Lank leef nasionalisme!

Sondag se uitslae in Frankryk en Griekeland, is die bewys dat nasionalisme uit die dode opgewek is. En vir die Europese Unie, is dit onheilspellend tensy die sterk opkoms van nasionale gevoel verreken word.

Nasionalisme – hetsy ekonomiese nasionalisme, hetsy etniese nasionalisme – was die onderbou vir linkse en regse verkiesingskampanjes. Transnationalisme en multikulturalisme se tyd is verby en die Europese projek self verkeer in gevaar indien die grootkoppe in Brussel nie hul retoriek daarvoor aanpas nie.

Nodeloos om te sê het die Angelsaksiese mediaberigte geen snars daarvan verstaan nie en gekonsentreer op Europa se skuldkrisis sonder enige insig en begrip vir die werklike verhaal.

Niemand onderskat die verbintenis van Europa se elite tot die visie van Een Europa as uitdager vir die Verenigde State nie. Die elite van die vasteland is evangeliese Europeërs.

Tog is hulle vermoë om Europa op koers te hou nou ondergeskik aan soewereine stemme. Van Parys tot Athene, is die sentrum, die plek waar konsensus bereik word, besig om te verbrokkel. Dit is die radikale linkse en die nasionalistiese regse groepe wie se stemme gehoor is bo dié van kandidate in die middel. Vir Marxiste én patriotte, is die strydkreet nasionalisme.

Dink na oor wat die Franse kiesers gesê het. Die radikale Jean-Luc Melenchon, onderskryf die sosialistiese Francois Hollande, wat Sondag gewen het. Sy diskoers was besaai met strydkrete vir die Franse werker.

President Nicolas Sarkozy se 27 persent in die eerste ronde, was Sondag 48 persent, alhoewel Marine Le Pen van die Front National geweier het om hom te ondersteun.

Soos Marine dit gestel het, word die regses net nadergeroep as hulle die “rassiste, proteksioniste en xenofobe” se stemme nodig het en dan herhaal die sentrum woordeliks die slagspreuke wat hulle eers so verfoei het.

Digby die 30% het vir “ekstremiste” gestem in Frankryk, ongehoord in die annale van die Vyfde Republiek.

In Griekeland, was die uitslag ewe dramaties. Die sentrum het ineengestort voor die aanslag van verregs en verlinks.

Die volke van Europa moes hulle soewereiniteit prysgee, hul identiteit verdun deur immigrasie en oop grense, binne ‘n groter en meer inklusiewe Europa. Daarvoor is hulle ongekende voorspoed belowe.

Gee jou siel, en ons sal julle, ryk, veilig en gelukkig maak, was die Eurokrate se belofte. Dit het nie gerealiseer nie. Hierdie volke is nou aangewese op hulself.

Griekeland, Italië, Portugal en Spanje moet opoffer om te betaal vir multikulti en oop grense. Hul openbare sektore sukkel, pensioene is verminder, aftree-ouderdomme is aangeskuif. Hulle moet harder en langer werk vir al die jare wat dit sal neem om hul fiskale huise in orde te bring en skuld terug te betaal. Die partytjie is verby.

Die linkses het gesê: Ons wil ons pensioene hê, ons openbare werknemers. As ons leiers meer geld nodig het, neem dit dan van die rykes, neem dit van die banke, neem dit van die groot korporasies, die transnasionale wolwe.

Die regses het gesê: Ons wil ons lande en kultuur terughê. Ons wil ons grense gesluit hê. Ons wil nie meer immigrasie uit die res of Europa of die res van die wêreld hê nie. Ons is nie multikultureel nie.

Laat Frankryk Frankryk wees. Laat Griekeland Griekeland wees. Dis die ou stem van Europa wat opgeklink het Sondag: Stamgebondenheid, eenheid, saamstaan, handevat. Nasionalisme is terug!

Фильчаков прокурор харьков

Transformasie is moontlik

In Suid-Afrika is die Afrikaner dood vir die grootste Afrikaanse koerant wat deur ‘n mediamonopolie in die hande van ‘n klein groepie verloopte Afrikaners, deesdae bekend as Afrikaanses, bedryf word.

Net in Nederland sien mense nog kans vir die woord waar dit pryk op die kant van ‘n gebou: Afrikanerplein [Amsterdam] Oost. Maar daar woon witmense, wat seker verklaar hoekom die gebou nog nie afgebrand is nie.

As enige gewone Afrikaner nog blind was vir die feit dat sy of haar wit bestaan ongewens hier is, moes die onvermydelike Sondag na die lees van die koerant se hoofopskrif baie skerper omlyn geraak het.

Piet Croucamp en Albert Venter, wat waarskynlik begryp het bevordering hang af van politieke evangelisasiewerk vir die base van UJ, gaan soos Moses 1 en 2 die bruines, Afrikaanses, uit die DA-woestyn na hul tuiste, die ANC lei. Só berig Rapport.

Nie ‘n slegte idee nie, want in die ou Transvaal is die bruin en swart groepe byna heeltemal geassimileer en die voormalige bruin woonbuurte het verswart. Daar is nie meer iets in die noorde oor van ‘n bruin identiteit nie en klaarblyklik het hierdie boodskap nog nie die Hexrivierberge oorgesteek nie.

Maar die mediamonopolie se intellektuele agterlikheid word weer eens gedemonstreer as dit kom by die geringste sosiologiese uitdaging, hoe eenvoudig dit ookal mag wees. Moses1 en 2 het dit seker ook opgemerk.

Dié stap om die DA van sy steunbasis te vervreem, word moontlik gemaak deur die versmelting tussen wit en bruin in die Kaap. Die vraag is nou of die wittes in Heerengracht bruin genoeg is om swart te wees in Gauteng? 

Vandat Zille so wydsbeen aan die dans geraak het, lyk sy baie swart, bygesê. Dit is dus tog moontlik om ‘n rassetransformasie te ondergaan. Die geheim is oënskynlik ‘n algehele gebrek aan wilskrag.

