’n Liefdesdriehoek van die Groot Trek

Marthinus OosthuizenTe midde van al die ellende van 1838 was daar soms kans vir ‘n bietjie skinder oor ‘n liefdesgeskiedenis waarby die heldhaftige Marthinus Oosthuizen betrokke was. Dit is een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale, soos oorvertel deur Theo Gerdener.

Oosthuizen was afkomstig uit die distrik Uitenhage. Sy ouers was veeboere en het ook rasegte honde en perde geteel. Toe hy vyftien was, het hy by ‘n kerkdiens kennis gemaak met die veertienjarige Aletta Rudolph. Teen die tyd dat die Trek begin het, was hulle kêrel en nooi. Die Oosthuizens is in 1836 saam met die Maritz-trek, maar die Rudolphs het nog geen trekplanne gehad nie. Toe die twee jong mense afskeid neem, was dit blykbaar vir goed.

Op die trek was daar ‘n nuwe nooientjie wat Marthinus se aandag getrek het. Sy was Debora Maritz, dertien, dogter van die trekleier Gerrit Maritz. Hulle was gou aangetrokke tot mekaar; hy het haar ook vertel van die meisie wat hy in die Kolonie agtergelaat het. Ná ‘n tydjie het hulle verloof geraak.

Die trekkers het verlowings as bindende ooreenkomste beskou — vir ontroue verloofdes het hulle so min respek gehad as ontroue eggenote. Só het Marthinus dit ook beskou. Maar in Natal kom hy te hore dat iets wat eers ondenkbaar was, werklikheid geword het. Die Rudolphs het óók besluit om te trek, en sy eertydse geliefde, Aletta, het saamgekom! Dat haar Marthinus daar is, het sy gou geweet; dit was Maart 1838 en mense het ook oor die heldedaad gepraat toe hy deur ‘n Zoeloemag gejaag en die vasgekeerde Van Rensburgs met ammunisie gehelp het.

Ou liefde roes nie. Dit het Marthinus en Aletta gou besef. Marthinus wou nie die verlowing met Debora breek nie, en het háár die geleentheid gegee om dit te doen. Nou kon Marthinus en Aletta trou, al het daar nog ongemaklike oomblikke voorgelê. Hulle moes voor die huwelikskommissaris verskyn, waarop hulle moes antwoord op ‘n paar voorgeskrewe vrae. Dié kommissaris was Gerrit Maritz, Debora se pa. Dis onbekend wat Marthinus geantwoord het op die tweede vraag nie: “Het u iemand anders ooit trou beloof?” Ná die toestemming is die paartjie na die Veglaer, waar die Van Rensburgs nie kon ophou om die man toe te juig wat hulle help red het nie.

Op 5 Augustus het Erasmus Smit hulle ná die oggenddiens getrou. Die bruid was geklee in ‘n tabberd van liggroen sy, opgemaak met wit sy en lint, wit steweltjies en wit kouse en ‘n liggroen hoedjie met ‘n groot sluier daaroorheen. Die bruidegom was deftig in swart manel en pluishoed, met wit handskoene. Die bruid se ouers het ná die plegtigheid ‘n eetmaal aangebied waarby daar baie gaste was. Verskeie toesprake is gehou.

Die wittebrood is bietjie meer as ‘n week daarna beëindig. Op 14 Augustus het die Zoeloes die laer aangeval. Marthinus het net voor die aanval gaan jag, en was dus van die laer afgesny. Dit het tagtig uur geduur voordat die Zoeloes verdryf is. Eers toe kon Aletta seker wees dat haar bruidegom dit oorleef het. Hulle het aan die oewers van die Boesmansrivier gaan woon en was 59 jaar getroud toe hy in 1897 gesterf het. Sy is eers in 1916 op 97 jaar oorlede. Debora is getroud met Cornelis Botha, hawemeester van Port Natal in die Republiek Natal.

