Die moord op Santie Visser, of die bron van swart rassehaat

Foto: Michael HolmesDie situasie vir blankes in Suid Afrika kan vergelyk word met ‘n wulpse, maar jong en weerlose student wat verdwaal en haarself in ‘n donker agterstraatkroeg bevind. Omring deur vuil, onwelriekende tange wat haar soos kwylende diere aangluur, sit Santie Visser eensaam by ‘n tafeltjie, tuur beangs voor haar uit en wag vergeefs vir die vriend wat tot haar redding moet kom.

“Hoekom het ek ooit ja gesê? Hoe kon ek ingestem het met Frederik se roekelose planne?” wonder sy selfverwytend. “Hy het belowe ek sal veilig wees, dat hy hier sal wees vir my.…Hy is al ‘n uur laat!” Frederik is ‘n nuwe kennis, so anders as haar eng, vaal, konserwatiewe vriendekring.

Met sy kaal kop, Afrikastyl- kaftanhemde en eksotiese idees het hy hierdie Boeremeisie se hart vinniger laat klop. Hulle is sielsgenote! Soos Santie is Frederik ‘n liberale “Afrikaanse”. Nes Santie haat en verag hy die agterlike, rassistiese Afrikaners, en skaam hy hom vir die verdrukkende Nazi-agtige Calvinisme van sy mense. Wel, nie meer sy mense nie! Nes Koos Kombuis het hy ook uit die Afrikanerdom bedank en hom volmondig by die ANC aangesluit.

Santie het nog nooit ‘n egte sjebien in ‘n lokasie besoek nie, en Frederik het dit soos ‘n ware avontuur laat klink! Dit sou alles deel wees van haar opvoeding vir haar nuwe multikulturele lewe. “Miskien het die taxi net my by die verkeerde plek afgelaai,” wonder sy.

Agter haar raak die vieslike aanmerkings al harder, al meer gewaagd. Sy verstaan nie die “township-taal” nie, maar maak enkele woorde uit. “Maghosha…umhlungu…lekgoa…white bitch…”Haar angs groei nou vinnig. Daar is selfs ‘n dierlike gesis en gromgeluide wat iemand maak. Is hierdie mense dan mal? Frederik het haar verseker die township-mense is so warm, vriendelik en omhelsend, en sy het nie vir een oomblik rede gehad om hom nie te glo nie. Alles wat Frederik gesê het, het so mooi ingepas by wat sy oor die jare gesien het op Sewende Laan, Egoli; gelees het in Huisgenoot, gehoor het by dominee Heyns tydens Sondagdienste. Maar dit strook nie met hierdie ervaring nie. Santie is nou skoon oorbluf maar is slim genoeg om te besef: haar wit vel is nou haar uniform en sy is diep agter die vyandelike linies.

Opstaan en uitloop is nie ‘n opsie nie…die steeg is teen dié tyd pikdonker. Bowendien, die groepie jeugdiges wat haar al koggelend vir ‘n paar blokke gevolg het, wag steeds buite. Sommige het selfs binnegekom en een staar nou grynsend in haar rigting terwyl hy met sy Okapi-mes speel. “Ag vader, as ek tog net nie my gaspistooltjie tuis gelos het nie…het ek ‘n kans gehad…moes vir pa geluister het,” dink sy wanhopig. “Kan ek dit waag om my selfoon hier uit te haal? Ek kan nie eers waag om badkamer toe te gaan nie. Laat ek nou vir Pa bel. Hy gaan woedend wees.” Sy haal die foon uit en begin skakel.

Skielik vlieg ‘n dronk lummel op en baan sy weg na haar toe. “Hows a kissj miessj,” prewel hy en druk sy smerige vingers deur haar blonde hare. Sy ruk wild haar kop weg, gewalg deur die drankwalms en fisieke aanraking. Sekondes later volg sy drie makkers hom, en omring haar. Een gryp haar hardhandig aan die pols, die ander glip sy vuil hand onder haar somerrok in. Santie gil en klap woes na haar aanvallers. Een gryp haar selfoon en storm weg met sy logge vet lyf, met die ander drie steierend agterna. Ná ‘n wilde gestoei blaas die ander drie die aftog, en loop-val terug in Santie se rigting in.

Die groot vet kalant met die mus en blou oorpak kom staan kordaat voor haar, en druk dreigend sy dronk gevreet in haar gesig in. Santie ruk van vrees terwyl sy die simmetriese littekens op sy wange betrag, en dan stadig haar blik op sy wilde, bloedbelope geel oë met hulle donker poele laat rus.

Die gloeiende, demoniese haat wat uit hulle straal, verskrik haar. “Hy ken my van geen kant af nie, hoekom haat hy my so verskriklik?” wonder sy. “Yessss meddem! It’s me, Sifiso!” bulder hy skielik. “You scared, meddem?” “Whats wrong? Eissh don’t worry meddem, Sifiso will protect you. Just give me some money,” sis hy onheilspellend. Die kroeg dawer van die lag, en iemand skree iets in Zoeloe. Santie klem die klein swart handsak stywer onder haar arm vas, en met ‘n bewende onderlip skud sy effens haar kop, duiselig van angs. “Asseblief, los my net uit,” prewel sy rukkerig.

“Haai hai! Djy’s ‘n Boer,” gil hy soos ‘n besetene. Skielik is daar oproer in die kroeg, asof iemand ‘n kodewoord uitgeroep het. Uit die bloute klap hy haar, maar Santie koes en die hou is skrams. Terwyl sy haar balans probeer terugkry, tref ‘n vuishou haar teen die oor en alles word swart. Sekondes later herwin sy haar bewussyn en bevind haarself op die koue, vuil sementvloer. Die gejil en geskreeu word al harder, soos iemand wat ‘n volumeknoppie draai. Santie hoor krete van “dubula iBhunu”. “Shya, shya ibhuru shya!” word ‘n dreunsang wat soos ‘n woedende swerm bye om haar bewussyn wentel.

Sy probeer halfhartig opstaan maar ‘n harde skop in die ribbes ruk haar wind uit en sy val weer, gapend na asem. Soos wildehonde storm die res nader. Een gryp haar handsak, iemand anders ruk haar horlosie af en nog ‘n onsigbare hand klou koorsagtig aan haar goue oorbelle. Haar klere word wreedaardig van haar lyf afgeskeur en sy voel hoe honderde swart hande aan haar ledemate gryp, trek en ruk. Nou reën die houe en skoppe genadeloos neer maar genadiglik ervaar sy geen pyn meer nie. In die half-bewuste, dromerige beswyming voel Santie asof sy begin sweef, sy voel lig en donsig.

Haar lewe vlieg by haar verby en skielik is dit asof sy in ‘n filmteater sit. ‘n Helder lig vul eensklaps die teater en op die silwerdoek verskyn Santie se oorlede oupa. Hy het trane in sy oë en staar lank en intens na haar, terwyl hy peinsend sy wit bokbaardjie streel. Dan praat hy, saggies maar ferm: “Arme kind, wat het jy aangevang? Ek is so verskriklik jammer vir jou. Ek wens jy het vir my geluister, Santiekie-kind.”

Santie voel hoe rou snikke uit haar binneste skeur. Sy is sprakeloos, dan fluister sy: “Hoekom Oupa, hoekom? Ek was goed vir hulle! Ek het kospakkies uitgedeel, my helfte van my sakgeld aan swart liefdadigheid gegee, hulle met deernis en respek behandel – altyd!”

Oupa Hendrik skud stadig sy kop, en na ‘n stilte begin hy praat. “Jy het geen benul watter verterende, ingekankerde haat die swartes vir ons het nie. Asseblief, ek verwyt jou nie. Dis egter nie moontlik vir jou as witmens om dit te besef nie, want jy wat uit ‘n liefdevolle, keurige huis kom, het nie die kapasiteit of raamwerk om dit te integreer nie. Jy is met liefde en deernis grootgemaak, en dit projekteer jy uit op andere, ongeag ras of status. Dis ook nie jou skuld nie. Dis maar net hoe ons nasie is.” Oupa Hendrik bly vir ‘n oomblik stil, dan gaan hy aan.

“Hulle haat ons nie weens apartheid of slawerny nie. Hulle haat ons nie vir die eeue se onregte nie. Hulle haat ons nie weens die alewige politieke opwepery nie. Hulle haat ons vir wat ons is – dat ons blankes is. Ons is ‘n spieëlbeeld vir hulle, en wat hulle in daardie spieël sien, is wat hulle haat. Ons laat hulle sleg lyk, en dis nie doelbewus nie. Elke keer wat hulle na ons kyk, sien hulle hul eie “lelikheid”. Elke keer wat hulle ons aanskou, verag hulle hulself. Dit veroorsaak pyn en afguns vir hulle, en hulle sal enigiets doen om die pyn te keer.”

“Jy sien, soveel as wat hulle ons verafsku, wil hulle bitter graag soos ons wees. Hulle wil ligte velle, blou oë, skerp, reguit neuse en reguit hare hê, en bestee jaarliks ‘n massale fortuin aan kosmetika, haarmiddels en velverbleikers om so te kan lyk. Die skoonheidsideaal van alle nie-blanke rasse is om soos blankes te kan lyk.”

“Vir duisende jare bedryf Indiërs die kastestelsel, wat geheel en al op velkleur geskoei is. Hoe ligter jou vel, hoe meer opreg, verhewe en goddelik is jy. Die Bramaan-kaste het die ligste gelaatskleur. Hulle is ook die priester- en opperklas, dws diegene naaste aan goddelikheid. Hoe donkerder, hoe meer duiwels en veragtelik, soos die ‘onaantasbares’ heel onder aan die ranglys. Alle nasies en rasse het die balans van lig en donker as integrale deel van hul wêreldbeskouing en selfs ook godsddiens aanvaar. Dink aan die Taoïstiese Jin en Jang. Dink aan die Christendom. Algar beskou die lig as die goeie, en die duistere as die slegte. Dit is by ons ingeprogrammeer, in elke denkbare greintjie van ons wese.”

Oupa Hendrik pik ‘n traan uit sy oog en bly vir ‘n oomblik stil. “Selfs ‘n klein babatjie van 4 maande tref onderskeid. ‘n Amerikaanse sielkundige het toetse op babas van alle rasse gedoen – babas wat so klein was dat hulle nog nie kon sit of loop nie. As foto’s van ‘n swart man of vrou aan ‘n baba (ongeag die baba se eie ras) getoon is, het die baba negatief gereageer, weggedeins, selfs gehuil. Foto’s van wit mense het weer ‘n positiewe reaksie uitgelok, babas het geglimlag, gestaar.

“Dieselfde sielkundiges het soortgelyke toetse op kinders tussen die ouderdomme van 4 en 8 gedoen, dié slag met poppe. Presies dieselfde resultate! Swart en wit kinders wou slegs met die wit poppe speel, en wou niks te doen hê met die swart poppe nie! Wat beteken dit, vra jy? Wel, dit bewys dat oordeel en vooroordeel nie aangeleerde gedrag is nie, maar in ons diepste wese skuil. Dit is inherent in die menslike natuur, ongeag ras of etnisiteit.

“Kyk na die psige van die Afrikaan, my kind. As jy ‘n swart mens is en sukkel om kinders te baar, dan maak die toordokter vir jou moeti met iemand se baarmoeder. As jy nie goed kan sien nie, gaan slag die toordokter iemand se oë uit vir moeti. As jy moeti soek vir liefde, is dit iemand se hart, vir geld, is dit iemand se hand, vir wysheid, ‘n brein, vir welsprekendheid, iemand se tong of lippe.

“Vergelyk hierdie psige met die uiters versteurde, boosaardige psige van die reeksmoordenaar wat vroue vermoor het en vir homself ‘n oorpak en kopmaskers van mensvel aanmekaar gestik het. Dit is hoe bitter graag swartes soos ons wil lyk, en ons wil wees, dat hulle by wyse van hierdie afgryslike metafoor tot sulke uiterstes sal gaan.