Na ‘n week van wat die Amerikaners noem “race baiting” voel die ligte bruines, dws voormalige wittes nou bekend as Afrikaanses, seker effens donkerder. ‘n Swarte het ‘n FHM-pop iets onwelvoegliks genoem en sy hom in antwoord daarop ‘n “kaffer”. Enige verstandige mens sou dit ‘n gelykop-telling genoem het en binne die volgende paar sekondes vergeet het van die vervelige onderonsie.

Nee, helaas nie. Nou weet ons ook dat ‘n volkleur pornofoto van Joost (mét dwelms) op die voorblad van Rapport nie soveel twiete kan genereer soos “race baiting” nie. Die swarte het Jessica Leandra, die welbedeelde model, glo opsetlik uitgelok.

Daarby het dit toe ook nie gebly nie, want eintlik al wat ‘n gedrukte koerant is, het die “race baiting” of uitlokking voortgesit om die wit “rassis” tot boetedoening te roep. Die vrome spul het dus nog nooit self die woord gebruik nie, wil dit voorkom. Daar is met smaak berig dat haar hele loopbaan verwoes is deur ‘n versameling van ses letters.

Die oefening is natuurlik omgewe van die ergste skynheiligheid denkbaar. Die meeste wit verontwaardiging kom van mense wat die woord self maklik sal gebruik en ten minste in een geval voor die uwe gebesig het.

 

Данильченео

Afrikanerpolitiek – quo vadis?

Soms kry ‘n mens die indruk dat die buiteland Afrikaners in Suid-Afrika afgeskryf het. Trouens, partykeer lyk dit asof Afrikaners hulself afgeskryf het.

Die Nasperskoerante ignoreer al lankal die politieke doen en late van Afrikaners, behalwe wanneer dit inpas by hul idee van “nasiebou” of soos in vandag se Rapport-berig met die opskrif “ANC vry na Afrikaanses”.

Let op die afwesigheid van die woord “Afrikaner”. Binne Naspers/Rapport se heelal is daar lankal nie meer so iets soos ‘n “Afrikaner” nie. Ons en die bruinmense van die Wes-Kaap word as een minderheidsgroep van ses miljoen beskou.

Ook Alistair Sparks, Helen Zille se vorige baas by die Rand Daily Mail, het iewers gesê dat Afrikaners in 1994 die gedagte van Afrikanersoewereiniteit prysgegee het, tesame met die weermag en alle instellings wat hulle op ‘n skinkbord aan die Afro-Saksiese alliansie binne die ANC oorhandig het. Radikale Engelse intellektuele en geestelikes het ‘n geslaagde alliansie met die rassenasionaliste van die ANC gesmee en die Afrikaner op sy baadjie gegee. Die logiese gevolgtrekking wat baie gemaak het, is dat Afrikaners met hul onvoorwaardelike oorgawe ook tot assimilasie en die verdwyning van die Afrikanervolk toegestem het. Ek meen Naspers en die FW de Klerk-stigting interpreteer die “ja”-stem van destyds só.

Afrikanerpolitiek het egter nie opgehou bestaan nie. Ons by PRAAG is voltyds daarmee besig. So ook mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersunie. Tydens ‘n onlangse vergadering laat val Kelder dat hy die stadsraad van Ekurhuleni meer as ‘n miljoen rand skuld omdat hy opgehou het om sy erfbelasting te betaal. Die munisipaliteit het al eenkeer sy water en ligte afgesny. Toe vat hy hulle hof toe en kry ‘n bevel dat hulle dit weer moet aansit want hy verkeer in ‘n dispuut met die munisipaliteit. Op sy stil, beskeie manier het Jaap Kelder al meer hofsake namens belastingbetalers regoor die land aangepak as wat Soliforum met veel meer grootdoenerigheid gemaak het.

Die verskil is egter dat die Nasperskoerante met fanfare berig oor alles wat die oranje en groen manne van Lyttelton in die hof doen, terwyl daar blykbaar by Beeld opdrag gegee is dat joernaliste mnr. Kelder en die NBU moet doodswyg. Net soos wat Naspers die meeste Afrikaners met talent ignoreer en verkies om oor die Kaapse kliek van middelmatige egoïste en ewe onnosele “sterre” te skryf wat hulle eiehandig in die Naspersmedia geskep het.

Die Rapport-berig oor “Afrikaanses” en die ANC vermeld dat daar eerskomende Dinsdag ‘n vergadering van Afrikaanse organisasies met die ANC plaasvind, met die inisiatief wat deur drie linksgesinde akademici, Proff. Willie Breytenbach en Albert Venter, asook dr. Piet Croucamp, geneem is. Volgens die drie akademici “is die ‘ideologiese afstand’ tussen die Afrikaanssprekendes – wat meestal vir die DA stem – en die ANC nie so groot nie”.

Hiermee kan ‘n mens saamstem, want die meeste intelligente ontleders sien al geruime tyd in dat die ANC en die DA twee kante van dieselfde munstuk is. Net vandeesweek het die ekonoom Dawie Roodt na die DA se ekonomiese beleidsrigtings gekyk en tot die gevolgtrekking gekom dat dit ‘n sosialistiese party is wat baie min van die ekonomie verstaan.

Binne ‘n Europese konteks sou die DA, wat homself “liberaal” noem, eerder vir ‘n sosialistiese party deurgaan, want hy hang mulitikulturalisme fanaties aan en wil die middelklas met hoë belastings straf. Tussen Helen Zille en mnr. François Hollande, die Sosialistiese kandidaat wat na alle waarskynlikheid vandag se presidentsverkiesing in Frankryk gaan wen, is daar min te kies.

