Beeld se gif, onverdun

Wanneer ‘n mens ingelig is en weet wat werklik gebeur het dan besef ‘n mens as jy die vae beriggie deur Alet Rademeyer in die Beeld lees dat die waarheid gruwelik verdraai word en mense onder ‘n diep valse indruk gebring word deur bloot net sekere feite nie te noem nie.

‘n Mens sal nooit weet dat die ‘n rassistiese aanval was deur ‘n oormag van swart kinders op wit kinders wat ver in die minderheid is in die skool nie. Dat dit nie die eerste rassistiese aanval op wit kinders in die skool is nie. Dat drie wit seuns aangeval is en twee weggekom het terwyl die tingerige Kevin in die slag gebly het. Dat die seun alreeds voorheen so aangeval was by die koshuis dat sy ouers wat ver uit die dorp bly hom uitgehaal het en laat loseer het by mev Anderson wat die snoepie by die skool bestuur.

Dat Noel Mabusa wat die voorbok was in die aanval beskryf word deur iemand as alreeds so groot soos ‘n volwasse man. Dat mnr Aubrey Phala wat die onderwyser in die spesifieke Sentrum is eers beweer het dat hy teenwoordig was in die Sentrum ten tyde van die aanval en nie besef het wat aangaan nie omdat die kinders Kevin se mond toegedruk het.

Dat die eens blanke skool gekaap en oorgeneem is en nou so verval het dat kinders se lewens in gevaar is. Die gevaarlike toestand in die skool en veral die van blanke kinders word verder beklemtoon deur onsimpatieke en roekelose uitlatings soos die volgende van mnr Joshua Dreyer ‘n kleurling onderwyser by die skool; “Hierdie was maar net ‘n speletjie wat ietwat skeef geloop het en dit word nou heeltemal buite verband geruk”.

Die vraag is egter hoe sou die Media en veral iemand soos Alet Rademeyer gereageer het as die situasie omgekeerd was. As dit ‘n groep blanke kinders was wat een van die minderheids groep in die skool, ‘n swart leerling op hierdie wyse aangeval het. As dit blankes was wat ‘n skool wat deur swartes opgebou was, gekaap en oorgeneem het met hulle getalle oorwig en hulle barbaarsheid gesteun deur die Regering met sy wetgewing!

Sou daar nog steeds geswyg gewees het oor die ras van die aanvallers en die van die slagoffer ? Sou die aangeleentheid ook maar net oor die volgende paar weke verdwyn het tussen al die statistiek? Of sou daar ‘n meëdoenlose stryd gewees het om dag na dag weer die publiek te herhinner aan die wrede wit rassiste en hulle onverskoonbare, afskuwelike dade. Sou die skool nog soos normaal oop gewees het en die aanvallers nog die volgende dag by die skool kon wees?

Hierdie diep onstellende voorval van Kevin by Platorand skool op Belfast is egter maar net ‘n klein gedeelte van die tragiese gebeure wat hom oor die afgelope paar jare by die skool afgespeel het. Hierdie was eens op ‘n tyd ‘n blanke skool met goed toegeruste en toegewyde personeel wat deurgans die skool opgebou het.

Dit was ‘n skool waar Afrikanervolksgenote se kinders wat leerprobleme gehad het van oor die hele Oos Transvaal bymekaar gekom het om opgevoed te word om sodoende hulle plek volwaardig in die samelewing te kon volstaan. Ek het persoonlik van die mense ontmoet wat vroër jare daar opgevoed was. Sommige het groot hoogtes bereik op eerbare wyse. Sommige bestuur selfs hulle eie besighede met groot sukses.

Dit was waarlik ‘n spog skool waarop mens trots kon wees. Die vorige hoof mnr Dickey Watts was ‘n bekwame en aangename persoon waarvan ‘n mens met die eerste ontmoeting werklik kan sê; “Ek sou nie omgegee het as hy my hoofonderwyser was nie”.

Mnr Watts is egter valslik aangekla van bedrog toe hy kring televisie in die skool laat installeer het, nadat die skool oopgestel was vir alle rasse en sake in die skool drasties begin verander het. Hy is gou uitgewerk en ene E.V.A Matshika ‘n regte mnr met sy kenmerkende langpuntskoene het oorgeneem. Die skool het gou erg verval en ook in kort tyd bitter min blanke kinders oorgehad.

Die skool het so verval dat die Praktiese Sentrums nie net gevaarlik geword het nie maar nie meer ten volle gebruik word nie. Dat die koshuis in so ‘n swak toestand is dat kinders eintlik nie daar behoort in te woon nie en dat dit slegs met baie groot uitgawes herstel sal kan word.

Met die blou dampe en reuk van dagga wat om elke hoek hang en die hoofseun wat uit sy pos ontslaan is oor “sigaret” verkope by die skool is daar veel twyfel oor standaarde en veiligheid in die skool. Iemand wie se naam nie genoem kan word nie, weens veiligheid, vertel dat mnr Matshika die huis op die skoolgronde waarin hy woon se kamers onderverhuur. Dat mnr Matshika se kind met die skool se kredietkaart rondloop.

Iemand moes op ‘n keer na ‘n kamer in die koshuis gaan en parkeer toe sy motor voor die koshuis terwyl sy kinders in die motor sit en wag. Hy was skaars weg toe ‘n groep swart kinders die voertuig nader. Hulle het onmiddelik begin om onbeskofde en lae voorstelle aan die dogters in die voertuig te maak en hulle daarby te intimideer. Die oomblik toe die dogters die voertuig se ruite toe draai en die deure sluit begin hulle toe om op die voertuig te spring. Die soort van rassisme en barbaarsheid moet iewers tot erge uitbarsting kom.

Mens kry ‘n knop in die keel wanneer ‘n mens hoor wanneer een van die oudonderwysers self vertel hoe dit voorheen was by skool. “Ons was trots op ons skool. My Sentrum waar ek onderwyser was het van die beste masjinerie gehad.

Geen ander skool was so bevoorreg om so ‘n groot en duur model metaal draaibank te kon gehad het nie. Ek het altyd persoonlik toesig daaroor gehou en net die Matrieks daarop laat werk. Na die tyd het hulle dit skoongemaak en bedek met ‘n laken wat ek spesiaal laat maak het.

Een dag na my aftrede besoek ek weer die skool. In die spesifieke Sentrum staan toe ‘n swart meneertjie besig om sonder toesig, ‘n houtstomp te probeer draai in die presisie metaal draaibank. Nou ja wat sal ek sê, hulle het net ingestap en oorgeneem wat hulle nie opgebou het nie.