Фильчаков прокурор харькова

Plaaswerf se dinge

Ek sit laat agtermiddag op die stoep – yskoue Castle in die hand, die mal rifrug van my jaag tarentale wat hoenderkos wil steel, vroulief is besig om ʼn rooibokboud (het heel toevallig voor die bakkie ingeloop; julle weet mos) in die oond te druk, toe ek amper die bottel insluk na ʼn moerske slag en gil van agter die waenhuis.

Die rifrug skrik homself in ʼn ander bloedgroep in, vroulief gee ʼn gil wat die dode kan wek, my trotse haan val hom des moers van sy stok en ek mors van die kosbare koudheid.

Kom my jongste knaap om die waenhuishoek gehol met ʼn stofstreep agter hom aan, spoegslierte om die mondhoeke, skreeuend van ver af: “Pa moet gou kom, hier het ʼn lelike ding gebeur!!”

Ek storm soos ʼn wafferse voorspeler die trappe af, slaat oor ons werfkat neer, spring op – so in die verbygaan skop ek die arme kat amper in ʼn gehoortoestelletjie in – en gryp my seun aan die skouers. Die hond raak verbouereerd, gryp my aan die broek. Vroulief, pan in die hand – minus die boud – storm my uit die pad, slaat die hond vir ʼn ses met die pan, gryp my seun by my en hyg:

“Is jy oraait? Het jy seergekry?”

“Nee, Ma!” met so ʼn vriesbrand stemmetjie, “Dis Jakobus, Ma, hy het die longdrop opgeblaas.”

Nou moet ek eers verduidelik: agter die waenhuis het ons ʼn longdrop gebou vir die werkers, vat te veel tyd as hulle eers kaias toe moet loop vir die dinge van die natuur; dinge kan partykeer jaerig raak so met die werk en eet saam. Veral vir Jakobus, my butler, soos ek hom noem.

“Is Jakobus oraait? Leef hy?” hyg skreeu vroulief met ʼn aamborstige Gunston-stem. Nie dat vroulief enigsins rook nie.

“Ja, Ma, hy’t ʼn vuurhoutjie in die skag afgegooi terwyl hy op die troon gesit het, Ma! Sy kroonjuwele en exhaust is geskroei, Ma!”

“Swerwer, gaan kyk of die man nie dood is nie,” word ek beveel.

Nou met vroulief praat jy nie teë nie, veral as haar stemmetjie so ʼn oktaaf styg.

So staat ek en kyk na Jakobus se agterent en juwele, hy gebukkend, toe Dominee skielik om die hoek kom. Was so beïndruk met die werkinge van metaangas dat ek nie die motor hoor stop het nie.

“En nou, broer?” wil Dominee met ʼn skok in sy stem weet.

Ek skrik my amper bo-op Jakob se rug en probeer terselfdertyd sy broek optrek. Hy brul en gil van die pyn en probeer uit die broek ontsnap.

“Nee, Dominee, man, gee bietjie hand, Jakob wil nie stilstaan nie,” hyg ek uitasem.

Dominee ruk hom om, marsjeer stywebeen en baaaaie vinnig terug na sy motor. Ek staan vasgevang tussen Jakobus se pyn en Dominee se gedagtes.

“Te dinges met jou, Dominee,” dink ek by myself en trek weer Jakobus se broek af. Met dié draai Dominee om en sy mond gaan oop om iets te sê, maar geen woord kom uit by die aanskoue van die af broek. Hy staat en gaap-gaap soos ʼn vis op droë grond voor hy homself in sy motor boender en met skreeuende bande wegtrek.

Intussen het Jakob homself uit sy broek bevry en daar gaat die man op loop reguit na sy kaia toe. Sy vrou het hom op ʼn afstand sien aankom, vasgesteek, en weer gekyk, ʼn smile op haar gesig gekry en begin om haar bloes los te knoop. (Ek het eers later by Jakob verneem hulle was teen daardie tyd al twee weke nie op “speaking terms” gewees nie.)