Die vraag is nou: Het Afrikanerpolitiek nog enige sin in Suid-Afrika, gegewe die feit dat die meeste Afrikaners dit kennelik ten gunste van sosialisme en multikulturalisme verwerp het? Trouens, dit sou maar ‘n klein stappie van hier af wees om ‘n suiwerder vorm van sosialisme, dit is nou kommunisme, te begin aanhang. In Beeld het daar die afgelope week ‘n soort Christelike pleidooi vanuit Zimbabwe vir grondhervorming en die afstaan van grond aan swartes verskyn. Maar die logika daarvan was tegelykertyd kommunisties, synde ‘n gelate aflegging van privaatbesit.

Suid-Afrika verkeer steeds in die greep van ‘n linkse revolusie en skynbaar snel ons voort na ‘n onafwendbare toekoms van radikale grondhervorming, nasionalisering en rassekwotas op alle gebiede. Waarskynlik besef die meeste Afrikaners wat kom en hul uiteeenlopende reaksies kan soos volg opgesom word:

  • Emigrasie. ‘n Miljoen Afrikaners het reeds die land verlaat omdat hulle geen toekoms meer in Suid-Afrika sien nie. Vele doen dit nie om ideologiese redes nie, maar omdat die SEB- en regstellendeaksiewetgewing dit baie moeilik vir blankes maak om werk te kry of om klein ondernemings te bedryf.
  • Aanvaarding van die status quo. Stem vir die DA (of dalk die ANC, as ons die drie akademici kan glo).
  • Aanvaarding van die status quo met voorbehoude. Sluit aan by Soliforum wat namens jou ‘n hofsaak of twee sal maak en die ANC “bloedneus sal gee”. Intussen verdedig die ANC hom in die hof met die belastingbetaler se geld. En wat gebeur as die regbank “ten volle getransformeer” is, met ANC-skoothondjies vir regters? Dit gaan hier dus om blote simboliese “opposisie” en om die onafwendbare te vertraag.
  • Afrikanerselfbeskikking. Vele groepe, vanaf Orania en Kleinfontein, tot die HNP, die VVK en die Vryheidsfront, het hulle tot selfbeskikking en onafhanklikheid verbind, maar dit word meesal gesien as, in die woorde van die pragmatiese dr. Pieter Mulder, “nie vir nou nie”. Die werklikheid is dat die magsbalans so sterk in die guns van die ANC gelaai is dat selfs Orania en Kleinfontein, wat homogene Afrikanergemeenskappe op die periferie gevestig het, op allerlei maniere versigtig moet trap in hul verhouding tot die ANC-regering of -munisipaliteite. Hulle bevind hulle in ‘n juridiese niemandsland wat vinnig in ‘n nagmerrie kan ontaard indien een of ander ANC-amptenaar die dag sou besluit om gronde te vind waarop beide dorpies met hofsake of regulasies lamgelê kan word. Sulke optrede sou selfs van die DA kon kom, want ons weet dat die DA pynlik polities korrek is as dit daarby kom om hom van enige vorm van blanke of Afrikanereksklusiwiteit te distansieer.
  • ‘n Kulturele en ideologiese stryd. Sedert sy stigting, lê veral PRAAG hom hierop toe. Dis egter ‘n baie moeilike, ingewikkelde en ongewilde aktiwiteit. Kultuur en ideologie verteenwoordig die grondslag van enige stryd vir ‘n minderheidsgroep soos Afrikaners en sonder goeie argumente en ‘n gedefinieerde identiteit, kan geen minderheidsvolk op vryheid of selfbeskikking aanspraak maak nie. Die sukses van die vorige Afrikanernasionalistiese beweging in die dertiger- en veertigerjare is juis deur die intellektuele van destyds soos N.P. van Wyk Louw, C.M. van den Heever, asook die jong Verwoerd – destyds redakteur van Die Transvaler – bepaal. En hoewel Die Burger vandag ‘n skandelike sosialistiese skaduwee van sy vorige self is, het daardie koerant in die 1930s onder dr. A.L. Geyer onverskrokke republikeinse standpunte ingeneem. Indien die kulturele en ideologiese stryd geslaag gevoer sou word, en na die buiteland kon uitkring, sou Afrikaners uit die wurggreep van die linkse revolusie kon ontkom, met moontlike buitelandse bemiddeling en onderhandeling oor grondgebied. Tot dusver lyk dit egter asof die gemiddelde Afrikaner wat nie tot die DA-sosialistiese komponent behoort nie, meer geneig is om finansieel tot hofsake en ander vorme van simboliese protes by te dra as die stryd in die media, in boekpublikasies en in die buitelandse arena.

Sedert die vergadering wat PRAAG en die NBU verlede jaar in September gereël het om Afrikanerorganisasies meer gekoördineerd te laat optree, het ‘n aantal kwessies uitgekristalliseer. Van meet af aan het die vergadering, veral op aandrang van mnr. Pierre Hough, in twee komitees verdeel. ‘n Strategiese komitee moes kyk na “die Afrikaner se toekoms” terwyl ‘n ander komitee hom met meer praktiese strategieë rondom plaaslike regering, water en elektrisiteit en ‘n uiteindelike kantonstelsel sou besig hou.

Die huidige leier van die Afrikanerbond, mnr. Pieter Vorster, het voorsitter van die sogenaamde SK (Strategiese Komitee) geword, terwyl ‘n nuwe liggaam, die Nasionale Burgerregteraad onder voorsitterskap van dr. Christo Landman, tot stand gekom het om die kantonstelsel na te jaag. Mnr. Jaap Kelder van die NBU het egter steeds aktief gebly in die tweede komitee en dit kan as ‘n susterliggaam van die NBU gesien word.

Daar bestaan tans onsekerheid oor die deelname van Solidariteit en Afriforum (Soliforum soos hulle deesdae genoem word) aan die Strategiese Komitee, omdat dié organisasie homself as “die grootste speler”, boonop met die steun van die Nasperskoerante, sien. Soliforum sien daarom neer op ander organisasies en bewegings en beskou samewerking as ‘n grootlikse futiele oefening.

