Persepsies van die werklikheid

Terwyl ekonome syfers bekend maak om aan die hand van konkrete bewyse op die gevolge van die ANC-Jeugliga se nasionaliserings- en grondonteieningsbeleid te wys, en veral Zimbabwe as voorbeeld voorhou, vind dié feite nie oral in persepsies neerslag nie.

Die Jeugliga se kongres, terloops, het glo R37 miljoen gekos, uit die diep sakke van Anglo betaal.

Pas het die ANC in Noordwes die eerste provinsie geword om ‘n resolusie te aanvaar vir die nasionalisering van myne. Dié besluit is in Klerksdorp, ‘n mynstad, geneem, in ‘n provinsie met besonder baie myne. Die persepsie is egter dat die inwoners van die provinsie min baat vind by die myne.

Die syfers wat die ekonome uitlig, soos gisteraand op RSG se Kommentaar deur mnr. Roelof Botha, is ontstellend. Dertig jaar gelede het Zimbabwe nog in verskeie opsigte by Suid-Korea kers vasgehou. Zimbabwe het egter met nasionalisering en grondonteiening begin. Werkloosheid het die hoogte ingeskiet, die ekonomie is verwoes en die welvaart per individu in Zimbabwe is ongeveer 200 keer laer as in Suid-Korea.

In 1990 was die Zimbabwiese lewensverwagting sowat 60 jaar; nou is dit volgens sommige bronne laer as 40 en die laagste ter wêreld.

Daar word na ander voorbeelde verwys. Die miljarde euro’s wat die voormalige Wes-Duitsland nou al sedert die val van die Berlynse muur in die voormalige Oos-Duitsland moet inpomp om die twee dele van Duitsland se lewenstandaard min of meer op gelyke vlak te kry.

Met die verdeling van Korea was die noorde, veral danksy minerale en ander hulpbronne wat goed deur die Japannese ontwikkel is, die meer geïndustrialiseerde en vooruitstrewende land. Die res is geskiedenis, met die Suide wat nou in welvaart baai, en die noorde wat gereeld selfs hongersnood beleef.

Malema se kamma-utopia’s druip verskeie ander toetse ook, soos hul plek op die persvryheidsindeks, ‘n seker aanduiding dat dit broekskeur met selfs ‘n namaaksel van demokrasie gaan. Omtrent die enigste land wat Malema as voorbeeld voorhou en waar dit ekonomies nie te gebrekkig daaraan gaan nie, is Hugo Chavez se Venezuela, met sy groot olie-inkomste. Maar demokrasie en spraakvryheid is bykans volledig afgetakel.

Verskeie kere is – selfs uit die ANC – aangevoer dat Malema nie ernstig opgeneem moet word nie – iets waaroor die ANC-jeugliga bitter ontevrede is. Sommige kommentators het selfs gesê dis die mediadekking wat Malema kry, wat hom ‘n profiel gee en belangrik maak. Gelukkig is daar senior joernaliste soos Gert Coetzee van Volksblad wat beter insig het en daarop wys dat Malema dekking kry en verdien omdat die ANC hom toelaat om so ‘n invloed en profiel te kry. Dit sou gewoon onverantwoordelik en dom wees om Malema se uitsprake en reperkussies te ignoreer.

Daar is ander redes hoekom Malema nie maar geïgnoreer kan word nie. Wat Malema eis, is immers presies in pas met wat die Freedom Charter bepaal – nasionalisering van myne en banke by die naam, en die nasionalisering van grond wat deur die mense wat dit bewoon, benut moet word.

Die ANC-besluit in Noordwes dui ook daarop dat Malema se praatjies ‘n groter impak op die deursneelid uitoefen as die ANC se halfhartige pogings om met versekerings potensiële beleggers gerus te stel. Nie eens almal in die ANC kry daardie boodskap nie.

ветровка пеликан для девочкиОлександр Васильович Фільчаков

Wilders, die Reitz-4 en Malema

Drie sake onafhanklik van mekaar, en nie eens in dieselfde land nie, maar met ‘n strook gemeenskaplikheid.

Op dieselfde dag as wat die omstrede Nederlandse politikus, Geert Wilders, onskuldig bevind is oor Moslem-uitsprake, is die vonnisse van die Reitz-vier na appél drasties verminder. Intussen wag die land met opgehoue asem op die uitspraak van die Malema-haatspraakverhoor.

Wilders is onder meer onskuldig bevind omdat hy hom teen die Islam uitgespreek het, en nie teen mense in die besonder nie. Nogtans het die regters gemaan dat hy gevaarlik na-aan die grens gekom het van wat toelaatbaar is en wat nie. Wilders se verhoor het, wat die moderne Nederlandse en Europese situasie betref, eintlik grootliks in ‘n juridiese lugleegte plaasgevind waar die juridiese nog grootliks wat dié kwessie betref, by die Nazi’s se volksmoord teen die Jode, en in ‘n mindere mate, die Turkse volksmoord teenoor die Armeniërs vasgehaak het. Al hoe meer Europese lande maak die ontkenning van volksmoord ‘n misdryf, en pas nie by die veranderde vereistes van die veral Moslem-immigrasie aan nie.

Wat die Reitz-4 betref, hulle het skuldig gepleit op ‘n beginsel van verminderde opset. In wese het die verhoorlanddros dié kwessie emosioneel geïgnoreer, en het hy ook hiervoor onder die tonge van die hersieningsregters, M.H. Rampai en M.B. Molemela deurgeloop.