By die koshuis waar ek jare lank koshuisvader was vertel een van die getroue bediendes my dat daar feitlik nie meer eetgerei is vir die kinders nie, dat matrasse tot by lakens en kombuisgereedskap, ja alles word weggedra! Ons was in ons tyd baie streng en ek het hulle gefoeter as hulle stout was.

Maar ons het dit gedoen met liefde! Een dag staan ‘n groepie seuns voor my deur en ek gaan uit om te hoor wat verkeerd is. Dit was duidelik dat hulle iets wou vra. Die een stamp aan die ander en sê: “toe vra jy”. Net om die selfde in die ribbes te kry en te hoor: “Nee vra jy”. Uiteindelik kry een stotterend die moed nadat ek hulle aangemoedig het. “Mnr uh, kan ons Mnr maar Pa noem?” Nou ja, dit wys jou net watter mate van dissipline, liefde en vertroue daar was.”

Die ergste is egter wanneer ons Sondae kerk toe ry en die kinders by die skoolhekke sien uit borrel op pad na die dorp. Een swart massa met enkel wit gesigte daar tussen in. Wit meisies wat met swart seuns loop, duidelik in ‘n verhouding.

Dan besef ‘n mens dat die gif wat hulle gevoer word veel dodeliker is as die fisiese gevaar. Afrikanerkinders wat skaam gemaak word vir hul herkoms en steselmatig afgebreek word tot niks. Kinders wat hulle geloof verloën en Bybelse waardes oorboord gooi as outyds. Met gevolge wat hulle duur te staan kom.

Kinders wat nie meer vir hul self kan dink nie en nie die gevolge van hulle optredes kan bereken nie. Kinders wie se lewens totaal onherstelbaar verwoes word ter wille van nuwe waardes en sogenaamde vrede wat hulle vervreem van die nugtere waarheid, deur ‘n siek samelewing wat die waarheid verswyg!

 

Berig in Beeld

Seuns rand 13-jarige erg aan in skool se werkwinkel
By: Alet Rademeyer 2011-11-19 01:19
Die ouers van ‘n 13-jarige seun van die Platorand-skool in Belfast het
‘n klag van verkragting en aanranding met die opset om ernstig te
beseer teen ‘n groep leerlinge van dié spe­siale skool by die polisie
ingedien.

Die tingerige slagoffer is na bewering eergistermiddag deur ‘n groep
van vier of vyf seuns in die werkwinkel van die skool gegryp,
vasgedruk en ernstig beseer toe hulle ‘n kompressorpyp in sy anus
gedruk en die wind vrygestel het.

Die onderwyser was glo nie ten
tyde van die voorval in die werk-winkel om toesig oor die leerlinge te hou nie.

Die seun se ouers het hom na die hospitaal gehaas nadat die vrou by
wie hy in die week loseer hulle oor die voorval ingelig het. Hulle
woon sowat 40 km van Belfast.

Die seun het ‘n noodoperasie in ‘n hospitaal in Middelburg ondergaan
vir die perforasie van sy derm.

Hy was gister steeds in die hoë-sorgeenheid.

‘n Ingeligte in die hospitaal het gesê ‘n geperforeerde derm is
lewensgevaarlik en al is die seun suksesvol geopereer, moet hy
gemonitor word vir komplikasies.

Die slagoffer se pa het gister gesê die gesin is diep geskok en
gestres oor wat gebeur het.

Hulle het gister met die skool en beheerliggaam vergader oor watter
stappe gedoen gaan word. “Die skool is baie ondersteunend en het
aangebied om my seun se mediese koste en ander uitgawes te betaal.”

Die seun se ouma het gesê: “Ek raak siek as ek my oë toemaak en dink
waardeur my kleinseun is.

“Ons is baie bekommerd oor hom en meen hy sal sielkundige hulp vir
emosionele skade moet kry.”

Mnr. Jasper Zwane, onderwyswoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die
departement is baie bekommerd oor wat gebeur het.

Mnr. J.J. Mabena, ‘n amptenaar van die Nkangala-onderwysdistrik,
waarin die skool val, is opdrag gegee om die voorval te ondersoek.

“Ons kan dit nie bekostig dat sulke dinge by ons skole gebeur nie,”
het Zwane gesê.

Hy het gesê die leerlinge kan eers ná ‘n volledige ondersoek getug of
geskors word.

Олександр Васильович Фільчаков

Volkskoerante styg in sirkulasie, res daal

Met die internet wat wêreldwyd besig is om in koerante se lesertalle in te vreet, word die sirkulasiesyfers van Suid-Afrikaanse koerante ook met ‘n arendsoog dopgehou om te sien of dieselfde verskynsel plaaslik herhaal word.

Die jongste syfers van die ouditburo van sirkulasie (sien tabelle hier onder) toon egter dat etniese of volkskoerante wat in die moedertaal uitgegee word stygende sirkulasies weerspieël terwyl die res deurentyd daal. Van die multikulturele Engelse koerante in Suid-Afrika is dit slegs die Mail & Guardian wat ‘n stygende neiging toon.

Vrese bestaan reeds geruime tyd dat die kommoditeitsnuus van Reuters en Sapa wat die stapeldieet van Suid-Afrika se Engelse koerante is uiteindelik deur lesers verwerp gaan word omdat sulke nuus gratis op die internet beskikbaar is. Die jongste sirkulasiesyfers bevestig dit aangesien daardie koerante besig is om konstant lesers en kopers te verloor.

‘n Verklaring vir die Mail & Guardian se styging mag wees dat dié koerant redelik baie ondersoekende joernalistiek publiseer waarin finansiële en ander skandale oopgevlek word. Ook is dit ‘n redelike ernstige koerant wat deur die meer intellektuele leser geniet word terwyl die res van Suid-Afrika onder invloed van die poniepers al hoe laer in hul inhoud en aanslag mik.

Groot getalle Engelse koerante word ook op lughawens, in hotelle en elders gratis weggegee. Hoewel sulke gratis kopieë nie veronderstel is om by die sirkulasiesyfers ingesluit te word nie, is dit egter moeilik om te kontroleer hoeveel eksemplare van elke koerante werklik “betaalde kopieë” was.

Zoeloe-koerante het die sterkste gegroei, gevolg deur die Mail & Guardian. Saam met die stygings in Beeld en Volksblad se sirkulasiesyfers, wil dit daarom voorkom asof etniese of volkskoerante wat op ‘n spesifieke volksgroep soos Zoeloes of Afrikaners gemik is oor ‘n meer stabiele en lojale leserskorps beskik.