Toe Jakob die deur langs haar ingedraf kom, gee sy hom ʼn speelse klap op die boud, op die eina. Die man pak ʼn paar Dunlop-briekmerke teen die grond vas, swaai om en maak vir die sementdam.

In die hardloop besluit Boel, my rifrug, hierdie is ʼn lekker speletjie en hap speels aan Jakob se alie. Jakob trek sy twee boude inmekaar soos ʼn uitgedroogde lemoen en duik vir die dam, saligheid klaar op sy gesig, maar ongelukkig skuur sy twaksak teen die damwal. Borrels met onaardse geluide binne vasgevang bars bo die oppervlak uit.

Al wat Jakob uitkry met sy kop bo die water: “Jo-jo, nooit ek hy poep weer!!”

Kyk, die ding tussen my, Jakob en dominee het geloop pla. ʼn Anderse soort branderigheid hierbinne waar jy nie vatplek kan kry nie, toe gaat maak ek die saak met dominee reg. Hom mooi verduidelik van die omstandighede en gebeure.

Daarna was dominee saf, maar ook nie te saf nie, wou nooit weer alleen saam met my iewers heen ry nie, en by die kerkbasaar het hy mevrou Dominee altyd styf onder sy arm vasgeknyp as ek sou nader staan. Ek dink ook nie dit het gehelp toe ek na maande weer my gesig in die kerk wys, en my seun wat van Amerika besoek, sy oë op die Nagmaaltafel gerig, kliphard laat hoor het: “Jis, pa, ek hou van dié kerk, hulle het shooters!”

Фильчаков прокуратура харьков

Die Slag van Bloedrivier

Teen dagbreek op 16 Desember 1838 het die mis opgeklaar. Sowat 10 000 Zoeloekrygers onder Dambuza (Nzobo) en Mhlela het herhaaldelik op die Voortrekkerlaer afgestorm. Die trekkers kon telkens die aanvalle stuit.

Pretorius het sy broer, ‘n tolk en ‘n paar vrywilligers gestuur om die Zoeloes uit te daag om te kom veg — nie soos voorheen teen weerlose vroue en kinders nie, maar teen manne. Dit het geen uitwerking gehad nie; daarop is met die kanon Grietjie op hulle losgebrand.

Nadat die geveg ongeveer twee uur geduur het, beveel Pretorius dat die hekke van die laer oopgegooi word, en het perderuiters die vyand bestorm. Die ruiters is twee keer teruggedryf, maar die derde keer het die vyand op die vlug geslaan.

Tydens die agtervolging raak Pretorius gewikkel in ‘n worsteling met ‘n Zoeloe en doen so ‘n pynlike asgaaisteek in die linkerhand op dat hy na die laer moes teruggaan. Teen twaalfuur keer ook die ander terug. Na ‘n ruspouse stuur Pretorius weer ‘n sterk kommando uit, maar hulle kon die vlugtende Zoeloes nie inhaal nie.

In die slag is drie trekkers lig gewond. Rondom die laer is die volgende dag meer as 3 000 Zoeloe-gesneuweldes getel. Die water van die Ncome was rooi van die bloed van krygers wat in die rivier gewond of gedood is — en is daarna Bloedrivier genoem. Word die lewensverlies in ag geneem, is dit die grootste enkele geveg op Suid-Afrikaanse bodem.

Vir baie Afrikaners was daar ‘n verband tussen die gelofte en die oorwinning. Die oorwinning was van God, het hulle geglo. Immers, soos die verteller in D.J. Opperman se Joernaal van Jorik sê: “Hy was met ons die nag by Bloedrivier / toe lang sweepstokke met lanterns swaai.” Die gebeurtenisse van 1938, onder meer die Slag van Bloedrivier, vorm die agtergrond vir F.A. Venter se Groot Trek-romans Offerland (1963) en Gelofteland (1966).