Die aanloop tot die Reitz-4-verhoor was in die konteks van ‘n veronderstelde gevorderde regstaat ‘n skande. So erg, dat ‘n uitstellanddros ‘n spesiale waarskuwing aan die politici en die media moes rig om nie die uitspraak en skuldigbevinding vooruit te loop nie. Dit is wyd geïgnoreer.

Voorts is die feit dat die studente verskoning gevra het, geheel deur sommige koerantgroepe geïgnoreer. Waarskynlik meer fiksie as feite het die verhoorproses vergesel, sodat ‘n senior redaksielid daarna nog in haar rubriek skryf die skoonmakers was onbewus daarvan dat hulle verfilm is. Dié duimsuig-rubriek is in minstens twee koerante gepubliseer.

Die Wilders-saak gaan nou na die VN gevoer word. Hier verval Wilders se verweer dat dit teen ‘n godsdiens, en nie individue gemik was nie. Op 25 Maart verlede jaar het die VN se Menseregteraad ‘n resolusie aanvaar wat godslastering verbied. Dié resolusie is na bewering juis vanuit die Islam afkomstig, en as reaksie op uitsprake soos dié van Wilders.

Verskillende ideologieë plaas verskillende gewigte aan verskillende regte. Die reg op vrye meningsuitdrukking word as ‘n belangrike vrug van die liberaal-demokratiese staat beskou. Ander ideologieë, soos die Christen-demokrasie, plaas die fokus ietwat meer op kollektiewe regte en ontwikkeling. Die uitbalanseer van regte en die benaderings daartoe voorkom anargie.

Nou wag die land op die uitspraak oor die Malema-haatspraakverhoor. Trouens, baie ander sake oor soortgelyke uitsprake van Malema word skynbaar in ander forums soos die Menseregtekommissie teruggehou in afwagting van die komende uitspraak. Ook hierdie kwessie sal waarskynlik internasionaal gevoer word.

Intussen moet Suid-Afrika – of dan die slaphandregering – nie wonder hoekom sy eie Brics-vennote aldus ‘n berig van Sake 24, verkies om sake met ander Afrika eerder as hul Suid-Afrikaanse vennoot te doen nie. Woorde maak saak.

 

детские самокатыОлександр Фільчаков прокурор

Die weg tot ons vryheid/volkstaat

“…en ek het soos die inwoners gemaak, wat na sy donkie soek terwyl hy op die dier se rug sit.” Don Quixote (deel. II, hoofstuk LVII)

Wie ookal die donkie/ swart massa in beweging bring het die hefboom van mag in Suid Afrika in sy hand.

Oom Harry het die swart massa in die kapitalistiese era ingedwing met sy hoed-en-hondbelastinglat. Maar toe kom die swart elite in opstand omdat hulle geleer het dat ideologie die weg tot mag is.

Oom Hendrik het toe die swart massa in die moderne era ingelyf met industrialisering, verstedeliking en opvoeding. Maar toe kom die swart middelklas in opstand want hulle het geleer dat kennis die weg tot mag is. 

Oom Nelson kom toe daarna en verkoop aan die swart massa deur sy ‘People’s War’ die huidige swart post-koloniale diktatorskap. Maar nou kom die laerklas in opstand want hulle het geleer dat geld die weg tot mag is.

En nou sit ons met die parmantige loot genaamd Malema…..wat die donkie se aandag getrek het met opsigtelike rykdom en hom oortuig het dat die pad daarheen met rassenasionalisme geteer is. En hy het reg, daarom is hy die magtigste man in Suid-Afrika se politiek, juis omdat hy besef het wat die donkie aan die beweeg gekry het!

Maar selfs die Biko-soort swart intelektueel , soos die wit intelektueel, weet dat Malema se agenda beperk is tot sy eie selfverryking en die van sy nuwe generasie Sexwales, Motsepes en Ramaphosas.

Die ou polities-strategiese wysheid, ‘die vyand van my vyand is my vriend’, is juis nou uiters relevant vir die volk se toekoms. Die ANC vrees die swart nationaliste in Suid-Afrika. 

In dié artikel kom die essensie van swart bewussyn perfek na vore, by monde van die Biko-denker Andile Mngxitama, ‘n uitstekende jong rubriekskrywer van City Press.

Ek haal aan uit die artikel: “Nie-rassigheid is nie in staat om die swart vraagstuk en swart bevryding op te los nie.” Hy sê Biko het swart bewussyn aan die hand van ‘n Hegeliaans dialektiese model ontleed – ‘n tese, antitese en ‘n oplossing in die vorm van ‘n sintese.

“Die probleem met liberale wit mense is dat hulle apartheid as die probleem beskou. Wanneer apartheid afgetakel is, volg integrasie. Dis die sintese, die oplossing vir die apartheidsprobleem.

“Biko het harde woorde hiervoor gehad. Hy het dit witmens-integrasie genoem wat gegrond is op die wit waardes van uitbuiting – integrasie waarin swartes mekaar as traplere gebruik om boontoe te klim om die wit waardes te bereik,” het Mngxitama gesê.