Dikwels word daar deur deelnemers aan internetgesprekke gevra: Maar wat kan ons doen, anders as praat (en kla)? Mnr. Botha Laubscher, wat op albei komitees dien, het met ‘n strategiese voorstel vorendag gekom wat met ‘n taamlik ingewikkelde diagram aangedui word. Uiteindelik kom dit daarop neer dat daar vir die Afrikaner net twee moontlike doelwitte is om na te streef: Selfbeskikking of kultuur- of minderheidsregte binne die huidige bestel.

‘n Punt wat Laubscher maak en wat ek ook al in die verlede iewers gestel het, is dat dit moeiliker gaan wees om kultuur- of minderheidsregte van die ANC-bewind af te smeek as om een of ander vorm van territoriale afskeiding te bewerkstellig. Hiervan is Orania en Kleinfontein eintlik goeie voorbeelde. In albei gevalle het groepe Afrikaners eenvoudig ‘n gebied beset en hulself begin inrig en regeer asof die huidige bestel nie bestaan nie. Hoewel op ‘n klein skaal, was albei eksperimente eintlik klinkklare suksesse. Hierteenoor het die sogenaamde “Derde Taalbeweging” van die agelope anderhalf dekade op niks uitgeloop nie. Ons het miljoene woorde in koerante, op die internet, oor die radio, op TV en in boeke geuiter oor al die goeie redes waarom Afrikaans en die Afrikanerkultuur in die land erkenning behoort te geniet. Nêrens het enige staatsdepartement of ANC-politikus hom al ooit hieraan gesteur nie. Daar word steeds aktief teen Afrikaans en Afrikaanse plekname gediskrimineer. Ons geskiedenis word hetsy verguis, hetsy onderwerp aan ‘n Sowjetagtige proses van “aktiewe vergeet”. Afrikaanse skole word aangeval en ondermyn.

Indien selfbeskikking kennelik die enigste alternatief is vir daardie Afrikaners wat nie sonder meer wil assimileer of emigreer nie, dan is daar seker verskeie maniere om dit te bereik. Ons kan soos Kosovo eensydige onafhanklikheid binne ‘n bepaalde gebied verklaar en hoop ons oortuig die internasionale gemeenskap van ons erns. Of ons kan gewelddadig soos Slowenië in 1990 ná ‘n jaar van geheime militêre voorbereidings afskei en hoop ons wen die oorlog of beland nie in die tronk nog voor die eerste skoot geklap het nie. Die Slowene het ná tien dae van oorlog, op 7 Julie 1991, van Joego-Slawië onafhanklikheid verkry, in weerwil van die groter militêre slaankrag van die sentrale regering. Die feit dat Afrikaners egter verspreid oor die land woon, anders as die Slowene wat oor ‘n eeue oue meerderheidsgebied beskik het, maak dit baie moeiliker – indien nie onmoontlik – om hierdie “militêre opsie” te oorweeg.

‘n Punt wat Jaap Kelder ook maak, is dat die balkanisering van Suid-Afrika tot ekonomiese verval soos in die ou tuislande sal lei, met miljoene armes wat desperaat sal poog om na die “bevryde Afrikanergebied” te stroom. Dan sal ons ons in ‘n tipe “Omsingel die laer van die heiliges”-situasie (na die roman van Jean Raspail) bevind en moet besluit of ons bereid is om honger mense te skiet wat oor ons grense wil kom. Enige toekomstige Afrikanergebiede móét steeds deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie bly en sorg dat die algehele welvaart styg of ten minste nie afneem nie, ten einde ‘n algehele ineenstorting van die subkontinent na die voorbeeld van Zimbabwe te vermy.

Die sukses wat plaaslike belastingbetalers reeds behaal het om hul gelde terug te hou en op sommige dorpe beheer oor watersuiweringsaanlegte terug te neem, mag egter vir ons die uitweg uit die huidige doodloopstraat van ANC-Suid-Afrika aandui. Gestel ons kan min of meer wettig weer beheer neem van water en elekrisiteit in die meeste Afrikanermeerderheidsgebiede, dan sal dit mos ‘n kort treetjie van daar af na een of ander vorm van onafhanklikheid of kantonstelsel wees? Op Sannieshof en Phalaborwa het dorpenaars dit wel reggekry.

Volgens mnr. Jaap Kelder – en hy behoort te weet, want hy praat daagliks met ‘n groot aantal plaaslike aktiviste op dorpe regoor die land – dreig die meeste munisipaliteite om in duie te stort. Amptenare kwel hulle slegs oor die betaling van hul eie salarisse. Die res kan maar vergaan. Vele munisipaliteite betaal nie meer vir Eskom nie en daarom stuur Eskom insgelyks op ‘n finansiële krisis af.

Dis ‘n tragiese situasie, wat ook vir ons gesondheidsgevare inhou, maar miskien bied dit vir ons die geleentheid waarop ons gehoop het.

In ‘n volgende aflewering wil ek ‘n paar gedagtes opper oor hoe ‘n nuwe Afrikanerpolitiek kan begin werk. Indien die soort praktiese plaaslike selfbestuur waarmee Jaap Kelder se NBU besig is en PRAAG se ideologiese en kultuurstryd by mekaar kan uitkom, kan dit dalk nuwe momentum vir die Afrikaner se vryheidstrewe skep.

Hierdie soort debatte woed ook tans by die twee komitees wat verlede jaar gestig is. Die publiek moet daarom daarvan kennis neem en insgelyks kommentaar lewer. Vanweë die Revolusie se intense propaganda waaraan ons almal blootgestel is, is dit soveel moeiliker om nugter te dink.

Фильчаков прокурор харькова

Zille wys haar styl – met oop bene

{jathumbnail off}

Helen ZilleDie voormalige Black Sash- en ANC-ondersteuner, Mev. Helen Zille, is waarskynlik die grootste Afrikanerleier van alle tye. Skoppensboer sê hier juis “leier” en nie “leidster” nie, want dié vrou se stem is diep genoeg dat sy gemaklik bariton in ‘n Verdi-opera sou kon sing.

