Calvinisme en die toekoms van die Afrikanervolk

Drie van die belangrikste Calvinistiese geloofsbeginsels wat deur die meeste blanke Afrikaanssprekende mense vir baie jare aanvaar is en nog steeds aanvaar word, is:

• God het as Persoonlike, Almagtige en Perfekte Wese die mens en die res van die skepping geskep. Hy is verhewe bo Sy skepping. Alle mense daarenteen, is in sonde ontvang en gebore.
• God het voor die skepping van die aarde bepaal watter mense bestem is om eendag die ewige lewe te beërwe – vandaar die Calviniste se dogma van die uitverkiesingsleer (Engels: predestination).
• Diegene wat deel is van God se uitverkore groep, sál Jesus op een of ander stadium in hul lewens as hul enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar en sal op grond van hulle geloof, en nié op grond van goeie werke of goeie morele waardes of optredes nie, die ewige lewe beërwe.

Uit die voorgaande drie geloofstandpunte is dit duidelik dat die strewe na ‘n beter wêreld of die verbetering van die welsyn van die meeste mense, nou nie eintlik die hoogste prioriteite is van aanhangers van hierdie geloofsbeginsels nie. Omdat Calviniste óók glo dat die Bybel die Woord van God is, en omdat selfs slawerny in sekere dele van die Bybel goedgekeur word, word Calviniste nié daarvan weerhou om materiële rykdomme te bekom en in die proses selfs mense te misbruik en/of te onderdruk nie. Die meeste Calviniste glo dat dit hul plig is om die Evangelie aan andere bekend te maak. Baie vroeëre Christen-Afrikaners het geglo dat God van hulle verwag om swartmense aan te moedig om weg te beweeg vanaf hul “aanbidding” van hul voorvadergeeste.

Terwyl Boeddhistiese (en miskien ook Rooms-Katolieke) monnike glo dat dit verkieslik is om te probeer afsien van aardse geriewe en rykdomme, is daar géén soortgelyke beperking op Calviniste wat hulle daarvan weerhou om die najaag van aardse rykdomme te bevorder nie. Volgens Max Weber het veral Calvinisme aanleiding gegee tot die bevordering van kapitalisme in die Weste. Op grond van hierdie “gees van kapitalisme” waarna hy verwys het, het werkgewers hul werknemers misbruik en het werkgewers die ongelykhede in hul werksomgewings as minder belangrik geag. Hierdie “gees van kapitalisme” het heel waarskynlik sommige Afrikaners gemotiveer om goedkoop swart arbeid te gebruik ten einde hul eie kortsigtige finansiële doelwitte te bereik. Die gebruik van goedkoop arbeid was ook nooit deur die Afrikaanse driesuster kerke beskou as ‘n sonde soortgelyk aan die “sondes” van homoseksuele dade, pornografie en ongetroude paartjies wat saamwoon nie.

Terwyl die meeste hedendaagse politieke partye in Suid-Afrika neig na meer sekulêre en liberale grondbeginsels, is daar twee verregse Calivinistiese partye naamlik die Herstigte Nasionale Party (HNP) en Afrikanervolksparty (AVP), wat beide tradisionele Calvinistiese lewenswaardes én die beleid van Apartheid, ondersteun. Hierdie partye se grondbeginsels is soortgelyk aan dié van die ou Nasionale Party voor 1970. Terwyl hulle aan die een kant glo dat die Calvinisme die enigste ware geloof verteenwoordig en dat dit blankes se plig was en is om hierdie “Lig” in Afrika in te dra, glo hulle aan die ander kant dat elke bevolkingsgroep oor hulleself behoort te regeer in hul eie afsonderlike grondgebied. Terwyl baie verregses dus dikwels voorgee dat hulle glo dat die blanke bevolkingsgroep nié noodwendig meerderwaardig is nie, is die meeste van hulle tog neerbuigend in die opsig dat hulle glo dat blankes se godsdiens, demokratiese regeringsvorm en tegnologieë, béter is as die swart Afrikane se tradisionele voorvadergeeste-“aanbidding” en ondemokratiese regeringstelsels en dat die swartman veronderstel is om uiteindelik sekere van die blankes se “beter” norme en waardes te aanvaar. Die regse blanke “baas” sê dus vir die swartman: “Julle kan die reg hê om julleself te regeer in julle eie grondgebied, maar alvorens julle dit kan doen, móét julle eers erken dat die Christendom béter is as jul tradisionele godsdienste.”

‘n Goeie vraag is natuurlik of die Afrikaner se tradisionele Calvinistiese waardes op die ou end meer voor- as nadele vir Afrikaners ingehou het. Terwyl dit aan die een kant duidelik is dat hierdie waardes geensins Afrikaners daarvan weerhou het om hebsug en kapitalisme te bevorder en in die proses gebruik te maak van swart arbeid nie, is dit aan die ander ook duidelik dat hierdie waardes die oorsaak was van gedurige onenigheid tussen Afrikaners. Ons is bewus van die jarelange kleinlike geskille tussen die Afrikaanse driesuster kerke oor die sing van psalms, vroue as diakens, mag mens dans sonder om dit geniet of is dans heeltemal onaanvaarbaar, ens. Meer as dertig jaar gelede was die oorgrote meerderheid Afrikaners lidmate van een van die driesuster kerke en was hul Calvinistiese lewenswaardes op die oog af nié in konflik met hul intellektuele vermoëns, hardwerkendheid en westerse tegnologieë, met behulp waarvan hulle ‘n aansienlike bydrae gelewer het tot die opbou van die land nie. Namate die bevolkingsgetalle van swartmense egter begin toeneem het en die druk al groter geword het om gelyke politieke regte aan swartmense toe te staan, het Afrikaners in toenemende mate begin besef dat hulle sal moet afsien van baie dinge wat vir hulle baie waardevol is. Die bevoorregte posisie van byvoorbeeld Afrikaans op skole, universiteite en op die tv, sou nie vir ewig kon voortduur na die bemagtiging van swartmense nie.

Baie blankes beweer nog steeds dat swartmense dankbaar behoort te wees omdat blankes hulle “opgehef” het vanuit hul oorspronklike “barbaarse” lewenswyse. Hierdie sogenaamde opheffing was egter van verbygaande aard en dit word tans vervang deur verval en agteruitgang. Afrikaners was en is veral ook verdeeld betreffende die Bybelse regverdiging vir die beleid van Apartheid, grootliks omdat kerkleiers en politici geen duidelike riglyne hieroor verskaf het nie. Die geldgierigheid van baie Afrikaners het aanleiding gegee tot hul gebruikmaking van goedkoop swart arbeid, wat weer aanleiding gegee het tot die toename in swart bevolkingsgetalle en uiteindelike ANC bewindsoorname. Dit is ‘n feit dat baie Joodse en Engelse myneienaars ook gebruikgemaak het van goedkoop swart arbeid, maar dit is ook ‘n feit dat die ou Nasionale Party regering waarvoor die meeste blankes vir baie jare gestem het, nié streng opgetree het teen hierdie praktyk nie. Die ironie is dat dít wat vir baie Afrikaners die “heiligste” is en was, naamlik hul godsdienstige norme en waardes, hul geldgierigheid en hebsug; asook hul sportbeheptheid, dié belangrikste faktore is wat ‘n wesenlike bydrae lewer tot die agteruitgang van en geleidelike uitwissing van die eens trotse Afrikanervolk.