“Maar dis nie net ‘n gewone jaloesie soos ons blankes dit ervaar nie. Dis ‘n tipe afguns wat as emosie heel onbeskryflik is, ‘n giftige, irrasionele draaikolk van wrewelrige, haatlike nydigheid en naywer.

“Die filosoof Ayn Rand het dit soos volg beskryf:

1)    “Afguns / haat van die “goeie” juis omdat iets of iemand die “goeie” is. Hierdie hartstogtelike haat is nie ‘n tipe wrewel wat hulle voel teenoor ‘n voorgeskrewe siening van dít wat deugliewend is, waarmee hulle nie saamstem nie. Inteendeel, haat teenoor die “goeie”, juis omdat hulle die “goeie” is, beteken haat vir dít wat mens bewustelik of onbewustelik in jou eie waardestelsel beskou en aanvaar as goed en deugdelik. Dit beteken: haat teenoor iemand wat ‘n deugsaamheid of goedheid het waarna jy self smag. (Uit: Return of the Primitive, the anti-industrial revolution)

2)    “Hulle wil nie jou rykdom besit nie, hulle wil hê jy moet dit verloor; hulle wil nie suksesvol wees nie, hulle wil eerder hê dat jy moet faal; hulle wil nie lewe nie maar wil hê jy moet sterf; hulle smag na niks nie, maar haat die feit dat hulle bestaan; hulle swerf eindeloos rond terwyl hulle elk weier om te besef dat die ware bakermat van sy haat, homself is.…Hulle is die essensie van die bose, daardie dooie, anti-lewende gedrogte wat deur ander te verorber en te vernietig, die selflose vakuum in hul eie siele probeer vul.” (Uit: The Age of Envy)

“Dít my kind, is die mentaliteit waarmee jy hier te doene het. Hoe liberaal, of hoe konserwatief, of hoe pro-swart of anti-blank jy ook al mag wees, is nie ter sake nie. Ongeag jou eie houding, ongeag of jy saam of teen hulle staan, hulle sal jou vernietig, uit loutere selfhaat.

“Hulle sal jou beskuldig daarvan dat jy as wit mens “bevoorreg” is. Eienaardig genoeg, voel jy nie bevoorreg nie! Die huis waarin jy woon, die klere wat jy dra, die lewenstyl wat jy handhaaf, is vir jou – as blanke – die norm, nes dit vir blankes regoor die wêreld die norm is. En ek sal jou wed, jy voel seker dat dit “beskeie” is teenoor dít wat jy werklik sal wil hê. Om hierdie basiese norm te handhaaf, werk jy hard. Vergeleke met ‘n stertriem, modderhut, stroois of plakker sinkhuisie is hierdie norm ongetwyfeld meerderwaardig. Maar is dit geregverdig dat jý skuldig moet voel omdat ander nasies laer norme handhaaf?

“Dis hoekom hulle jou plase afneem, jou landerye verniel, jou vee doodmaak en al jou harde werk tot niet maak, ongeag dat dit hulle ook aan die einde sal vernietig. Grondroof en nasionalisering van myne sal in SA dadelik enige oorsese beleggings en internasionale kredietooreenkomste beëindig. Derduisende boere, tegnici en bestuurders sal landuit vlug met hul gesinne, en kapitaal sal uit die land uit stroom. Landbou sal tot ‘n algehele stilstand kom, met rampspoedige gevolge, insluitende hongersnood, Tesame hiermee sal die maatskaplike ontwrigting, onrus en misdaadvlae wat oor die land spoel ‘n ramp veroorsaak wat slegs in volslae volksmoord en burgerorlog sal eindig.

“Dit maak nie saak dat die Marxistiese beleid van nasionalisering – gewettigde diefstal deur ‘n rampokke-staat (of kriminele sindikaat wat staatsmag bekom het -) orals ter wêreld gefaal het nie. Dit maak nie saak dat die uiteinde van SEB in myne soos Aurora en Alexkor ‘n klaaglike mislukking was nie. Die myne is deur Zuma en Mandela se seuns oorgeneem, en dadelik het die nuwe swart base begin om hulle te vernietig.

“Pompe, kabels, toerusting en enigiets wat minimale waarde gehad het, is uit daardie myne gestroop en as skroot vir ‘n appel en ‘n ei verkoop. Derduisende mense het hul werk verloor en vreeslik swaargekry. Hele gesinne het op straat beland. Dan praat ons nie eers van die ekologiese skade wat veroorsaak is nie, Johannesburg se middestad wat deur suurwater oorstroom word.

“As jy dink die algehele vernietiging van die bemagtigingsmyne in ‘n kort periode van vier jaar rampspoedig was, het jy nog niks gesien in vergelyking met wat nou aan die kom is nie. Op ‘n wrang manier is dit miskien nie ‘n slegte ding nie, hoe verskriklik dit ook al mag klink: ‘n burgeroorlog en rassekonflik kan lei tot sesessie van die Kaap of ander provinsies, wat uiteindelik tot ‘n blanke staat / ministaat sal lei.

“Die geskiedenis van Afrika is dat slegs as die absolutele laagtepunt bereik is, sodra alles algeheel en totaal vermorsel is, kan dinge weer opwaarts begin beweeg. Tanzanië, Mosambiek, Zambië en die DRK is sprekende voorbeelde hiervan.

“Deur dít wat jy opgebou het – die myne, die banke, die stede en dorpe – te onteien en vir hulself te neem, deur lughawens, hospitale en strate te hernoem, net om dit alles moedswillig te vernietig, is ‘n groteske parallel met die reeksmoordenaar wat jou gesig- en kopvel afslag sodat hy dit oor sy eie kan trek, net om vir ‘n kort rukkie te kan voel dat hy jou geassimileer het – dat hy uiteindelik jóú identiteit bekom het.

“Die vraag is dus: hoe beveg jy hulle? Met watter wapen kan jy jou teësit? Ayn Rand verskaf weereens die antwoord. Ongewoon vir haar, is die antwoord liefde. Liefde vir jouself, liefde vir jou gesin, vir jou eie Boeremense, vir jou blanke ras. Liefde vir jou roemryke geskiedenis, vir die helde van ons trotse erfenis en die ongelooflike hoogtes waarna ons strewe. Liefde vir jou beskaafde norme en etiek. Wees lief vir jou eie!

“Tel jou ken op, trek jou skouers terug en maak jou rug styf, witman! Jy het alles om op trots te voel, en niks om oor skaam te wees nie. Sodra ons leer om die propagandistiese snert van ons aartsvyande te verwerp, sal ons ons selfrespek herwin, die verraad in eie geledere stop te sit en die selfhatende anti-blanke kanker in sy spore te stuit.”

Daarmee het Oupa Hendrik geknik, die ooglede van Santie se gekneusde lyk sagkens toegedruk en die lig uitgedoof.

нижнее белье для девочек 13 лет купитьФільчаков Олександр Васильович

Donker dae vir die Voortrekkers

Andries PretoriusBy die geveg van Italeni moes nie net Uys se manne vlug nie, maar ook Potgieter se kommando. Die skrik het wyd versprei en elkeen het van die onheilstoneel probeer wegkom. Die aand van 12 April het die eerste twee lede van die kommando weer by die laer aangekom en die hele nag het nog meer opgedaag “met bedrukte aangezichten”, soos Erasmus Smit in sy dagboek aanteken.

Baie mense het Potgieter van lafhartigheid beskuldig en hom bitter verwyt. Ander het gemeen dat hy wel deeglik probeer het om Uys-hulle te help deur ‘n pad vir hulle oop te skiet. Die kommando is die Vlugkommando genoem. Diep beledig deur die kritiek en verwyte is Potgieter en sy mense, ook Paul Kruger se familie, vir goed uit Natal. Potgieter was baie teen die trek na Natal, en toe party trekkers ook nog die skuld vir die mislukte strafekspedisie op hom pak, was dit vir hom te erg.

‘n Paar dae ná Italeni het die Zoeloes weer geseëvier. Sowat 1500 swart mense en 17 Engelse handelaars wat onder Robert Biggar opgetrek het, is verslaan en 13 blankes en sowat 1 000 swartes is gedood.

Die toestand was wanhopig: In Julie 1838 het ‘n groot brand in een van die laers ontstaan, en masels het uitgebreek onder die mense, wat sommige dae byna geen kos gehad het nie. Koue en nattigheid het die meeste sterfgevalle veroorsaak.

Op 14 Augustus het ongeveer 10 000 Zoeloes met ‘n nuwe aanval begin en twee dae lank geprobeer om die laers te oorrompel. Dié was egter nou goed versterk, soms met mure van sooie. Onder leiding van kommandante soos Hans de Lange (“Hans Dons”) en Karel Landman is die aanvalle afgeslaan, hoewel die aanvallers weer baie vee saamgeneem het.

Nog ‘n terugslag was die siekte van Maritz en sy dood op 23 September 1838 in die ouderdom van 41 jaar. Ondanks al die rampspoed was die trekkers vasbeslote om in Natal te bly. In Mei 1838 is Natal deur ‘n proklamasie formeel in besit geneem. Die hoofstad sou wees Pietermaritzburg, genoem na Retief en Maritz. Lande wat in Mei en Junie geploeg en gesaai is, is in Oktober geoes. Behalwe woonhuise is ‘n hut gebou waar die leraar die katkisante kon voorberei.

Die Afrikaners in die Kolonie het die nuus van die trekkers se teëspoede met diepe besorgdheid ontvang en het dadelik iets probeer doen om te help. Groot insamelings is oral gehou en ‘n skip het in September met geld, klerasie en allerlei ware in Port Natal aangekom.

Ook in ‘n ander opsig het die besef van bloedverwantskap, wat ‘n vereiste vir die ontstaan van ‘n volksgevoel is, hom sterk laat geld. De Zuid-Afrikaan het die trekkers verdedig teen die aanvalle van die filantrope onder leiding van die Commercial Advertiser, wat Retief beskou het as ‘n “madman” en hom en sy mense as “legally speaking, Rebels” bestempel het. Anders as die Britse owerheid was baie Engelstaliges aan die grens die trekkers simpatiekgesind.

Intussen moes die trekkers hulle voorberei vir die stryd teen Dingane. Die nuwe leier was op pad — Andries Pretorius, gebore op 27 November 1798 op Graaff-Reinet. Hy sou een van die grootste Afrikaners van die eeu word.

купитьлобановский александр игоревич

Is die globale Ryk wenslik? – ‘n kritiek op die Ryksgedagte

Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat globalisering in terme van ‘n Ryk gesien sou word.  Die Verenigde State van Amerika word toenemend as ‘n nuwe Rome beskryf.  Engels is die nuwe Latyn, en sodoende beleef ons een van daardie historiese herhalings wat vir filosowe en historici deur die eeue ‘n sisteem aan die geskiedenis verleen het.

za-nl_roodt-danEnersyds, veral uit die geledere van ekonome, word globalisering verwelkom as verhoogde mededinging, en die vryelike sirkulering van goedere en dienste.  Andersyds word dit egter gekritiseer as ‘n oorheersing van die Noorde oor die Suide, van die nywerheidslande oor die Derde Wêreld.  Met die einde van die Koue Oorlog is dit beswaarlik meer van pas om van ‘n regs/links-verdeling te praat, maar tipies sou ons kon sê dat globalisering van regs verwelkom word en van links afgewys word.  Net om daardie rede is die werk van Hardt en Negri waarna ek gaan verwys, belangwekkend, want hulle sien in globalisering en ‘n herrese Ryk ‘n positiewe, selfs bevrydende ontwikkeling.  En hulle is geen regse ekonome wat soos Milton Friedman die vrye keuse van die markekonomie bepleit nie, maar linkse intellektuele.  Trouens, Antonio Negri is so links dat hy ten tye van die skryf van Empire steeds besig was om ‘n vonnis uit te dien as voormalige terroris van die Brigati Rossi, die Italiaanse Rooi Brigade.  Ek kon hom seker ‘n stedelike guerilla genoem het, maar gegewe die onlangse bomontploffings in Suid-Afrika, sou ek dalk kwalik geneem word indien ek enige sulke optrede sou wou goedpraat deur neutrale terme te gebruik.