‘n Hoër persentasie Afrikaners ondersteun mev. Zille as wat waarskynlik vir Hertzog, Malan, Strijdom of Verwoerd gevolg het.

Hertzog, maar ook die res van die vroeë NP-leiers, was verfynde staatsmanne wat stylvol aangetrek en gemaklik oor die filosofie, politiek of internasionale verhoudinge kon gesels. Hoewel hulle dikwels skerp deur hul politieke vyande aangeval is, het hul nogtans respek afgedwing. Selfs Alan Paton, die skrywer en destydse liberale politikus, het hom daarvoor vererg dat Amerikaanse liberale die integriteit van, soos hy hom genoem het, “Danie Malan” in twyfel kon trek.

Zille is egter die eerste voorbeeld van die Afrikanerleier wat die styl van ‘n Amerikaanse kletsrymer – dis blykbaar Afrikaans vir ‘n “rapper” – aangeneem het. Tydens die vorige verkiesing reeds het sy haar onderskei met wit tekkies en het sy vir ‘n vale getoitoi om Afrikanerstemme te werf.

Pieter Mulder het mos ‘n boek geskryf met die titel, Kan Afrikaners toyi-toyi? Kennelik nie, want te midde van die vlaag plaasmoorde, naamsveranderings, diskriminasie, riool in die drinkwater en nog meer, verkies hulle die knusheid van hul sitkamers terwyl die Blou Bulle of Lions speel. Solank daar nog elektrisiteit is om die TV-stelle aan die gang te hou.

Eers het hulle graag lang vergaderings gehou, maar deesdae daag die meeste blykbaar nie eens meer op nie.

Afrikaners toitoi nie self nie, maar as ‘n mens na Helen Zille se manewales kyk, hou hulle daarvan dat hul leiers dit doen.

Of wat moet ‘n mens Helen Zille se dans noem? Raka se vriendin om die kampvuur? Of Kaapse volkspele?

лобановский александр досье

27 April, die Afro-Saksiese oorwinningsdag

Daar is seker min dae op die kalender wat so min patriotiese gevoelens by die totale bevolking gaande maak soos 27 April in Suid-Afrika. Slegs mev. Helen Zille kon ‘n geesdriftige twiet vanuit “Freedom Park” laat.

Die inheemse Afrikaners voel al hoe meer uitgesluit van die Afro-Saksiese kultuur en propaganda wat op ons losgelaat word. As pioniersvolk wat die land getem, asook die landbou, nywerhede en staatsadministrasie gevestig het, kan ons bloot toekyk hoe Suid-Afrika verniel en geplunder word, hoe ons erfenis stelselmatig tot niet gemaak word.

Die Tsjeggiese skrywer Milan Kundera het gepraat van die “georganiseerde vergeet” wat die Sowjet-oorheersing van sy land gekenmerk het. Naamsveranderings en die onderdrukking van Afrikaans, asook die Afrikanergeskiedenis, maak deel uit van die “georganiseerde vergeet” wat ook op ons toegepas word. Die geskiedenis word herskryf en ons het geen deel meer daaraan nie, omdat ons tot die verowerde klas of etniese groep behoort.

Selfs ‘n koerant soos Rapport, wat tot onlangs soos ‘n skreeuende ANC-mbongi die lof van die “wonderlike grondwet” en die vernietiging van Afrikanersoewereiniteit besig het, betitel vandag sy hoofartikel: “Min sprake van ware vryheid”. Die ontnugterde gevolgtrekking, wat vir lesers van hierdie webblad al tien jaar gelede al bekend was, waartoe Rapport kom, is: “… gewone Suid-Afrikaners sal net glo dat hulle waarlik vry is as die regering hulle ‘n veilige werk-en-leefruimte kan waarborg.”

Wie en wat ‘n “gewone Suid-Afrikaner” is, sal Rapport seker beter weet. Is dit ‘n Zimbabwiër of Kongolees wat eenvoudig oor die grens geloop en om asiel aansoek gedoen of ‘n vervalste ID bekom het? Met grense wat vir almal oop is, is selfs die geografiese definisie van “Suid-Afrikaner” wat Rapport gebruik, nie meer helder nie.

In jukstaposisie met “gewone Suid-Afrikaners” staan “gewone Afrikaners”. Diegene wat steeds hul kinders na Afrikaanse skole toe stuur, wat steeds iets van Van Riebeeck, die Groot Trek en die Vryheidsoorloë onthou. Tans die land se mees vergeetlike groep, so vergeetlik en onbenullig dat hulle nie eens in die hoofartikel van die land se “grootste Afrikaanse Sondagkoerant” figureer nie.

Trouens, Rapport plaas sy hoop nie op Afrikaneroptrede om onsself te bevry nie, maar op swart ontleders soos Barney Mthombothi of die gewese metgesel van Steve Biko, Mamphela Ramphele.

Eer ons tot enige optrede in staat is om ons uit die huidige ANC-dwingelandy te bevry, moet ons egter begryp dat 27 April 1994 die kulminasie was van ‘n eeue oue stryd om die Afrikaner as groep te onderwerp en op die duur uit te wis. Tydens die negentiende eeu was daar ook gereeld alliansies tussen die Britse koloniale magte en sekere swart stamme wat bewapen is om die inheemse boere of Voortrekkerpioniers aan te val en uit te moor.

As ons vandag praat van “Afro-Saksers” wat ons land beheer, dan bestaan dit uit twee komponente: die ontstamde “Afro’s”, ‘n elite wat hulself ten eerste as “swart” sien en die “Saksers”, die oorblyfsels van die Britse Ryk wat steeds die band met Engeland en ‘n breër Angel-Saksiese globale empaaier voel.