Vir Afrikaanse koerante mag dit goeie nuus wees, maar hoe verklaar ‘n mens die daling in die sirkulasiesyfers van Rapport en Die Burger? Beide koerante het die afgelope aantal jare hul redaksionele beleid beduidend na links verskuif onder Liza Albrecht by Rapport en Henry Jeffreys by Die Burger. Aanvalle en kritiek op Afrikaners deur Max du Preez, Pierre de Vos en ander linkse meningsvormers is gereeld gepubliseer, wat kan verklaar waarom vele Afrikanerlesers hul rûens op dié twee titels begin draai het. Of die huidige redakteurs van Die Burger en Rapport die skade van hul voorgangers ongedaan sal kan maak, is ‘n ope vraag.

Tim du Plessis, wat tot onlangs nog redakteur van Beeld was, het by Die Boekehuis in Melville gesê dat hy die publikasie as ‘n gemeenskapskoerant beskou het, iets wat ‘n mens as ‘n eufemisme vir ‘n volkskoerant sou kon interpreteer. Die swaartepunt van Beeld se sirkulasie lê ook in Pretoria wat dit van ‘n sterk geografiese basis voorsien.

Die daling in Die Burger en Rapport se leserstalle is egter kommerwekkend aangesien dit insgelyks wegkalwe aan Afrikaans as medium vir nuus en kommentaar. Die politieke besluite van Naspers se redakteurs en hul voorliefde vir links-liberale prekies wat teenoor hul meer behoudende lesers afgesteek word, werk op die duur negatief op Afrikaans in omdat daardie lesers kan kies uit tienduisende globale webwerwe waar hul menings en beskouings weerspieël word.

Die monopolie op Afrikaanse gedrukte media waaroor Naspers beskik, is potensieel baie skadelik vir Afrikaans omdat slegs enkele besluitnemers die toekoms van die nuusmedia in ons taal mag bepaal. Loop hul keuses op mislukkings uit, misluk ons taal en kultuur ook.

Die rol wat ‘n internetdagblad soos praag.co.za speel, raak toenemend belangrik vir Afrikaans. Nie net dra ons by tot die verskeidenheid van standpunte en gesigspunte in Afrikaans nie, maar via ons kommentaarafdelings dra duisende gewone mense ook by tot nuus en menings in Afrikaans.

Anders as in die VSA byvoorbeeld, verkies Suid-Afrikaanse adverteerders steeds die gedrukte media en voer Afrikaanse webwerwe maar ‘n finansiële sukkelbestaan. Indien die internet as nuusmedium in Afrikaans ontsluit moet word, gaan lojale lesers op ‘n veel groter skaal bereid moet wees om vir nuus in hul eie taal te betaal. Indien Praag byvoorbeeld net ‘n geringe persentasie van Beeld se intekenaars kon werf, sou ons elke dag ‘n virtuele koerant van ‘n paar keer Beeld se omvang op die internet kon publiseer.

Indien u Praag wil laat uitbrei, klik gerus hier op ons werwingsblad.

Tabel 1: Veranderings in gemiddelde totale sirkulasie vanaf 3de kwartaal 2010 tot 3de kwartaal 2011:

Publikasietitel

3de kwartaal 2010

3de kwartaal 2011

Verskil

% verskil

Ilanga

116 477

135 706

19 229

16.5%

Isolezwe ngeSonto

70 449

81 553

11 104

15.8%

Mail & Guardian

41 233

45 692

4 459

10.8%

Isolezwe

97 638

106 734

9 096

9.3%

Beeld, Saterdag

71 604

76 321

4 717

6.6%

Ilanga Langesonto

80 533

85 726

5 193

6.4%

Beeld, dagblad

73 455

76 951

3 496

4.8%

Volksblad – dagblad

22 752

23 473

721

3.2%

Herald, The

21 781

22 319

538

2.5%

Sunday Independent, The

38 622

39 569

947

2.5%

Citizen, The (dagblad)

68 325

69 649

1 324

1.9%

Business Day

36 081

36 103

22

0.1%

Daily Dispatch

28 123

28 041

-82

-0.3%

Diamond Fields Advertiser

9 568

9 495

-73

-0.8%

Sunday Times

461 239

451 361

-9 878

-2.1%

Volksblad – Saterdag

21 882

21 353

-529

-2.4%

Cape Times

44 355

43 274

-1 081

-2.4%

Witness, The

20 045

19 546

-499

-2.5%

Son op Sondag (voorheen Sondag Son)

61 711

60 174

-1 537

-2.5%

Saturday Dispatch

23 162

22 394

-768

-3.3%

Sunday Sun

228 717

221 002

-7 715

-3.4%

Weekend Witness

22 794

21 908

-886

-3.9%

Burger, Die (dagblad)

66 041

63 139

-2 902

-4.4%

Rapport

243 235

231 911

-11 324

-4.7%

Sondag

49 794

47 286

-2 508

-5.0%

Sunday Tribune

86 889

82 477

-4 412

-5.1%

City Press

166 347

157 306

-9 041

-5.4%

Burger, Die Saterdag

83 901

78 901

-5 000

-6.0%

Pretoria News

24 693

23 148

-1 545

-6.3%

Saturday Star, The

104 312

97 257

-7 055

-6.8%

Independent on Saturday

49 437

46 008

-3 429

-6.9%

Mercury, The

33 833

31 474

-2 359

-7.0%

Sowetan

125 204

116 347

-8 857

-7.1%

Sunday World

160 270

147 614

-12 656

-7.9%

Star, The

148 294

136 552

-11 742

-7.9%

Citizen, The (Saterdag)

46 215

42 342

-3 873

-8.4%

Daily Sun

411 124

374 400

-36 724

-8.9%

Son (dagblad)

113 600

103 056

-10 544

-9.3%

Pretoria News Saterdag

15 832

14 248

-1 584

-10.0%

Weekend Argus

78 610

70 212

-8 398

-10.7%

Cape Argus

50 684

45 128

-5 556

-11.0%

Daily News

38 945

33 214

-5 731

-14.7%

Bron: Ouditburo van sirkulasie

Tabel 2: Veranderings in gemiddelde kernsirkulasie 3de kwartaal 2010 to 3de kwartaal 2011:

Publikasietitel

3de kwartaal 2010

3de kwartaal 2011

Verskil

% verskil

Ilanga

116 477

135 706

19 229

16.5%

Isolezwe ngeSonto

70 386

81 541

11 155

15.8%

Mail & Guardian

40 566

45 692

5 126

12.6%

Sunday Independent, The

32 490

36 147

3 657

11.3%

Isolezwe

97 563

106 724

9 161

9.4%

Ilanga Langesonto

80 533

85 726

5 193

6.4%

Beeld, Saterdag

70 817

74 492

3 675

5.2%

Beeld, dagblad

71 984

75 248

3 264

4.5%

Volksblad – dagblad

22 533

23 181

648

2.9%

Weekend Argus

68 315

69 867

1 552

2.3%

Citizen, The (dagblad)

