Is jy ‘n vryheids-roofkyker?

As ek by ‘n Dokter instap met ‘n skeet of ‘n kwaal en hy gee my mediese raad om my van die probleem te verlos, dan is hy geregtig op vergoeding vir sy tyd en kennis. Indien ek betaling weerhou, dan “steel” ek letterlik by die mens.

Hoeveel van ons is nie besig om ‘n aandeel in ons vryheidstryd te steel nie?

Ons sit op al wat ‘n forum is en lewer kommentaar. Ons het raad en planne en opdragte vir die leiers. Ons eis by hulle antwoorde en prestasie, maar vergoed ons hulle enigsins vir hierdie waarde?

Kom ons gestel Dr. Roodt en die manne agter die skerms hou eenvoudig op om ons saak te beveg omdat hulle dit nie meer kan bekostig nie- hoeveel verloor ons dan? Hoeveel verloor ons kinders dan? Wat is vryheid vir u werd in Rand en sent. Ek kan u belowe die dag as ons niks meer oor het nie, sal ons eers regtig agterkom wat ons verloor het.

Leiers kan egter nie hierdie oproep tot finansiële betrokkenheid maak nie, want dan is elke tweede kommentaar dat hulle net agter die geld aan is. Ek, wat self skuldig is aan “Vryheid-roofkyk”, doen dus ‘n beroep op mense soos ek, wat nie altyd persoonlik kan betrokke raak by die vergaderings en so meer nie, om finansieel betrokke te raak.

Kom ons wees nie naïef nie, hierdie stryd gaan nog miljoene Rande kos. Die “struggle” het etlike miljoene per jaar gekos om aan die gang te kry en aan die gang te hou. Hulle geluk was dat die buiteland hulle finansier het. Ons sit met talle lande wat ons goedgesind is, maar wat ons nie nou finansieel kan ondersteun nie. Ons is dus uitgelewer aan ons eie finansiering en dit is maar power. As die bietjie wat ons bydra op die oomblik ons strewe na vryheid verteenwoordig, dan is ons nie baie ernstig oor die saak nie…

Die realiteit is dat baie van ons finansieel swaarkry. Ek is seker hier is lesers op die forum wat gou ‘n tjek van R10 000 kan uitskryf sonder om dit te voel, maar ek (en my bankbestuurder) sien ons agterente net daar! Daar is egter planne rondom dit:

“Afrikaner-Blikkies”

Ek daag u uit om ‘n paar blikkies oranje te verf en net iets soos “Afrikaner-blikkie” daarop te skryf. Deel uit aan u familie en vriende, sit een op by ‘n werksplek, een by elke onderneming wat dit sal toelaat en vat een saam na elke byeenkoms waar u gaan. Al wat u vra is mense se kleingeld, al is dit net hulle brons. Ek is baie jammer vir die DBV, maar ons mense sal ‘n staat bou waar ons die diere mooi sal oppas. Laat daar in elke plek waar u kom so blikkie staan. Een keer ‘n maand gaan maak u al die blikkies leeg-

Ja, Oom, ek weet daar is dalk net R10 in die blikkie, maar as ons 10 000 sulke blikkies elke maand kan bymekaar maak dan is dit R100 000.00 per maand, R1.2 miljoen per jaar… Hoeveel koeksusters is daar nie in hierdie land verkoop om ons inisiatiewe te befonds nie? Hoeveel kerke is nie al gebou met pannekoek, koeksusters en tombola tafels nie? Onthou u nog ‘muntleggings’? Tel op daardie 5 sent stuk in die pad en gooi hom in die blikkie, die ou mense het altyd gesê jy kort ‘n sent om ‘n Rand mee vol te maak!