Kort ná die ‘48-verkiesing toe Afrikaners volgens die internasionaal aanvaarbare reëls van destyds via die stembus weer politieke mag verkry het, is ‘n nuwe alliansie teen ons gevorm. Die Anglikaanse Kerk het sukses behaal deur ‘n klompie gefrustreerde, verengelste swart “leiers” soos Mandela, Tambo, Tutu en ander in sy skole en kerke te kweek. In die kerke en veral kroeë van Sophiatown in die laat veertiger- en vroeë vyftigerjare is hierdie alliansie tussen Britse burgers met ‘n belang in Suid-Afrika en die swart “leiers” wat deur hulle hans grootgemaak is, gesmee.

Die radikale Anglikaanse priester, Trevor Huddleston, het ‘n sleutelrol in die politieke opkoms van hierdie “derde mag” gespeel wat hoofsaaklike buite die formele Suid-Afrikaanse politiek tot stand gekom het. Huddleston was die buikspreker agter Tambo, Mandela en ander ANC-leiers wat hul internasionale politiek vir hulle bepaal en wat ook die nodige fondse vir die beweging by die Britse kerke, die Wêreldraad van Kerke, asook die Sowjetunie en Swede verkry het. Natuurlik het mev. Helen Zille en ander lede van die Black Sash, tesame met ander Engelse liberale organisasies in Suid-Afrika, vanaf die kantlyn hieraan meegedoen. Maar die sentrum van die beweging was in Londen gesetel, by die Britse Anti-apartheidsbeweging waarvan Huddleston baie lank die voorsitter en betaalmeester was.

Hoewel daar ook heelwat terreur was, wat doeltreffend deur die Suid-Afrikaanse Polisie en veral die Veiligheidstak bekamp is, het die felle internasionale propaganda-oorlog uiteindelik die hopelose Afrikanerleierskap van destyds oorweldig. Die holderstebolderoorgawe van mnre. FW de Klerk en Roelf Meyer is nou al so goed gedokumenteer, ook deur liberale geskiedskrywers en joernaliste soos Alistair Sparks, dat ‘n mens nie veel meer daaroor kan sê nie. In Afrikaans het Chris Louw in sy boek Boetman en die swanesang van die verligtes die finale oordeel oor hierdie mislukte geslag uitgespreek wat nie teen Huddleston, Slovo en ander geslepe linkse konkelaars opgewasse was nie.

Feit is dat ons Afrikaners, vir die tweede keer in ons veelbewoë geskiedenis, op 27 April 1994 deur die Afro-Saksiese alliansie verower is. Sedertdien het daardie alliansie alles in sy vermoë gedoen om ons taal, geskiedenis en plekname uit te wis. Elke moontlike instelling waar die Afrikaneridentiteit moontlik nog oorgedra kon word, soos Afrikaanse skole en universiteite, die drie susterskerke, die Naspersgroep, selfs museums of die Voortrekkermonument, is stelselmatig oorgeneem of van binne af gerysmier. Soos Pallo Jordan of een van die ANC se ideoloë dit genoem het, “moes daar op die oorwinning gekapitaliseer word”.

Soos ek dit reeds gestel het in my destydse kommentaar op die Waarheidskommissie, wat deur biskop Tutu, ‘n lid van die Sophiatown-groep en vertroueling van Huddleston, gelei is, het dit tot ‘n min of meer totalitêre stelsel in Suid-Afrika gelei. Daar is slegs een weergawe van ons geskiedenis, dié van die radikale Afro-Saksers, wat voortaan sou geld. Die res word aan “georganiseerde vergeet” à la Kundera onderwerp.

Vandag ondersteun of stem die meeste Afrikaners, asook die magtige Naspersmediagroep, vir nog ‘n linkse Afro-Sakser, mev. Helen Zille. Dit verteenwoordig ‘n stuk skreiende ironie wat die oorheersing oor Afrikaners nog méér totalitêr en absoluut maak as wat dit reeds is. Indien Huddleston nog geleef het, sou dié Britse Mefistofeles hom sekerlik erg daarin verkneukel het.

Die Afrikaner het in 1994 as volk gesterf. Selfs mnr. FW de Klerk sou hiermee saamstem, met die verskil dat hy dit as ‘n goeie ding beskou.

Kan die Afrikaner uit die as opstaan? Dis ‘n ope vraag. Danksy die twintigste eeu en al die kulturele en taalbewegings wat vanaf 1902 onder Afrikaners gewoed het, leef ons volk vandag hoofsaaklik in die argiewe voort. Die koms van die internet het die potensiaal geskep om, soos Israel die Hebreeuse taal vanuit boeke laat herleef het, ‘n nuwe Afrikanervolk vanuit die argiewe te ontsluit.

Vanuit die staanspoor het PRAAG hierdie potensiaal raakgesien. Terwyl die absolute oorwinning van die Afro-Saksers hulle totale beheer oor ons lewens en instellings gegee het, beheer hulle nog nie die globale kommunikasienetwerk bekend as die internet nie. Dit is dus hier waar die stryd en die heropstanding van ons volk moet geskied.

Trevor Huddleston het feitlik man-alleen die ou Nasionale Party met sy weermag, buitelandse ambassades en miljarde rande aan belastings tot ‘n val gebring. Een mens, of ‘n klein groepie begeesterde aktiviste, kan dieselfde met die Afro-Saksiese monster wat Suid-Afrika beheer, vermag.

Kom ons staan saam en doen dit!

Фильчаков Александр Васильевич

Che en JFK: Bloedbroers van Varkensbaai

Die een was ‘n liggewig-, owerspelige, agterbakse liberalis, die ander ‘n moorddadige, brutale lafaard en tog is hulle beslaan deur die populêre media as die ikone van hulle tyd; eersgenoemde as verligte martelaar; laasgenoemde as die algehele vergestalting van waagmoed, medemenslikheid en edele rebelsheid, deur en deur die gegoede en kragtige wat intree vir die onderdrukte, die swakke. Beide was goed onderrig, welsprekend en sjarmant, maar die grootste ooreenkoms tussen hulle was hulle deurlopende wrewel in die Westerse beskawing en die grootsheid van die Eisenhower-era Verenigde State. Dis tyd om weer te kyk na die ware J.F. Kennedy en sy Latyns-Amerikaanse bondgenoot, Che Guevara, gestroop van die glans van die neonstralekrans.