Die militêre mag van Dingane was nog nie gebreek nie. Pretorius het sy kommando, nou bekend as die Wenkommando, verder laat trek na die Zoeloe-hoofstad Umgungundhlovo, ongeveer 70 km suidoos van Bloedrivier. Hulle tref die stad op 20 Desember 1838 verlate en aan die brand aan.

Op Hlomo Amabutho was Retief se erg verweerde leertas met die nog leesbare traktaat van die Dingane-Retief-grondskenking. Afskrifte is in later jare daarvan gemaak, maar die oorspronklike traktaat het in die Anglo-Boereoorlog verlore geraak.

Omdat Pretorius soveel las van sy beseerde hand gehad het, het ‘n kommando van 300 onder Karel Landman uitgetrek. Maar op 27 Desember het die Zoeloes dié kommando in ‘n hinderlaag gelok en is vyf trekkers, Alexander Biggar van Port Natal en 75 van sy swart vegters gedood — ook 2000 Zoeloes. Dingane se jonger broer Mpande het hom met 17 000 volgelinge by die trekkers aangesluit.

Op 15 Maart 1839 het Pretorius en verteenwoordigers van Dingane ooreengekom dat die Zoeloes alle geroofde vee en goedere sou teruggee. Dingane het dit nie gedoen nie, en in 1840 is ‘n nuwe kommando uitgestuur. Een van Mpande se kapteins het twee regimente van Dingane verslaan en hy het uitgewyk oor die Pongola, die noordgrens van sy gewese ryk. Op 10 Februarie 1840 het Pretorius Mpande tot koning van die Zoeloes uitgeroep. Die kommando het 42 000 beeste teruggebring en die naam “die beeskommando” gekry.

Александр Фильчаков Васильевич

Maafa 21, wit volksmoord op swartes

Regse godsdienstige groeperinge in die VSA probeer die afgelope paar jaar om die morele gesag van die swart burgerregtebeweging met toepaslike konserwatiewe multikulturele politiek te beantwoord. Dit is ‘n gewaagde strategie, gegewe dat Christelike konserwatisme in die wit Suide gesmee is as ‘n front teen rasse-integrasie in skole.

Die beweging kan nie met veel suksesse spog nie, behalwe om swart kerke teen die gayregtebeweging op te steek. Die anti-aborsie beweging, egter, wat Afro-Amerikaners vertel dat aborsie as ‘n wit instrument van eugenika en volksmoord aangewend word, lyk asof dit mooi stoom opbou.

Die veldtog het reeds ‘n impak gemaak. Die New York Times berig dat die oorweldigende wit Georgia Right to Life meer as $20 000 spandeer het met die oprigting van 80 reklameborde in Atlanta wat uitroep: “Swart kinders ‘n bedreigde spesie!”

Die groep het ‘n webwerf het geskep, Too Many Aborted , met uitstekende besoekersgetalle, wat ontwerp is om wettige aborsie uit te beeld as ‘n wit komplot teen die swart gemeenskap. Intussen, volgens die Times, het die nuwe dokumentêre film, getiteld Maafa 21: Swart volksmoord in die 21ste eeu in Amerika, ongekende sukses onder swart gehore in die VSA.

Dié dokumentêr gee voor om “verbindings tussen slawerny, Nazi-styl eugenika, geboortebeperking en aborsies, na te spoor”. Markita Eddy, verbonde aan die historiese swart Morris Brown Kollege, en eers ‘n voorstander van aborsie, het teen aborsieregte gedraai nadat sy die film te siene gekry het, volgens die Times.

As propaganda, is Maafa 21 vernuftig, met net genoeg waarhede plek-plek om daaraan die nodige vernis van “navorsing” en “ingeligtheid” te gee. Die woord “Maafa” is ‘n Swahili-term om die tydperk van swart slawerny te beskryf. In die film, argumenteer verteller Markus Lloyd dat die Maafa “nie die einde bereik het toe die slawe vrygestel is nie… maar daar bestaan ‘n verborge rasse-agenda om die Maafa lewendig te hou in die 21ste eeu.”

