets wat ons linkse vriende elders ter wêreld op ‘n gereelde basis doen. Nogal ironies hoe die Groot Bewakers Teen Vooroordeel dikwels die mees bevooroordeelde is van almal.

    Gelukkig kan ons Ierland nie heeltemaal afskryf nie. Dit is immers die land van Samuel Beckett, James Joyce en Oscar Wilde, die groot drie aardskuddende skrywers wat die Trinity College in Dublin op die wêreldranglys gesit het. Dit is ook die land van CS Lewis, daardie skrywer wat die grootste deel van sy lewe in Engeland gewoon het, maar nooit sy Ierse agtergrond verloën het nie.

    CS Lewis was ‘n bedrywige skrywer gewees, maar sy belangrikste werk is een wat helaas nie baie aandag geniet het nie. The Abolition of Man is desnieteenstaande deur die konserwatiewe Edmund Burke stigting uitgesonder as een van die grootste werke van verlede eeu, en kan gratis op die internet gelees word.

    The Abolition of Man bestaan uit drie onderdele, te wete ‘Men Without Chests’, ‘The Way’, en derdens ‘The Abolition of Man’. Dit is veral die eerste onderdeel ‘Men Without Chests’ wat besonder aandag verdien. Hierin argumenteer Lewis hoe verkeerd dit is om menslike sentiment te beskou as iets wat geen weerspieëling van ‘n hoër werklikheid is nie. Dit het hy geskryf op ‘n reaksie dat kinders in Engelse skole geleer word dat gekultiveerde sentimente eintlik nie bestaan nie, maar slegs losstaande uitinge is van hoe iemand op ‘n bepaalde oomblik voel.

    Die voorbeeld wat hy gebruik is twee mense wat na ‘n waterval kyk. Die een beskou die waterval as ‘subliem’ en die ander een as ‘oulik’. Skoolkinders leer nou van hul onderwysers dat hierdie verskil in waarneming na die waarnemers se eie gemoedstoestand verwys, en dat daar niks inherent is in die waterval wat lei tot ‘n hoër waarderding daarvan nie. Hierdie opvatting is die dood in die pot vir enige vorm van lettere, van waardes, van etiek, teologie en politiek, want met so ‘n siening is jy besig om kinders se siel uit te sny terwyl hulle nog nie eers ontwikkel het nie. Elke literêre ontwikkeling word oorbodig verklaar as dit die geval is.

    As kinders (of enigiemand) geleer word dat emosies in geen verhouding tot die werklikheid staan nie, kan mense begin om gekultiveerde emosies as vyandig te beskou, want daar is geen plek vir sulke gevoelens nie. Al wat dan oorbly is die verstand en die basisemosies. Dit is wat Lewis bedoel met mense sonder borskaste. Die hoof staan as simbool van rede, die buik is simbool van die basisemosies en die bors staan vir die delikaat gekultiveerde sentimente wat ‘n mens na sy hoër vryhede stuur. Dit is die kombinasie van rede en hart wat ‘n mens se diepliggende gevoel van moraal help kweek. Lewis se mening is dat daardie gevoel van hoër strewe iets is wat universeel is en sy ontstaan sowel buite as diep binne die mens het. Die begrip wat hy hiervoor gebruik is die Chinese Tao. Dit kan allerweë ook as die mens se gevoel van ‘n godsbesef beskou word.

    Die groot gevaar wat kan ontstaan by mense sonder borskaste is dat hulle geen onderskeid kan tref teen werklike en valse senitmente nie. Hiermee kan hulle juis die verkeerde weg inslaan wat vir propagandiste baie nuttig kan wees. Dit lyk verdag veel soos die “Geloof is die opium van die massa”-leuse van Karl Marx. Ware kennis met ‘n hoë mate van waaragtigheid word weggeneem en niks word in die plek daarvan gesit nie.

    In die slotparagraaf van Men Without Chests skryf Lewis: “And all the time—such is the tragi-comedy of our situation—we continue to clamour for those very qualities we are rendering impossible. You can hardly open a periodical without coming across the statement that what our civilization needs is more ‘drive’, or dynamism, or self-sacrifice, or ‘creativity’. In a sort of ghastly simplicity we remove the organ and demand the function. We make men without chests and expect of them virtue and enterprise. We laugh at honour and are shocked to find traitors in our midst. We castrate and bid the geldings be fruitful.”