Empire verteenwoordig daarom ‘n linkse bevestiging van die Ryksgedagte.  Die sleutel tot die hele boek word heel aan die einde verskaf, waar ons lees:

“Daar is ‘n ou legende wat sou kon dien om die toekoms van kommunistiese militansie te illustreer:  dié van Sint Fransiskus van Assisi.  Dink aan sy werk.  Om aandag te vestig op die armoede van die menigte, het hy die algemene toestand aangeneem en daar die ontologiese mag van ‘n nuwe samelewing ontdek.  Die kommunistiese stryder doen dieselfde, deur in die algemene toestand van die menigte hul enorme rykdom te ontdek.  Fransiskus het in teenkanting teen die aanvang van kapitalisme nee gesê vir elke instrumentele dissipline, en in teenkanting teen die dood van die vlees (in armoede en die daargestelde orde) ‘n vreugdevolle lewe gestel, wat alles in die syn en die natuur insluit, die arm en uitgebuite mense, almal saam teen die wil van mag en korrupsie.  Weer eens in die postmoderne tyd bevind ons onsself in Fransiskus se posisie, en ons stel teen die ellende van mag die vreugde van syn.  Dit is ‘n revolusie wat geen mag gaan beheer nie – want biomag en kommunisme, samewerking en revolusie bly tesame, in liefde, eenvoud, en ook onskuld.  Dit is die onoorkomelike ligtheid en vreugde daarvan om ‘n kommunis te wees.”

 

In ‘n sekere sin het ons hier die elisie van die hele Westerse projek van die afgelope 500 jaar.  Die Renaissance, die Hervorming, die Verligting, die Moderne, selfs die Postmoderne word deur die gelukkige deus ex machina van globalisering en die Nuwe Ryk opgelos in ‘n soort Hegeliaanse sintese van teenoorgesteldes, van die Christendom en die kommunisme, van die Middeleeue en die post-postmoderne.  Uiteindelik, volgens Hardt en Negri, is Christelike altruïsme, die leer van Sint Fransiskus van Assisi, die oplossing vir die mensdom se probleme.

Dit is sekerlik ‘n vereenvoudiging van hul tese, maar nie van hul gevolgtrekking nie.  Miskien was Nietzsche reg toe hy die kommunisme beskryf het as die mees primitiewe maatskaplike stelsel, want hier word dit gereduseer tot die mees primitiewe mededeelsaamheid en menslike samesyn soos ons dit in sogenaamde premoderne of stamgebonde gemeenskappe aantref.

Hardt en Negri steun swaar op die denke van die Paryse filosoof, Gilles Deleuze, veral die twee boeke wat hy saam met die psigoanalis Félix Guattari geskryf het, die sogenaamde Anti-Oedipus en Mille plateaux, oftewel ‘n Duisend plato’s.  Ek wil nie hier die volledige argument van Hardt en Negri weergee nie; daarvoor kan u die boek self gaan lees of die opsomming daarvan wat in Afrikaans aangebied is in die jongste uitgawe van Fragmente deur Bert Olivier.  Soos my titel aandui, stel ek meer belang in die kritiek van hul denke, asook van die Ryksgedagte in die algemeen.  Ek wil graag aantoon hoe dit gebeur het dat die Ryksgedagte in die sin van imperiale denke, oor die afgelope paar dekades, en veral sedert die Tweede Wêreldoorlog, begin oorheers het in die Weste.  Ook in Suid-Afrika beleef ons die afgang van etnisiteit en nasionaliteit en die opkoms, of dan die geprogrammeerde bevordering van ryksidees soos multikulturalisme, “eenheid in diversiteit”, ons nuwe leuse wat in ‘n dooie taal op die nuwe landswapen pryk.  In Afrikaans veral woed ‘n debat oor die behoud van Afrikanerskap, ‘n nasionale identiteit, teenoor ‘n opgaan in die groter geheel, beide ‘n verengelsde en veramerikaansde Suid-Afrika, maar ook die groter Afrika-Unie, die nuwe Empaaier wat in ons tyd tot stand moet kom.

Die eerste stelling wat ek wil maak, en dit is hier waar my lesing waarskynlik as ietwat omstrede ervaar gaan word, is dat die hele beweging in die twintigste-eeuse filosofie, vanaf Heidegger se kritiek van metafisika, wat uiteindelik via die Franse strukturalisme en postmodernisme sou uitloop op ‘n algemene relativisme, ook bekend onder name soos dekonstruksie, die kritiek van mag of fallogosentrisme, radikale feminisme, die filosofie van verskil en, les bes, Deleuze se begeerteproduksie, nomadiese denke en risomatiek, dit alles kan beskou word as ‘n neiging tot Ryksdenke waarvan Hardt en Negri se Empire tegelyk die sintese en die kulminasie verteenwoordig.  Fukuyama se bewering, ná Kojève se lesing van Hegel, dat die geskiedenis aan sy einde gekom het, is van presies dieselfde orde.  Die Ryk verteenwoordig, na alles, indien nie die beëindiging van geskiedenis en stryd nie, ten minste die opheffing daarvan, ‘n soort skietstaking wat soos die Westerse Romeinse Ryk dalk vyfhonderd jaar mag duur.

Die eerste vraag is dus, hoe het ons hier uitgekom?  Hoe het dit gekom dat vanuit die intellektuele sentrum van die Westerse beskawing, wat ons seker as die Europese metropole waarvan Parys die belangrikste voorbeeld is en die Amerikaanse universiteit kan sien, en waartoe Negri en Hardt onderskeidelik byna volmaak behoort, ‘n argument na vore sou kom wat tegelykertyd ‘n soort absolute Empaaier, ‘n wêreldryk, verwelkom en die doodsklok lui oor die nasiestaat, oor die Verligting, oor eurosentrisme en waarskynlik oor die Westerse beskawing soos ons dit oor die afgelope 500 jaar geken het?  Die tema van Westerse dekadensie is, soortgelyk aan dié van die Ryk, ‘n gewilde; dit is ewer seer deel van ons tydsgees as die Ryksgedagte self.  My antwoord op hierdie vraag is eenvoudig, of liewer die metodiek om daarby uit te kom, is eenvoudig in die sin dat dit een van die oudste idees in die filosofie is dat die heersende politieke en ekonomiese omstandighede in ‘n maatskappy ook die aard van sy denke bepaal.  Dit is sekerlik Marxiaans, Hegeliaans, maar kan selfs teruggevind word in Plato.

Op sy eenvoudigste gestel, het Westerse relativisme, die kritiek van die subjek, die aftakeling van hiërargie en sogenaamde magsverhoudinge, om nou ‘n Foucauldiaanse cliché te gebruik, saamgeval met die skemering van Westerse oorheersing in die wêreld, met die tydperk van dekolonisering wat veral ná die Tweede Wêreldoorlog momentum verkry het.  Daar is ‘n passasie in Jacques Derrida, waarskynlik die bekendste en mees bedrewe eksponent van post-koloniale relativisme, om dit nou so te noem, wat vir ons hierdie aspek baie goed opsom.  Dit is te vinde in een van sy beroemdste opstelle, indien nie dié beroemdste nie, « Struktuur, teken en spel in die diskoers van die menswetenskappe ».  Die tema van hierdie opstel is die sogenaamde « desentrering » van Westerse denke, wat dan sou uitloop op dekonstruksie, postmodernisme, relatiwisme, noem dit wat jy wil.  Volgens Derrida is daar een van die menswetenskappe wat

“  …‘n bevoorregte of gepriviligeerde posisie beklee, en dit is etnologie.  Trouens ‘n mens kan aanneem dat etnologie slegs as wetenskap kon ontstaan het op die oomblik wat ‘n desentrering plaasgevind het:  op die oomblik toe die Europese kultuur – en gevolglik, die geskiedenis van metafisika en die begrippe daarvan – ontwrig is, weggedryf is uit sy lokus, en gedwing is om op te hou om sigself meer as die verwysingskultuur te beskou.  Hierdie oomblik is nie in die eerste instansie en bowenal ‘n oomblik van filosofiese of wetenskaplike diskoers nie.  Dit is ook ‘n politieke, ekonomiese, tegniese oomblik, ensovoorts.  ‘n Mens kan heeltemal met veiligheid sê dat daar niks toevalligs is aangaandie die feit dat die kritiek van etnosentrisme – die bestaansvoorwaarde van etnologie – stelselmatig sou wees en histories sou saamval met die vernietiging van die geskiedenis van metafisika nie.  Beide behoort tot dieselfde tydvak.”

Met ander woorde, op die oomblik dat Frankryk die bloedige Algerynse en Indochinese oorloë deurmaak, wat uitloop op die terugtrek van sy troepe, die haastige vertrek van ‘n miljoen Franse Algeryne, bars die epistemiese relativisme binne die intellektuele en wetenskaplike stelsels los.  Etnologie, of antropologie, beteken ook die ontmoeting van Westerse kultuur en denke met ander kulture, op ‘n gelyke vlak.  In my eie terme wil ek dit omskryf as die verlies aan hiërargie, iets wat ook by Hardt/Negri sterk aanwesig is.  Die neteligheid van ander kulture, veral sogenaamde primitiewe kulture sonder ‘n skriftelike tradisie, te verstaan, is die element wat aanvanklik vir Boas in die laat negetiende eeu, toe vir sy leerling Margaret Mead, en uiteindelik vir Lévi-Strauss sou verlei om elke opvatting van hiërargie tussen kulture of beskawings as taboe te verklaar.

Ook in Suid-Afrika kan ‘n groot deel van die politieke en intellektuele rusies van die twintigste eeu, wat tot vandag toe duur, teruggevoer word na ‘n vraagstuk oor die wenslikheid van hiërargie tussen kulture, aldan nie, maar ook, en veel belangriker, na ‘n geskil tussen twee antropologiese skole in Suid-Afrika, dié van die Engelse social anthropology en die Afrikaanse volkekunde, wat uit die Duitse tradisie spruit.

Die koloniale ryke van Engeland, Frankryk, Portugal, België, Italië en ander lande het hulle vanaf die negentiende eeu in kontak gestel met “die ander”, met radikaal verskillende kulture en onversoenbare wêreldbeskouings.  Dit is allermins vreemd dat Derrida self, ten minste in sy aanvanklike periode, die begrip “verkil” of “la différance” sou verhef tot een van sy sentrale ideë.  Ook Deleuze publiseer ‘n studie oor verskil, wat sou lei tot die benaming in Frankryk vir ‘n hele filosofiese skool, bekend as “Les philosophies de la différence”, die “filosofieë van verskil”.  Let op die meervoud, want uiteraard kan hier geen sprake wees van ‘n enkele filosofie nie, dit gaan om meervoud, pluraliteit, heterogeniteit, alles begrippe waarvan hul geskrifte wemel.

In ‘n sekere sin is die skandaal van apartheid in die wêreld nie te wyte aan menseregteskendings waarvan daar nie eintlik veel was nie, ten minste nie op die skaal waarop sulke skendings gewoonlik in Afrika en elders plaasvind nie, maar vanweë die handhawing van ‘n hiërargiese ordening tussen die Westerling en nie-Westerling, op ‘n tydstip toe die Westerse denke reeds sy eie desentrering ten prooi geval het.  Soos ons sal sien, heg Hardt en Negri besondere waarde aan die hele kwessie van rassisme, en beskou hulle Europese identiteite as synde gekonstrueer op die basis van rassisme, uitsluiting en die onderdrukking van die ander.