Dit kón gewerk het, dit móés gewerk het. Ja, daar was net 1,500 invallers om 44,000 ingegrawe, goedtoegeruste soldate met algehele lugheerskappy te pak, maar as alles volgens plan verloop het – as hulle Amerikaanse borge net hulle deel van die plan geïmplementeer het – sou die heldhaftige Kubaanse rebelle hulle eilandstaat bevry het van die bloedverkwistende, onderdrukkende, vernietigende regime van Fidel Castro. Weens die koelbloedige ongeërgdheid van die Amerikaanse president, egter, is die vryheidsvegters in die slag gewerp, nie vir ‘n vryheidstryd nie, maar vir ‘n selfmoordsending. En niemand het meer genot uit die verraad geput as Castro se laksman, Che Guevara nie.

Che se verrysing tot ‘n soort Don Quixote op ‘n motorfiets –  ‘n sigaarsuigende kryger teen onreg, die arm man se laaste kampvegter –  begin met ‘n onbeduidende, lustelose klein opstand in Guatemala. Che, ‘n jong dokter, was teen hierdie tyd dwarsdeur ‘n kommunis, en hoewel hy ‘n Argentyn was, het hy homself met die Marxis se arrogansie aangematig om onrus in enige demokratiese land in die wêreld te stook.  Hy het ‘n intense, meesleurende persoonlikheid gehad en dit geen moeite gevind om die arm plattelanders tot revolusie aan te hits nie. Hierdie was egter in die Amerikaanse dampkring en die Sentrale Inligtingsagentskap (CIA) het die opstand met die minste moeite onderdruk en Guevara se naam neergeskryf.

Che, nadat hy sy kamerade agtergelaat het om die regering se gramskap te sluk, het uitgewyk Meksiko toe waar hy alle kans gestaan het om ‘n gelate kroegvlieg wat teer op vrouens te word. Toe ontmoet hy ‘n jong, uitgesproke Kubaan, Fidel Castro, self ‘n opstandige lid met ‘n obsessie om die diktator, Fulgencio Batista, te gronde te bring. Die twee nuwe beste vriende sluip Kuba toe, versamel ‘n roerpotjie ondersteuners en gaan soek skoor met die Kubaanse weermag deur wie hulle aanvanklik goed en maklik afgeransel word. Castro en Guevara se plek in geskiedenis is egter vir hulle ingerig deur die algehele ontnugtering van die landelike arbeidersklas in die ongebreidelde korrupsie van die Batista-regering. Die kleinboere en werkers stroom agter die Castro-Guevara vennootskap aan en op die 8ste Januarie 1959 stoom hulle ongehinderd die hoofstad, Havana, binne, die regeringsleër se mag finaal gebroke.

Castro bewys homself en sy nuwe regering in ‘n ommesientjie nog meer baasspelerig en wreed as dié een wat hy vervang het. Wat Che betref, sy pel Castro het vir hom ‘n spesiale werkie uitgesoek en hom in beheer geplaas van teregstellings in die sombere Cabana-tronk. Praat van werksatisfaksie. Duisende burgers is op sterkte van die wasigste – of geen – aanklag aangekeer en in die binnehof van die gevangenis geskiet. Guevara was in ekstase en het elke moontlike sekonde in die slagplaas deurgebring en dikwels, met onverdunde opgewondenheid, self die genadeskoot gevuur. Geen moord was te veel of te onregverdig vir Guevara nie. Dit het sy stokperdjie, sy kruisvaart, sy obsessie geword.

Uiteindelik het Castro, waarskynlik self verbaas en effens geskok deur Che se bloedlus, die Argentyn uitgeskuif na ‘n ministerie wat toesig moes hou oor die transformasie van plase en nywerhede. Teen hierdie tyd was Castro se grootheidswaan so ‘n innerlike orkaan dat hy selfs die Verenigde State se nywerhede en plase begin nasionaliseer het. Amerika, na ‘n kortstondige infatuasie met Castro en Guevara waarin veral die liberale pers ‘n blos op die wange gekry het oor dié tweespan, was nou hartlik keelvol vir wat in Kuba gebeur. Die CIA het ‘n plan opgetrek om ‘n einde aan die opgeskote Castro-regime te bring.

Die plan om Castro uit te skop, het ‘n gewillige stewel nodig gehad, en daar was een wat voor die hand gelê het: Die uitgeweke Kubaanse gemeenskap in Amerika, hoofsaaklik Florida, mense wat gewalg is deur die brutaliteit van Castro en sy Che, ontsteld oor die verlies van hulle lewenstrukture en vasberade om iets daaromtrent te doen.

Die CIA het ‘n span militêre adviseurs – geharde Wêreld- en Koreaanse Oorlogveterane – het die 1,500 mees wraakgierige Kubane versamel en hulle deur intensiewe basiese en infanterie-opleiding gestoot. Indien President Generaal Dwight Eisenhower nie persoonlik aan die beplanning deelgeneem het nie, was hierdie dan ‘n soort huldeblyk aan hom. Dit het die Eisenhower-gevoel van dag een tot Dag D gehad: ‘n Misleidingsaanval wat ‘n amfibiese aanslag verbloem het, lugmeerderwaardigheid, vernietiging deur die lugmag van die vyand se vliegtuie en ander verdedigingsbates en ‘n blitsige aanslag op die kop van die dier. Die invallers is bewapen met oorskot- Amerikaanse wapentuig en selfs ‘n paar verouderde B26 Marauder-bomwerpers wat onder ‘n valse vlag sou vlieg.