    Bono verteenwoordig presies hierdie gevaar wat Lewis geïdentifiseer het. Hy roep op om blanke voedselprodusente dood te maak en verwyt blankes dat hulle te min doen om Afrika van voedsel te voorsien. Soos Lewis sou gesê het is dit nie soseer dat hy ‘n groot kop het nie. Dit lyk net so omdat sy borskas weggekwyn het.

    Dalk moet die Sweedse Akademie vir hom maar sy felbegeerde Nobelprys gee. Dan kan hy tesame met Tutu, Mandela, Luthuli en Gordimer bekendstaan as een van daardie groot humanitêre figure wat Droomkontinent Afrika in ‘n lewende hel omskep het.

    самое экономичное отопление загородного домаалександр лобановский харьков класс

  • Kommunisme se ‘goeie bedoelings’

    As ek terugdink aan my sosiologie-jare aan RAU, en ek bedoel nou die tyd toe daardie instelling nog Westerse standaarde gehandhaaf het, het ons in groepsverband Marx se kritiek op kapitalisme en die voordeel van kommunisme beoordeel. Een van die vernaamste punte wat gemaak is, is dat daardie sisteem teoreties goed is, maar in die praktyk skipbreuk gelei het weens sommige aspekte wat onuitvoerbaar was. Marx se benadering was te vereenvoudig om die ganse kompleksiteit van menslike handelinge saam te vat.

    Wie verder ondersoek instel na Marx se bedoelings, kry egter ‘n ander beeld te sien. Soos Ronald Reagan op ‘n stadium gesê het is ‘n kommunis iemand wat Karl Marx lees, en ‘n antikommunis iemand wat Marx verstaan.

    Een van die skadeliker uitlatings van Marx was dat geloof die opium van die massa is; ‘n stelling wat oorspronklik ontleen was aan die Sionistiese denker Moses Hess. Die veronderstelling is dat geloof die gepeupel salig onbewus in hul verdrukte, vernederde posisie hou en dus deel uitmaak van die verdrukte karakter van die aanhangers. Daarbenewens is Marx se model van die struktuur van die samelewing, wat bestaan uit die onderbou, oftewel die werkersklas (proletariaat) en die bobou, oftewel die welgesteldes (bourgeoisie) ‘n model wat wanbalans impliseer. Hierdie wanbalans kan slegs deur middel van omverwerping en rewolusie uit die weg geruim word. En miljoene mense het kritiekloos hierdie model aangeneem.

    Die verraderlike aspek van hierdie benadering is dat Marx se model geen heil behels nie, maar juis meer wanhoop in die verskiet het. Deur geloof te veroordeel as ‘n pilletjie vir die pyn het hy mense aangespoor om hul geloof af te sweer. Die resultaat is dat mense hul morele beginsels verloën het, tesame met hul hang na diepgewortelde gevoel vir regverdigheid en ordelike samesyn. Deur mense van hul moraal te beroof, word hulle ook van hul karakter ontneem. Hul identiteit en gevoel van sin in die lewe is saam met geloof oorboord gegooi. Gevolglik gaan hierdie mense nie meer leef ter wille van oordrag en verryking van hul kultuur aan die nageslag nie, maar ‘n grimmige hedonisme vul die vakuum waar geloof moes gewees het. Hierdie mense begin slegs te leef vir die hier-en-nou en hul fundamentele waardes vervlak tot tydelike, verbygaande tendense.

    ‘n Afwesigheid van karakter, beginsels of geloof lei noodgedwonge tot ‘n staat van nihilisme, en dit is hier waar die werklike opium van die massa sy intrede neem. As daar geen hoër moraal is om jou karakter aan te meet nie, vervaag die verhouding tussen lewe en dood, tydelik en ewig, en plig en plesier. Die lewe beteken niks nie, en die dood daarom ook nie. Die dood word goedgepraat en die lewe word as ‘n ongewenstheid beskou. Al hierdie gedagtegange het op een of ander stadium onder kommunistiese regimes geheers. Selfs ten tyde van die Franse Rewolusie – ‘n voorloper van die kommunistiese rewolusie – wat ook teen alle vorme van geloof gekant was, het die mees barbaarse slagtings en teregstellings plaasgevind.