55 875

56 836

961

1.7%

Sunday Times

367 909

369 090

1 181

0.3%

Daily Dispatch

27 828

27 761

-67

-0.2%

Diamond Fields Advertiser

8 296

8 208

-88

-1.1%

Burger, Die dagblad

61 116

60 132

-984

-1.6%

Herald, The

21 781

21 277

-504

-2.3%

Son op Sondag (voorheen Sondag Son)

61 711

60 174

-1 537

-2.5%

Sunday Tribune

84 017

81 894

-2 123

-2.5%

Volksblad – Saterdag

21 613

21 065

-548

-2.5%

Mercury, The

31 404

30 536

-868

-2.8%

Cape Times

40 519

39 360

-1 159

-2.9%

Sunday Sun

228 717

221 002

-7 715

-3.4%

Weekend Witness

22 708

21 812

-896

-3.9%

Saturday Dispatch

22 820

21 913

-907

-4.0%

Witness, The

19 873

19 054

-819

-4.1%

Rapport

243 235

231 911

-11 324

-4.7%

Sondag

49 794

47 286

-2 508

-5.0%

City Press

166 347

156 921

-9 426

-5.7%

Burger, Die Saterdag

83 156

78 246

-4 910

-5.9%

Sowetan

102 184

95 785

-6 399

-6.3%

Independent on Saturday

48 293

44 831

-3 462

-7.2%

Pretoria News

21 441

19 833

-1 608

-7.5%

Sunday World

160 270

147 356

-12 914

-8.1%

Saturday Star, The

89 467

82 097

-7 370

-8.2%

Daily News

34 941

32 042

-2 899

-8.3%

Business Day

34 249

31 377

-2 872

-8.4%

Cape Argus

43 946

40 081

-3 865

-8.8%

Daily Sun

411 124

374 400

-36 724

-8.9%

Son (dagblad)

113 600

103 056

-10 544

-9.3%

Star, The

126 716

114 590

-12 126

-9.6%

Citizen, The (Saterdag)

37 271

33 661

-3 610

-9.7%

Pretoria News Saterdag

14 014

12 582

-1 432

-10.2%

Bron: ouditburo van sirkulase.

лобановский супермаркет класс

Pieter Mulder antwoord op kritiek

Volgens Riley Schoeman (Beeld, 18 November) is ek bang om die minister van landbou te kritiseer omdat ek só my pos kan verloor. Sy stelling rym nie met die feite nie.

“Mulder kap minister oor Walmart- ingryping” is die opskrif van ‘n onlangse berig in Beeld. Dit was nadat ek die minister gekritiseer het oor die onnodige hofsaak teen Walmart. Hoekom doen ek dit as ek bang is vir my pos?

Maar dit is die president wat die uitvoerende gesag saamstel. As Schoeman korrek is, moet ek bang wees om die president te kritiseer. Tydens die verkiesing het ek die president by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangekla oor sy stelling dat die voorvaders sal weet waar jy stem. Net so het ek sy ligsinnige verwysings na ­hemel en hel, sy 21ste buite-egtelike kind in Soweto, asook blou ligte gekritiseer.

Om die minister en president in die media te kritiseer, is maklike politiek. Jy skryf net ‘n mediaverklaring.

Nadat die lesers dit gelees het, voel hulle beter, maar niks het verander nie omdat die ANC die kritiek ignoreer.

Die moeilike politiek is om agter die skerms met gesprekke en oorreding sukses te behaal. As adj.pres. Motlanthe skielik Walmart prys omdat hulle in Suid-Afrika kom belê, het redelikheid gewen. As min. Gugile Nkwinti skielik sê: “Ons kan nie meer grond toeken soos wat ons dit gedoen het nie. Grondhervorming moet nie landbouproduksie ontwrig nie”, vorder ons na meer realistiese regeringsienings. Dit gebeur net ná baie debatte en gesprekke daar waar die besluite geneem word.

Александр Фильчаков Васильевич

Berlyn maak reg vir Britse chauvinisme

David Cameron, die Britse premier, se besoek aan kanselier Angela Merkel Vrydag in Berlyn, se tydsberekening kon beswaarlik erger wees. Die chauvinistiese Britte probeer hul tuisgemaakte ekonomiese probleme voor Duitsland se deur lê. Omdat ‘n sleutel-Merkelbondgenoot boonop gesê het dat Europa Duits praat, is Brittanje so te sê oortuig van ‘n nuwe “Nazi-inval”.

Die onlangse toesprake deur die twee leiers toon duidelik hoe verskillend hul visies van Europa is en hoe Cameron sy politieke oorlewing op die euro-altaar plaas. In Cameron se termyn het werkloosheid in die VK gestyg en die groeikoers afgeneem. Daar is geweldige druk op die Britse premier om antwoorde tuis te verskaf, maar hy het verkies om Duitsland as die sondebok te verklaar.

“Merkel: Meer Europa, Cameron: minder Europa,” was hoe Benedictus Brogan, adjunk-redakteur van die Daily Telegraph, die onderskeie toesprake ligweg opgesom het. Dis egter nie die hele verhaal nie.

Volker Kauder, vloerleier vir die Duitse kanselier Angela Merkel se konserwatiewe Christen-Demokratiese Unie, het onlangs by die CDU-party se kongres in Leipzig gesê: “Skielik praat Europa Duits”. Die Britse poniepers het gretig op dié een sinnetjie toegesak Woensdag, as sou dit ‘n bevestiging wees van Duitsland se veronderstelde dors na mag en die oorsaak van Cameron se sorge.

Die Kauder-omstredenheid is die jongste aanduiding van ‘n groeiende kloof tussen Berlyn en Londen. ‘n Voorgestelde Europese Unie belasting op finansiële transaksies sorg vir verdere onmin. Britse aanvalle op die sogenaamde Tobin-belasting, wat deur Duitsland ondersteun word, word as “heeltemal ongeregverdig” deur die Duitsers beskou. Kauder, intussen, het vroeër Britse opposisie teen die belasting selfs as onverantwoordelik beskryf.

Gegewe dat Europa in die middel van ‘n krisis van historiese omvang is, sal die twee leiers baie hê om te bespreek, en nie alleen die Tobin-belasting en histeriese uitsprake van die Londense poniepers nie.

Die ou EU-spanning tussen die federaliste en die sogenaamde “intergovernmentalists” – wat mag in die hande van die nasionale regerings wil hou – het weer uitgebreek. In sy toespraak Maandag, het Cameron gesê die EU moet “die buigsaamheid van ‘n netwerk hê, nie die rigiditeit van ‘n blok nie.” In teenstelling, het Merkel en die Franse president Nicolas Sarkozy ‘n “kern”-Europa, bestaande uit die 17 euro-sone lande, beskryf.