Фильчаков прокурор харькова

Zuma, VSA se bondgenoot in Afrika?

Daar was dié week weer ‘n vrag vol mooiklinkende beloftes: Afrika-ontwikkeling, integrasie, veiligheid en volhoubaarheid om swaargewig Nskosazana Dlamini-Zuma se kandidatuur as hoof van die Afrika-Unie se Kommissie ‘n hupstoot te gee.

Suid-Afrika se ambisieuse plan om Afrika se toekoms te bepaal, is Woensdagmiddag onthul in ‘n konferensiekamer van die Bela Bela-munisipaliteit waar vyf topkabinetsministers sowel as ‘n adjunkminister die media toegespreek het.

Dit was nie ‘n gewone perskonferensienie nie, want die wedloop tussen die VSA en China in Afrika tel stoom op en dis baantjies vir boeties, of liewer, sussies. Dlamini-Zuma wil Jean Ping as voorsitter van die Afrika-unie se Kommissie vervang. Ping, van Gaboen, is half-Chinees en praat Mandaryns vlot, ‘n natuurlike Chinese bondgenoot.

Ping was een van die belangrikste figure wat gehelp het om die besoek aan Gaboen in 2004 van die Chinese president Hu Jintao te reël. Die Chinese president het in die hoofstad Libreville sy grensverskuiwende toespraak gemaak waarin hy ‘n nuwe tydvak in China se verbintenis met Afrika belowe het, naamlik hulp “sonder politieke voorskrifte”.

Franssprekende Afrika is reeds verdeel deur Suid-Afrika se vele beloftes en sal nie meer as ‘n blok vir Ping stem nie, maar individueel.

Die posisie van voorsitter is ‘n sleutelrol in die argitektuur van Afrika-diplomasie, want die toon en styl van die Afrika-Unie se interaksies en ingrypings het enorme politieke implikasies vir die kontinent. En soos ons almal weet is politiek en sake een en dieselfde ding. Dit is dus ‘n gesogte rol, en Suid-Afrika en hul ondersteuners is vol moed dat hulle die pyp gaan rook.

Volgens die minister van internasionale betrekkinge Maite Nkoana-Mashabane, wat die inligtingsessie gelei het, het Suid-Afrikaanse verteenwoordigers al kruis en dwars oor die vasteland gereis om ondersteuning vir die kandidatuur te werf. Al 53 Afrika-lande is besoek en president Zuma het persoonlik met byna elke Afrikastaatshoof ontmoet. “Ons het dit hard gedryf,” het sy gesê.

Die hele poging is gelei deur ‘n hoëvlakspan wat insluit die minister van staatsveiligheid Siyabonga Cwele, justisie en grondwetlike ontwikkeling Jeff Radebe, korrektiewe dienste Nosiviwe Mapisa-Nqakula en adjunkminister in die presidensie, Obed Bapela.

Daarom is president Jacob Zuma se BBP-straler, die Inkwasi, nie net versien nie, maar uit vrees word dit nou klaarblyklik op lang vlugte deur ‘n ander straler vergesel. Duidelik word niks aan die toeval oorgelaat nie.

Sowel dié vliegtuig as Zuma s’n gebruik die presidentsroepsein, het www.defenceweb.co.za berig. Dit lyk beslis asof sekere belangegroepe versigtig is vir ‘n herhaling van Samora Machel se onverwagte einde.

Verkiesings sal aan die einde van Januarie by die Afrika-Unie se beraad in Addis Abeba plaasvind. Elke Afrikaland kry ‘n stem en die suksesvolle kandidaat moet ‘n tweederdemeerderheid behaal. Jean Ping is ‘n suksesvolle en gewilde voorsitter, maar Nkoana-Mashabane is vol moed: “Ons is baie, baie vol vertroue dat ons die nodige ondersteuning het.”

Die Britte is maar taamlik bekaf oor die veldtog waarin hulle nie geken is nie. Tuis in Suid-Afrika moet hulle vir hulle paaltjies keer met die klagtes oor rassisme in krieket wat ondersoek word. Die Statebond sukkel ook maar met dieselfde lot. En daar is nie Afrikaners wat hulle kan blameer vir rassisme nie.

Die DA het ook probeer om vlieë af te vang oor die koste van die twee stralers, maar sonder veel sukses. Op Amerikaanse steun kan hulle nie reken nie; die Amerikaanse invalshoek is swart en links en onbeskaamd so.

Binnekort sal Brittanje seker op die Afrikaners aangewese wees om enige invloed op die kontinent te kan monster. Dit is seker waarom Tim du Plessis in Beeld meen Afrikaners het ‘n Tahrirplein nodig en FW de Klerk intussen ontpop het as ‘n taalstryder. Dié nuwe ywer is ongetwyfeld toe te skryf aan Britse frustrasie met hul toenemende onmag in Afrika.

Jean Ping het nog net een termyn in die amp gedien en sal sy stoel moet verlaat na sy tweede. Maar Suid-Afrika en die VSA wil nie wag nie. Noudat Sirië sukkel en Libië en die Ivoorkus nie groot suksesse was nie, is die Amerikaners bekommerd en wil hulle vinnig beweeg. In elk geval lyk Zuma se tweede termyn as president, op voorwaarde dat die AU-stoel gewen word, asof dit ‘n gegewe gaan wees met só ‘n bondgenoot.

Vir Zuma om ‘n wesenlike impak te maak in Afrika, het hy kennelik besluit dat hy Amerikaanse belange sal moet oorweeg. Die farmaseutiese maatskappye is reeds dankbaar vir die feit dat hy hulle toegelaat het om tot die MIV-mark toe te tree.

Wat ook al aan die einde van hierdie maand in Addis Abeba gebeur, sal dit ‘n taai stryd wees.

Олександр Фільчаков прокурор

Van links na linkser: Die Amerikaanse verkiesingsirkus

Daar is nie meer kandidate in die regse Republikeinse resies in die VSA oor wat regs is nie. Newt Gingrich het ‘n naam vir homself gemaak as die regse ideoloog van die 1994 “Republikeinse Rewolusie”, maar internasionale kapitalisme is besig om in duie te stort en Gingrich het ontpop as die nemesis van opkomende kandidaat Mitt Romney se “roofkapitalisme”. Is daar enige ander soort kapitalis in die VSA, terloops?

Vergeet 9/11 en ander bangmaakstories. Die slagveld is ‘n toepaslike ekonomiese ideologie en daarby ‘n ou-ou vergete stryd wat veronderstel was om lankal reeds gewonne te wees: Kapitalisme teen Sosialisme. Ja, die einste Rooi Gevaar! Ons weet mos watter een het in 1989 gewen toe die Berlynse muur geval het, of hoe?

Miljoene Amerikaners verloor hul werk. Miljoene meer gaan hul werk verloor. En die regering wat die “vrye mark” vier en sosialisme en kommunisme met hand en tand beveg het, weier om hulle te help.

Dan is daar die ander lastigheid: Die Amerikaanse regering se meesters, die bankiers, sal nie toelaat dat geld na die armes gaan nie. Hulle hou die Amerikaanse belastingbetalers se geld liewer vir hulself.

Die vryemarkstelsel is uiteindelik ontbloot as die korrupte, ondoeltreffende, wrede pseudodemokrasie wat die linkses altyd gesê het dit is, sê die gemiddelde kieser. Meer as drie jaar later het die Amerikaanse politieke klas en sy korporatiewe base nog nie die middele gevind om die woede van Amerika se werklose en sukkelende massas aan te spreek nie, en die aanloop tot die komende Amerikaanse verkiesing wys die krake.