    Die ander kritiekpunt van Marx is dat die proletariaat bevry moes word van die effekte van die hoër kultuur. Deur hierdie hoër kultuur, oftewel die bourgeoisie af te breek, het egter dieselfde rigtingloosheid as gevolg. In byna alle gevalle is die struktuur van die samelewing eksterne manifestasies van die hoër spirituele strewes wat in die hart van die volkere vir baie jare gesetel was. Die Romeine byvoorbeeld het geglo dat daar honderde gode was, en elke god het ‘n heel spesifieke taak gehad. Een was vir landbou, een was vir reis op land, ‘n ander het geheers op see, en nog ander was vir welvaart. Vandag is daardie gode geëksternaliseer in die vorm van burokrate en amptenare wat oor verskillende ministeries regeer.

    Volgens Marx se voorspellings het ‘n arbeider in Duitsland, Frankryk of Italië veel meer met mekaar in gemeen as met hul hoër kulture, vandaar sy oproep “Werkers van die wêreld, verenig!” Die realiteit het die teendeel bewys, naamlik dat werkers meer affiniteit met hul eie hoër kultuur voel as met dié van ander westerse lande. Volgens ‘n artikel wat ek van die geskiedkundige Ivor Benson gelees het, was selfs die Russiese boere wat die Tsaar moes vermoor nie bereid om tot hierdie daad oor te gaan nie. Hul gewete het hulle op die laaste oomblik teengehou. Dit is per slot van rekening hul keiser. Vandaar dat die Bolsjewiste belsuit het om buitelanders, vermoedelik Hongare, te kry om die keiser en sy familie dood te skiet (Anders as wat menige mense dink, het die Bolsjewiste self nie die sneller getrek nie.)

    Die totale gebrek aan respek waarmee hulle die lyke vermink het om hulle onherkenbaar te maak is ‘n bewys waartoe ‘n volk in staat is as hulle in hierdie toestand van nihilisme beland het. Laat staan nog dat onder Stalin die verskillende oblastbaronne (plaaslike leiers) teen mekaar gekompeteer het wie die meeste mense kon doodmaak.

    Marx se wens, ‘n diktatuur van die proletariaat, is presies wat dit is. Diegene met die minste ontwikkeling, die minste insigte en sedes, die slegste verteenwoordigers van hul eie kultuur is eintlik die ware proletariaat. Geen samelewing kan lank stand hou as die proletariaat regeer nie. Onder sulke omstandighede verval kulture in onbegrip, kortsigtigheid gebrek aan respek vir eie geskiedenis en onverskilligheid.

    Met bogenoemde taktieke, wat teen geloof en hoër kultuur gerig is, skep ‘n mens ‘n teelaarde vir wat die Engelse filosoof Thomas Hobbes destyds ‘n oorlog van almal teen almal genoem het. Alle menslikheid verdwyn en dierlikheid begin kop uit te steek, en die sterkstes moor die swakkes uit vir hul eie tydelike gewin, om later weer vervang te word deur nog sterkes. Deur verder te stel dat almal gelyk is, verbied mense eweneens om hul ambisies te ontwikkel en na bo te streef sodat die samelewing in ‘n permanente staat van angs, rigtingloosheid en nihilisme verkeer. ‘n Mens durf byna beweer dat kommunisme teen die mens se geestelike natuur indruis.

    Hoewel die indruk gewek word dat kommunisme se tyd uitgedien is, is die realiteit dat dit slegs in ‘n ander gedaante gemuteer het. Deesdae gebruik hulle arbeiders van vreemde kulture om die sedes van elke kultuur te verwar en te ondermyn, en noem dit “integrasie”. Enigiemand wat ‘n probleem het met hierdie integrasie kan ook reken om as ‘n paria beskou te word. ‘n Onlangse mosie wat deur die Europarlement aangeneem is waarin alle vorme van nasionalisme teëgewerk moet word, bewys dat hierdie ellende wat Marx veroorsaak het nog steeds nie uitgedien is nie.

    ‘n Herlewing van ‘n mens se eie kultuur is uiteindelik sy belangrikste bron van vitalisasie en ‘n manier om die wêreld te verklaar wat op sy manier sin maak.