En toe het hy sy eerste klap ingekry na die ANC-beweging. “Dit laat my dink aan comrades wat hulle besig hou met soesji eet en dié soort dinge, en horlosies koop wat meer geld kos as om ‘n hele township te bou.

“Dit laat my dink aan kommuniste wat karre bestel van R1,1 miljoen – nie net een nie, maar klaarblyklik wil hulle soms twee sulke karre hê.”

Hy praat natuurlik van dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP en minister van hoër onderwys.

“Die belangrikste ding is die waardestelsel. Swartes wil geïntegreer word en al hierdie dinge hê. Biko het gesê ons gaan nie ver kom daarmee nie. Die werklike tese is wit rassisme, kragtige wit rassisme. Die antitese is kragtige swart solidariteit.

“Die sintese, die oplossing, is die uitslag van ‘n enorme stryd tussen die wit rassistiese blok en die swart solidariteit. Jy kry nie geregtigheid sonder ‘n groot stryd wat eindig in die belang van die onderdruktes wat swart is nie,” het hy gesê. Dit kan moeilik anders vertolk word as oorlogspraatjies.

“Ons moet duidelik wees hieroor. Jy kan nie versoening hê sonder geregtigheid soos in hierdie land gebeur nie. Daar is geen rekenpligtigheid nie – geen historiese herstel en vergoeding nie. Julle verklaar dat ons ‘n reënboognasie is, maar Biko het gesê, nee, ons kan eers een of ander vorm van balans kry wanneer hierdie stryd verby is. Hy (Biko) het dit die ware mensdom genoem,” aldus Mngxitama.

Hy het ook sy eie siening oor rassisme. Dis ingestel uit ekonomiese oorwegings. Dit bestaan uit die ontneem van grond, die ontneem van werk en indiensneming “en veral die ontneming van die Afrika-wese, die vernietiging van die Afrika-wese. Ons as swartes is vandag in die 21ste eeu die onderdane van kolonialisme en apartheid. Ons is geskep deur hierdie stelsel van ontneming.”

Aan Vavi sê hy: “Ons wil nie 8% hê nie. Ons wil die hele Pick n Pay hê.”

Die ANC is die sondaar omdat hy bloot rassisme volgens Mngxitama se definisie daarvan laat voortduur. Van Alexandra tot elke ander township in die land het bitter min of feitlik niks verbeter sedert die ANC aan bewind gekom het nie. Die ANC se grondbeleid het in 17 jaar 7% van die land se grond herverdeel. “Dit gaan honderd jaar duur om 30% van die grond te herverdeel. Terselfdertyd is sowat ‘n miljoen mense van landbougrond afgesit – mense met stemreg,” sê hy.

“Dis ‘n rassistiese staat waarin ons leef. Wit mense het geen weerstand gebied teen transformasie nie – dis ons eie openbare verteenwoordigers wat hierdie rassisme laat voortbestaan,” sê hy.

Hy is daarvan oortuig dat daar ‘n tweede populêre opstand in Suid-Afrika gaan wees.”

Besin dus asseblief baie noukeurig oor die volgende vraag: Wat is die verskil tussen die nasionalisme van die Biko-ondersteuner en die nasionalisme van die Afrikaner? Niks nie!

Beide bogenoemde groepe wil in vryheid lewe om hul toekoms te kan leef – sonder die sweep van die Engelse/Jode/Yanks/Sjinese, ens. En juis omdat ons doelwitte 100% dieselfde is, moet ons ‘n alliansie vorm voordat die land in ‘n tweede Zimbabwe verander.

Die ”tweede populêre opstand” waarvan Mngxitama praat gaan kom….of ons dit nou wil hê of nie! Selfs Moeletsi Mbeki het dit al lankal besef. In sy uitstekende boek, The Architects of Poverty, skryf hy dat selfs die ”Minerals-Energy Complex”, in Suid-Afrika dit al 20 jaar gelede besef het, aldus hulle ekonomiese ‘uitvlug’ na die Londense Aandelebeurs.

Beide Moeletsi en Mngxitama identifiseer die geko-opteerde ANC-elite as die ‘vyand’ van ware swart bemagtiging en ware swart vryheid in Suid-Afrika. ”The primary object of the economic oligarchy during the Codesa II negotiations was to ensure the preservation of the MEC. The quid pro quo for representatives of the black upper middle class, the ANC politicians, who agreed to the preservation of the MEC was the creation of BEE.” …….” ….. by creating a small class of unproductive but wealthy black crony capitalists made up of ANC politicians, some retired and others not, who have become strong allies of the economic oligarchy this is, ironically, the caretaker of South Africa’s deindustrialisation (61)”
Moeletsi sê dat die ”tweede populêre opstand” ongeveer teen 2020 sal plaasvind. Ek glo egter dat dit nog voor 2015 gaan wees, juis weens sekere demografiese imperatiewe wat niemand kan wegwens nie! Teen 2016 sal die swart jeug die grootse demografiese kiesersgroep in die land wees – met ‘n werkloosheidssyfer van 70%. En dan gaan Suid-Afrika brand!

Almal besef dat bogenoemde ‘tweede populêre opstand” gaan plaasvind, behalwe die volstruis-kop-in-die-sand Afrikanerleiers/politici wat al te gedwee agter die nuutste kloon van die ”Minerals-Energy Complex” aanstap, die DA. En presies laasgenoemde dwaalspoor van die huidige Afrikanerpolitiek gaan die finale spyker in die doodskis van ons volk wees! In kort: ons is tans in ‘n alliansie met ‘n politieke party, die DA, wat aan die verloorkant gaan wees waneer die ” tweede populêre opstand” gaan plaasvind. Dit is ‘n feit soos ‘n koei!