Die kapitaliste het oplaas die tou gesteel in die vorm van maatskaplike hulp en besteding waarmee die sosialiste hulle wou hang.

Politieke disintegrasie is ontwrigtend en pynlik. Maar dit is beslis ‘n skouspel vir enige, selfs semi-geletterde, toeskouer.

Die opkoms van die Republikeinse se anti-kapitalistiese brigades is die politieke sirkus se trekpleister. Hulle teiken is tans Bain, die maatskappy wat aan Romney sy fortuin besorg het. Gingrich het ‘n dokumentêre film gemaak oor Romney se maatskappy by name When Mitt Romney came to town, om sy eie veldtog weer aan die gang te kry.

Die hartelose geldwolwe wat Wallstraat bevolk, is nie bekommerd oor die bloed en trane wat hulle in hul gierigheid agterlaat nie. Soos alle vampiere hou hulle maaltyd en vlug. En hulle het altyd die Republikeine ondersteun, of is dit nou anders om?

“Ek dink daar is werklik ‘n verskil tussen mense wat glo in die vrye mark en mense wat rond gaan, finansiële voordeel uitbuit, plunder, en gebroke gesinne, gebroke dorpe, werkloosheid agterlaat,” keer die voormalige speaker.

Newt is nie die enigste Republikeinse presidensiële kandidaat wat ‘n aanval op kapitalisme loods nie. Texas goewerneur Rick Perry, trek ook sy neus op vir Romney se “aasvoëls… wat die karkas kaalvreet, en … die beendere” van maatskappye wat hulle teiken, agterlaat. Romney, het hy gesê, is ‘n “vernietiger van Amerikaanse werk”.

Volgens meningspeilings deesdae, is Kommunisme meer gewild as die Kongres. Sedert die presidentskap van Barack Obama het die gaping tussen ryk en arm toegeneem, terwyl die lewe uit die droë doppe van die Amerikaanse middelklas gesuig word.

Intussen, wag die rooi rewolusie om sy buiging te maak. Maar dit lyk amper asof die Republikeine dit gaan lei. Die VSA het van ‘n sentrum-regse land na ‘n sentrum-linkse een geswaai. Binnekort sal hulle links-links wees, ten minste wat ekonomiese beleid betref, as dinge so aangaan.

топкарго кидалы

ANC-kaders was op NP-betaalstaat

Die witman het glo swartes in lokasies vermoor, lui die “waarheid” oor apartheid. Dit is ondeurdagte snert.

Geen witman het vrylik toegang tot lokasies gehad nie. Die inligting oor elke beweerde terroris is deur swart informante aangedra teen ‘n vaste maandelikse vergoeding deur die veiligheidsmagte.

Die ergste van almal, was die ANC-kaders met hul toegang tot al die ANC-aktiwiteite en direkte toegang tot binnekringe, almal van hulle op die betaalstaat van die NP.

Die informante was deur die bank Indiër, bruin en swart. Dit maak my woedend dat net die witman die blaam dra en nou moet voete was en jammer sê, terwyl die ANC-informante in regstelposte sit of tenderpreneurs is.

Hoe kon ‘n witman die presiese uitleg van byvoorbeeld ‘n vesting in Lusaka, Maseru of Maputu geraai het? Die ANC maak nou asof die witman tydens apartheid alles geweet het soos ‘n Jesus Christus van ouds, maar dis blatante snert.

Tyd om van al die twak ontslae te raak, veral van sommige van die aanbieders by RSG.

Лобановский

Dink ‘n slag

Geen ANC-president het nog ooit ‘n gemengde huwelik gehad nie. Die les hieruit te leer, is dat swartes hoë agting vir hul eie en hul eie tradisies het. Boesak het nie ver in ANC gekom met sy wit vrou nie. Sexwale of Manuel gaan ook nooit president word nie.

Die les, wit vroue trou vir geld en status. Het Mandela ooit na ‘n wit vrou gekyk of De Klerk na ‘n bruin vrou? Nee, want hul het nie die geloof gehad in wat hul gesmous het nie, soos luidende simbale en klinkende metale. Tog was daar die gekke wat gesoen het om te versoen of voete gewas het en nou met gebakte pere sit.

‘n Parodie met akteurs wat nie uit 7de Laan kom nie – hulle is te hopeloos – oor al die swart politieke figure, met hul apartheideweknieë, kan dalk net die medisyne wees wat die land kan red. Miskien sien die politici dan die belaglikheid van hul metaantoesprake en -besluite in. Hulle het nou die bose teenpool van apartheid, naamlik gedwonge etniese amalgamasie bereik, wat net so groot misdaad teen die mensdom is.

Ek leer niks uit Oprah of Monique of Dr Oz of Dr Phil nie of al die ander belaglike TV-helde nie. Daar is te veel wesenlike genetiese en kulturele verskille. Buitendien, die inheemse Indiaanstamme in die VSA sit nog in ‘tuislande’ en onderdrukte kulture.

Die heersersklasse oral is uit voeling met hul kiesers. Demokrasie in die VSA is in elk geval net vir die ryk en berugtes/beroemdes. In Brittanje is dit die aristokrasie wat nog komkommertoebroodjies en koek eet. Frankryk het geen geduld met belaglike die smartiebokswêreld nie.

Vir diegene wat skaam voel oor die geskiedenis: Geen jammer gaan iets verander nie, want mens kan nie in regressie in die verlede leef nie, behalwe as jy Anton van Niekerk is wat die nuwe SA geniet.

Daar is gemeenskappe in Suid-Afrika wat openlik op sogenaamde geloofsgronde teen hul eie vroue diskrimineer en dit is die einste onderdruktes in hul eie groep wat die meeste metaan kwytraak oor vroueregte. Hierdie opsetlike misleiding is baie slim, want die wit afrikaanse man is altyd hul teiken. Hoe lank gaan wit Afrikanermans nog hierdie straf verduur?

Julius Malema praat sakke vol metaan oor ‘apartheid’, wat hy en sy meelopers net op hoorsê beleef het. Enige swarte wat vanaf 1983 gebore is in hierdie land, het geen apartheid beleef nie. Hul is met groen ID-boekies na stembus in 1994, tog word metaan versprei oor stem met ‘n dompas. Dis blatante onsin, want ‘n groen ID-boek was enigste vereiste om te stem toe!

Dus, almal van 30 jaar en jonger het niks te sê oor apartheid nie. Maar misleiding op Media24, RSG en SABC neem blatante vergesogte afmetings aan, as opsetlike emosionele opswepery. Sonder ‘apartheid’ en wittes, het die politieke swartes niks meer om voor te strewe nie, behalwe om soos met tipiese Afrika politiek, mekaar se ondergang te bewerkstellig met afgryslike korrupsie en diefstal en neopotisme. Nie een van hul sê jammer nie, hul pleit net siek.

Ons is helaas ‘n volwaardige piesangrepubliek, want 17 jaar na demokrasie gaan kinders onder bome skool, sonder meubels en handboeke. Ten minste was hierdie goed op staatsonkoste voorsien tydens apartheid. Onthou dat die swart bevolking disproporsioneel gegroei het van 1994 af, met miljoene uit Afrika en Pakistan en van wie waar nog.