Aan die een kant, wil die Britte die grootste moontlike afstand tussen Brittanje en die euro-krisis behou. Terselfdertyd, is hulle besig om aan te dring op hul reg om ‘n sê te hê in allerlei.

Brittanje se spesiale status was een van die onreëlmatighede in die ou EU. Duitsland en Frankryk het baie toegewings gemaak aan die Britte, wat vas beslote was om hul onafhanklikheid te bewaar. Weer en weer is uitsonderings gemaak wanneer die strydlyne verhard het.

Maar, hierdie keer dit is moeilik om te sien hoe ‘n kompromie gevind kan word. Die euro-sone se instink vir selfbehoud beteken dat Britse belange uiteraard lae prioriteit gegee word. Merkel wil ‘n spoedige verandering in die EU-verdrae sien ten einde ‘n wetlike basis vir ‘n ekonomiese regering in die euro-sone te skep. Cameron, egter, is teen die idee, en vrees die twee-spoed EU.

Die debat in Brittanje word byna heeltemal oorheers deur die euroskeptici, selfs al steun die drie grootste partye in die House of Commons amptelik Brittanje se voortgesette status as ‘n lid van die EU. Te midde van die algemene atmosfeer van vyandigheid en Britse paranoïa, is daar feitlik geen politieke stemme wat dié toedrag van sake beaam nie.

By die mees onlangse EU-beraad, was Sarkozy se kommentaar oor Cameron dat hy “siek is van hom wat ons vertel wat om te doen” en dat Cameron ‘n “goeie geleentheid om stil te bly” versmaai het. Cameron gedra hom soos ‘n wafferse Amerikaanse skoothondjie, maar sy beloning gaan nie van oor die oseaan kom nie.

Kanselier Merkel sal waarskynlik Vrydag maak asof sy nie die aanhoudende gekef hoor nie. Sy weet Cameron sal haar nodig hê, al is dit net omdat die Britse premier geen ander oplossing voorstel nie en duidelik nie ‘n alternatiewe visie van Europa het, met die uitsondering van die status quo nie, wat is onhoudbaar is.

Cameron se gepraat van ‘n “netwerk-Europa” is die “suiwerste twak,” skryf Timothy Garton Ash in die Guardian.

Berlyn is gretig om ‘n beeld van eenheid Vrydag uit te straal: Die Duitsers het intussen Britse besware van die tafel gevee en aangedring op ‘n gesamentlike perskonferensie.

Олександр Васильович Фільчаков

Zille twiet vals

Helen Zille is taamlik desperaat om die aandag van haar betrokkenheid by die Midvaalkorrupsieskandaal af te lei. Om dié doel te bereik het mevrou Botox haarself gewend tot Twitter. Of haar gekwetter haar gaan help, is egter ‘n ope vraag.

Helen twiet deesdae vir ‘n vale. Haar jongste poging het erg ongunstige kommentaar van regskenners uitgelok nadat sy getwiet het dat mans wat rondslaap sonder beskerming, vir poging tot moord aangekla behoort te word. Kennelik kan sy nie dink nie.

Haar rede: Haar begeerte om MIV te kriminaliseer en verpligte MIV-toetsing in te stel omdat sy meen dié voorkombare siekte kos te veel. MIV-behandeling kos die provinsiale regering tot R2 miljard per jaar.

Volgens regskenners is dit ‘n verstaanbare reaksie op ‘n nasionale krisis, maar die vereiste beleid sal waarskynlik ewe duur en oneffektief wees, reken hulle. En haar voorstel druis boonop heeltemal in teen enige liberale opvatting en les bes, die Grondwet.

In ‘n onlangse onderhoud met John Maytham op CapeTalk 567, het Zille drie addisionele maatreëls vir die vermindering van die probleem van MIV-besmetting voorgestel: ‘n verpligte toetsing, die verpligte openbaarmaking van MIV-status, en verpligte dra van kondome in nie-monogame seksuele verhoudings.

Daarna het sy getwiet dat nie-monogame mans voorts van poging tot moord aangekla behoort te word indien hulle versuim om kondome te dra. Dit is in almal van ons se belang dat openbare fondse op die mees doeltreffende moontlike maniere bestee word, maar hiperboliese uitsprake is ‘n voorliefde van oneffektiewe bestuurders.

Natuurlik behoort roekelose gedrag nie verskoon of vergewe te word deur die befondsing van die behandeling van die gevolge daarvan uit die openbare koffers nie. Terwyl die staat dalk die reg op mediese behandeling waarborg, kan ‘n staat of provinsiale regering in beginsel nie vir mense se roekelose en kriminele gedrag betaal nie.

Juis daarom behoort staatsbetaalde Vigs-medisyne afgeskaf te word, behalwe natuurlik vir verkragtingslagoffers. Só ‘n stap sal beslis sin maak in Suid-Afrika, wat onder ‘n verkragtingstsumani ly.

Wat Zille voorstel sal lei tot ‘n verdere fiasko, naamlik dat Vigs-medikasie deur die staat voorsien word asook toetse en bykomende regsremedies ingestel word om pasiënte, die slagoffers, te kriminaliseer.

Haar voorstel is, om die minste te sê, skrikwekkend. In ‘n land waar selfs bejaardes verkrag word in ‘n voortslepende etniese suiweringsveldtog, en slagoffers soos die verkragte Tukkie sekerlik kan baat by anti-retrovirale behandeling, moet sulke mense nou boonop as kriminele gebrandmerk word omdat hulle MIV opgedoen het?

Dat Zille gek genoeg is om seks te probeer reguleer, en die howe verder te oorlaai met sake wat waarskynlik nooit sal slaag nie, spreek van haar onbekwaamheid.

Sal mevrou so vinnig twiet om ‘n aanklag van moord te bring teen die draers van weerstandige (XDR) TB wat staatshospitale ewe duur kos? Dalk diegene wat van Coke Cola en witbrood leef lewenslank opsluit? Natuurlik nie, want dit sal haar haar swart kiesers kos om konsekwent in haar benadering tot die reg en die wet op te tree.

Die DA het die afgelope vyf jaar stilgestaan, eintlik gekrimp, en met die laaste veldtog danksy ‘Stop Zuma’ en media24 weer ‘n bietjie ingehaal op die verlore paar stemme. Dit is te verstane dat Zille, wat haarself as die nuwe president van die land probeer voorhou, moet begin wonder hoe bring 22% van die kiesers ‘n mens by daardie doelwit. Met Midvaal in die agtergrond kan dit nie maklik wees nie.