‘n Alliansie tussen swart en wit nasionalisme is die enigste oplossing uit hierdie verknorsing!

Die miljoene swartes kan nie weggewens word nie.

En dit kan ons ooreenkoms met hulle wees: Ons kry ons volkstaat en hulle kry daai 2,1 triljoen US dollars in minerale onder ons bodem. M.a.w. goeie buurskap, soos in bure wat mekaar help om ‘n beter toekoms vir albei te bou. Ons sal hulle help om hulle mense te voed met ons fantastiese boerderye, en selfs hulle genasionaliseerde myne vir hulle winsgewend bestuur deur die 1 miljoen slim boere in die buiteland terug te bring om die deïndustrialisering van ons land om te keer.

So, hoor my lied asseblief mense! Ons moet eenvouding daai Biko-leiers oortuig dat ons in dieselfde boot sit en vir dieselfde hawe mik.

Iemand soos Dr. Dan moet eenvoudig iemand soos Moeletsi Mbeki as bemiddelaar gebruik om in gesprek te tree met die Biko-nasionaliste. Ons wil tog immers aan die wenner se kant wees nadat die ” tweede populêre opstand” plaasgevind het!

Ter afsluiting: Die donkie is ‘n wonderlike ding. Hy sal al jou laste saam met jou dra in vrede, maar hy sal jou ook doodskop as jy hom van sy kos weghou. Sodra die donkie jou volg kan jy hom in enige rigting stuur. Zuma en Trevor vat hom nog steeds na die Queen en Oom Harry toe, soos die afgelope 130 jaar. Malema wil hom Sjina toe vat. Maar ons, soos die Biko-nasionaliste, weet dat Middel-Europa ‘n beter bestemming is.

Bogenoemde verantwoordelikheid/geleentheid lê nou vierkantig in ons hande, so kom ons benut dit – want sodra ‘n mens die donkie se leisels in jou hande het, luister die wêreld weer na jou! M.a.w jy kry weer politieke mag…..want die ”Minerals-Energy Complex” van einige magsblok sal enige groep ophemel/ondersteun in Suid-Afrika wat hom daai 2,1 trijoen US$ in minerale rykdom kan besorg.

games slot casinoДанильченко

Rassenasionalisme: Michelle en Julius se kreet

Michelle Obama, wat saam met haar ma en twee dogters reis, maar sonder haar man, sê vandag se generasie het die vermoë om die wêreld te verander. Obama het dié week jongmense by die Regina Mundi-kerk in Soweto toegespreek.

Sy het nie na die mees suksesvolle “jeugdige”, Julius Malema se dawerende sukses die afgelope naweek by die ANC-Jeugliga se kongres in Midrand waar Malema eenparig as jeugleier verkies is nie, verwys nie.

Sy het gesê die jongmense besit die vermoë om ekonomiese modelle te verander om ekonomiese ontwikkeling regoor die wêreld te verseker. Dit is nie seker of sy bedoel het nasionalisering is ingesluit as die soort verandering wat sy in gedagte het nie.

Obama het nietemin die struggle-geskiedenis van Suid-Afrika opgehemel as die rigting waarin die hele wêreld behoort te beweeg.

Obama sê  leiers van die anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika en die burgerregtebeweging in Amerika is ‘n voorbeeld vir die jonger generasie.

“Dit is te danke aan hulle wat ons vandag hier kan vergader. Dit is te danke aan hulle dat ek voor julle staan as die presidentsvrou van Amerika,” het sy gesê.

“As enigeen ooit sê jy mag nie of jy kan nie, wil ek hê julle moet met een stem sê – die stem van ‘n generasie – julle sê ‘ja, ons kan’.”

Dié uitlating is bykans geheel en al in pas met Julius Malema se houding waarin hy sy volgelinge aangemoedig het om die huidige orde uit te daag.

Obama, sowel as Malema, se uitgangspunt is duidelik om ‘n swart rassenasionalisme te bevorder. Dat dit ten koste van wit inwoners in Suid-Afrika geskied, is blykbaar geen probleem vir die Amerikaanse eerste dame nie.

Sy het ten minste haar verbintenis tot grondpag gedemonstreer nadat sy Woensdag by die Vhuthilo Community Center in Soweto gaan wortels uittrek het uit die vaal groentetuintjie.

ігри для девочекtopcargo отзывы

Gedrukte media vaar in stormwaters

Drie kwessies wat die gedrukte media raak, het algar aan die praat: Die ANC se nuwe advertensiebeleid, die mediatribunaal asook die wetsontwerp oor Beskerming van Inligting.

Jimmy Manyi, die Regeringskommunikasie-en Inligtingstelsel se baas, het verlede week aangekondig dat die Kabinet besluit het om alle departemente se media sake te sentraliseer en gedreig om die regering se R1 miljard se advertensies te spandeer waar dit tel. Sanef, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum skree sedertdien dat dit “omkopery” is en neerkom op ekonomiese sanksies.