Die bietjie van die ‘voorheen bevoordeeldes’ wat hul skoolfonds getrou betaal het, moet nou gedeel word. Ek weet nie hoe die kloutjie by die oor gebring word met al die onlangse hofuitsprake nie, wat al in wese eintlik reeds nasionalisering is.

Kader Asmal se nalatenskap is ‘n gemors uit Indië wat totaal onversoenbaar is met die arbeidsmark van ‘n derdewêreldland. Almal wil deesdae ‘n nikswerdgraad by ‘n voormalige Afrikaanse universiteit kry. Hoekom? Is die Engels daar en die kennis van ‘n lae graad? Jy sit dikwels met ‘n kassier by Checkers, met ‘n BA-graad in politieke wetenskap of tale.

Onderwyskolleges is deur Asmal geskrap om “diskriminasie” te verhoed, terwyl swart ouers daaroor gekla het dat hulle kinders nie daar kon studeer nie. Nou sit die land met ‘n reusagtige tekort aan opgeleide onderwysers en ambagsmanne.

Asmal se Hindunalatenskap, was opsetlike benadeling en diskriminasie teen SA se swart gemeenskap. Nou trap mense mekaar dood vir groter karre en salarisse met ‘n nuttelose stuk papier van worsstopperdosente. Almal wil Shakespeare lees, maar weet nie veel van uitvoere produseer nie. Dis nie veel werd met 50% werkloosheid nie. Die hele onderwyssisteem het die demokrasie gefaal.

Ja, maar hulle het nou huise, hoor ek die ANC-ondersteuners brom. Jaarliks brand duisende af in die Weskaap. Behalwe dat die Xhosa’s almal plakkers is, met omtrent ‘n Hophuis in elke provinsie, is die boustyl van so ‘n aard dat dit brand bevorder. Ek sal ‘n ‘shack’ met ‘n staandak en stoep bou met materiale om die brandrisiko te verminder, soos die ou lokasiehuise gebou was. Vlamme het lug en suurstof nodig.

Maar die bouery moet einde kry. Die tyd van net huise en ‘grants’ gee in elke provinsie is twak. Die gemiddelde plakker uit die tuislande kan spog met beeste, bokke en grond daar. Maw, die middeletoets is ‘n mors van tyd, korrup en oop vir grootskaalse uitbuiting.

Selfs wit afgetredenes plaas hul geld oor in kinders se name en besighede, en bly in hul kinders se woonstel en hul kinders betaal die kostes. Dan kry hul ‘n sakgeldjie van die staat. Dis ‘n verbrande las op die belastingbetaler se rekening. In beide gevalle bly dit korrupsie toegelaat deur die staat.

Die tuislandeiendom kom sonder kaart en transsport alhoewel dit die eiendom bly van die familie. Die staat betaal dan nog ‘n subsidie om ‘n huis te bou. Die armste van die armes is dikwels grondbaronne wat emosionele afpersing bedryf, met ‘n spoggerige kar langs die ‘shack’ en alle dienste gratis.

Al die swart diamante wat boonop niks terugploeg in hul gemeenskap waaruit hul kom nie, slaan my verder dronk. Veral na 2 presidente, bly die Oos-Kaap agtergeblewe raaisel.

Op ‘n ligter noot: Dis darem baie interresant dat gesigte van Umkontolede jonger word op die TV. Ek dink dat wittes ook maar ‘n kampstelsel moet begin, met behoorlike boslaan- en SWAT-opleiding, al word dit met verfbal of waterpistole en klappers gedoen.

Ek praat nie oorlog nie. Ek dink iets soos stedelike en landelike weerbaarheid. Die kampe moet met sonpanele en windkrag, windpompe en septiese tenks werk. Hoender- en skaapslag met brood en beskuit bak. Mense het meer vaardighede as net wapenopleiding nodig, bv eerstehulp en tuisverpleging. Mense moet enige situasie kan hanteer.

лобановский александр харьков

Kameraad Scholtz word opgeroep na Noord-Korea

Kameraad Leopold,

Jy noem die Amerikaanse konserwatiewe kandidate Ron Paul en Newt Gingrich “ekstreem-regses”.

Huh? Ek snak na my asem! Of jy is ‘n ultra-ultra-linkse, of is besig om die kluts kwyt te raak. Nie eers die mees histeriese Stalin-aanbiddende Guardianjoernalis sal so ‘n massale denkfout maak, of dit durf waag om lesers se intelligensie so te beledig nie.

Die Noord-Koreaanse propagandaministerie benodig jou dienste, hoewel jy dalk te links na hul smaak sal wees!

 

Фильчаков прокурор харьков

Regstellende Aksie skep ‘n gekleurde Amerika

Min dinge in die Amerikaanse regering se beleid is meer kontraproduktief as regstellende aksie. Die oorsprong daarvan is terug te spoor na presidente John F. Kennedy en Lyndon B. Johnson; beide het probeer om diskriminasie te bekamp en om die lewens van verarmde swartes te verbeter. Regstellende aksie is vandag egter uitgedien. Dis verouderd en nadelig want dit bestendig ‘n gekleurde Amerika, ‘n Amerika van die verlede.

Belangriker nog, regstellende aksie ontmoedig aanspreeklikheid onder swartes. Voorstanders maak gebruik van die swartes se mislukkings as ‘n regverdiging om ons regstellende-aksiepogings te verhoog. En te dikwels word die sukses van swart Amerikaners nie aan ‘n mens se werksetiek of vernuf toegeskryf nie, maar aan regstellende aksie. Dus word die swart man gekategoriseer as óf ‘n slagoffer van maatskaplike rassisme of ‘n produk van hierdie slagofferskema. Hoe dit ook al sy, dit klassifiseer hom in die eerste plek as lid van ‘n rassegroep en ‘n beleid, en eers daarna, as ‘n lid van die gemeenskap.

Om kleur bokant bevoegdheid te stel, is nadelig, ongeag van die beoogde begunstigdes se ras. Oorweeg die volgende omgekeerde rolle byvoorbeeld: Soortgelyk aan ander sporte, is die National Basketball Association ‘n sportsoort wat vermoë bó kleur verkies. Dit is geen geheim dat die NBA se mees talentvolle spelers oor die algemeen Afro-Amerikaners is nie. Hoekom? Dit is omdat die afrigters kampioenskapkalibe spanne kies, en daarom spelers op grond van niks meer as talent uitsoek nie.

Kom ons stel voor dat David Stern, kommissaris van die NBA, ‘n reël maak wat spanne se spelers vervang met vyf, minder vaardige manne van Kaukasiese afkoms. Die gevolg van so ‘n reël sal die NBA se totale talent verminder, as die bestuur nie langer hul spanne op meriete kies nie. Minder talentvolle spanne is nie in Garner se belang nie, want die kaartjie-inkomste sal ineenstort, asook die bedrywe wat klere en kos verkoop. Ek wil nie die argument voer dat swartes moet vashou aan basketbal en blankes aan die konferensiekamers nie. Ek stel bloot die vraag: Op watter punt word uitnemendheid oorskadu en ondergeskik aan diversiteit gestel?