Voordat ek egter stilstaan by die Hardt/Negri-teorie van die Ryk, is dit nodig om ‘n opmerking oor my eie metodiek te maak.  In ‘n sekere sin, en ek is geheel en al bewus van die teoretiese omstredenheid daarvan, is ek besig om ‘n soort teenaanval te loods op die filosofie van verskil, postmodernisme en verwante denkvorme.  Dit sou egter verkeerd wees om dit te sien as ‘n gepoogde of gewaande herstel van die sentrum.  Net soos wat Westerse relativisme na vore gekom het vanuit dekolonisering en die ontmoeting met nie-Westerse kultuur via die etnologie, so ontstaan die kritiek daarop vanuit ‘n sosio-politieke projek wat ek as die anti-imperiale stryd sou kon tipeer.  Dit is nou die stryd van die Boere of Afrikaners om oorlewing, eers teen die Britse Ryk, en tans teen die Afrikaryk van mnr. Mbeki.  In ‘n verrassende en haas ondenkbare ommekeer van sake, en gedeeltelik ook danksy dit wat Giliomee die “onoorwonne oorgawe” van 1994 genoem het, bevind die Afrikaner hom vandag in die situasie van ‘n volk wat ná die Europese model gekonstrueer is – dit is, as ‘n kultuurvolk met ‘n talige indentiteit – wat oorheers word deur verteenwoordigers van ‘n nie-Westerse Ryksgroepering wat hulself in wisselende mate as heterogeen, multikultureel, swart-nasionalisties, Afrikanisties, ‘n “nasie-in-wording”, ens., tipeer.

Die wêreld is geheel en daarvan onbewus dat hier besig is om ‘n sonderlinge gebeurtenis in Suid-Afrika plaas te vind:  ‘n identitêre, en selfs etniese nasie volgens die Westerse model word oorheers en geassimileer deur ‘n nie-Westerse groepering.  Dit verteenwoordig ‘n volslae ommekeer van die geskiedenis van die afgelope 500 jaar, en is daarom ‘n ongekende eksperiment in die wêreldgeskiedenis.  Tot dusver is kolonialisme en imperialisme gesien, en dit sou ook vir Hardt en Negri geld, ten minste in die meer moderne tydperk, as ‘n uitsluitlik Westerse verskynsel.  In Suid-Afrika het ons vandag ‘n Afrika-kolonialisme-in-wording, ‘n Afrika-imperiale projek.  Om saam met Derrida te praat, is imperialisme self nou gedesentreer.

Daar word gesê dat die groot koste van die Tweede Vryheidsoorlog vir die Britse Ryk die eerste kraak in die mondering van Westerse kolonialisme verteenwoordig het.  Ook Lenin, wat een van die felste kritici van imperialisme was, en waarna Hardt en Negri insgelyks verwys, erken die rol wat die Boere gespeel het om die potensiële hoë prys van Ryksuitbreiding aan die Westerse moondhede duidelik te maak.  Afrikanernasionalisme, of die totstandkoming van ‘n Afrikanernasie, was ten nouste verbind met hierdie anti-imperiale stryd.  Terwyl Europese nasies ontstaan het uit die oorloë wat op die Vasteland tussen mekaar gevoer is, sodat landsgrense spreekwoordelik met bloed getrek is, het die diverse groepe waaruit die Afrikanervolk ontstaan het, spesifiek verenig om die imperium britannicum die hoof te bied.

My vraag is nou, indien die Westerse relativisme ontstaan het uit die skemering van Westerse koloniale ryke, watter soort denke sou kon ontstaan uit die konfrontasie tussen ‘n kwasi-Westerse nasie soos die Afrikaners, en ‘n Afrikaryk?  Op sy minste is dit ‘n eksentriese situasie, in elke moontlike sin van die woord.  Dit speel hom af buite die gewone verband van ‘n verhouding tussen die Westerse sentrum en die koloniale periferie.  In ‘n sekere sin kan die Afrikaryk van mnr. Mbeki, die praatjies van Afrika-renaissance, natuurlik gesien word as nabootsing van imperialisme van die Westerse tipe.  Afrikadenke is dikwels nabootsend van aard, soos ook blyk uit die kunsgeskiedenis waar Afrika-kunswerke wat dikwels namaaksels verteenwoordig van alledaagse Westerse voorwerpe soos ‘n stoel, ‘n bed, of ‘n motorkar.  Die skrywer Naipaul praat in sy romans van hierdie behoefte om na te boots, iets wat hy die “mimiekmense” noem, hulle wat Westerlinge, hul eertydse koloniale en imperiale heersers, na-aap.  In ‘n opstel oor die Kongo, skryf Naipaul oor die behoefte van Afrika aan grandeur, aan grootsheid, soos veral verpersoonlik deur die eertydse president, Mobutu Sese Seko waar sekere idees uit die Weste geleen word om ‘n glorieryke toekoms vir Afrika te voorspel.

“So word die geleende idees – oor kolonialisme en vervreemding, die verbruikersmaatskappy en die afgang van die Weste – gebruik om die Afrikultus van egtheid te dien; en die droom van ‘n vergange verlede wat herstel is, word verbind aan ‘n droom van ‘n toekoms van magiese krag.  Die verwarring is nie nuut nie, en is nie beperk tot Zaïre nie.”

In die koerante in Kinshasa is daar in die vroeë Sewentigerjare geskryf dat die Weste op pad uit was, en dat die Kongo in die jaar 2000 ‘n nywerheidsreus sou wees, alles gedagtes wat ons herken in die huidige diskoerse rondom Nepad en die Afrika-eeu, die Afrika-renaissance, waarvan ons elke dag lees.

Die kanse is gering dat daar aan die einde van die een-en-twintigste eeu ‘n Afrikaryk sou verrys het wat die wêreld gaan oorheers soos die imperium americanum dit tans doen.  Maar dit is nie te sê dat dit nie nagestreef gaan word nie, gegewe die modieusheid van die Ryksgedagte.  Die Afrikanerdom, ‘n klein nasie wat ná die Westerse model van ‘n kultuurvolk gekonstrueer is, bevind hom in die visier van die fiktiewe, toekomsgerigte Afrikaryk wat die grootsheid van ‘n magiese verlede wil laat herleef in ‘n briljante toekoms wat met Westerse hulp en beleggings tot stand moet kom.  Uit hierdie eksentriese situasie, behoort eksentriese denke voort te kom, met ander woorde denke wat ontkom aan die heersende relativisme, maar wat ook krities sou omgaan met die Ryksgedagte self.  In ‘n sekere sin kan die wêreldgeskiedenis omskryf word as ‘n voortdurende spel tussen twee pole, dié van die Ryk, en dié van die nasiestaat of Republiek.  In die Romeinse tyd was daar immers ‘n republiek wat deur ‘n Senaat regeer is voordat die Ryk van die Caesars gekom het.  Die waardes van die Republiek was stoïsisme, patriotisme en literêre uitnemendheid, dit wat ons met die kultuur van die patrisiërs assosieer.  Die Latynse letterkunde kon byvoorbeeld nooit weer tydens die Ryk die hoogtes ewenaar wat dit onder die Republiek behaal het nie.  Gedurende die Ryk, is dit die waardes en kultuur van die plebs wat oorheers.

Umberto Eco, ook ‘n bekende postmoderne denker, sien enige nostalgie oor patrisiese waardes as futiel.  Hy stel dit onomwonde dat Europeërs sal moet aanvaar dat hul bevolking geheel en al gaan verander oor die volgende paar eeue.

“Wat Europa steeds probeer aanpak as immigrasie is eerder migrasie.  Die Derde Wêreld klop aan ons deure, en gaan inkom selfs al stem ons nie daarmee saam nie.  Die probleem is nie langer om te besluit (soos wat politici voorgee) of studente  by ‘n Paryse universiteit die tsjador mag dra of hoeveel moskees daar in Rome gebou moet word nie.  Die probleem is dat Europa gedurende die volgende millennium (en siende dat ek nie ‘n profeet is nie, kan ek nie sê presies wanneer nie) ‘n veelrassige kontinent gaan word – of ‘n “gekleurde” een as u dit so verkies.  Dis hoe dit gaan wees, of u daarvan hou of nie.

Hierdie ontmoeting (of botsing) van kulture kan tot geweld lei, en ek glo dat dit in ‘n mate gaan gebeur.  So ‘n uitwerking kan nie vermy word nie en dit gaan vir ‘n lang tyd aanhou.  Maar rassiste behoort (in teorie) ‘n ras te wees wat op pad is na uitsterwing.  Was daar ‘n patrisiese klas in antieke Rome wat nie die idee kon verdra van Galliërs, of Samaritane, of Jode soos Sint Paulus wat Romeinse burgers geword het, of van ‘n Afrikaan wat die imperiale troon bestyg het, soos wat ten einde laas gebeur het nie?  Die patrisiërs is vergete, oorwin deur die geskiedenis.  Die Romeinse beskawing was ‘n hibriede kultuur.  Rassiste sal sê dat dit die rede is waarom dit tot ‘n val gekom het, maar daardie afgang het vyfhonderd jaar geneem – wat vir my lyk na genoeg tyd vir ons om toekomsplanne te beraam.”

Beide Eco en Hardt/Negri beskou die Ryk en die gepaardgaande opkoms van die plebejers as onvermydelik; meer nog, hulle verwelkom dit.  Dit word selfs gesien as ‘n proses van bevryding van dit wat Hardt/Negri “die menigte” noem.  Een van die eerste definisies van die Ryk wat in Empire aangebied word, is dat dit oor geen grense beskik nie.

Maar om terug te keer na my idee van “eksentriese denke”.  Dit sou ook in Nietzscheaanse terme as “ontydgenootlike denke” omskryf kon word.  Om te midde van die globale ryk vandag die behoud van ‘n nasionale identiteit, nasionale taal, nasionale kultuur, e.d.m. te bepleit, is inderdaad vreemd, byna bisar, ontydgenootlik of, meer pejoratief, outyds en anachronisties, selfs “regs”.  Ek is egter daarvan oortuig dat Nietzsche se filosofie die sleutel verskaf vir die soort respons wat ons behoort te hê teenoor die oorheersing van die Ryk.

Kortliks kom dit daarop neer dat die kritiek van relatiwistiese ryksdenke soos dié van Hard/Negri, maar ook die hele sogenaamde postmoderne beweging, nie moet behels die herstel van waarheid of transendente of selfs absolute denke nie, maar die herstel van hiërargie.  In ‘n sekere sin was Nietzsche die vader van relatiwisme met sy stelling dat “daar geen waarheid is nie, maar slegs interpretasies”.  Antropologies beskou, verteenwoordig elkeen van die menigte kulture ter wêreld een interpretasie van die werklikheid, en multikulturalisme moedig die versmelting van kulture aan.  Dit geld nie net kultuur nie, maar ook etiek, wetenskap en wêreldbeskouing.  In Suid-Afrika vind ons die gelykstelling van eurosentriese wetenskap en afrosentriese geloof onder die naam “inheemse kennisstelsels”.  Binnekort sal ‘n mens in Suid-Afrika onder jou mediese skema, ‘n eurosentriese uitvinding, kan eis vir besoeke aan die sangoma, wat sy pasiënt behandel deur middel van ‘n appèl op voorvaderlike ingryping.  In ‘n sekere sin is ‘n sangoma ‘n geloofsgeneser, en terwyl ons nog geskok word deur die gedagte dat ‘n geloofsgeneser en ‘n dokter tot dieselfde orde van wetenskapsbeoefening behoort, sou mens jou die beskuldiging van rassisme op die hals haal indien jy beswaar maak teen die tipering van ‘n sangoma as ‘n geneeskundige.

Vir Nietzsche behels die uitweg uit die dilemma van kulturele relativisme ‘n wilsbesluit, die waagmoed om hoër waardes na te streef, om te beweer dat jou eie wetenskap in ‘n superieure verhouding staan teenoor dié van die plebejiese aanspraakmaker, die populistiese kwaksalwer.