Dit was nie die eerste keer dat die ANC gedrukte koerante dreig nie. Ná ‘n artikel in Augustus 2007 in die Sunday Times oor die voormalige minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang se “dronkenskap” en “stelery”, het die destydse minister in die presidensie Essop Pahad verklaar dat advertensies in die koerant onttrek sal word wat gelei het tot groot verliese vir Avusa, die koerant se uitgewer.

Grocott’s Mail, die land se oudste onafhanklike koerant, was in ‘n soortgelyke situasie. Die Grahamstad-munisipaliteit het alle advertensies onttrek nadat destydse redakteur Jonathan Ancer in ‘n hoofartikel gesê het R13-miljoen het verdwyn uit die munisipale begroting. Die koerant het die saak na die hof geneem en ‘n skikking is bereik in 2008, waarna die munisipaliteit sy reklame hervat het.

Die Beskerming van Inligting-wetsontwerp is ingestel om Beskerming van Inligting, Wet van 1982, te vervang, oënskynlik om dit in pas te bring met die nuwe Grondwet.

Joernaliste en ander, wat tot 25 jaar tronk toe gestuur kan word vir die hantering van geklassifiseerde dokumente, is onthuts oor die planne.

Die parlementêre ad hoc-komitee oor die wetsontwerp was veronderstel om sy werk teen Junie 24 af te handel, maar uitstel is verleen tot Augustus na druk van verskeie instansies.

Die ANC lyk daartoe verbind om sy eis vir ‘n parlementêre ondersoek na ‘n statutêre media-tribunaal op te volg, want die self-regulerende stelsel het volgens hulle “geen tande” nie.

In die afgelope twee weke het Stella Ndabeni, die ANC se parlementêre kommunikasie-portefeuljekomiteesweep, en Jackson Mthembu, die ANC-woordvoerder, verduidelik dat die party sy voorneme om voort te gaan met die ondersoek, bevestig.

Die tribunaal sal poog om die media meer “verantwoordbaar” te maak deur “foute en sensasionele verslaggewing” te straf. Op die oomblik word die gedrukte media aan ‘n self-reguleringsmeganisme onderwerp wat bestaan ​​uit ‘n persraad, ombudsman en ‘n persappèlraad.

Alhoewel die pers vryelik berig oor die bedreiging wat die ANC vir persvryheid inhou, is hulle tjoepstil oor die volgehoue sensuur en valse, skaduagtige beriggewing wat die gedrukte media teister. Om nie te praat van die skeefgetrekte en monopolistiese invloed wat papier uitoefen nie

Soveel as 90% van die Suid-Afrikaanse gedrukte media word beheer deur vyf maatskappye: Avusa, Media24, Caxton, Mail & Guardian en die Independent Newspaper Group. “Dit is ‘n negatiewe impak op diversiteit en die vrye vloei van inligting,” het drukgroepe in ‘n verklaring na ‘n nasionale konferensie oor die onderwerp van mediavryheid in Februarie gesê.

Navorsers oor die stand van die media in Suid-Afrika het verdere bedreigings uitgesonder: Die onervare personeel in nuuskamers, toenemende foute in stories en swak joernalistieke standaarde.

In ‘n verslag saamgestel onder leiding van Anton Harber, die Universiteit van die Witwatersrand se Caxton-professor in joernalistiek en mediastudies, oor die Sunday Times in 2008, is talle van hierdie tekortkominge uitgelig.

Die verslag is egter nooit vrygestel nie, en die Sunday Times beweer dat die aangeleentheid “privaat” is. Die Business Day het ‘n gesaniteerde verkorte weergawe daarvan gepubliseer, maar die werklike verslag word uit die publiek se oog gehou.

Oor die manier waarop Media24 die DA in die afgelope munisipale verkiesing ondersteun het, kan nog boekdele geskryf word. Dit trek die geloofwaardigheid en onafhanklikheid van sy koerante in twyfel.