Nogtans hou Washington vol om regstellende aksie te bevorder. Volgens die Wall Street Journal, bestaan Afro-Amerikaners ​​uit 17 persent van die federale regering se arbeidsmag, terwyl hulle sowat 13 persent van die Amerikaanse bevolking uitmaak. Waarom dan, het Barack Obama ‘n Uitvoerende Bevel 13 583 onderteken, wat “Diversiteit en insluiting in die Federale arbeidsmag bevorder”? Swartes dien in ons howe, waaronder die hoogste hof in ons land. Swartes is ook burgemeesters van groot Amerikaanse stede. Ons Amerikaanse prokureurgeneraal, Eric Holder, is ‘n swart Amerikaner. Ons president is swart. Sy inhuldiging bewys onomwonde dat rassisme nie meer die kwessie is wat dit eens was nie. Marcus Garvey, ‘n toegewyde voorstander van die swartnasionalismebeweging, sal my sentimente deel. En net so Bill Cosby, wat nie rassistiese polisie of regters blameer nie, maar ouerlike verwaarlosing as die primêre oorsaak van die volgehoue ​​armoede en misdaad in die arm swart gemeenskap sien. Selfs Regter Clarence Thomas het tot die gevolgtrekking gekom dat dit skadelik vir die swart gemeenskap is.

Uiteindelik: dit was Milton Freedman wat gesê het, “Vryheid om te kompeteer vir universiteitstoelatings, werk en kontrakte is sentraal tot alles wat Amerika bely om te wees.” Verder het Martin Luther King jnr gedroom dat sy kinders eendag beoordeel sal word “nie op die kleur van hul vel nie, maar deur op inhoud van hul karakter. “Wel, wat is regstellende aksie? Dit is ‘n inisiatief wat mense op grond van die kleur van hulle vel beoordeel, en daardeur ons volk se strewe na ‘n post-rassige Beloofde Land vernietig.

Alex Gushner studeer tans ekonomie aan die Universiteit van Kalifornië

 

topcargo

Magsdeling met blankes?

Die euforie om ‘n land, sy rykdom en eerstewêreldontwikkeling op ‘n skinkbord te kry, is nou nie meer ‘n aardigheid nie en die realiteit van die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan te swaar as mens nie toegerus is daarvoor nie. Dit is die probleem waarmee die ANC tans spartel.

 

Daar is op alle gebiede tekorte aan geskoolde kundigheid wat nou die afdraande bespoedig. Selfs al word die sleutelposte nou op meriete hanteer, is die verval te groot om in te haal.

 

Die beplande TV-reeks oor Mandela gaan nie meer die swart stemme tevrede stel nie; hulle wil werk hê, ‘n dak oor die kop en kos om te eet. Beloftes is nie meer genoeg nie.

 

Massale onbeheerde instroming van buitelanders vanuit die groter Afrika het misdaad laat blom, vigs laat eskaleer, en die plaaslike swartes se deel van die koek ingesluk.

 

Die welvaartskeppers skep en wanneer hulle genoeg geskep, het verlaat hulle die land.

 

Waar plaas dit die ANC-regering in die nuwe Suid-Afrika?

Waar plaas dit die blanke in die nuwe Suid-Afrika?

 

Na my mening kan daar nog een ding gedoen word om hierdie land van versekerde ondergang te red en dit is om mag te deel met die blankes.

 

Soos dit egter in die natuur gebeur, sal die leeu eerder sy eie welpies doodbyt as om ‘n deel van die buit af te staan, al is hy hoe dik gevreet. Tragies, maar waar.

Данильченко Юрий Харьков

Die sukses van Mangaung

As die ANC gehoop het dat die spandabelrige partytjie gedurende hulle eeufeesvieringe hierdie naweek net gunstige publisiteit in die wêreld gekoop het, kan die party teleurgesteld wees. Internasionale dekking van die eeufees was duidelik gemeng.

Buitelandse korrespondente het ‘n nare gewoonte om die plaaslike bevolking te kies wat hulle menings sal eggo. Al die honderdeduisende ondersteuners van die ANC in Bloemfontein het blykbaar wegkruip toe die joernaliste met hul notaboeke opgedaag het.

Harde kritiek teen die party is deur Time en die Verenigde Koninkryk se Sunday Telegraph gepubliseer.

Time se artikel – groot op sy webwerf Sondag – vra omonwonde: “Hoe het die ANC sy pad byster geraak?”. Joernalis Alex Perry verder aangehaal: “Die ANC se dramatiese verlies van morele gesag”. En sê hy “[Mandela se party] het sinoniem met mislukking geword en nie toevallig nie, arrogansie, binnegevegte en korrupsie.”

President Jacob Zuma se sukses is sy onlangse beslissende optrede op korrupte amptenare en die triomf van die Wêreldbeker-sokkertoernooi. Nietemin, het Perry voortgegaan om te wys op die onwerkbaarheid van die Nasionale Plan.

Nie ‘n enkele swart Suid-Afrikaner op straat in Bloemfontein het al van die Plan gehoor of weet waaroor dit gaan nie. Na die blye vieringe in Mangaung, sal elke swart kieser hier nietemin die Nasionale Plan met hart en siel ondersteun.

“[Zuma se] suiwering van die amptenare is minder oor korrupsie of onbekwaamheid as politieke vetes”. Uiteindelik, sê Time, is die eeufeesvieringe ontwerp om “swart Suid-Afrikaners te vertel hoeveel hulle die party skuld”, en die feit kon nie verdoesel word dat “korrupsie en miteskepping gekombineer is vir die ANC se verjaardagpartytjie” nie.

Die tydskrif het so ver gegaan om die spook van die Arabiese lente op te roep.

Die Sunday Telegraph het op ‘n soortgelyke noot die teenstrydigheid van ‘n gholfdag om die stigting van ‘n sosialistiese beweging te vier, opgemerk. “Die duurste model Mercedes, Rolls Royce en Range Rover, die meeste met Johannesburgse nommerplate en sommige met chauffeurs, het die 35 grade C getrotseer,” lees die berig.

Twee ANC-swaargewigte, Amina Cachalia en Ronnie Kasrils is nie genooi nie, sê die koerant. Die laasgenoemde het aan die Sunday Telegraph gesê: “Ek is nie genooi nie en daar was baie van my kamerade uit die stryd”. Hy beskryf die huidige ANC as “kleinsielig, bevooroordeeld, skynheilig, bitter, en ‘n skaduwee van die leierskap van 1912”. Dit het byna geklink asof hy oor homself praat.

Die Guardian, ‘n ANC-bondgenoot tydens die jare van die bevrydingstryd, het ‘n baie somber redaksionele opskrif gehad: “ANC se ongelukkige verjaarsdag”.

Hulle skryf: “Vandag se kenmerkende ANC-amptenaar is die antitese van Walter Sisulu, en sedert daardie oomblik van triomf, is die ANC ‘n studie in degenerasie.”

Die hiperboliese redaksionele kommentaar noem die party se onlangse geskiedenis ‘n “les in menslike swakheid” wat aan “hoë tragedie” herinner. Hulle sprak natuurlik geen sprook oor hul eie aandeel in die volslae mislukking nie.

Dit is ook altyd interessant om te sien watter Suid-Afrikaanse “politieke ontleders” die oorsese media waardig ag op geleenthede soos hierdie. Die alomteenwoordige Stephen Friedman was ‘n gewilde keuse. Friedman weet hoe om baie te praat en niks te sê nie, veral nie iets wat die ANC sal ontstel nie, en dit terselftertyd na “gebalanseerde” kritiek te laat klink.

Die Sunday Telegraph weer, het verkies om Andile Mngxitama te vra, ‘n veilige keuse vir ‘n suur aanhaling om hul invloedryke lesers mee te beïndruk.