“Dink Oranje Blanje Blou…”

Die nuwe tendens in die wêreld is om “groen” te leef, maar sit bietjie oranje, wit en blou by vir kleur! Eenvoudige, klein dingetjies maak ‘n verskil- As jy koeldrank koop, koop glas-bottels, dit is nie net meer eko-vriendelik nie, maar die glasbottels kan weer Oranje blikkie toe! Verkoop bietjie al daardie ou “scrap” in jou motorhuis. Nie net sal jy in die mode wees met jou nuwe ‘minimalistiese motorhuis’ nie, maar jy kan ook weer ‘n paar Rand in die blikkie gooi! Sny jou eie gras en betaal die helfte van die loonarbeider se geld in die blikkie!

Vat inisiatief.

Van alles is hierdie die belangrikste! Dit gaan nie oor die “vryheid van die volk” nie, dit gaan oor jou en my oorlewing, dit gaan oor ons kinders se toekoms. Sonder ‘n vryheidstryd, sal daar nie vir hulle ‘n toekoms wees nie… Die leiers is besig om namens my en jou te baklei sodat ons kan oorleef! Kom ons raak deel.

Jy hoef nie vergadering op vergadering by te woon nie. Begin in jou gemeenskap, tussen familie, vriende en bure met inisiatiewe. Koop vir almal pampoensaad dat hulle dit daar in die agtertuin plant en reël dan ‘n braai waar almal hulle pampoene moet saambring! (lag maar, ek het al gehoor van groot oeste wat so afgehaal is vir fondse!)

Reël ‘n Boeresport-dag, nie net gaan jy ‘n paar Rand maak nie, maar jy herinner mense aan die mooi van ons volk wat verlore gaan, jy wakker weer iets in hulle aan om ook betrokke te raak en jy leer die kinders van ons kultuur. Jy hoef nie op ‘n komitee te wees nie, jy hoef nie ‘n organisasie te stig vir dit nie. Kry net twee of drie mense bymekaar en hou dit daar op die leë erf oorkant jou huis. Die eerste keer of twee gaan dit dalk net jy en jou familie wees, maar teen die derde maand gaan mense begin stop en kom deelneem.

Ek is seker daar is nog sulke idees wat julle hier kan bevoeg!

Dit gaan egter nie alles net oor geld nie. Dit gaan ook oor publisiteit en leierskap. Mense gaan vra vir wat is die Oranje blikkie- en hulle gaan weer vertel van die Oranje blikkie. Mense gaan sien jy neem inisiatief en jy gaan outomaties as verteenwoordiger begin optree vir daardie klein stukkie om jou.

Dit is wat ons nodig het- Mense wat besig is om ons saak te bevorder. ‘n Ondersteuningsnetwerk vir ons leiers wat hierdie geveg uit hulle eie sakke moet baklei sodat ek en jy en ons kinders eendag die vrugte van vryheid kan pluk!

Komaan kom ons sit ons beursies waar ons bekke is!

Groetnis!

играшкиФильчаков прокурор отзывы

Die Slag van Vegkop

VegkopMzilikazi het in 1836 vir die trekkers ‘n groot bedreiging geraak. Hendrik Potgieter het einde Augustus van Tregardt af terugkeer en die verwoesting in die laers aanskou wat die Matebele op 23 Augustus aangeval het. Dit was by Liebenbergkoppie waar byna almal uitgemoor is en later die dag by Kopjeskraal, waar die trekkers hulle met welslae verdedig het. Albei hierdie plekke is geleë in die Vredefort-koepelgebied. (Volgens die nuutste navorsing was die aanvalle op 23 Augustus, en nie die 24ste nie, soos genoem in die stukkie Trekkers binne en trekkers buite die laer.)

Potgieter het opdrag gegee dat die trekkers na die suide terugval. ‘n Groep het onder leiding van Potgieter en Sarel Cilliers in Oktober 1836 laer getrek by ‘n langwerpige rant tussen die Renoster- en Valsrivier, later bekend as Vegkop naby die huidige Heilbron. Volgens die meeste historici was Potgieter die aanvoerder tydens die slag, hoewel ook Cilliers ’n belangrike rol gespeel het. Daar is verskil van mening oor die datum van die slag, maar dis waarskynlik 19 Oktober 1836.