    Ek hoop dat dit nie te laat is nie om hierdie opvatting aan die volgende geslag deur te voer nie.

    casino bonusДанильченко Харьков

  • Tussen verraad en verdeeldheid

    In navolging van Hein Zaayman se skrywe op Praag, Ons haat steeds verraaiers, kom die welbekende ondeug van die Afrikaner na vore, naamlik die opportunistiese verraad en daaruitvolgende verdeeldheid wat gedurig onder Afrikaners woed.

    Ek lees nou die dag ’n paar geskiedkundige stukke hieroor om ’n beter beeld hiervan te verkry en die volgende belangrike punte het na vore gekom:

    Tydens die Anglo-Boereoorlog het die verpleegster en medegevangene van Irene-konsentrasiekamp Johanna Brandt van Warmelo in haar dagboek geskryf oor hierdie verraad. Daar was verskillende redes gewees hoekom mense oorgeloop het. Sommige het gehandel uit gemeenheid, en het in die kampe gesorg vir die meeste verdriet onder hul mense. Dit was juis hierdie oorlopers wat die hardste opgetree het teenoor hul eie mense, soortgelyk aan die capo’s in Duitse en Poolse konsentrasiekampe tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie segment van verraaiers is die groep wat die sielkundiges die meeste aan die praat het, en hul optredes kan waarskynlik die beste verklaar word in terme van ’n eiesoortige oorlewingstrategie. Hierdie groep word alreeds as verraaiers en oorlopers beskou deur hul eie mense en hulle kan nie meer reken op aanvaarding van die eie groep nie; van daar is die enigste alternatief om fanaties oor te hel na die vyand, want daar kry hulle beskerming. ’n Mens wonder natuurlik of hierdie mense besef dat geen volk in oorlog ’n verraaier as ’n held beskou nie, selfs al loop hy oor na jou kant toe. Die mensonterende toestande waaraan hierdie mense blootgestel word, werk nou eenmaal verhardend en polariserend en hierdie oorlopers het geen heil gevind om kant te kies teen hul eie mense nie.

    Daar was ook die groep oorlopers wat geglo het dat om te kapituleer die beste manier was om die oorlog vinnig te beëindig en verdere leed in die konsentrasiekampe te bespaar. Soos Johanna Brandt van Warmelo geskryf het, het hierdie groep verraaiers totaal geen besef gehad hoeveel skade hierdie opvattings aan die gees en welsyn van die gevangenes berokken het nie. Om aan te hou veg, was omtrent die enigste sprankie hoop wat hulle gehad het. Mense het daagliks gesterf aan tifus en ontbering, en volgens die joernalis WT Stead het die Engelse doelbewus voedsel sterk gerantsoeneer vir siek kinders om hulle stadig en pynlik dood te maak; ’n gewetenlose oorlogsmisdaad met ander woorde (sien WT Stead se Methods of Barbarism).

    Die suksesvolle propaganda wat die Engelse gebruik het, het ook veroorsaak dat sommige stryders makliker oorgegee het. ’n Mens kan egter in oorlogstyd altyd reken op ’n sekere persentasie volksgenote wat die ander kant kies. Dikwels loop hulle oor na diegene wat hulle – dink hulle – van ’n daaglikse porsie kos kan voorsien.

    Die oorlopery sedert die ABO is egter van ’n ietwat ander aard as die verraad en verdeeldheid in Afrikanergeledere  in die latere jare, wat gekulmineer het in die groot verraad van De Klerk en Meyer tussen 1990 – 1994. Sedert die dertigerjare het die Afrikaner finansieel die mas begin opkom, en soos wat die beleggings en finansiële belange van Afrikaners begin groei het, het dit onafwendbaar verstrengel geraak in die finansiële wêreld van die geldmagte. Verwoerd het nog in die jare vyftig hierteen gewaarsku, aangesien die geldmagte se belange direk teen die belange van die Afrikaner se volkswording indruis. Dit is origens ook die rede waarom Verwoerd gepoog het om beleggings in die tuislande te ontmoedig, nie omdat hy swartes na ’n bankrot tuisland wou stuur nie, maar juis om die kragte van ultrakapitalisme buite die deur te hou. Swartes is natuurlik die perfekte kanonvoer vir die ultrarykes, en as beleggings in die tuislande toegelaat sou word, sou dit net ’n kwessie van tyd wees of hulle sou ook kant begin kies het teen Verwoerd, op die koste van beleggers en gewetenlose geldskieters in die buiteland.