Die Irish Times het Idasa se Joe Mavuso, en Max du Preez “vir balans” gekies. Max se groot insig was: “Die ANC is, in werklikheid, dood. Dit is ‘n politieke party gelei deur charlatane en magsdronk autokrate”. So asof dit nie nog altyd was nie! Max het werklik geklink asof hy ‘n betaalde agent is want vir ‘n “Afrikakenner” is hy werklikheidsontkennend.

Bloomberg se Zwelethu Jolobe, was die enigste stem van rede: “Die ANC het geen mededinging nie”. Helen Zille sal beslis hiervan moet kennis neem, want iemand het die warm ondersteuning wat die party onder swart mense geniet, uiteindelik raakgesien.

Maar dalk het sy opgemerk hoe baie die swart kiesers van die regerende party hou. Zille het persoonlik namens die DA opregte gelukwensinge aan die ANC en sy leier, president Zuma, vir die “bereiking van hierdie indrukwekkende mylpaal”, oorgedra.

Sy het gesê hierdie “100 jaar toon ‘n buitengewone rekord, sonder parallel op die vasteland van Afrika. As die ANC sê dit is veel meer as ‘n viering van die 100ste verjaarsdag van ‘n politieke party, stem ons saam. Dit verteenwoordig ‘n geskiedenis van ontwikkeling, ‘n soeke na menseregte en die koms van demokrasie na ‘n lang, moeilike stryd wat meer as 80 jaar het.

“Nuwe leiers het na vore gekom het, en die ANC het gepoog om sy karakter te verander van ‘n bevrydingsbeweging na ‘n regerende party. Die offers van talle ANC-lede en leiers speel ‘n belangrike rol in die beëindiging van apartheid en die DA het waardering vir hierdie bydraes.” Die ANC self kon dit nie beter gestel het nie…

Die feit dat Mbeki en Zuma, Polokwane se aartsvyande, hande gevat het, is deur algar geïgnoreer, maar was in alle opsigte een van die propaganda-oorwinnings van die vieringe.

Die BBC, Voice of America en die meeste van die nuusagentskappe was grootliks neutraal oor die naweek se agenda en diegene wat dit bygewoon het. Trouens, die meeste kritiek het gekom van joernaliste en meningsvormers soos Max du Preez, wat nie uitgenooi was nie.

Kanada se Globe and Mail het ‘n wyer verslag gepubliseer en ‘n rapport uitgereik vir die ANC se vertoning sedert 1994. Hulle hoogste telling was ‘n A-minus vir rasseversoening, en die laagste was ‘n D vir misdaad en korrupsie.

Sky News Australië kon eenvoudig nie genoeg kry van die tradisionele aspekte van die fees nie, skynbaar so gretig om die offeranderitueel te noem dat agt volle paragrawe aan die besonderhede van die “rituele om te kommunikeer met die voorouers” gewy is.

Liriese beskrywings soos die volgende: “Zuma steek simbolies die bul met ‘n spies, te midde van die geurige rook van brandende kruie, voordat dit geslag word in ‘n ruwe kampie van doringtakke en ogiesdraad”, was volop in die Australiese verslag deur die etniese bril.

Maar natuurlik was die ANC se eeufeesvieringe nie in die eerste plek gehou om die res van die wêreld te beïndruk nie. Dit was in wese ‘n duur – en geslaagde – vorm van verkiesingspropaganda. As sodanig, sal die ANC nie veel slaap verloor oor kritiek nie.

Hulle kritici in Suid-Afrika moet egter kennis neem van die sukses waarmee hulle dit onderneem het.

Лобановский

Afrika sal ras teen geloof kies

Die verskriklike Kersdagaanvalle op Christelike kerke in Nigerië word deur algar aan die “Boko Haram” toegedig, ‘n skaduagtige groep wat gereeld beskryf word as ‘n ekstremistiese Islamitiese organisasie in die noordooste van Nigerië. Trouens, sedert die inhuldiging van President Goodluck Jonathan, ‘n Christen van die Niger-delta in die land se suide, kry Boko Haram die skuld vir alle geweld in Nigerië.

Maar die media en Amerikaanse beleidmakers jaag ‘n ontwykende en swak gedefinieerde bedreiging na, omdat daar geen bewyse bestaan dat ‘n goed georganiseerde, ideologies samehangende terroriste groep genaamd Boko Haram selfs bestaan nie. Die bewyse dui daarop dat verskeie kriminele bendes die naam soms na willekeur gebruik.

Die Verenigde State behoort nie in ‘n Nigeriese “oorlog teen terreur” – retories of werklik – betrokke te raak nie. Om betrokke te raak in ‘n toenemende sektariese konflik wat die land se eenheid bedreig, kan Nigeriese Moslems teen Amerika draai sonder om enige van die onderliggende probleme wat onstabiliteit en sektariese twis veroorsaak, op te los. En die VSA se hefboomkrag vir toekomstige oplossings erg benadeel.

Aan die einde van November, het ‘n subkomitee van Homeland Security ‘n verslag uitgereik waarin Boko Haram as ‘n “opkomende bedreiging vir die VSA” beskryf word en by die lys van buitelandse terroriste organisasies geplaas is. Die State Department se Afrika-departement verskil heftig hiervan, maar die druk van die Kongres en verskeie regeringsagentskappe is groot.

Boko Haram het in 2002 begin as ‘n vreedsame Islamitiese splintergroep. Maar in 2009 het die Boko Haram hulself na geweld gewend, veral nadat sy leier, ‘n jong Moslem-geestelike naam Mohammed Yusuf, vermoor is terwyl hy in polisie-aanhouding was. Videomateriaal van mnr. Yusuf se ondervraging het gou viraal versprei, maar niemandis nog gestraf vir die misdaad nie. Op soek na wraak, het die Boko Haram die polisie, die weermag en plaaslike politici geteiken – almal toevallig ook Moslems.

Dit was duidelik in 2009, soos dit nou is, dat die oorsaak van geweld en woede in beide die noorde en die suide van Nigerië endemiese armoede en ellende is. Selfs die Amerikaanse ambassadeur, Terence P. McCulley, het reeds beklemtoon, beide privaat en in die openbaar, dat die regering ernstige sosio-ekonomiese kwessies moet oplos. Hy het natuurlik eintlik bedoel dat hulle ophou steel en aan hulle landgenote begin dink.

In plaas daarvan, is ongeveer 25 persent van Nigerië se begroting vir 2012 toegeken aan veiligheid, selfs al is die weermag en die polisie gereeld die oorsaak van geweld en moord. Inderdaad, volgens baie Nigeriërs word die weermag meer gevrees as Boko Haram.

Baie Nigeriërs glo dat die Verenigde State onvoorwaardelik Jonathan se regering ondersteun, ten spyte van sy mislukkings. Hulle glo dit omdat Washington vol lof vir die verkiesings in April was, wat internasionale waarnemers as geloofwaardig verklaar het. Maar talle Nigeriërs, veral in die noorde, is nie so seker nie. Net so, is Washington se finansiële ondersteuning vir Nigerië se veiligheidsmagte, ten spyte van hulle gedokumenteerde skendings van menseregte, ‘n netelige saak.