Die laer was in twee kringe opgestel. In die buitenste kring was veertig waens met doringtakke tussen die wiele en die openings tussen die waens. In ‘n kleiner kring, bedek met beesvelle bo-op en aan die kante, was die skuiling van dié kinders en vroue wat nie geweers hoef te gehelp laai het nie. Tussen die twee kringe was daar plek vir die perde, en daar was ook ‘n opening waardeur die mans met perde kon uitjaag, en wat vinnig met twee waens toegemaak kon word. Die mans hét ook uitgejaag toe die mag van Mzilikazi in die middel van Oktober 1836 aanval.

Sowat vyftig tree van die Matebele het die trekkers stilgehou en ‘n bruin man wat die Matebeles se taal kon praat, gestuur om te vra watter kwaad hulle dan gedoen het dat hulle nou aangeval word. Hulle het net dreigend gemompel; “Mzilikazi alleen die woord.” Terugdraai wou hulle nie. Toe die Matebele storm, het die trekkers skiet-skiet na die laer terug getrek. Verbouereerd kon ‘n paar nie weer die opening in die wamuur kry nie, en het weggejaag.

Die wat veilig terug was, het saam met Sarel Cilliers, een van die geestelike leiers van die trek, gekniel en saam met die vroue en kinders die Allerhoogste se hulp afgesmeek. Teen dié tyd was die Matebele besig om beeste buite die laer dood te steek en die vleis rou te verslind. Daarna het hulle om die laer gewag en hul asgaaie op klippe geslyp.

Ná ‘n tyd van byna ondraaglike spanning het die aanval met ‘n oorverdowende geskree begin. Die trekkers het die aanvallers tot so dertig treë van die laer laat naderkom en gelyktydig gevuur. Elkeen het twee of meer voorlaaiers gehad, en terwyl die man skiet, het sy vrou of kind kruit en lopers of koeëls in die loop van die ander geweer laat afgly; die jong Paul Kruger was een so ‘n kind. Party aanvallers het onder die waens probeer deurkruip, maar van die vroue het met byle gekap na dié wat ingekom het.

Uiteindelik het die aanvallers teruggeval. Piet Botha en Potgieter se jongste broer, Nicolaas, het gesneuwel, en veertien is gewond, ook Sarel Cilliers. Hy het egter dadelik ‘n dankdiens gehou om die eer van die oorwinning aan God te gee. Rondom die laer was daar 430 lyke, en 1137 asgaaie is opgetel. Cilliers se watent is deur 72 steke stukkend geskeur. Die aanvallers het 5 000 beeste, 50 000 skape en honderd perde weggevoer. Van die vermoënde Potgieter is 5 000 skape, 100 trekosse en 300 ander beeste gesteel. Hulpeloos moes die trek wag tot kos en osse opgedaag het om hulle suide toe te neem.

86 утопкарго

Gesels saam!

Praag wil ‘n beroep doen op lesers om saam te gesels! Ons het die afgelope paar dae gesien hoe ons aantal lesers die hoogte inskiet nadat ons berig het oor die gebeure by Paardekraal. Dankie vir die talle interessante en insiggewende insette van ons lede. Julle maak die harde werk wat ons insit om die webwerf op die lug te hou die moeite werd.

Vir die enkele uitsonderings wat graag swets, skree, beledig en die geselsforum as ‘n platform sien vir vervelige beuselagtighede, het ons opgemerk dat die invloed wat ons uitoefen blykbaar so ‘n probleem raak, dat sulke bydraers dieselfde adres gebruik onder allerlei skuilname!

Tja swaer, dis ongelukkig waar. Een van ons medewerkers vra toe wat die onderste, linkerkantse masker beteken. Kieme, seg ek. Ek dink dis internetkieme…

Kom ons trek saam aan die wa en as jy jouself in een van hierdie gesigte herken, behoort enige aantal ander werwe jou te kan akkomodeer.