Die kwessie van nie-rassisme, nie in die biologiese sin nie, maar in die kulturele sin van ‘n gelykstelling van alle kulture en alle interpretasies, en wat daarom die verlies aan hiërargie impliseer, is ‘n sentrale probleem as dit kom by enige kritiek op die Ryksgedagte.  Die Ryk, en veral die multikulturele Amerikaanse Ryk, kan ter wille van sy eie samehang en harmonie, nie bekostig dat daar enige etniese verdelings binne homself, en veral rondom ras, ontstaan nie.  Een rede vir die geweldige internasionale kritiek op apartheid sou wees dat die konsep apartheid die interne harmonie van elke ontwikkelde land, en veral van die VSA, fundamenteel bedreig omdat dit verdelend en nie samevoegend is nie.  Hardt en Negri gaan nog verder en beweer dat die Westerse nasionale identiteite wat tydens die Verligting ontstaan het gegrond is op die uitsluiting van die gekoloniseerde Ander.  Volgens hulle,

“Presies omdat die verskil van die Ander absoluut is, kan dit tydens ‘n tweede oomblik omgekeer word as die fundering van die Self.  Met ander woorde, die boosheid, barbaarsheid, en losbandigheid van die gekoloniseerde Ander is wat die goedhartigheid, beskaafdheid, en goedgemanierdheid van die Europese Self moontlik maak.”

Elders argumenteer hulle dat hierdie “klassieke rassisme” van die koloniale orde tydens vandag se Ryk oorgegaan het in ‘n kulturele, toevallige rassisme.  Die soort verskille tussen mense wat deesdae ontstaan, is die resultaat van ‘n “stelsel van beheer”.  Hulle noem dit “imperiale rassisme” of “differensiële rassisme”.

Hardt/Negri se argument staan of val by hul begrip van die ongedifferensieerde menigte, hierdie globale menslikheid wat met behulp van moderne kommunikasietegnologie vryelik oor die aardbol vloei.  Die menigte is die nuwe proletariaat van hul utopiese Christelike kommunisme.  Terseldertyd is dit ook ontleen aan die toepassing van Nietzsche se “wil tot mag” deur Deleuze wat in die neiging tot die ongedifferensieerde, die chaotiese, die unitêre teenoor die binêre, ‘n insgelyks revolusionêre krag sien.  In die Anti-Oedipus was die naam daarvan “begeerte-produksie” wat veronderstel was om die mens tydens die skiso-revolusie te bevry van sy subjektiwiteit, en onderskeid tussen normaliteit en skisofrenie op te hef.  Hardt/Negri se teorie van rassisme is eksplisiet ontleen aan die tweede deel van die Anti-Oedipus, ‘n Duisend plato’s waarin die “grade van afwyking van die witmensgesig” aangehaal word as ‘n element by die geïntegreerde vorm van imperiale rassisme.

Deleuze se vertekening van Nietzsche is reeds gekritiseer deur Vincent Descombes.  Om te sê dat alles gelyk aan alles is, dat daar geen onderskeid gemaak kan word tussen interpretasies, waardestelsels of kulture nie, verteenwoordig natuurlik ‘n vorm van nihilisme.  Deleuze neem Nietzsche se aangebode oplossing aan, naamlik om die edele waarde of interpretasie te wil.  Maar nou ontstaan die vraag:  wie wil?  Hy wat wil moet uiteraard sy identiteit bevestig, aangesien die ongedifferensieerde, die wese van verskil of ‘n versameling verskille, kwalik in staat is om ‘n wil uit te oefen.

 

Soos Descombes op baie skerpsinnige wyse aantoon, word ons daarmee teruggevoer na Hegel se meester-slaafdialektiek, met dié verskil dat alles wat by Hegel deurgaan vir “vooruitgang” by Deleuze in die teken staan van agteruitgang.

Die onvermoë van die postmodernis om sy identiteit te bevestig, veroorsaak dus dat sy hele projek om te dekonstrueer, om verskille en nie identiteite nie as grondslag te poneer, asook om die globaliserende, internasionaliserende utopie van die nuwe ryk na te jaag, skipbreuk ly op die onvermoë om te wil.

Nietzsche het natuurlik geen sulke inhibisies gehad nie.  Vir hom moes die wil die hiërargie tussen interpretasies en beskawingsvorme in stand hou.  Sy hele filosofie is hiërargies ingestel, tussen die “hoër mens”, die vrydenker, en die “laer mens », die na-aper, die lid van die trop.  Trouens, ‘n mens sou kon argumenteer dat die hoër mens die mees geïndividualiseerde mens is, die subjek van die Verligting, maar dan ontdaan van sy idealistiese, transendente mondering.  Ek is byna seker dat indien Nietzsche vandag sou geleef het, hy eerder ‘n Duitser as ‘n wêreldburger sou wou gewees het, eerder ‘n Afrikaner as ‘n multikulturele Suid-Afrikaner.

In die staatsleer staan die nasiestaat teenoor die Ryk soos wat die subjek staan teenoor ongedifferensieerde begeerte in die sielkunde.  Trouens, die hele begrip van selfbeskikking vir volke soos wat Herder dit geformuleer het, is ontleen aan Kant se idee van selfbeskikking vir die individu.  Die selfstandige mens is die goeie mens, hy wat vryelik oor sy lot beskik en ook self besluit watter bande hy homself oplê.  Die nasie of volk is die kollektiewe subjek, die super-ego waarvan Freud gepraat het.  Terwyl die subjek sonder ego in skisofrenie verval soos wat die ongediffensieerde drifte van sy id oorneem, so sien ons vandag in Suid-Afrika hoe die nuwe Ryksonderdaan, die Afrikaburger en wêreldburger, nie meer in staat is om enige maatskaplike norm te eerbiedig nie. Hy oortree wette en reëls na willekeur, en om sy gedrag te kritiseer word tegelyk as reaksionêr en rassisties gesien. Toenemend, en veral binne Hardt/Negri se konsepsie, word die nasiestaat as konserwatief, behoudend, wetmatig beskou. Die Ryk daarteenoor is libertyns, links, skiso-revolusionêr en vrysinnig. In Suid-Afrika lei ons eintlik die wêreld in die instelling van die Nuwe Ryk, die multikulturele Ryk van die een-en-twintigste eeu wat geen nywerheidsreuse gaan skep soos dié waarvan die Kongolese koerante gedroom het in die Sewentigerjare nie, maar ‘n uitgebreide stelsel van herverdeling van rykdom tot stand gaan laat kom waar die grense tussen produksie en konsumpsie vervaag, en waar Westerse vorms ingevul word met Afrika-inhoude, iets wat in elke bankadvertensie in Suid-Afrika gebeur.

Terwyl Hardt/Negri die Ryk as bevrydend sien omdat dit die ou internasionalistiese ideaal van die kommunisme sou volvoer, waar werkers in Marx en Engels se formulering nie meer vaderlande het nie, moet ons dit sien as vernietigend ten opsigte van nasionale identiteite, tale, kulture, selfs die outonome subjek van die Verligting wat self oor sy lot wil beskik, en dit nie wil abdikeer aan die anonieme magte van globalisme nie.  Vir Kant was vryheid sinomiem met stryd, en in vandag se wêreld sou dit beteken om nee te sê vir tropwording, om op te gaan in die menigte waarvan Hardt en Negri praat.

Die Afrikaner is in sy wese die resultaat van anti-imperiale stryd, en die blote bestaan van Suid-Afrika as soewereine en onafhanklike land is te wyte aan sy drang na selfbeskikking. Net soos wat Lenin die avant-garde rol van die Boere ‘n eeu gelede gesalueer het tydens ons eerste stryd teen die imperiale mag van weleer, so is dit moontlik dat die wêreld weer eens erkenning sal verleen aan ons tweede stryd teen ‘n veel groter imperium, die virtuele en globale ryk van ons tyd.  Dit is ‘n politieke projek, maar ook ‘n filosofiese en kulturele.

Die filosofiese kritiek op relativisme kan op die volgende maniere gevoer word:

  1. soos reeds hier gedoen is, deur die gebrek aan enige fundering vir relativisme aan te toon;
  2. deur dit te behandel as ‘n doodgewone skepsis waarteen Hume, Kant en vele ander filosowe reeds afdoende argumente verskaf het ;
  3.  deur te wys op die sosiopolitieke determinante van relativisme in die vorm van die Nuwe Ryk;
  4. deur weer eens ‘n hiërargie van waardes en van denke in te stel en postmoderne nivellering teen te werk ;
  5. deur die legendariese nugterheid van die Verligting te herontdek, want uiteindelik verteenwoordig Ryksdenke, postmoderne denke, ‘n reïnkarnasie van die dogmatiese Rede waarvan Kant gepraat het.

Tans raak ons al verder en verder verwyder van die Rede, en word redelike argumente vervang met ‘n aandrang op geloof en op emosie. Foucault se kritiek op die kliniek en die kliniese, die koue blik van die eksamen of die ondersoek, is maar een deel hiervan. In Suid-Afrika ervaar ons die afgang van die Rede elke dag, op soveel terreine.

Terwyl Suid-Afrika, ook omdat ons ‘n koloniale en imperiale geskiedenis het, op die voorpunt verkeer van Rykswording, om dit nou so te stel, is daar nêrens op aarde waar mens kan ontsnap aan die proses nie. Dit toon Hardt en Negri ook baie goed aan. Sommige lande is net agter ander in soverre as wat die migrasie van die menigte hulle nog nie getref het nie, of in die mate waarin hul nasionale tale steeds weerstand bied teen die sogenaamde “killer language”, Engels.

Die Ryk is rondom en binne-in ons. Die vraag is of ons steeds die wil het om onsself as subjekte te herstel, om onsself te normeer volgens die model van die Verligting, en of ons gaan toelaat dat die Ryk eenvoudig oor ons spoel met al die destruktiewe en nihilistiese krag van ‘n keiserlike tydperk, twee millennia ná Rome.

Umberto Eco se gevolgtrekkings lyk vir my optimisties, selfs ligsinnig. Enigeen wat Edward Gibbon se Decline and fall of the Roman Empire gelees het, weet dat die ondergang van die Ryk uiteindelik op rampspoed uitloop, dat dit gepaard gaan met toenemende geweld, verval en uiteindelik ‘n geweldige verlies aan beskawing wat die mensdom weer in ‘n donker tyd indompel. Die Ryk is een soort oplossing vir die probleem van globalisering. ‘n Ander sou ‘n heraangepaste vorm van die nasiestaat wees. Gegewe die verskrikkinge van die Ryk wat ons reeds in ons eie land ervaar, dink ek nie daar is ‘n ander keuse as om die nasiestaat met al sy konsekwensies van uitsluiting en die skepping van patriotiese subjekte te aanvaar nie.

‘n Ander probleem, wat miskien in ‘n volgende lesing aangepak kan word, is of die gedagte van Rykskultuur hoegenaamd moontlik is, en of alle menslike kultuur en skepping nie grotendeels beperk is tot die nasionale periodes in die geskiedenis nie. Dit was sekerlik die geval in Rome en in die Griekeland van Perikles. Die Afrikanerkultuur in Suid-Afrika het sy hoogtepunt bereik tydens die Sestigerjare net ná Republiekwording toe ‘n radikale vorm van etniese ordening in nasionale state bekend as apartheid gegeld het. Daar is ewe seer blyke daarvan dat die hoogtepunt van die Westerse kultuur tydens sy nasionale fase in die negentiende eeu reeds agter die rug is.  Vanaf 1886 en die Berlynse Konferensie het ons eintlik maar net afgang gesien, wat in die intense nihilisme van sekere eietydse kunsvorme sy apoteose gevind het. Maar dit is ‘n meer estetiese en kunshistoriese onderwerp, wat by Spengler begin en eindig by dit wat Baudrillard “die nulliteit van eietydse kuns” genoem het, asook Andy Warhol se definisie, “Art is what you can get away with”.