Mnr Jonathan se onlangse optrede het nie gehelp om die oplaaiende spanning te ontlont nie. Hy het verlede week aan Nigeriërs gesê: “Die kwessie van die bombardement is een van die laste waarmee ons moet saamleef.” Op Nuwejaar het hy verklaar dat ‘n noodtoestand in dele van die vier noordelike state sal heers, wat sal lei tot groter militêre aktiwiteit. Ook op Nuwejaarsdag, het hy ‘n subsidie ​​op petroleumprodukte geskrap, wat meer as ‘n verdubbeling van die prys van brandstof tot gevolg gehad het. In ‘n land waar 90 persent van die bevolking op $2 of minder per dag leef, is die woede landwyd dramaties aan die toeneem.

Die Verenigde State moet nie toelaat dat hulle weer ingetrek word in nog ‘n konflik nie. As Afrika moet kies tussen ras en geloof, sal dit ongetwyfeld ras wees wat seëvier.

Фильчаков прокурор

‘n Geseënde Kersfees aan al ons lesers!

Praag wens al ons lesers ‘n geseënde Kersfees toe! Ons hoop dat u die dag sal geniet en iets van die geluksaligheid en betekenis daarvan sal smaak, waar u ook al in die wêreld verkeer, binne of buite Suid-Afrika. 

Kersliedjie

Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ‘n jakkalspad

al agter die ding wat skuiwend skyn
op ‘n plakkie, ‘n klip, ‘n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ‘n kersie brand in ‘n stukkende fles,

en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong

en die Here gedank in gesang en gebed
vir ‘n kindjie wat ook dié volk sou red…
Oor die hele affêre het uit ‘n hoek
‘n broeis bantam agterdogtig gekloek.

D J Opperman 

Uit Blom en Baaierd; Tafelberg-Uitgewers,1956.

лобановский александр харьков

Goeie en slegte ‘geluk’

Die Noorweërs weet al lank dat die Engelssprekende wêreld die afgelope 100 jaar weier om te erken dat Roald Amundsen die grootste van die poolontdekkingsreisigers was.

‘n Eeu nadat hy die Suidpool vir die eerste keer oorwin het, is daar nog ander eerste plekke wat Amundsen se teenstanders ontken.

Roald Engelbregt Gravning Amundsen, is gebore in Julie 1872 in ‘n familie van die Noorse skeepseienaars. Sy nalatenskap is volgens die Januarie 2000-uitgawe van die International Journal of Science History verdoesel en ontluister.

Amundsen was weliswaar die eerste mens gewees wat albei van die aarde se pole bereik het. In Mei 1926, vergesel deur 15 mans, het hy die eerste poolreis in die lugskip Norge onderneem, ‘n reis wat hom oor die Noordpool geneem het.

Die drie vorige eise deur Frederick Cook in 1908, Robert Peary in 1909, en Richard Evelyn Byrd in 1926 (kamtig net ‘n paar dae voor die Norge) is in die studie van 2000 reeds deur historici as leuens en versinsels ontmasker.

Daarna het die Noorse handskoene afgekom. Vanaf Desember 2000 het die twee voorste ondersoekbeamptes van poolontdekkingsreise op History Channel verskyn om erkenning te gee aan die onreg wat gedoen is aan Amundsen.

Soos die tydskrif-artikel opgemerk, “Om dit eenvoudig te stel: As mens eers die bedrieërs en leuenaars uitskakel, is Amundsen se prestasies beter as dié van al die ander poolontdekkingsreisigers gekombineer. Hy was: 1. Eerste om te oorwinter in Antarktika. 2. Eerste deur die Noordwes-Passage. 3. Eerste by die Suidpool. 4. Eerste rondvaarder om die Arktiese Oseaan. 5. Eerste by die Noordpool. 6. Eerste by die Yspool (die Arktiese Oseaan se verste punt van die land-massas). 7. Eerste om die Arktiese Oseaan oor te steek. 8. Eerste ontdekker wat oorlede in sy pogings om die lewe van ‘n vyand te red.”

Wat, in teenstelling met diegene wat Ernest Shackleton ophemel, van Amundsen die grootste van hulle almal maak. Hy was ‘n ware Wolraad Woltemade.

Om 15:00 op 15 Desember 1911 (die datum word soms gegee as 14 Desember – die verskil is as gevolg van verskillende interpretasies van die Internasionale Datumlyn), het die Noorse sleetrein gestop: Hulle het die Suidpool bereik. Amundsen se dagboekinskrywing vir hierdie uiters belangrike geleentheid is tipies bondig: “So het ons daar aangekom en was in staat om ons vlag te plant op die geografiese Suidpool. Ons dank God!'”

Scott het by die pool aangekom 33 dae na Amundsen, en sou sterf – saam met sy vier kamerade – op die terugtog na die basiskamp.

In Junie 1928, terwyl hulle soek na oorlewendes van ‘n lugskipramp, sou Amundsen se vliegtuig verongeluk in die Barentsz-see, en spoorloos verdwyn.

Amundsen se nalatenskap, presies ‘n eeu na sy aankoms by die Suidpool, is, in die groot man se eie woorde: “Ek kan sê dit is die grootste faktor – die manier waarop die ekspedisie toegerus is – die manier waarop elke probleem in die vooruitsig gestel is, en voorsorgmaatreëls daarvoor getref is om dit tegemoet te gaan of te vermy. Oorwinning wag op hom wat alles in orde het. Geluk, noem mense dit. Nederlaag is onvermydelik vir hom wat versuim het om die nodige voorsorgmaatreëls binne die tydsbestek te neem. Dit staan bekend as sogenaamde slegte geluk.”

Александр Фильчаков прокурор

Ope brief aan die president en Beeld

Geagte President Zuma en Pieter du Toit,

Pieter, jou “sonder om beledigend te wees” en “met respek gese”, maak nie jou ope brief aan die staatspresident in die By van Beeld op Saterdag 10 Desember respekvol nie.

Geagte president Zuma, Afrikaanses is nie almal so polities-naief soos Pieter nie. Na vyf jaar as Beeld se politieke korrespondent in die parlement, is Pieter van die moerawiese post-apartheid magsvakuum in Suid-Afrika steeds onbewus. Die gevolglike voortdurende presidensiële opvolgstryde tussen oud- en adjunkpresidente, stamme, provinsies en alliansievennote, is dus vir Pieter slegs die President se persoonlike probleempies.

“Zuma-era” ‘n strompeling “van een gemors na die volgende?”

Die staatsmasjinerie “val teen ‘n duiselingwekkende spoed uitmekaar?”

Pieter, jy het het nooit ‘n soortgelyke ope brief aan staatspresident Mbeki geskryf nie. President Zuma het die stukkende masjien by oud-president Mbeki ge-erf, en die gemors waarna jy verwys – het die nie al in meneer Mandela se dae begin nie?

Pieter verwys na u “beeldpoetsers”, president Zuma. Vat dit van wie dit af kom. Hoe lank is Beeld se nuusredaksie, insluitend Pieter, nou al u ope Afrikaanse beeldafbrekers?

“Voeg daarby” u, meneer die staatspresident, se “gebrek wat formele opleiding aanbetref.” Pieter se ope beledigings laat vir my “ongemaklik”!

Pieter, ek vra nou hier namens jou om verskoning, sodat president Zuma nie dink alle Afrikaanses is in jou ongeskikte “ons” nie.

Meneer die Staatspresident, vergewe asseblief vir Pieter as hy aan u skryf: “By u kom dit altyd neer op politieke oorlewing, nie landsbelang nie.” So asof die twee nie saamgaan nie – u politieke lewe en landsbelang.