насосы и насосноелобановский александр жена

Regering en die media stamp koppe – al weer

Dit het geen profeet behoef om kon voorspel dat die verhoudinge tussen die regering en die media op ‘n harde koppestamp sou uitloop nie. Veral na die omstrede mnr. Jimmy Manyi as regeringswoordvoerder aangestel is, is voorsien dat die vonke sou spat. In die jongste sage het die nasionale redakteursforum, SANEF, ‘n afspraak met Manyi se baas, minister Collins Chabne, aangevra.
‘n Aspek wat behoorlik uitgeklaar moet word is wat Manyi gesê en bedoel het oor die wyse waarop regeringsadvertensies se geld toegedeel gaan word. In die media is omvattend berig dat Manyi die media blatant hiermee afgedreig het om positiewe nuusdekking vir die regering te beding – maw koerante en media wat ook die negatiewe berig, sou bakhand bly staan.
Manyi maak hierdie vertolking as fiksie af. Volgens hom kan die media maar kritiseer, maar dat die staat sy bronne sou skik om die massas regeringsinligting wat na die burgers gekommunikeer moet word, gekommunikeer te kry. Waarde vir geld, noem hy dit.
Dat dit nie heeltemal so eenvoudig is nie – Manyi en Sanef het regstreeks die saak probeer uitpluis en dit het op ‘n breekspul uitgeloop.
‘n Groot deel van die probleem is dat inligtingverspreiding noodwendig ‘n groot deel subjektiwiteit behels.
Tot Sanef se krediet – dié instansie en veral sy voorsitter, Mondi Makhanya, het al dikwels gewys op die impak op gehalte wat allerlei mediabeperkings in Suid-Afrika op nuusdekking plaas. Veral nuusredakteurs is geroskam om hul vlakke van algemene kennis te vergroot om ‘n beter diens aan die lesers- en luisteraarspubliek te kan lewer. Veral tydens die afgelope landswye munisipale verkiesings het dit ook duidelik geword dat beleidsrigtings buite die heersende gedrukte norm, toenemend van sosiale netwerke en onafhanklike radiostasies gebruik moes maak om gehoor te word.
Vroeër het Koos Bekker van Nasionale Pers selfs sy kommer oor die rol van gemeenskapsmedia uitgespreek, wat so gedagtediversifikasie bevorder en nasionale kohesie kan ondermyn.
Persvryheid kom met soet en suur – die voorstander van persvryheid moet dus ook bereid wees om boodskappe te hoor wat vir hom minder aangenaam op die oor val. Daar is nie wesenlike verskille tussen selfopgelegde mediasensuur soos politiek-korrekte gelaaide beriggewing, en owerheidsafgeforseerde sensuur nie.
Of Manyi ‘n rehabiliteerbare woordvoerder vir die regering is, sal nog gesien moet word. ‘n Hospitaal sal nie sommer ‘n herontplooide munisipale bestuurder as hoofchirurg gaan aanstel nie. Tog, kom dit by die media, is geskikte kwalifikasies en agtergrond skynbaar geen vereiste nie vir die owerheid nie, en word sondermeer verwag dat ‘n uiters komplekse vakgebied moet vlot ongeag die aanstellings. Die wiel word deurlopend herontwerp gewoon omdat die vakvreemde nie weet dit bestaan reeds nie. Boonop is die media een van die snels-ontwikkelde velde, en raak die staat al verder agter.
Om dit dan die media se probleem te maak is darem dik vir ‘n daalder.

как строит банялобановский александр интервью

Kammaland en die ANC-Jeugliga

Terwyl die ANC wal gooi om te verduidelik dat die ANC-jeugliga – en in die besonder Julius Malema – se radikale onteieningspraatjies bloot praatjies in die wind is, is dit ook so dat die land ‘n prys hiervoor betaal.

Geen land se ekonomie is ‘n selfonderhoudende eiland nie, en die land wat meer uit sy ekonomie probeer slurp as wat daar is om op te slurp, gaan die gevolge pynlik voel.

Dié waarheid word op die oomblik kliphard onderstreep deur die lot van die sogenaamde Pigs-lande in Europa. Pigs is ‘n afkorting vir Portugal, Ierland/Ysland, Griekeland en Spanje. Hierdie lande word met reuse hulppakette aan die dryf gehou, maar in ruil moet die gordel van verantwoordelikheid ingetrek word – en dis waar die kinkel in die kabel lê.

Die hulppakkette wat die lande benodig laat die koppe duisel: Spanje $600 miljard, Portugal $122 miljard, Ierland $113 miljard, Griekeland $134 miljard.
Ysland, waar die probleme begin het, word gewoonlik nie bygereken nie omdat die bedrag ($4,6 miljard) betreklik klein is en die IMF, eerder as die Europese Unie, die herstelwerk kom doen het.

Veral die Grieke, so lyk dit, is traag om die gordel in te trek om hul land se ekonomie weer in balans van produktiwiteit en ekonomiese vrugte te bring. Weens die komplekse verweefdheid van ekonomieë, het die Wall Street-aandelebeurs ‘n sewe persent daling beleef toe kommer op die grootste was dat die Grieke sou vasbrand met terugbetaling.

Om gewoon vas te brand, is nie ‘n opsie nie. In 2002 het Argentinië vasgebrand, en die gevolg was grootskaalse werksverliese, banke wat disfunksioneel geraak het, en ‘n beleggersvakuum.

Oral in Europa is daar tekens dat die vasteland begin moeilik raak vir die Grieke wat net wil skep sonder om self ‘n bydrae te lewer. Onlangs het die Europese pers ‘n pragtige kunstenaarsvoorstelling gedra van ‘n swart gat wat ‘n naasliggende ster leegsuig. Die Nederlandse koerant, Trouw, gebruik nou ook die swart gat-beeld om te toon hoe probeer word om Griekeland se ekonomie vlot te kry.

Die interessantheid is dat die Christian Science Monitor in sy uitgebreide verslag oor die ANC-Jeugligakongres skaars na Malema se wilde nasionaliseringsbekpraatjies verwys. Dié koerant maak wel groot gewag van die liga se aandrang dat die Navo-leiers, waaronder pres. Barack Obama, voor die internasionale strafhof gedaag moet word weens Navo se optrede in Libië. Die hele doel is om die jeugliga as laf af te maak.

Dit is in belang van Suid-Afrika en werkskepping dat Malema en kie as irrelevante lawaaimakers afgemaak word. Maar dis nog beter dat die liga in die eerste plek verantwoordelik met sy woorde moet omgaan – en die ANC sal moet leer om sy heethoofde vas te vat.

детские игриЛобановский

Nog meer Malema

Die wensdenkery dat die ANC se leierskapsverkiesing ‘n nuwe jeugleier sou lewer, het toe ‘n Malema gebaar.