Hierdie verval van denke en van kultuur wat die regstreekse gevolg is van filosofiese relativisme is reeds deur Alain Finkelkraut gekritiseer.  In ‘n werk wat andersins krities staan teenoor die Duitse tradisie van Volksgeist soos dit ná Herder ontstaan het, La défaite de la pensée (Die neerlaag van die denk) beweer hy dat daar ‘n “adolessentmaak” van die maatskappy plaasgevind het, juis as gevolg van ons relativisme. Ironies genoeg word ‘n rigiede en byna fascistiese opvatting van identiteit aangehang deur swart nasionaliste en denkers uit die Derde Wêreld, soos dit toenemend ook by ons die geval is. Terwyl enige verdediger van kulturele Afrikanerskap in die media verguis word as ‘n “regse”, word transendente opvattings van ‘n swart of Afrika-indentiteit slaafs nagepraat en klakkeloos opgehemel. Hierdie toestand lei volgens Finkelkraut tot die “fanatikus en die zombie se onderlinge begluring”.  Aan die einde van sy boek kom hy tot die volgende gevolgtrekking, waarmee ek self ook sal volstaan:

“Barbaarsheid het dus daarin geslaag om kultuur te oorwin. In die skadu van hierdie groot woord, groei onverdraagsaamheid, tesame met infantilisme. As dit nie kulturele identiteit is wat die individu toesluit in sy behorendheid daartoe, en wat, op die gevaar af van hoogverraad, hom toegang tot die twyfel, die ironie, die rede, ontsê nie –  alles wat hom kon verwyder van die kollektiwistiese matrys – is dit die vermaaklikheidsbedryf, daardie skepping van die tegniese tydvak wat die werkinge van die gees tot die staat van gemors reduseer (of, soos hulle in Amerika sê, tot entertainment). En die lewe tesame met die denk staan gaandeweg sy plek af aan die fanatikus en die zombie se verskriklike en honende onderlinge begluring.”

 

Notas


Hardt, Michael en Negri, Antonio.  Empire.  Cambridge, Mass.:  Harvard Univ. Press, 2000, bl. 413.

Olivier, Bert.  “Imperium:  die nuwe soewereiniteit” in Fragmente nr. 9.  Pretoria:  Fragmente-uitgewers, 2002.

Sien Barzun, Jacques.  From dawn to decadence.  Londen:  HarperCollins, 2001.

Derrida, Jacques.  “Sructure, sign and play in the discourse of the human sciences”, vert. in Writing and Difference.  Londen:  Routledge, 1978, bl. 282.

Lenin, Vladimir Illich.  “Imperialism, the highest stage of capitalism” in Selected Works, band 1.  Moskou:  Progress Publishers, 1977.

Naipaul, V.S.  The writer and the world –essays.  Londen:  Picador, 2002, bl. 224.

Eco, Umberto.  “Migration, tolerance and the intolerable” in Five moral pieces.  Londen:  Secker & Warburg, 2001, bll. 95-96.

Empire, bl. 127.

Deleuze, Gilles en Guattari, Félix.  L’anti-œdipe.  Parys, Minuit, 1972.

Deleuze, Gilles en Guattarí, Félix.  Mille plateaux.  Parys, Minuit, 1980.

Descombes, Vincent. Le même et l’autre.  Parys:  Minuit, 1979, bll. 193-195.

ibid., bl. 194.

Aangehaal in Barzun, op.cit., bl. 791.

Finkelkraut, Alain.  La défaite de la pensée.  Parys:  Gallimard, 1987.

 для автосервисаФільчаков Олександр Васильович прокурор

‘n Politieke Oorsig sedert 1910 – van gedifferensieerde ontwikkeling tot klassesisteem

Daar is ‘n wisselwerking tussen menswees en die omgewing waarbinne die mens leef. Derhalwe moet daar ook ‘n wisselwerking wees tussen menswees en die politieke orde. Hierdie verskynsel is nêrens beter waarneembaar as in Oos-Duitsland (die sg. Duitse Demokratiese Republiek voor die afbraak van die muur) en Wes-Duitsland (die Bondsrepubliek) nie. Die Duitsers het ‘n gemeenskaplike geskiedenis van meer as ‘n duisend jaar gehad en toe kom die oorlog. Veertig jaar van skeiding tussen Oos en Wes, deur die skandmuur, het twee verskillende Duitsers laat ontstaan.

Die groot vraag is hoe die sosiaal-maatskaplike orde sedert 1652 daar uitgesien het, hoe dit van 1910 tot 1993 gelyk het en weer ná 1993 verander het.

In 1652 het die Nederlandse private handelsmaatskappy, die sg. Here Sewentien, ‘n staatlose Kaap die Goeie Hoop aangedoen, om ‘n handelsvesting daar te stig. In terme van die internasionale reg van daardie tyd het die Kaap aan niemand behoort nie. Derhalwe kon die Hollanders gewoon die Kaap as ‘n gebied sonder eienaar vir hulleself neem. Sedert 1652 was die Kaap dus Hollands, totdat die Britse eerste en tweede besetting eers ná 1795 plaasgevind het. Daar was wel van tyd tot tyd nomadiese Koi- en Sanmense met wie die Hollanders handel gedryf het.

Die Vryburgerboere het permanensie aan die Kaapse tydelike teenwoordigheid gegee deur hulleself in die binneland te vestig. Eers toe was daar by die Keirivier kontak en ook konflik met die Xhosas.

Kultureel was die Kaapse bewoners dus Hollanders totdat die Engelse ‘n tweede wit beskawing daar gevestig het. Verskillende swart volkere (bv. die Nguni’s en die Sotho’s) het in verskillende gebiede gewoon, maar was ook in onderlinge bloedige konflik met mekaar en met ander betrokke.

Die aggressiewe teenwoordigheid van imperiale Brittanje met hulle verengelsingsbeleid het direk aanleiding gegee tot die Groot Trek en uiteindelik tot die volgende vrye Republieke, onder meer: die Vrystaat en Transvaal. Sosiaal-kultureel was die Kaap dus Hollands en Engels maar die Boererepublieke Afrikaans. In die Boererepublieke was daar wel konflik met omliggende swart volkere. Die Vrystaatse Republiek het las van die Sotho’s (nou Lesotho) ervaar en die Transvaalse Republiek met Nguni-groeperinge.

Kortom, die Afrikaners van vandag beskik oor ‘n eerste okkupasiereg in die Kaap en in die Vrystaatse en Transvaalse Republieke.

Twee oorloë van Brittanje met die Boererepublieke het ‘n einde aan die onafhanklikheid van die Boererepublieke gemaak. Hierdie ingreep van buite het die sosiaal-kulturele orde in die Boererepublieke ingrypend verander.

Uniewording in 1910 het ‘n nuwe dimensie na vore gebring. Daar was ‘n toevloei van buitelanders (oorwegend Engelse) na die goud- en diamantvelde, maar ook ‘n toe- en instroming van swartes uit hulle tradisionele tuistes na die Boererepublieke. Wat Britse imperialisme aan SA gedoen het, is om ‘n aantal swart en wit gemeenskappe, elk met sy eie kultuur en tradisies, kunsmatig saam in een land te snoer, die Unie van Suid-Afrika. SA het ‘n roereier geword. Tog het die Britte ‘n aantal etniese gemeenskappe, bekend as die LBS-lande, binne die geografiese gebied wat bekend is as Suider-Afrika buite die Unie te hou. Hulle is Lesotho, Botswana en Swaziland.

Tussen 1910 en 1948 het die beleid as segregasie bekendgestaan. Die negatiewe konnotasie van segregasie is dat dit ‘n skeidingsbeleid tussen wit en swart was. In 1913 is grondverdeling tussen wit en swart vasgelê.

Die jaar I948 was ‘n waterskeidingsdatum toe die Nasionale Party aan die bewind gekom het. Aan Afrikanerkant is die Republikeinse ideaal, in weerwil van die Britse gemenebes van nasies, as grondwetlike strewe voorgehou. Dit is eers in 1961 dat hierdie ideaal verwesenlik is. Sedert 1948 het opeenvolgende regerings in SA probeer om ‘n ontstrengelingsbeleid deur te voer. Dit was om die TBVC-state op die pad van toenemende selfbestuur te plaas, ten einde hierdie gebiede, soos die geval met die LBS-lande, tot onafhanklikheid te lei.

Onder die leiding van Hendrik Verwoerd is aanvaar dat die begrip “apartheid” nie die essensie van sy beleid omskryf nie. Derhalwe is besluit dat dit ‘n beleid van afsonderlike maar gelyke ontwikkeling sou wees. Drie Berlynse eerstegenerasiesendelingseuns sou inhoud aan hierdie beleid gee:

  • Dr. Hendrik Frensch Verwoerd het eers die Departement van Bantoe-administrasie en ontwikkeling bedryf en toe later eerste minister geword.
  • Prof. Eiselen word beskou as die vader van Bantoe-onderwys.
  • Prof. Tomlinson het met sy omvattende Tomlinsonverslag die geografiese grense van die afsonderlike etniese swart state van die vier “blanke” provinsies afgegrens.

‘n Bantoe-beleggingskorporasie is gestig om die ekonomiese ontwikkeling van die tuislande te onderneem Grensnywerheidsontwikkeling was daarop ingestel om die nywerhede na die grense van die tuislande te neem. Nywerheidsontwikkeling in die tuislande is op ‘n agentskapsbasis bedryf. Dit het beteken dat ‘n blanke entrepreneur ‘n projek binne ‘n tuisland kon begin, maar dat ‘n swartman die projek stelselmatig oorgeneem het sodra die kundigheid gevestig was.

Die bekende konflik tussen Verwoerd en Anton Rupert verdien vermelding. Rupert het met Verwoerd oor die ekonomiese opheffing van die tuislande verskil. Rupert het geredeneer dat as blankes nie toegelaat word om tot die ekonomie in die tuislande toe te tree nie, die ekonomieë aldaar nie van die grond af sou kom nie. Na bewering van wyle staatspresident Swart het Rupert aan Verwoerd gesê: “Jy ken nie ‘n k…. soos ek hom ken nie. Jy moet alles met ‘n lepel in sy mond prop.” Hierop sou Verwoerd verklaar het dat hy nie sal toelaat dat blankes die swart tuislande ekonomies oorheers en uitbuit nie.

As sosioloog het Verwoerd geglo dat as die regte voorwaardes bestaan en die speelveld gelyk gemaak word, swartes gelyk aan blankes polities en ekonomies sou presteer.

Omdat dit voorgekom het asof die swartes in die vier “blank”-gedomineerde provinsies nie na die tuislande wou uitwyk nie, is tussentyds op korttermyn- diskriminerende sg. “kleinapartheids”maatreëls besluit. Die bedoeling daarvan was om die swart intellektuele elite en vakmense te oorreed om eerder hulle heil tussen hulle eie mense in hulle eie tuislande te soek. Volgens die historikus Hermann Giliomee, is Suid-Afrika hierin ook deur die VSA se “afsonderlik maar gelyk”-beleid beïnvloed. Dit het ingesluit aspekte soos:

  • Gesegregeerde openbare geriewe en fasiliteite (restaurante, woonbuurtes, toonbanke, ens.).
  • Instromingsbeheer.
  • “Affirmative action” of beroepsbeskerming van blankes in die vier provinsies en van ‘n bepaalde etniese groep se mense (bv. Xhosas in die Transkei) in hulle tuislande.

Daar is sedert die sestigerjare ‘n lewendige debat in Afrikanergeledere gevoer oor die etiese grondslae van ‘n beleid van afsonderlike maar gelyke ontwikkeling in eie nasiestate.

Die groot fout wat eerste minister Hendrik Verwoerd egter gemaak het, was om te aanvaar:

  • dat die swart etniese gemeenskappe, soortgelyk aan die Afrikaner, die inherente trots en behoefte het, om hulleself te regeer;
  • dat die swart etniese volkere die wil het om hulle lande ekonomies selfversorgend te maak; en
  • dat die geskoolde swartes in die vier “wit provinsies” na hulle heimatte sou terug gaan, om die leiding op hulle te neem.

Dit was klaarblyklik nie die geval nie. Desondanks het sekere lande uit die TBVC-gebiede wel tot staatkundige wasdom ontwikkel, soos: die Republieke van Bophuthatswana, van die Transkei en Ciskei en ander tot interne selfregerende status gevorder. Hardnekkig was hoofman Gatsha Buthelezi wat ná die ANC-oorname desondanks gemarginaliseer is.