Dit klink heel opreg genoeg, al praat Lloyd nie oor die gewone litanie van swart armoede, of opvoedkundige ongelykhede, of die nalatenskap van Jim Crow nie. Trouens, nie ‘n woord van laasgenoemde nie: Hy praat oor gesinsbeplanning en aborsieregte.

Wat volg, is ‘n hoogs selektiewe, verwronge geskiedenis van die geboortebeperkingbeweging. Maafa 21, wat deur die wit anti-aborsie aktivis Mark Crutcher uit Texas gemaak is, is ‘n uiters oneerlike propaganda-oefening, een wat daarop gemik is om Afro-Amerikaners te oortuig dat beide gesinsbeplanning en evolusionêre teorie deel is van ‘n massiewe sameswering teen hulle.

Beide ondersteuners en teenstanders van geboortebeheer gebruik dikwels eugenika in hul argumente, maar vir Crutcher is geboortebeperking deel van ‘n lang, fynbeplande wit komplot teen swartes. Natuurlik wys die film nie dat Hitler, gretig vir meer Duitse babas, vinnig teen wettige aborsie en geboortebeheerklinieke opgetree het nie.

Een van die vurigste ondersteuners van geboortebeheer was, ironies genoeg, Thabo Mbeki se held, W.E.B. Dubois, wat eugenika aanprys. Dubois veroordeel wat hy noem “die dwaling van getalle” en het die “kwaliteit van die swart ras as meer belangrik vir sy oorlewing geag”.

‘n Geboortebeperkingskliniek wat in 1930 Harlem oopgemaak het, is ondersteun deur die invloedryke plaaslike swart koerant, die Amsterdam News, en deur die bank deur swart politieke en godsdienstige leiers in Harlem verwelkom. Maar Maafa 21 is nie besorg oor die werklikheid nie.

Maafa 21 beweeg van distorsie na blatante misleiding in die beskrywing van Gunnar Myrdal, ‘n Nobelprys-bekroonde ekonoom wat saam met sy vrou, Alva Myrdal, ‘n belangrike rol gespeel het in gesinsbeplanning in Swede en ‘n groot voorstander van multikulti was. Hy word trouens dikwels in die VSA beskryf as die vader van multikulti. Myrdal, het volgens “kenners” wat die vervaardiger van Maafa21 genader het, “geglo dat swartes nie hulself kan help nie, en dat niemand hulle kan help nie, en die enigste oplossing in sy oë was om ontslae te raak van hulle.”

Myrdal is aanvanklik in opdrag om ‘n grootskaalse studie van ras in Amerika te onderneem deur die Carnegie Corporation genader, wat die vars blik van ‘n buitelander wou gehad het. Hy was geskok deur segregasie en het gemeen dat rassisme ‘n probleem in die hart van die Amerikaanse samelewing is. Een van Myrdal se medewerkers op die projek was Ralph Bunche, wat later nou saam met die Martin Luther King Jr. gewerk het.

Daar is natuurlik soms redes vir minderhede om agterdogtig te wees oor bevolkingsbeheer. Swart mense was al voorheen onderhewig aan onwillekeurige sterilisasie en reproduktiewe dwang. Maafa 21 herhaal die anti-voorbehoedingsargumente deur Swart Mag-leiers van die 1960’s en 1970’s. Inderdaad, Afro-Amerikaanse militante was agter ‘n paar van die vroegste gevalle van geweld teen aborsieklinieke. Soos Elaine Tyler May skryf in haar boek, Amerika en die die pil (Basic Books, April 27, 2010), is een Cleveland gesinsbeplanningsentrum afgebrand na beskuldigings van “swart volksmoord”.