    As dit nie was vir die uitmekaargroei van Afrikaners tydens hierdie periode van finansiële opbloei nie, sou die verset en saamstaan waarskynliker stewiger gewees het en sou De Klerk heelwat versigtiger moes omgegaan het met die belange van sy eie mense, verwysende na die verskrikking van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog.

    Dit verklaar ook waarom Afrikaners ten tye van nood juis skerp verdeeld is in plaas daarvan dat hulle saamstaan. Die magtigste lede van die volk is verswelg deur groter kapitaalbelange terwyl ongeveer een derde van hul eie mense ondertussen in plakkerskampe moet oorleef. En net soos tydens die Anglo-Boereoorlog, sterf oumense en kinders nou stadigaan weens ondervoeding. Plakkerskampe is die konsentrasiekampe van ons tyd.

    Wat sake moontlik nog sal vererger, is dat die Europarlement ’n mosie aangeneem het om alle vorme van nasionalisme en populisme teen te werk. Dit is juis hierdie tydsgees wat gaan maak dat hulle vanuit ideologiese beginsels geen belang daarby sal hê om die Afrikaner se leed raak te sien nie. Die enigste manier hoe ons Europa se aandag hierop kan vestig, is deur soveel moontlik die media se aandag hierop te fokus. Betogings is ’n moontlike begin, maar oor die algemeen is Afrikaners te beleefd vir sulke optredes. Daarom moet ons soveel moontlik politici hiervan op die hoogte stel en hulle herinner wat in Zimbabwe gebeur het. Die kans bestaan dat hulle die noodsaak hiervan sal insien en stilletjies agter die skerms sal agiteer vir meer regte vir die armblankes. Gelukkig is nie almal in die wêreldpolitiek gewetenloos nie.

    ’n Ander taktiek kan wees om die nuwe grootbelegger in Afrika, naamlik China te oortuig van die Afrikaner se bereidwilligheid om hard te werk en die Chinese op die hoogte te stel met hul insigte in Afrika se politiek en kultuur. As ons ons kaarte slim speel, kan ons vir hulle ’n groot bate wees wat sal maak dat hulle die ANC-terroriste onder druk sal plaas om die Afrikaner meer regte en waardigheid te gun.

    Waar Engeland en die groot moondhede al meer as ’n eeu besig is om die siel van die Afrikaner te vernietig, stel jou voor die groot ironie as China met hul eindelose stroom kapitaal hierdie breuk sou begin genees.

    Om die woorde van Van Wyk Louw te leen:  ”Ek glo dat op ’n vreemde manier dit die krisis is waaruit ’n volk herbore, jonk, skeppend te voorskyn kom.”

    одежда для девочек школьная формаДанильченко Юрий прокурор

  • Islam: Die nuwe kommunisme

    Soos wat die hofverhoor teen Geert Wilders in Amsterdam voortsleep oor sy vermeende radikale, kwetsende uitsprake, vind ‘n mens hier ‘n aantal gelykenisse met wat vorige eeu gebeur het.

    Verlede eeu het die rykstes van Europa en die Verenigde State met bakke vol geld die Russiese Oktoberrewolusie gefinansier. Selfs ons aartsvyand Lord Milner het ‘n stuiwer in die armbeurs gegooi vir die Rooies. Desondanks word die indruk gewek dat die gepeupel in Rusland self in opstand gekom het en kommunisme begin eis het. Die harde werklikheid dikteer egter ‘n ander verhaal.

    Byvoorbeeld, wat het Lenin in Switserland gedoen voordat hy Rusland toe is om die rewolusie te ontketen? En waarom was Trotski in New York kort daarvoor? Trotski was selfs oppad terug in Nuwe Skotland in Kanada gearresteer gewees op verdenking van aktiwiteite wat Britse soldate in Oos-Europa in gevaar kon stel, maar onder druk van die VSA weer vrygelaat. En dan nog sy hegte vriendskap met die Baron Rothschild, die rykste bankier van Europa? Dit rym nie met die beeld van die verdrukte arbeider nie, laat staan nog dat nòg Trotski, nòg Lenin nòg Marx ‘n dag in hul lewe gewerk het nie en nooit eens voet in ‘n fabriek gesit het nie.