Ingeligte bronne verklaar dat eerste minister Verwoerd die dag van sy dood in die parlement op die punt was om ‘n konfederale bedeling af te kondig, met die volgende elemente:

  • Inbinding van die vier provinsies en reeds onafhanklike TBVC-state asook die LBS-lande in ‘n Suider-Afrikaanse Konfederale Staat.
  • Roterende staatshoof in die konfederasie.
  • Ekonomiese handelsgemeenskap.

Hierdie mooi ideaal van ‘n Konfederasie van Suider-Afrikaanse state is deur die volgende faktore verydel:

  • Die moord en sterwe van dr. Verwoerd.
  • Die suksesvolle internasionalisering van sg. apartheid as ‘n misdaad teen die mensdom deur die ANC, met die hulp van die USSR en lamlendige Westerse state.
  • Die ondermynende rol van oorwegend die Engelse geldmag en multinasionale maatskappye.
  • Onbehoorlike en onkeerbare toestroming van swartes uit die nasionale state.

In die periode ná Verwoerd was die regerende Nasionale Party moreel en beleidsmatig bankrot. Paranoïa is deur minister van buitelandse sake Pik Botha in die kabinet gesaai dat Suid-Afrika totaal geïsoleer kon word.

Die val van die Berlynse muur het by president F.W. de Klerk die persepsie laat ontstaan – wat ‘n stereotipe in sy denke geword het – dat die ineenstorting van die USSR die internasionale steunbasis van die ANC dermate ondermyn dat dit die regte klimaat vir ‘n politieke skikking geskep het. De Klerk het vir hom verdere internasionale steun verwerf deur die kernkragvermoë van die RSA af te takel, atoombomme te vernietig, die Weermag te demoraliseer en die Staatsveiligheidsbestuurstelsel tot niet te maak. Hy het die formele onderhandelinge aangeknoop met wat hy as ‘n redelike stel voorstelle beskou het. Met die gevolg dat hy te veel moes toegee om die ANC van hulle ekstreme standpunte te laat afsien – ekstreme standpunte wat weliswaar sedert 2011 stelselmatig weer op die politieke verhoog ingesmokkel is. Dit sluit in:

  • Die deurvoer van ekonomiese strafmaatreëls teen blankes,
  • Oordadige belastings.
  • Die vestiging van ‘n morele skuldgevoel by blankes.
  • Dreigende grondonteiening teen staatsbepaalde pryse.
  • Nasionalisering van myne.

Kortom: De Klerk sal onthou word vir sy kapitulasie en die algemene afkeer van die voormalige staatshoof het so intens onder Afrikaners geraak dat hy ‘n koeëlvaste voertuig moes verkry om hom teen sy eie mense te beskerm.

Op die formeel staatkundige terrein is op 33 grondwetlike beginsels besluit wat rigtinggewend vir die skryf van ‘n tussentydse grondwet sou wees. Insgelyks is ‘n akkoord in sake die reg op selfbeskikking vir die Afrikaner op 23 April 1994 deur die Vryheidsfront, die Nasionale Party en die ANC onderteken. Die tussentydse grondwet van 1993 het etlike “niksseggende” artikels bevat om die Afrikaner mee te troos:

  • Die insluiting van artikel 235 oor selfbeskikking buite die raamwerk van afdwingbare hoofstuk 2. Die sg. Menseregte-akte is afdwingbaar op beide die organe van die staat asook op regspersone, maar artikel 235 nie en is hoogstens ‘n artikel wat onderhandeling in die vooruitsig stel.
  • Die daarstelling van ‘n Volkstaatsraad, welke Raad honderde duisende rande bestee het aan studie en uiteindelik ‘n finale verslag, wat nooit deur die regerings ná 1994 ter tafel geneem is nie.
  • Die insluiting van ‘n “non-diminution”-klousule, wat die reeds verworwe status van Afrikaans sou beskerm – klousule wat in die 1996-grondwet om onverstaanbare redes weggelaat is.

Die 1996-grondwet is uiteindelik deur die Grondwetlike Hof aan die hand van die 33 beginsels as korrek gesertifiseer. In die sertifiseringsuitspraak het hoofregter Chaskelson egter beslis dat die 33 grondwetlike beginsels van onderlinge ooreenkoms nooit weer hierna deur die Grondwetlike Hof as normatief vir grondwetlike wysiginge geag sal word nie. Ander negatiewe aspekte verbonde aan die 1996-grondwet sluit in:

  • Die weglating van die “non-diminution”-klousule.
  • Die insluiting van ‘n beperking-van-regte-klousule (artikel 36) wat dit gewoon moontlik maak dat enige party – vanaf die linkse Kommunistiese Party tot die regse nasionalistiese Herstigde Nasionale Party – artikel 36 kan aanwend om bepalinge van Hoofstuk 2 te herinterpreteer om so ‘n party se ideologiese raamwerk te pas as so ‘n party ingestem sou word.
  • Die voorsiening van artikel 185 in die 1996-grondwet – vir die bevordering en beskerming van die reg op taal, godsdiens en kultuur – maar wat eers by wyse van Wet 19 van 2002 met ‘n ANC-voorsitter geïmplementeer is – ‘n Kommissie, moet bygevoeg word, wat deur Kadar Asmal se ad hoc-verslag aan die Parlement (2009) as totaal ondoeltreffend en ontoereikend getipeer is.
  • Die herinterpretasie van die algemene plig in artikel 9 om voorrang aan sg. agtergeblewe gemeenskappe te gee, welke bepaling deur die ANC-regering as ‘n eksklusiewe verwysing na swartes gesien word.

Sedert 1999 is SA op die pad van ‘n mislukkende piesangrepubliek geplaas. Hoe langer, hoe meer is openbare fasiliteite – soos ‘n ouerwordende piesang – verswart. Trap jy op die skil van ‘n piesang, gly jy die afgrond af. Kenmerke van die mislukkende SA staat sluit in:

  • Verswakking van openbare dienslewering – veral op die derde vlak van regering.
  • Stelselmatige verhoging van ‘n belastingplig op die net 2,8 miljoen belastingbetalers in ‘n land van 49 miljoen.
  • Meer as 133 munisipaliteite uit 250 wat bankrotskap in die oë staar.
  • Skrikwekkende onvermoë van oorbetaalde amptenare om doeltreffende dienslewering te verseker.
  • Die stelselmatige verengelsing van openbare kommunikasiepraktyke.
  • Die ineenstorting van vervoerstelsels op sekondêre paaie en algemene verval in padnetwerke.
  • Die massale invloei van swartes uit ander Afrikalande wat bereid is om te werk en deur blankes verkies word, vanweë hul groter betroubaarheid en kundigheid.
  • Vloeibare grense wat SA reeds ‘n land van verenigde nasies maak.
  • Skokkende moorde op blanke boere en diefstal van hul eiendom.
  • Meer as 15 miljoen werklose swartes wat volledig van staatsfondse vir oorlewing afhanklik is.

Kortom: ANC-regerings sedert 1994 het daarin geslaag om ‘n voorheen etniese federasie te omskep in ‘n klassieke klassesisteem, ingevolge waarvan:

  • ‘n Klein minderheid swart elite-kapitaliste saam met die tradisionele klein hoeveelheid ryk witmense die bourgeoisie van die nuwe SA vorm.
  • ‘n Swaartrekkende middelklas wat ook ‘n groot deel van die 2,8 miljoen belastingbetalers in ‘n land van 49 miljoen uitmaak.
  • ‘n Eksponensieel groeiende swart en wit werklose komponent wat die proletariaat van SA vorm.

Intussen het die buitelandse beleid van SA sigbaar in ‘n pro-Palestynse en pro-Chinese rigting teen Israel en Westerse belange gedraai wat – as ‘n internasionale krisis soos ‘n Derde Wêreldoorlog sou aanbreek – daartoe kan lei dat die strategiese minerale van SA nie tot die beskikking van die Weste nie, maar ten bate van Westerse vyande gestel sal word.

Op die gesondheidsterrein word bereken dat die MIV/VIGS-krisis wat sowat 26% van die bevolking raak die hoogste ter wêreld is en die swart elite teen ‘n skrikwekkende tempo afmaai. Wat oorbly, is nie goed vir ordelike en doeltreffende regering nie.

Die krisis van die nuwe SA is dat ‘n etniese federasie-in-wording voor 1994 omvorm is in ‘n stereotipe klassesisteem wat – as die fondse van die staat opraak – tot ‘n bloedige rewolusie en sosiale anargie kan lei. ‘n Voorwaarde vir die ANC om weer en weer verkies te kan word, is dat miljarde by wyse van skenkings en sosiale welsynsdienste aan die proletariaat uitgedeel sal word. Ekonome is dit egter eens dat 2,8 miljoen belastingbetalers nie ‘n bevolking van bykans 50 miljoen op die duur kan dra nie. Demografiese tendense dui daarop dat die bevolking van SA in 2050 tot soveel as 150 miljoen kan styg. Die implikasie hiervan vir die beperkte voedsel- en waterbronne is katastrofaal. Die politieke vooruitsig vir ordelike regering is ewe negatief.

подвесной светильник армстронгФильчаков Александр Васильевич

Die heldedaad van Dirkie Uys

Dirkie Uys-paneelDie terugtrekkende Zoeloes het op 17 Februarie 25 000 beeste, en baie skape, bokke en perde saamgeneem. Waens en gereedskap was totaal verwoes, die laers tot niet gemaak, en 282 wit en 250 bruin mense vermoor.

Hele gesinne was uitgewis. Daar was feitlik geen gesin wat geen dode moes afstaan nie. Baie mense wat welvarend was, is eensklaps verarm deur die verlies van al hul besittings. Sterk manne het soos kinders gehuil, skryf D.W. Krüger. Later is naby die moordtoneel ‘n dorp aangelê: heel gepas genoem Weenen.

Die trekkers kon die onheilsdag van 17 Februarie 1838 nooit vergeet nie. Mense soos die latere president Paul Kruger het die afleiding gemaak dat hulle swart mense nie kan vertrou nie. Enkeles het wonderbaarlik aan die dood ontkom, soos die twee meisies Johanna van der Merwe, wat 22 asgaaisteke gekry het, en Catharina Prinsloo met 17. Albei het van hul wonde herstel. Gert Lukas Joubert het 22 wonde oorleef.

Op 20 Februarie het die trekkers uit ‘n brief van ‘n Brit verneem wat die lot van Retief en sy manne was. Party het nou gepraat van terug trek uit Natal, maar veral die vroue van die vermoordes wou nie daarvan hoor nie. Hulle het die mans gedreig om self die bloed van die onskuldiges te wreek. Ook Maritz het die trekkers vermaan om sterk te wees.

So het hulle besluit om in Natal te bly, voorlopig in enkele laers saamgetrek vir groter veiligheid, en boodskappers gestuur om hulp van Potgieter en Uys te vra.

Hulle het albei gehoor gegee, maar nie een van die twee was geneë om in ‘n ekspedisie onder die ander te dien nie. Eindelik is ooreengekom dat elkeen sy eie kommando sou aanvoer, terwyl Maritz as laerkommandant sou agterbly. Uys en Potgieter, albei dapper, het temperamenteel baie van mekaar verskil. Potgieter was uiters versigtig en berekend en sou hom nie onnodig in gevaar begeef nie. Die meer voortvarende Uys was bereid om dit wel te doen as hy dink hy kon so sy doel bereik.

Die kommando van 347 man het op 6 April 1838 die laer in twee afdelings verlaat en noordoos getrek om Dingane se stad aan te val. Op 11 April beland hulle egter in ‘n hinderlaag by Italeni. Sommige vertel dat Potgieter die mense gewaarsku het om nie verder te gaan nie, maar dat Piet Uys vinnig opgetrek het teen die vlugtende Zoeloes.