 

stars wars legoФильчаков прокурор харькова

Liewe ma

Dag ma
Ek lees dat daar ver noord in Egipte die mense weer kwaad is vir die Farao en nou loop hulle en swaai hulle plakkate en dinge. Die Egiptenare lyk my is maar mense wat alles in oormaat doen en dalk sal daar ‘n Moses kom om weer so bietjie orde te kry. Die mense het nou die kar gevang en weet nie lekker wat om daarmee te maak nie.

Maar ma, ons het ‘n probleem met die oues van dae, Matewis en Otto. Ma sal hulle nog onthou van ma se laaste kuier. Ons twee wors honde. Altwee is RSG se “Iets vir iets” honde. Matewis het ons in Johannesburg gekoop nadat hy op “Iets vir Iets” adverteer is en Ollie hier innie Kaap ok nadat hulle hom op “Iets vir Iets” adverteer het. Dit was ou jare terug ma.

Matewis is eintlik ‘n vrouhond. Haar naam kom van daardie ou toneelstuk “Matewis en Meraai” waar Meraai vir Matewis sê “Praat nou” en dan skrik Matewis hom boeglam want hy ken nie van praat nie en Meraai bedoel eigenlik sy wil vry. Toe Lenie Matewis so in die oë gekyk het, het sy gesê – haar naam is Matewis al is dit ‘n vrouhond.

Otto kry sy naam nou weer van hoeka se ou springbok rugby speler Ollie le Roux want toe ons hom sien was hy so sterk en fris hondjie en Japie het gesê sy naam is Ollie. Ollie le Roux het ok mos vir die Vrystaat gespeel as ma sal onthou. Altwee is nou al in mense jare baie oud. Die slimmense sê mos een mense jaar = aan 7 honde jare. Soms voel ek ook so asof ek in een jaar sewe jaar ouer word. Matewis is dan 14×7 = 98 en Ollie 84. Matewis en Ollie is oud ma.

Eers het Matewis se oge so grys geworre en toe sien ons hy loop in alles vas en dat Ollie hom so stamp, stamp en in ‘n koers in druk. Dis erg ma om nie te kan sien nie, want Matewis weet nie wanneer is oggend en môre nie. Toe kom ons agter dat hy ons gefluit nie meer kan hoor nie, stadig maar seker het hy toe doof geword. As ons hulle roep, dan gaan Ollie eers na Matewis se koers en druk hom met sy neus in ons koers. Hy kan darem nog so bietjie ruik en die ou tande is net sulke kort stokkies solat ons hom nou maar pap kos voer.

Maar ma, sy stertjie waai en as jy hom bad of vryf dan kreun hy van die lekkerte en dis net waar ons besluit het dat al is Matewis doof en blind, ons hom gat oppas solank Ollie ons help met die navigasie tussen die huis en hulle hok. Ma, Matewis is grys van kop tot tone, so silwer grys maar die stertjie waai en smiddae as ek hulle se koekies en BoB Martin pille gee, dan is hy so opgewonde want ek weet hy kan ons nog so in sy gedagtes sien. Ollie is ook oud ma, so om die kiewe raak hy ok al grys en deesdae is die ogies ook meer grys as blink.

Ons het toe huisvergadering gehou. Wat moet ons doen met die twee oues van dae? Hulle is so deel van ons, die twee “Iets vir Iets” honde – hoe nou? Die antwoord, solank die veearts sê dat daar nie pyn is nie, bly hulle ons twee oues van dae. Maar, wanneer Ollie nie meer hand kan bysit met die nuisdrukkery en stampery van Matewis as hy so tussen die blomme verdwaal nie, dan sal ons ‘n groot besluit moet neem.

Ma, dit gaan goed met die twee oues van dae en ons hoop dat hulle nog so 7 honde jare vir ons gespaar sal bly, want hoe maak mens sulke waaiende stertjies stil ?

(Ware verhaal van ons twee word honde)
Groetnis ma : Bart

Liewe ma – van Bart is ook in boekvorm beskikbaar. Besoek www.woes.co.za > boekwinkel

русская народная рубашка для девочкиФільчаков прокурор