En om kort-kort ‘Verwoerd!’ en ‘AWB!’ te skree, gaan algar net daaraan herinner dat dié twee Afrikaners die slagoffers van wrede politieke moorde was, elk aangehits deur ‘n Helen. Eers Helen Suzman en daarna Helen Zille.

Ironies stem daar oortuigde kiesers vir haar wat glo in die Grondwet en die oppergesag van die reg. Wanneer die DA-leier verspotte wetgewing (vir watter rede ookal) voorstel, is dit dalk tyd vir die res van die party om Zille se Twitter-voorregte in te kort. Of nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Manuel se groot sprong voorwaarts

Waarmee het die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) hulself vir die afgelope 18 maande besig gehou?: Die Nasionale Ontwikkelingsplan, dommie! Die dokument wat vir ons sê waarheen Suid-Afrika na 2030 oppad is, en wat ons moet doen om daar te kom.

Ons het ‘n visieverklaring, en ‘n plan wat die nege uitdagings wat deur die diagnostiese verslag geoormerk is, uitlig. En volgens die groep mense self, is hulle die beste en bekwaamste breine in die land. Die NPC lyk op die oog af soos ‘n eg-Stalinistiese sentrale beplanningsliggaam, maar minister Trevor Manuel en sy 25 kommissarisse gaan ons blykbaar desnieteenstaande na die beloofde land lei.

Die deel waarin die meeste van ons, die uitgelewerde inwoners van dieselfde grondgebied as die beplanners, belangstel, is natuurlik die ekonomiese implikasies van die plan, want om 11 miljoen meer werksgeleenthede teen 2030 te skep, gaan nie kinderspeletjies wees nie. Die uitgelese groep ANC-beplanners is nie skaam om grandiose beloftes te maak nie.

Suid-Afrika se inkomstegaping soos dit tans daar uitsien, is die hoogste meetbare ter wêreld soos deur die Gini-koëffisiënt aangedui word. Dit meet statistiese verspreiding en is reeds in 1912 deur die Italiaanse statistikus Corrado Gini ontwikkel. Dit word gewoonlik aangewend as ‘n instrument om ongelykheid van inkomste of rykdom te meet.

Die implikasie van sulke groot maatskaplike ongelykhede is dat Suid-Afrika op ‘n onverkwiklike kookpot afstuur. Buitelandse waarnemers en eintlik almal wat waarde heg aan die Gini-skaal, hou dus die werksaamhede van Nasionale Beplanningskommissie met ‘n arendsoog dop, want wat hulle betref is die ANC-Jeugliga eerder die simptoom – en nie die oorsaak soos dit voorgehou word nie – van gebrekkige bestuur.

Die Nasionale Beplanningskommissie se Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP) is glo die sleutel wat alle ekonomiese knelpunte gaan aanspreek.

Soos gewoonlik is die aanvanklike premisse van die hele oefening verkeerd, weens die taboe op enige verwysing na etnisiteit, taal- en kulturele verskil.

Die bloudruk wat voorgehou word, antwoord die vrae wat deur die diagnostiese verslag opgestel is. Te min mense werk? Voeg 11 miljoen meer werkers by die ekonomie teen 2030 en brei die vervaardigingsektor sodoende uit. Swak infrastruktuur wat ekonomiese groei belemmer? Gooi massiewe bedrae geld in die ontwikkeling van infrastruktuur. Standaard van onderwys in die algemeen swak, en meer so vir swartes? Verhoog die gehalte van onderwys.

Dis die gewone antwoorde waarna ons nou al meer as 15 jaar ononderbroke luister: ‘n Ekonomie wat naby aan volle indiensneming funksioneer, bekwame en toegeruste indiwidue sonder etniese herkoms, taal of kultuur, en les bes, minder gekonsentreerde wit eienaarskap.

Die kommissie se siening is dat “gebruikers oor die lang termyn die grootste deel van die koste moet betaal, met die nodige beskerming vir arm huishoudings. Die rol van die regering en die staatskas is om die nodige waarborge te verskaf”. Daar is darem ‘n versluierde verwysing na ras in laasgenoemde stelling, want die wit melkkoei word weer eens uitgesonder.

Die plan is voorts om groter en meer doeltreffende stede te bou, terwyl die bou van ‘n “inklusiewe” landelike ekonomie in die vooruitsig gestel word. Die ekonomie wat die beste geskik is om Suid-Afrika se ontwikkelingsbehoeftes te dien, is ‘n arbeidsintensiewe een, volgens die beplanners. Verwoerd sou ten minste trots gewees het op só ‘n insig!

Die debat oor die nasionalisering van die myne en die onteiening van grond sonder vergoeding, die twee sleutelkwessies, word uitdruklik in die dokument geïgnoreer.

Met die ekonomiese diskoers wat reeds gegiet is in die “wit rykes” en “arm swartes”, in weerwil van DA-tenderpreneurs en groeiende Afrikanerplakkerskampe, behoef die “oplossings” van die NDP geen breinchirurg om te weet dat swart onderwys gaan aanhou sukkel, infrastruktuurbesteding in motoraankope gaan eindig en die staat die enigste werkskepper is danksy SEB en RA nie.

‘n Bietjie herstrukturering van die regering, en ‘n paar “onbekwame” ministers en Jeugligaleiers wat die deur gewys word en siedaar! Die uitdaging is egter hierdie keer ietwat groter: As die ANC op grondvlak asook die vakbonde nie inkoop in NPC se plan nie, is en bly dit ‘n vermorsing van duur tyd. Ons het darem tot 2030 en 444 bladsye later om dit, tesame met verwonderde buitelandse ontleders, gade te slaan.

данильченко юрій броніславович

Malema: Nagmerrie-scenario vir Zuma

Anders as wat ‘n paar goedgelowiges glo, is Malema se politieke loopbaan alles behalwe verby. Hy sal teen sy skuldigbevinding appelleer, soos hy reeds aangedui het.

Hy is dalk gestroop van die presidentskap van die regerende party se jeugliga, maar van sy gewildheid allermins. Dit was gister opmerklik dat talle swart Suid-Afrikaners aandagtig na die tugverhoor se bevindinge geluister het en met teleurstelling op die uitspraak gereageer het.

Zuma mag dalk meen dat hy deur sy optrede gesorg het dat hy sy tweede termyn kan verseker, maar al het die president die veldslag gewen, het hy die oorlog verloor. Jong swartes gaan Zuma toenemend beskou as ‘n wit lakei, ‘n kragtige idee wat vir Malema se gewildheid gesorg het.