Omdat Malema steeds, soos ‘n stout peuter, besig is om sy grense te toets, is dit ongelukkig nie ‘n geval dat die land weet waarvoor hy hom inlaat nie – dié jongeling gaan steeds kyk hoeveel hy buite perke kan speel en daarmee wegkom.

Dit beteken nuwe kopsorge vir die land.

Dit is haas ongelooflik hoeveel skade Malema in ‘n betreklike kort tydjie op sy eie kon aanrig.

Baie water het al in die see geloop van hy uitdagend verklaar het dat hy sal doodmaak vir Zuma. Dié geleentheid het sommer ook die aandag van die Openbare Beskermer geniet omdat nie Malema nie, en ook nie Zuma nie, in daardie stadium enige amptelike poste beklee het wat dit geregverdig het dat hulle by ‘n amptelike jeugdaggeleentheid op staatskoste kon optree.

Skynbaar was daar ‘n verband tussen sy omstrede uitsprake en die geïdentifiseerde bedreiging wat die jongeling ‘n BBP-beskermingseenhied besorg het.

Sy peperduur smaak en tenderpreneurskap staan in skrille kontras met die uitsprake oor die nasionalisering van myne en banke, en grondgryp volgens die Zimbabwiese model.

Op die oomblik word uitspraak afgewag oor ‘n haatspraakklag, terwyl talle soortgelyke klagtes teen hom ook reeds aanhangig gemaak is. Sy onbeskofte optrede teenoor ‘n BBC-joernalis het die land ‘n paar plekke op die persvryheidsindeks gekos, en daarmee saam kan met stelligheid aanvaar word, ‘n hele paar werksgeleenthede.

Zuma het hom by geleentheid ‘n toekomstige president van die land genoem, en die afgelope naweek het swart ondersoekende joernaliste tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie so onwaarskynlik is nie.

Veral twee faktore maak Malema baie gevaarlik: Sy vermoë om nuwe grense te vind om uit te daag, en ‘n president wat slaprug hieroor staan. Trouens, waar Malema gou geleer het alles is hom geoorloof, behalwe om in die karakter van Zuma in te klim, het Malema daardie struikelblok ook reeds baasgeraak. Onlangs was dit opsigtelik dat Malema se skielike aanprysing van oud-pres. Thabo Mbeki neergekom het daarop dat hy sy vinger in Zuma se oog druk.

Stemme binne die ANC dat Malema se manewales die ANC stemme gekos het, is begroet met ‘n aandrang dat die Jeugliga uit jongmense bestaan, en toegelaat moet word om jong menings uit te spreek.

Nie dat Malema ooit baie respek vir die grondwet, en veral die onderhandelde gees waarbinne dit beslag gekry het openbaar het nie, maar hy het dit duidelik gemaak dat juis dit nou die grens gaan wees wat hy gaan toets. Hy dring daarop aan dat die ANC nou optree ooreenkomstige sy status as oorwinnaar. Die spelreëls van ‘n onderhandelde skikking staan hom klaarblyklik nie aan nie.

Van die uitkomste wat hy opeis is duidelik ongrondwetlik, maar hierdie struikelblok word oorkom deur die grondwet ondergeskik aan die Freedom Charter te stel.
Die verloop demonstreer hoe belangrik is dat gesonde gesinswaardes gehandhaaf moet word. Ongelukkig toon die werklikheid dat baie gesinne nie meer beide ouers tuis het nie, en maatskaplike syfers toon weer dat baie van die ouers wat wel tuis is, geen behoorlike voorbeeld vir die jonges stel nie.

Die jeug is ‘n land se toekoms. Hierdie toekoms lyk nie baie rooskleurig nie.

домики для кукол монстер хайtopcargo отзывы сотрудников

Koerde in die Siriese opstand

Dit is nie om dowe neute nie dat bitter min gehoor word van die betrokkenheid van Koerde by die Siriese opstande. Dit beteken egter nie dat dit nie ‘n baie belangrike faktor is nie, en heel moontlik bepalend kan wees nie.

Sowat 20 miljoene Koerde woon in Koerdestan, ‘n vaag-omlynde gebied wat oor die grense van Turkye, Sirië, Irak en Iran strek. Tog is dit volgens VN die grootste volk wat homself nie iewers staatkundig kan uitdruk nie.

Die Koerde, anders as hul Arabiese bure, is Indo-Germane en verskil daarom ook etnies en taalkundig van die Turke. In al vier lande waarin die Koerde hulle hul bevind, is hulle al wreed onderdruk, en het onder Saddam – en dalk ook in Iran – onder biologiese en chemiese uitwissingsaanvalle deurgeloop.

Die Koerde maak sowat 10 % van die Siriese bevolking uit, en volgens sommige skattings kan tot 3,5 miljoen mense in Sirië van Koerdiese afkoms wees. Honderde duisende het egter beperkte burgerskap (die ajanib) of geen burgerregte nie (die maktoum).

Die laaste groot Koerdiese opstand in Sirië was in 2004 in die stad Qamishli, en minstens 30 mense het omgekom en honderde is beseer. Die Arabiere het hande gevou gekyk hoe die Koerde onderdruk word, en dit speel ‘n bepaalde rol in hoe die Koerde veral aanvanklik op die opstande gereageer het.