Terwyl hulle daarmee besig was, het duisende nuwe vegters skielik vlak voor en langs hulle uit die lang herfsgras opgestaan en nader gestorm. Die kommando moes haastig terugdraai, maar het daarin geslaag om vir hulle ‘n pad oop te skiet en deur te jaag. Tien Boere is egter gedood en Piet Uys gevaarlik in die heup gewond. Hy het eers op die perd aan die saal vasgehou, en toe hy voel dat sy kragte weens bloedverlies afneem, van sy perd afgegly en sy manne toegeroep dat hy daar gaan sterf. “Red julleself, kêrels, maar veg soos manne!”

‘n Entjie verder het sy twaalfjarige seun Dirkie teruggekyk en sy vader omring deur Zoeloes gesien. Hy was al buite gevaar, maar het teruggejaag, twee Zoeloes geskiet en by sy vader neergestort, deurboor deur asgaaie. Dirkie Uys se heldedaad sou nooit vergeet word nie.

сколько стоит лечение пародонтозаданильченко юрій Харків

‘Maak jou klaar, ek gaan jou slaan!’

Die legendariese Boere verkenner Daniël Johannes Stephanus Theron en stigter van die Theron Verkenningskorps (TVK), voorloper van die SA Weermag se gedugte verkennersafdeling, is op 9 Mei 1872 in ‘n Kaaps-Hollandse woning op Tulbagh gebore. Dié huis in Kerk Straat 21 is in 1973 gerestoureer en is een van die verklaarde gedenkwaardighede op die dorp.

In die Anglo-Boere Oorlog bylae, is ‘n artikel geplaas waarin Theron in sy eie woorde vertel hoedat hy as latere burger en regsgeleerde van die Zuid-Afrikaansche Republiek kort voor die uitbreek van die oorlog die Theron Wielryerskorps, ‘n rapportryerskorps wat van fietse in plaas van perde gebruik gemaak het, gestig het.

In die biografie Kommandant Danie Theron, baasverkenner van die Tweede Vryheidsoorlog deur J.H. Breytenbach, 1950, word vertel dat die heethoofdige prokureur Theron reeds op 22 April 1899 in Johannesburg die oorlog man-alleen begin het deur die Britse liberalis en hoofredakteur van The Star in sy kantoor met die vuis by te dam oor ‘n artikel wat daardie oggend in dié koerant verskyn het waarin die Afrikaners as agterlik beswadder is.

Theron het dié redakteur, Moneypenny, eers versoek om die artikel in die volgende uitgawe te repudieer. Toe die gesette man volstrek weier, het Theron op Engels aan hom gesê: ”Maak jou klaar, ek gaan jou slaan!”

”Toe Moneypenny sy hand uitsteek om hom te keer, voeg Danie die daad by die woord en plant die hou mooi op die Engelsman se regteroog dat jy net sien brilstukkies spat. Fyn straaltjies bloed verskyn op Moneypenny se ooglid, waar die glasstukkies ‘n paar snytjies veroorsaak het sonder om ewewel die oog self te beskadig,” skryf Breytenbach.

”Kom buite toe,” daag Theron die redakteur uit, ”buite sal ek jou verder slaan.” Die prokureur is egter deur ‘n metgesel en die personeel van die koerant gekeer om Moneypenny verder met die vuiste by te kom.

Die nadraai hiervan was dat Theron in die landdroshof beland het. Landdros Van den Berg het in sy uitspraak gesê: ”Die beskuldigde, wat nogal ‘n prokureur is, het geen reg om opsetlik hierheen te kom om geweld te pleeg nie. As hy ontevrede is oor wat in die Star voorkom, kan hy aan die Staatsprokureur of aan die Uitvoerende Raad skrywe om volgens wet te handel. En as hy dink dat die wet nie straf genoeg is nie, kan die burgers ‘n memorie aan die Volksraad rig om dit te verander. In elk geval had hy geen reg om so op te tree nie. Sy misdaad is ernstig en die vonnis is ‘n boete van 20 pond of twee maande gevangenisstraf met harde arbeid.”

‘n Hoed is in die stampvol hof omgestuur en 25 pond is in ‘n japtrap onder die opgewonde burgers ingesamel. Die oorblywende 5 pond is aan ‘n hospitaalfonds geskenk.

‘n Artikel wat in 2003 in Vir Vryheid en vir Reg, ‘n Anglo-Boereoorlog-gedenkboek, uitgegee deur Tafelberg, verskyn het.

ігри для дєвокФильчаков Александр Васильевич

Moorde en heldedade

Ná die moord het Dingane en sy raadgewers ‘n erger slagting voorberei. Een van hulle het gesê: “Nou moet ons die wyfievoël en die kinders op die nes gaan vang.” Kort daarna het baie Zoeloesoldate verdwyn in die rigting waaruit die Boere gekom het.

Die les wat die trekkers in 1836 geleer het toe die Matebele hulle aangeval het, was vergete. Weer was die meeste onbesorg en sonder laer. Die soeke na weiveld en brandhout het veroorsaak dat hulle Retief se waarskuwing om bymekaar te bly, verontagsaam het. Verste weg na die ooste was die Maritz- en Retief-trekke, versprei langs die Bloukrans- en Boesmansrivier, takke van die Tugela. Maritz, wat die vrede nie vertrou het nie, het die mense vergeefs bymekaar probeer hou.

Dit was donkermaan die nag van 16 op 17 Februarie 1838 toe duisende Zoeloes aanvalle op verskeie staanplekke begin doen het. ‘n Paar families wie se waens oorkant die Boesmansrivier gestaan het, is oorrompel en uitgemoor, maar by die Bezuidenhouts het die honde geblaf.

Daniel, Wynand Bezuidenhout se oudste seun, het opgestaan om te gaan kyk. Hy het ongeveer 300 tree van die waens af gevorder, toe hy besef dat die honde nie teen roofdiere veg nie, maar deur asgaaie doodgesteek word. Hy het geskree om sy mense te waarsku, maar toe hy terughardloop om sy geweer te kry, het ander Zoeloes reeds die waens bereik en kon hy die doodsworsteling van sy mense hoor.

Net sy veertienjarige broertjie Hans, wat die waarskuwende krete gehoor het, het betyds ‘n perd gevang en met sy kruisbande as toom en teuels weggejaag. Daniel, hoewel swaar gewond, het gesinne langs die Bloukransrivier en elders gewaarsku.

Oral was nou geweerskote te hore. Eers het baie gedink dis vreugdeskote by Retief se tuiskoms. Gou het die aanhoudende geskiet agterdog gewek en het die eerste vlugtelinge die nuwe somber vermoedens bevestig. Langs spruite en riviere, in ruigtes en koppies, het klein klompies teen die oormag geveg. Plek-plek is inderhaas laer getrek. By Sarel Cilliers was daar te min waens daarvoor en het die vroue en kinders die beboste klowe ingevlug. Cilliers het saam met vyf man die laer van Gert Barends gered en van laer tot laer gegaan om mense te waarsku.

Orals het mans opgesaal en na die gevaarlikste en mees bedreigde punte gejaag. Dikwels was hulle reeds te laat. Hier en daar het ‘n handjievol tog weerstand gebied. Verskeie heldedade is verrig. Teresa Viglione, vrou van ‘n Italiaanse smous, het op haar perd gespring, laers in die omtrek gewaarsku en gewonde kinders in haar tent verpleeg. Op ‘n koppie was ‘n groep Van Rensburgs omring deur ongeveer 1500 Zoeloes.

Een van hulle het geroep dat hulle lood en kruit byna gedaan is, maar dit geluk hulle ook om te beduie waar nuwe voorraad gevind kon word. Dit kon alleen met doodgevaar bereik word, maar een van die jong manne, Marthinus Oosthuizen, het sonder aarseling ‘n pad deur die Zoeloes oopgeveg, die kruit en lood gevind, en met die hulp van ‘n paar ander die nuwe voorraad veilig op die koppie gebring.

Daarmee kon hulle die aanvallers op die vlug jaag. Sarel Cilliers en ‘n paar man het ‘n klomp aanvallers te perd gestorm en op die vlug gejaag. Hierna het Maritz en ander bygekom. Ou mans, kinders, vroue, dogters het almal gehelp om die Zoeloes terug te dryf. Dit was nie lank nie of hulle was op pad terug na Zoeloeland.

под банюДанильченко Юрий прокурор

Die moord op Piet Retief

Piet Retief se doodDis onduidelik waarom presies Piet Retief se geselskap op 6 Februarie 1838 weer na Dingane is. Toe die trekkers gereed staan om te vertrek, kom ‘n boodskapper van Dingane by Retief met die versoek dat die trekkers nog eenmaal na hom moet kom om te groet.

‘n Oomblik het die Boere geaarsel, maar Retief het hulle gerusgestel. Die hele geselskap, ook die bruin mans, is almal die stad in, vir die eerste keer ongewapend. Dingane het aan die bo-ent van die oop plein gesit tussen die witskild- en swartskild-regimente. Die Zoeloe-regimente laat die Boere deur en die opening sluit weer agter hulle. William Wood tolk wat Dingaan sê. Die koning van die Zoeloes wil hê dat hulle die land in besit moet neem. Hy wens hulle ‘n voorspoedige reis toe, en vra dat hulle gaan sit en as afskeid saam bier drink.

‘n Paar vroue bring melk en bier, en dan hurk die Boere voor Retief en Dingane neer om nog een maal die Zoeloes te sien dans. Kort tevore het Dingane ‘n boodskap na Owen gestuur om hom mee te deel dat hy die Boere, wat weglopers van hul koning is, nou gaan doodmaak. Die sendeling hoef nie bang te wees nie, want hulle is koning George se kinders!

Al nader aan die Boere dans die duisende krygsmanne, dan terug, dan weer nader totdat Retief en sy makkers ongemaklik begin voel. Dingane sing saam, maar skreeu opeens: “Bulalani abatagathi!” (“Maak dood die towenaars!”).

In wanhoop veg die paar wit en bruin mense teen die oormag van vyande. ‘n Paar ruk hul herneutermesse uit. Gou is die weerstand gebreek en word die ongelukkiges na Hlomo Amabuthu (Aasvoëlkop) buite die stad gesleep.

Owen deel mee hoe elke Boer deur nege of tien Zoeloes omring was, en Zoeloegetuies het later vertel dat Retief gedwing is om te kyk hoe sy seuntjie en sy vriende eers doodgemaak word voordat ‘n knopkierie ook sy skedel verbrysel het. Daarna is die regimente terug in die stad om die sege oor die Amaburu met bier en dans te vier.

So kom ‘n einde aan die lewe van een van die mees tragiese figure uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Aan die een kant staan sy intelligensie, ondernemingsgees, goedhartigheid en sy gawes as leier, aan die ander kant ‘n blinde geloof in sy medemens en sy oormatige selfvertroue. Sy betekenis lê meer in sy martelaarskap as vryheidsheld as in wat hy werklik tot stand gebring het.

Daar is geen bewyse dat vyandiggesinde Engelse Dingane opgestook het nie. Tog het die vraag of hy aangespoor is deur die invloed van die sendeling kaptein Allen Gardiner bitter twiste ontketen. Gardiner en sy vriende wás gekant teen ‘n Voortrekker-nedersetting, en het dit aan Dingane gesê. Hy kon ook aflei dat die magtige Engelse koning nie wraak sou neem as die Boere uitgewis word nie. Daarby het Gardiner nagelaat om die moontlikheid van verraad met nadruk onder die Boere se aandag te bring.

Waarom het Dingane so verradelik opgetree? Ten eerste was hy bang vir nuwe gedugte bure, die mense wat besig was om Natal binne te dring nog voordat die onderhandelinge oor die grond nog afgehandel was. Hy was bewus dat hulle die magtige Matebele verslaan het en daarna ook Sekonyela. Ten tweede: hy het geweet dat die trekkers nie hulp uit die Kolonie sou kon verwag nie. Nietemin, bang vir hul nuwe wapens, het hy besluit tot ‘n verrassingsaanval om die indringers ‘n beslissende slag toe te dien.

10 online casinosДанильченко Юрий прокурор