    Oswald Spengler het in Untergang des Abelandes geskryf dat daar geen proletariese of kommunistiese rewolusie is wat nie in die belang van geld gehandel het nie, en die idealiste het meestal geen idee hiervan gehad nie. As ons kyk na uitlatings van mense in topposisies soos die Rotschilds, die Rockefellers, Ford Foundation en ander was hulle nog altyd vol lof gewees oor kommunisme. En dan begin ‘n mens te wonder hoekom die rykste en invloedrykste mense ter wêreld pro-kommunisties is.

    Die antwoord is nie moeilik te vinde nie: ‘n Land waarvan die hele staatsapparaat in die hande van ‘n klein kliek gekonstentreer is sonder vrees van kompetisie, met mense wat weens gebrek aan geloof die leier slaafs aanbid, is mos ‘n wêreldheerser se droom. Ondanks die honderdmiljoen mense wat omgekom het onder daardie gruwelsisteem, moes iemand daarvoor gesorg het dat hulle geen geregtelike gevolge sou dra nie, en net die ultrarykes het die mag om dit te reël. Dit is nou dieselfde mense wat die mag gehad het om die Afrikaner fundamenteel te beswadder oor die enkele honderde swartes wat deur die polisie gedood is, terwyl die huidige golf van misdaad geen wenkbrou laat lig nie.

    In ons huidige tydsgewrig, met die ambisies van die top geestelikes in die Moslemwêreld, kan ons nagenoeg dieselfde proses herken. Dit is allerweë bekend dat in lande waar die Sjariawette regeer, word vroue verdruk en dikwels swaar mishandel en word menseregte as bysaak beskou. Selfs so ‘n sekulêre Islamitiese reus soos Turkye heg meer waarde aan die Islamitiese wetgewings as aan die VN se Handves van Menseregte. Egter, enige kritiese geluid wat hierdie wil uitwys word vanuit alle bronne tot stilswye gemaan.

    Tydens Wilders se verhoor het ‘n drietal Islamdeskundiges opgedaag om sy standpunte te evalueer, en hulle het hom op alle terreine gelyk gegee. Selfs sy gewraakte uitspraak dat die Koran vergelykbaar is met Hitler se Mein Kampf was bespreek. ‘n Islamdeskundige, die afvallige Siriese psigiater Wafa Sultan, meen tydens die verhoor dat die Koran selfs erger is as Mein Kampf, aangesien Hitler se boek ‘n politieke mening was terwyl die Koran magspolitiek met geloof vermeng, en sodoende ‘n groter, gevaarliker invloed op mense uitoefen. Mevrou Sultan se afvalligheid het sy origens te danke aan die feit dat sy in haar tuisland meegemaak het hoe ‘n radikale Moslem haar dosent met ‘n masjiengeweer met meer as honderd koëls neergemaai het, en Allahoe Akbar (God is groot) geuiter het.

    Dit wil voorkom asof die mense met die groot geld daarop uit is om Wilders se mond te snoer. Selfs die belangrikste Nederlandse entrepeneur, Bernard Wientjes wat voorsitter is van die Vereniging van Nederlandse Ondernemers (VNO-NCW) is teen hom, al is dit duidelik dat die grootste bedreiging vir die Nederlandse regstaat juis uit die hoek van die radikale Islam kom. Dit is met ander woorde nie net onnosel linkse stemvee nie wat teen Wilders is nie, maar belangrike mense aan die top is ook nie gediend met sy uitsprake nie. En soos gewoonlik word die hele tyd gesinspeel op Moslems wat minder tuis voel in Nederland as gevolg van Wilders. Egter, toe enkele jare gelede die grootste anti-Joodse demonstrasie in Amsterdam gehou was sedert die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog, het dit skaars die koerante bereik.