 

Die antwoord is so eenvoudig – sake tussen die Koerde en Arabiere stryk selde: Die opstande het juis tydens ‘n sokkerwedstryd uitgebreek toe Arabiese toeskouers die Koerde met foto’s en slagspreuke van Saddam getreiter het. Dit terwyl die Siriërs – ook Siriese Arabiere – nie ooghare vir Saddam gehad het nie.
Kort tevore is Sirië se betrekkinge met Turkye versuur toe Sirië asiel aan Koerdiese vlugtelinge uit Turkye verleen het.

 

 

Tog bly Koerdiese deelname aan die Siriese opstand vir die opstandelinge belangrik – die Koerde word as die bes-georganiseerde groep beskou, en het moontlik die vermoë om die magsbalans te laat kantel. Pres. Bashir al-Assad besef dit, en het ook inderhaas ‘n groot aantal Koerde se burgerregte herstel.
Net as ‘n terloopse tussenval: Sirië is wel oorwegende Arabies, maar ook besonder heterogeen, met twee bekende Christen-gemeenskappe – die Armeniërs en Assiriërs, van wie beide se volksgenote onder volksmoorde aan die hand van die Turke deurgeloop het. Veral die Armeniërs het groot bevolkings in diaspora, en in die VSA bestaan ‘n kragtige Armeense lobby. Armeniërs in diaspora speel egter ook beduidende rolle op die politiek in lande soos Nederland en Frankryk. Die Koerdiese lobby in Europa kan ook nie onderskat word nie.

 

Verder speel Al-Assad se bewind in Sirië ‘n belangrike geostrategiese rol vir Iran, aangesien die Assad-regime Alawiete is, ‘n sekte verwant aan die oorheersende Sjiïete in Iran. Die Siriese Arabiere is egter meestal Soenies.

Om die situasie in Sirië aan te spreek is dus nie net een van internasionale moraliteit nie, maar die verrekening van soveel magselemente, dat ‘n simplistiese oplossing hom nie sommer voordoen nie.

As is verbrande hout, maar dit kan met groot stelligheid aanvaar word dat die situasie minstens niks ergers sou gewees het as die moondhede nie met die geografiese verdeling van die Midde-Ooste in ‘n laat-stadium volstruispolitiek begin speel het nie, en toegesien is dat die beloofde Koerdistan as volwaardige staat tot stand sou kom. Agterna staatkundige lapwerk bevredig selde, en soos met die Balkan, kan bitter baie bloed vloei.

гайковертДанильченко Харьков

Leopold Scholtz beledig Afrikaner-intelligensie

Nog steeds Leopold Scholtz se geplete tong, nou aangevuur deur sy onheilige alliansie met FW de Klerk en Afriforum/Solidariteit/Helpende Hand in Brussel.

Kom ons annaliseer Scholtz se rubriek in die Nasperskoerant Die Burger vanoggend, 17 Junie 2011.

Ek haal Scholtz aan:

“Hoe verduidelik jy die kwessie van wit armoede in die nuwe Suid-Afrika aan buitelanders sonder om te klink of jy, soos in die apartheidstyd, net aan wit mense se belange dink? Trouens, hoe verduidelik jy wit armoede aan welvarende wit Suid-Afrikaners vir wie dit nie eens op hul radarskerm registreer nie?”

Wit Suid-Afrikaners word uitgesuig met bedelbriewe oor wit armoede deur Helpende Hand en dan word die geld aangewend deur swartes te voed en ‘n miniskule deel na ‘n paar armblankes deurgewerk. Dit is die waarheid, mnr Scholtz!

Nog ‘n waarheid is: Daar was géén blankes voor 1994 in plakkerskampe nie. Die armblankes is uit hulle huise gegooi deur die ANC en die wonings wat deur die vorige regering vir arm mense gebou was, is aan die swartes toegeken wat dit in n baie kort tydjie so verniel het dat dit nou plakkerskampagterbuurte geword het. Kan ek aan jou voorstel om te gaan kyk hoe lyk dit in een so ‘n woonbuurt ná 1994 – Danville in Pretoria?

Die waarheid van Solidariteit/Afriforum/Helpende Hand is dat dit met blankes se geld onderhou word, nie swartes se geld nie. Daarna word die fondse terwille van politieke korrektheid na swartes en bruines gekanaliseer.

Leopold Scholtz skryf:

“Dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand (wat hom met hoofsaaklik wit armoede besig hou), is vandeesweek met ’n span personeellede in Nederland om kommunikasiekanale na allerlei instansies in dié land aan te lê en aandag vir die probleem van wit armoede te vra. Ek het die voorreg gehad om by sommige van die gesprekke aanwesig te wees.

Allereers dít: Langner en sy personeel is die sout van die aarde. Opregte mense, onbeskaamd inklusief Afrikaans, gelowig, met ’n hart vir hul medemens in nood.”

Oor hierdie mening van Scholtz gaan ek my nie uitlaat nie. Ek gaan dit aan die leser oorlaat om sy eie mening te vorm.

Die feit dat dr Scholtz nou die wit kerke wil byhaal vir finansiële voordeel van die onheilige aliansie skrei ten hemele maar is ook baie insiggewend van sy gepoogde manipulasie t.o.v. wit Afrikaners se geldsak en weereens ‘n belediging vir die blanke Afrikaners se intelligensie.

трек для машинокДанильченко Юрий отзывы