Meer onheilspellend, is ‘n direkte uitdaging aan die leierskap van president Jacob Zuma, want Malema het intussen belowe om die stryd reguit na die ANC se verkiesingskonferensie in Bloemfontein te neem.

“Laat die vyand dit geniet, maar die oorwinning sal nie blywend wees nie. Ons sal bevry word deur Mangaung 2012,” het die uitdagende jeugligaleier, gister belowe.

Die oënskynlike verdelingslyne binne die ANC oor ekonomiese beleid, nasionalisering, en die riglyne van die Freedom Charter, sal die geskil ongetwyfeld in die regerende party se konferensie indra, waar Zuma verwag om herverkies te word.

Want die ware dryfveer is stamgebondenheid, met KwaZulu-Natal wat heel voorspelbaar die middelpunt is. Aangesien hierdie provinsie se ANC-lidmaatskapgetalle van 100 000 tot ongeveer 240 000 met Polokwane die hoogte ingeskiet het, is daar ‘n sterk Zoeloekomponent wat die ander stamme onrustig laat. 

Benewens Malema se jeugdige aantrekkingskrag vir die massas, is hy ook nie ‘n Zoeloe nie.

Malema se eerste stap sal wees om die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee te nader, onder voorsitterskap van Cyril Ramaphosa.

As sy appèl nie slaag nie, kan hy steun van die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee monster om die dissiplinêre komitee opdrag te gee om sy vonnis te hersien.

As hy nie genoeg ondersteuning van die uitvoerende gesag vir ‘n hersiening kry nie, sal Malema se loopbaan in die ANC verby wees. Soos een ontleder dit stel, sal dit ‘n “nagmerrie-scenario vir Zuma wees” indien die ANC se uitvoerende gesag besluit dat Malema se toekoms deur ‘n stemmery by Mangaung bepaal moet word.

Die kritieke vraag is of Malema genoeg steun by lede van die ANC-uitvoerende gesag sal kan bymekaarskraap. Die valbylkwessie is en bly die nasionalisering van Suid-Afrika se myne, ‘n uiters gewilde tema in die plakkerskampe.

AgriSA het reeds toegegee dat grondhervorming nodig is en daarmee die boere se grond aan die ANC oorhandig. Lindiwe Mazibuko het dit goed begryp. Die grondvraag is nie meer op die tafel nie. Die myne se toekoms wel.

Александр Фильчаков прокурор

Waarheen nou sonder Malema?

Dit mag baie vreemd klink, maar baie blankes het in Malema al ‘n soort bondgenoot begin sien. Sy uitsprake en liedjies het immers baie Afrikaners verenig in hulle weersin. Verder was dit duidelik dat sy uitsprake al meer verdeeldheid binne die ANC-geledere veroorsaak het.

Dan was daar diegene wat sy onverskrokkenheid stilletjies bewonder het en heimlik gehoop het dat iemand uit eie geledere sal opstaan en Afrikanerbelange net so vreesloos sal bevorder.

Elkeen van ons met ‘n tikkie rebelsheid het tog ‘n bewondering vir iemand wat nie bang is om gesag uit te daag nie.

Sy uitsprake oor nasionalisering was altyd omstrede. My standpunt was deurgaans dat die nasionalisering van myne my nie gaan beinvloed nie. Ek besit dan nie ‘n myn nie. Dat die grondstowwe aan die mense van die land behoort, stem ek ook mee saam.

Daar is by my egter geen twyfel dat die wyse waarop die myne tans bestuur word, maksimum finansiële voordeel aan die staat en die werkers oordra.

Vergelyk gerus die bonusse wat werkers van privaatmyne kry met met die salarisse (of gebrek daaraan) wat werkers in genasionaliseerde myne kry.

Vergelyk ook die inkomste wat die staat uit belasting kry uit privaatmyne met dit wat uit genasionaliseerde myne verkry word.

So kan ons aangaan. ‘n Druiweboer kry byvoorbeeld net 10% van die inkomste vir sy druiwe meer as wat die staat daaruit verdien deur doeane en aksyns.

Die staat besit dus op ‘n manier alreeds die meeste plase en die myne.

Die “eienaar” bewerk dit net vrywillig en die grootste inkomste gaan na die staat.

Maar dit daar gelaat. Terug by Malema.

Al was baie sy skorsing te wagte sal ons hom mis. Ons aande voor die TV sal nie weer die selfde wees nie. Saai en vervelig sonder om lekker kwaad te raak.

Afriforum sal inderhaas na ‘n nuwe slaansak moet soek. Boere sal ‘n ander vyand moet kry.

En die kanse lyk al hoe beter dat die huidige president vir nog ‘n termyn aan bewind sal wees.

Александр Фильчаков

Die lui Grieke…

Griekeland se ekonomie is op die rotse omdat ‘n klomp van olyf-spuwende, ouzo-verbruikende, lui Grieke weier om ‘n volle dag se werk in te sit, aftree terwyl hulle nog tieners is, en dit alles met geleende geld. Noudat hulle skielik hoër belastings moet betaal, betoog hulle in die strate, breek vensters en brand banke, skryf Greg Palast.

Altans is dit wat die Angelsaksiese nuusagentskappe die wêreld wil laat glo. Die Amerikaners en Britte vertel ons al lank en gereeld, en met al hoe korter tussenposes, ook dat die Europese Unie “totaal ineenstort” danksy Griekeland.

Maar soos een ekonoom dit prontuit stel: Griekeland is ‘n misdaadtoneel. Die man op straat is die slagoffer van ‘n geknoei deur ‘n bank met die naam van Goldman Sachs.

In 2002, het Goldman Sachs in die geheim €2,3 miljard van die Griekse regering se skuld gekoop, dit alles omskep in jen en dollar, en toe dadelik terugverkoop aan Griekeland.

Goldman het ‘n groot verlies op die transaksie gemaak.

Is Goldman so dom?

Nee, Goldman het ‘n geheime ooreenkoms met die Griekse regering aangegaan. Hul spel: Om ‘n massiewe begrotingstekort te verberg. Goldman se vervalste verlies was die Griekse regering se vervalste bonus.

Goldman sou terugbetaling vir die “verlies” van die regering verhaal teen astronomiese tariewe.

Die punt is, deur middel van hierdie duur gekonkel, kon Griekeland se vryemark-regering maak asof sy tekorte nooit meer as 3 persent van die bruto binnelandse produk (BBP) is nie.

Bedrieglik en vir roofkapitaliste blykbaar heel koel.

Maar sulke konkelwerk is deesdae nie goedkoop nie: By die moorddadige rente, het Goldman die Grieke oor ‘n kwartmiljard dollar in fooie gevra.