    Een van die interessante verskynsels wat die Islamitiese Rewolusie in Iran aan ons geleer het, is dat mense massaal bereid is om geloof te kies bo materiële welvaart, wat hulle onder die Sjah Mohammad Reza Pahlavi geniet het – weliswaar nie heeltemaal vry van verdrukking nie. Volgens ooggetuie was mense heeltemaal besete om Islamitiese waardes te verkondig ten gunste van verworde materialisme. En dit was nie net beperk tot Iran nie, maar het skokgolwe in nagenoeg elke Islamitiese land veroorsaak. Dit is duidelik dat geloof die beste mobiliserende faktor is vir rewolusie, selfs magtiger as sekulêre gelowe soos kommunisme, en die internasionale karakter van hierdie rewolusie het getalsgewys selfs die Oktoberrewolusie oortref. Daarom moet enige teenstander van hierdie rewolusionêre golf verketter of monddood gemaak word.

    Islam is ‘n geloof van onderwerping aan hoër gesag en streef na internasionale oorheersing, net soos kommunisme. Ander gelowe word slegs getolereer as hulle onderworpe is aan Islam. Die situasie in Europa is effens anders.

    Volgens sommige geskiedkundiges verkeer Europa nog steeds in die naskokke van die Franse en Oktoberrewolusies, met die belangrikste kenmerk dat geloof en nasionalisme bespot is en Europeërs fundamenteel rigtingloos gelaat is hierdeur. Dit word goed verduidelik deur die Spaanse filosoof José Ortega y Gasset in sy The Revolt of the Masses, waarin hy argumenteer dat juis vanwee die vernietiging van geloof, adelstande en derglike vorme van hoër kulturele gesag het die massamens ‘n opmars begin maak. Die kenmerk van die massamens is die gepeupel wat geen werklike insigte het in langtermyn voordele vir die samelewing nie, maar hulle wil almal direk en ywerig hul mening verkondig. Onder Fascisme, sê Gasset byvoorbeeld, sien ons ‘n mens wat nie omgee of hy reg of verkeerd is nie, maar wil bloot sy stem laat hoor. Hy meen dat hy die reg het om nie redelik te wees nie, oftewel hy het die “redelikheid van onredelikheid”. Met die verhoor van Wilders kan ons selfs ‘n stappie verder gaan en stel dat enige vorm van redelikheid verketter moet word.

    Waar Europa sonder geloof en redelikheid agtergelaat is, maak Islam sy opkoms, en pogings om dit te stuit word vanuit ‘n hele verskeidenheid oorde deur veskillende “deskundiges” ontkrag, wat die gewone volk nog verder op ‘n dwaalspoor lei. ‘n Mens wat sig verloor van sy hoër kultuur is in feite ‘n geestelike weeskind en vatbaar vir vreemde invloede. Ofskoon daar op internet uitstekende klassieke werke gratis af te laai is, verkies die gepeupel vir rekenaarspeletjies of kyk liewer na Hollywood se prulvermaak, wat verder veroorsaak dat hulle in ‘n verlore jeug verval.

    Dit word nog verder vererger deurdat Christendom, spesifiek die Katolieke variant, in die media steeds meer te skande gestel word oor verhale van kindermisbruik sodat Europeërs ‘n weersin in hul eie geloof begin kry. Oor gevalle van Moslemkinders wat gebreinspoel is om selfmoordaanslae te pleeg of as menslike skild op te tree, word geen woord gerep nie en moet eintlik met ‘n soort ontsag benader word.

    Dit is duidelik dat die opkoms van Islam ‘n perfekte Trojaanse perd is vir die ambisies van die wêreld se grootste magswellustelinge. Waar kommunisme destyds op die sentimente van die arme arbeiders geteer het, groei Islam op die verlamde moreel van die Europeërs. En hul doelstellings is een en dieselfde: Om die gepeupel dom en gelukkig te hou met onbenullighede terwyl groter moonthede steeds meer van hul gedagtes en instellings konsentreer in die hande van ‘n magtige kliek. En as jy jou magswellus kan regverdig met ‘n geloof, lê jy nie net beslag op mense se arbeid en welvaart nie, maar op hul siel ook.

    Waar Marx destyds gestel het dat geloof die opium van die massa is, is die realiteit deesdae dat Nintendo, pornografie en Endemol die opium van die massa is terwyl ‘n heelwat onbilliker, indringender geloof besig is om wortel te skiet. En hierdie geloof het nog nooit slawerny afgesweer nie.

    Hoe gouer Europa dit besef hoe beter.

    дизайн зала в доме с каминомДанильченко Юрий Харьков