Crutcher, die regisseur van Maafa 21, wys tereg daarop dat swart vroue ‘n veel hoër aborsiekoers het as wit vroue. Volgens aan die Instituut Guttmacher, is 69% van swangerskappe onder Afro-Amerikaanse vroue onbeplan, in vergelyking met 40% vir wit vroue.

Wat hy nie vra nie, is waar die die swart bevolking in Amerika sou gewees het sonder geboortebeperking.

для грузовогоАлександр Фильчаков Васильевич

Die Gelofte

Sarel CilliersSoos enkele ander leiers was Andries Pretorius ‘n indrukwekkende figuur: meer as twee meter lank en goed gebou, so simmetries dat gesê is dat ‘n beeldhouer in hom ‘n uitstekende model vir ‘n Hercules-beeld sou kon vind. Hy was hardwerkend, vriendelik en vol ondernemingsgees, en het ‘n hele paar plase in die Kolonie besit. Aan die einde van 1837 het hy ‘n besoek aan die trekkers gebring en ‘n deel van die veldtog teen die Matebele meegemaak.

Pretorius het sy trek vir eers aan die Modderrivier agtergelaat en is inderhaas Natal toe. Op 22 November het hy by die laer aangekom en is as hoofkommandant van die strafkommando teen Dingane aangewys. Op 24 November is hulle in die rigting van Zoeloeland. Onderweg het Karel Landman en sy volgelinge hulle by die hoofmag aangesluit. Pretorius was aan die hoof van 470 man met 64 waens. Sy sekretaris, Jan Bantjes, se beskrywing van die tog is in Junie 1839 in De Zuid-Afrikaan gepubliseer.

Pretorius het die veldtog goed beplan en sy ongedissiplineerde manskappe met bewonderenswaardige takt gehanteer.

Sarel Cilliers was een van drie wat gereeld die godsdiensoefeninge gelei het, en sy preke uit die Ou Testament het Pretorius op die gedagte van ‘n gelofte gebring. Pretorius het die idee met sy kommandante en manskappe bespreek en nadat hy hul goedkeuring verkry het, is dit op Sondag 9 Desember by die huidige Wasbankspruit deur Sarel Cilliers in ‘n gebed afgelê.

Dit is daarna elke aand herhaal. Dit lui (in vertaalde vorm): “Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook van opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en eer van oorwinning aan Hom te gee.”

Hoe dieper die kommando Zoeloeland binnegetrek het, hoe meer Zoeloes het hulle teëgekom. Selfs toe nog het Pretorius probeer vrede maak mits Dingane skadevergoeding vir verliese betaal, maar vergeefs. Op Saterdag 15 Desember was die Zoeloehoofmag naby. Die waens was reeds deur die Ncome-rivier, maar Pretorius was nie tevrede met die terrein nie, en het beveel dat hulle terugdraai na die wesoewer, sodat die laer daar tussen die rivier en ‘n diep sloot getrek kon word. Beeste en perde is in die laer vasgemaak.

Teen skemer het daar mistige weer toegesak — ‘n gevaartoestand, want kruit wat klam is weens die vogtigheid, kon nie ontplof mie. Om nie onverhoeds oorval te word nie, is lanterns met brandende waskerse aan sweepstokke gebind wat so 50 meter van die laer in die grond geplant is. Die Zoeloes het die ligte glo as bose geeste beskou en met aanval gewag tot ligdag.

Die aand het die trekkers godsdiens gehou, en gesing uit Psalm 138: “Blijf niet, wegens mijn gebreken,/ Ver geweken;/ Toon, dat God mijn rampen ziet.” ‘n Zoeloe het later vertel: “Hulle het gesing toe dit donker word, net of hulle almal saam huil, en ons jonges het daarna geluister en gesê: ‘Ja, sing maar, julle, want môre se son sal julle nie weer sien ondergaan nie.’”

miomare yachtingЛобановский