Meneer die President, verskoon asseblief vir Pieter as hy in ‘n ope brief uitblaker dat “mense” nie “geflous” word deur u aankondiging oor die kommissie van ondersoek na die wapentransaksie, en ook nie die ingryping by drie provinsies nie. Hy maak u presidensiële optredes verdag, sonder om sy ongeskikte stellings te staaf, maar soos u kan sien, Pieter se “mense” is anoniem.

Weereens, vat dit van wie dit af kom: Beeld se nuusredakteur.

 

лобановский александр

Verdeel en heers

Na aanleiding van die berig oor Pretoria-PEN wat blykbaar deur die Naspersgroep in die visier geneem sou word, het ‘n aantal gedagtes by my opgedoem, en ek dink dit is belangrik om hier kennis van te neem. Ek praat nou van magte wat sedert Verwoerd se jare aktief besig was om die Afrikanerdom te infiltreer en van binneuit te ondermyn. Hierdie “magte”, vermoed ek, is nou besig om dieselfde te doen met Pretoria-PEN.

Hoeveel mense is vandag bewus van die feit dat die destydse Ossewa Brandwag agter geslote deure opgerig was deur niemand minder nie as Jan Smuts? En dat die OB se doel nie was om Afrikaners te verenig nie, maar juis om tweedrag te saai? Die OB se onderleider, Hans van Rensburg het blykbaar saam met sy pa Britse uniforms aangetrek en op Vrystaatse Boere geskiet. Sy motor was ook saans laat gesien voor Smuts se huis in Irene. Die motiewe agter Smuts was omdat hy geweet het dat bittermin Afrikaners tevrede sou wees met sy besluit om te bou aan die Pax Brittanica, oftewel wêreldvrede onder die Britse kroon. Vandaar het hy besluit om betyds enige nasionalistiese opwellings vanuit Afrikanergeledere te ontkrag met frontorganisasies soos die OB…en natuurlik om Afrikaners op die koop toe internasionaal te verketter as Nazi’s. Die feit dat daar ongeveer net soveel kommuniste onder Afrikaners was, is iets wat hulle kennelik agterweë gelaat het omdat daar nie genoeg haat en woede teen kommuniste bestaan het nie. Afrikaners was oor die algemeen bereid om enige ideologie aan te hang wat die Britse imperialisme teegestaan het.

Advokaat PJ Pretorius het in sy insiggewende werk Volksverraad hierdie feite bekend gemaak, wat vir die nodige opskudding gesorg het onder inligtingsbeamptes. Sedert die eerste, mislukte moordaanslag op dr. Verwoerd deur David Pratt in 1960, ‘n maand na die Sharpeville insident, het die grootmagte besluit om meer onderduims te werk te gaan om Suid-Afrika onder hul invloedsfeer in te trek. Van binneuit het hulle die Afrikaner Broederbond suksesvol geïnfiltreer en geleidelik oor die volgende dekades afgebreek en na links gestuur. Ons weet almal watter klomp volksvyandige lamsakke die AB deesdae geword het, slegs gedienstig aan die groot meesters in Londen, New York en Basel. As gevolg van hierdie feit is dit vanselfsprekend dat ‘n volk na regs sal neig as hulle weet dat daar aan hul soewereiniteit gepeuter word, en vandaar die noodsaak om in te gryp en hierdie tendense betyds onklaar te maak. Dit verklaar ook waarom, in die laat sewentigerjare, die Herstigte Nasionale Party se populariteit begin groei het. Die kiesers het duidelik die skrif op die muur gelees onder Vorster en Botha se beleidsrigting. Die Konserwatiewe Party was toe opgerig om stemme weg te steel by die HNP en te vervang met retoriek wat minder regs was. Blykbaar het Constand Viljoen se Afrikaner Volksfront dieselfde doel gedien (hy was immers ‘n Mi6 agent), naamlik om regse stemvee na links oor te haal.

Dit is min of meer die penarie waarin behoudende Afrikaners hulself vandag bevind. Baie sit en kopkrap oor hoekom Afrikaners nooit saam kan staan nie, maar die harde werklikheid is dat dit juis agter die skerms so bekokstoof is! Blykbaar het die Afrikaner Weerstandsbeweging op sy beste dae ‘n ledetal van ongeveer 15 000 gehad waarvan die helfte uit polisieinfiltrante bestaan het. Dit laat ‘n mens ook dink aan die aksie van Piet Rudolph afgelope Februarie toe hy die Volksraad Verkiesingskommissie ontwrig het. In plaas dat Rudolph die werklike vyand – die ANC/SAKP – se vergaderings gaan ontstig, doen hy dit onder sy eie mense wat dieselfde doel as hyself nastreef.

Dit bring ons na die tameletjie romdom die Pretoria-PEN. Waarskynlik vrees die Kaapse skrywers die strewe na soewereiniteit wat onder die Transvaalse Afrikaners heers. Die Kapenaars was nog altyd meer pro-Engels en pro-internasionaal as die Transvalers wat die Engelse gesel ken, en met hul kennis en insigte selfbeskikking nastreef. Voeg daarby toe dat Naspers se leserskring begin krimp kan ‘n mens verstaan hoekom hulle nou hierdie poging aanwend om Afrikaanse letterkunde onder hul invloed te bring.

Suid-Afrika is ‘n onsigbare oorlogsgebied. Die slagveld is ideologies. Die nasionaliste en internasionaliste staan lynreg teenoor mekaar in die loopgrawe. Die nasionaliste veg vir politiek en ideale wat hul nageslag veilig sal stel. Die internasionaliste veg om hierdie af te breek om te sorg dat hulle self die groot leiers kan word. Eintlik is die internasionaliste se belang eerder ekonomies as polities. ‘n Nasionalis glo dat geld ondergeskik moet wees aan politieke en kulturele belange en die internasionaliste glo andersom dat geld belangriker is.

Van Oswald Spengler het ons geleer dat ekonomiese belange na die self gerig is en politieke belange na die ander gerig is. In politieke terme sterf mense vir iets en in ekonomiese stelsels sterf mense as gevolg van iets. In politieke terme word die krag om te lewe verhewe deur die dood, en in ekonomiese stelsels kwyn mense bloot weg. Onder ‘n dun lagie politiek is die ANC gedrewe deur puur ekonomiese faktore. Die onuitputlike selfferryking van links, tesame met die ideologiese afbreuk van nasionale belange is hulle besig om ‘n wêreld te skep van ekstreme ongelykheid.

Spengler het ons ook geleer dat uitiendelik ‘n mens weer terug sal keer na die politieke belang. Bloed is uiteindelik belangriker as ekonomiese oorwegings, soos ons ook gesien het toe die Romeinse Ryk begin val het.

Toe Mao tse Toeng gesê het dat alle reaksionêre papiertiere was, had hy tot op ‘n sekere mate gelyk gehad. Daarna is dit eerlik om te sê dat mense weer terug sal keer na die politiek van hul eie groep en die draad weer op te tel van hul kultuur, tradisie, geloof om weg te breek uit hierdie onhoubare situasie.

Voordat dit so ver is, moet ons sorg dat ons skrywers veiliggestel is van die Naspersgroep. Noudat die ANC die perse wil muilkorf, is dit belangrik om nie die knie te buig vir hierdie faktore wat Suid-Afrika wil verander in ‘n rasgebaseerde Sowjet-Afrika nie.

Doe zo voort!

Фільчаков прокурор