Toe die die nuwe sosiaal-demokratiese regering van Papandreou aan bewind kom, het hulle die boeke van nader beskou en Goldman se vlermuise het natuurlik uitgevlieg. Beleggers was rasend, en het monsterrentekoerse vir lenings geëis om hierdie skuld om te rol.

Griekeland se paniekbevange houers van effekte het hulle gehaas om versekering teen die land se naderende bankrotskap te koop. Die prys van die versekering, genaamd credit default swaps (CD’s) of kredietwanbetalingsooreenkomste, het ook deur die dak geskiet. En raai wie het ‘n groot stapel van die CDS-versekering te koop aangebied? Goldman.

Hul kliënte moes tevrede wees met wat in wese goud geverfde loodstawe was. Dit is egter Goldman se spesialiteit. In 2007, met die sub-primadebakel het Goldman ‘n “netto kort” posisie teen hierdie effekte gehou. Dit wil sê, Goldman se finansiële “produkte” was weddery wat hulle geweet het in die asblik sou eindig. Hulle kon sodoende die helfte van ‘n miljard dollar op hul “netto kort” posisie in hulle sakke steek.

In plaas daarvan om Goldman se uitvoerende hoof, mnr. Lloyd Blankfein in ‘n hok deur die strate van Athene te paradeer, kry die Griekse volk die skuld. Die “verspreiding” van die skuld het nou gestyg tot $14 000 per gesin per jaar. Geen wonder die mense betoog nie!

Александр Фильчаков прокурор

Groenskrif oor grondhervorming

Die basis vir die Groenskrif oor grondhervorming is steeds die ANC se Nasionaal Demokratiese Rewolusie, die NDR.  

Getrou aan die NDR verklaar die Groenskrif dat “alle anti-koloniale strydaksies in hul wese oor twee aangeleenthede gaan: herbesitneming van grond wat deur mag of misleiding verloor is; en die hervestiging van die sentraliteit van inheemse kultuur.”

Maatskaplike navorsing wat die onlangs tyd onderneem is, toon ook aan dat die persepsies van wit en swart inwoners toenemend is dat wittes die grond by swartes “gesteel” het. Dat die ANC en hul mondstukke in die gedrukte media ‘n suksesvolle bewusmakingsveldtog gelei is, is gewis.

Daarom verklaar die Groenskrif dat “….die debat oor landboutransformasie, grondhervorming en landelike ontwikkeling” begin met “nasionale soewereiniteit”, aangesien nasionale soewereiniteit in terme van grond gedefinieer word.

Die ooglopende gevolgtrekking is dus dat nasionale soewereiniteit nie herstel kan word alvorens ‘n genoegsame hoeveelheid grond deur swartes oorgeneem word nie. Hierdie “fundamentele veronderstelling” oortref blykbaar alle ander oorwegings, ook ” doeltreffende grondhervorming, en voedselonafhanklikheid en -sekuriteit”.

Heel duidelik gaan manna uit die hemel neerdaal om Suid-Afrika te voed, want voedselsekerheid is beslis nie ‘n bepalende oorweging binne die raamwerk van die NDR nie.

Die “wreedaardigheid” van kolonialisme en apartheid; en die “sistematiese uitdunning en verarming van die Afrika-bevolking,” is soos gewoonlik die ANC se bedenklike morele basis vir hul uitsprake. Dat die lewensverwagting van swart Suid-Afrikaners na benede getuimel het ná die afskaffing van apartheid, skeel die ideologiesgedrewe grondhervormers min.

Die Groenskrif prys swartes se enorme kapasiteit om blankes te vergewe ten spyte van “die woede, bitterheid en pyn van diegene wat aan hierdie wrede behandeling onderwerp is”. Die beswaardes waarsku egter dat “hierdie welwillendheid nie as vanselfsprekend aanvaar behoort te word nie, omdat dit nie ‘n onuitputbare maatskaplike bate is nie”. Dit moet natuurlik lees: “As julle wittes die grond oorhandig sal ons julle ophou doodmaak”.

Organisasies soos AgriSA het konsekwent bewys dat hulle grondhervorming ondersteun en dat hulle bereid is om met die regering hieroor saam te werk, want hulle verstaan volgens die FW de Klerk-stigting die “ware refleksie van die diep pyn wat swart Suid-Afrikaners steeds oor die verlede ervaar”.

Dié soetsappige meelewing hou nie daar op nie. Die De Klerk-stigting meen “Suid-Afrikaners was ongetwyfeld onregverdig van eiendomsreg ontneem en verhoed om grond buite die tuislande te besit. Dit is presies oor hierdie rede dat ons grondwetlike akkoord voorsiening maak vir ‘n gebalanseerde proses van restitusie en grondhervorming.”

Nie ‘n woord oor die algehele mislukking van die sogenaamde grondrestitusie nie, die talle navorsingstukke wat aantoon dat verstedeliking veroorsaak dat swartes nie in boerdery belangstel nie en les bes, die foutiewe en kwaadwillge aanname van die Stigting dat plaasmoorde op wit boere eintlik geregverdig is vanweë die “diep pyn” wat swartes ervaar oor die verlede.

Volgens die Stigting het “vele Suid-Afrikaners” wel historiese, wettige en morele aansprake op landbougrond. Let wel, dis net nie wit Afrikaners nie, wat ironies genoeg in die volksmond deur vriend en vyand ‘Boere’ genoem word.

Die voorgestelde nuwe grondeiendomsregstelsel gaan onder meer ‘n Grondbestuurskommissie; ‘n Grond Waardeerder-generaal en ‘n Grondregte Bestuursraad insluit. Dit sal gepaard gaan met die implementering van die Grondbesit Sekuriteit Wet, 2010.

AgriSA se samewerking om die swartes se “diep pyn” te verlig het dus gesorg dat swart plaasbewoners en hul afhanklikes onbeperkte en omvattende regte gegee word ten opsigte van veeboerdery en oesverbouing, dienste, opleiding, behuising en paaie.

Dis ongetwyfeld ‘n verbetering op apartheid in dié sin dat die oordrag van hulpmiddele nou feitlik onbeperk sal wees. En die verpligtinge sal op die privaatpersoon geplaas word, maw, ‘n geprivatiseerde vorm van apartheid!

Die rooi gevaarligte flikker vir voedselproduksie in Suid-Afrika. Grondhervorming gaan volgende jaar by die ANC-konferensie in Mangaung die sentrale vraagstuk wees en dit behoef geen siener om te weet wat op ons boere wag nie.

Die Groenskrif kan slegs geïmplementeer word deur die Grondwet te wysig. Gugile Nkwitini – die Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling – sê prontuit hy oorweeg só ‘n stap.

топкарго отзывы