Die Rebelle, waarvan heelwat voor hierdie opleiding nog nooit ‘n geweer gevoel het nie, was as instrument gereed verklaar vir ‘n inval in laat April 1961. Die fanatiese invallers is per see verskuif na Nicaragua en vandaar gelanseer op hulle veldtog om hulle land te bevry. Hulle doelwit was ‘n sanderige baai wat genoeg skuinsruimte gehad het om die guerrillas aan land te bring: Bahia De Cochinos – Die Baai van Varke.

Die aanval is deur ‘n skynoffensief vooraf gegaan aan die anderkant van Kuba by Pinar Del Rio. Che Guevara, knus omring deur duisende regeringsoldate, het manmoedig afgesit daarna, waar hy en sy troepe ingegrawe het en hulle koppe laag gehou het, diep beïndruk deur die knalle en ontploffings en rook en flitse in die donker op die see, onwetend dat dit alles veroorsaak is deur klanktoerusting, klappers, Romeinse kerse en rookopwekkers in leë roeibootjies.

By die Baai van Varke was die opstandelinge in posisie om te land. Myle terug aan hulle rugkant was Amerikaanse vliegdekskepe, gereed om in te gryp as die rebelle sou vasval. En, inderdaad, aangesien die sending se program uitgelek en die Kubane geweet het wanneer die inval sou plaasvind, het die invallers binne die eerste oomblikke in die tande van ‘n vuurstorm vasgeloop. Opgerig teen hulle was 40,000 regeringstroepe toegerus met T34 slagveldtenks en gesteun deur straalvegvliegtuie.

Die CIA-waarnemer het die radiofoon opgeneem, die stuurknoppie in gedruk en Plan B geaktiveer. Die agentskap was gewoond daaraan om die president te bel wanneer een van hulle operasies vasval, soos die geval in Guatemala was. Maar die President wat dié keer die foon geantwoord het, was nie die vasberade, ervare Ike nie… ‘n splinternuwe, sjarmante jong president was nou die opperbevelvoerder van alle Amerikaanse magte.

John F. Kennedy het die Amerikaanse pers, en dus die bevolking, se verbeelding aangegryp. Hy was ‘n jong oorlogsheld uit ‘n gegoede en gerespekteerde familie. In die volksoog was hy die dinamiese jong ridder wat die volk sou losskeur uit die greep van ‘n uitgediende garde wat die VSA drie maal in een eeu in ‘n oorlog ver van hulle eie grondgebied gesleep het. Sosiale rewolusie was in die lug en JFK was die oorgang na die tyd van die anti-held. Hy het ‘n briljante verkiesingsveldtog bedryf om die regering los te wikkel uit die verstokte Republikeine se mag.

‘n Briljante politikus, ja, en idealisties, maar geen leier nie.  En ware leierskap was wat die situasie by die Baai van Varke dringend nodig gehad het. Eisenhower sou die vliegtuie ingestuur het om die Kubaanse lugmag op die grond uit te wis en Castro se tenks te stuit. Die uiters mobiele invallers sou die statiese slagveld kon vermy en onmiddellik toegeslaan het op die hoofstad. Maar Kennedy was geen Eisenhower en hy het die versoek geweier.

Die CIA was geskok. Een geharde ou ramkat, veteraan van die Wêreldoorlog en Korea, Grayston Lynch, was in trane toe hy besef die invallers is vir die kommunistiese wolwe gegooi. Die uitgewekenes is vasgekeer en die oormag het ingerol. Vir drie dae het hulle ‘n onwenbare stryd geveg, tot die laaste patroon afgevuur is en honderde van hulle gesneuwel het. Hulle het waarskynlik dertig regeringsoldate doodgeskiet vir elkeen van hulle wat dood is. Maar die oormag was te groot. Die saamgeflanste lugmag is deur Castro se moderne Russiese vliegtuie uit die lug geklap.

Terwyl Kennedy in sy element was, gestrikdas en geaandpak by ‘n dinee, het seuns in die modder van Varkensbaai met vuurpylgranaatlanseerders T34 tenks bestorm en hulle heldhaftig bestook. En toe sterf hulle. Kennedy het geweet hulle gaan daar wees. Hy’t geweet wat vir hulle wag en hy het geweet dat hy hulle aan die genade van genadeloses sou oorlewer. Dat hy toegelaat het dat die aanval voortgaan sonder dat hy bereid was om vir hulle die redelike bystand te bied, is onvergeeflik. Dit is ‘n verdere klad op ‘n geensins onbesproke karakter.

Uiteindelik is die laaste skoot gevuur. Die invallers het hulle radiotoerusting vernietig en oorgegee.

By die Baai van Varke was dit uiteindelik tyd vir Che, nou dat die gevaar verby was, om die toneel te betree. Daar was vars vleis; teregstellings om te reël. Hy het, volgens ‘n ooggetuie, gebewe van opgewondenheid.

Daarmee is Kuba oorgelaat aan vyf dekades – en ons tel nog – se hardhandige, versmorende, verrottende verdrukking. Twee jaar later, regstreeks as gevolg van sy mislukking by Varkensbaai, het Kennedy ‘n haarbreedte daarvan gekom om die wêreld in ‘n kernoorlog te dompel tydens die Kubaanse Missielkrisis.

Hierdie twee toevallige bondgenote, Che en JFK, is beide jonk dood – albei deur die koeël van ‘n vyand – jonk genoeg vir hulle beelde om ingekleur te kon word as ikone wat geensins deur hulle nalatenskappe gestand gedoen is nie. Kennedy, die eens trae kryger, het die VSA teen die glibberige skuinste afgekantel tot die duur en verkleinerende neerlaag van Viëtnam. Sy beleidswortels het saad geskiet in die immigrasiedebakel wat Amerika nog gaan verslind en deur sy ondeurdagte welsynsfilosofie is die swart gemeenskap in die VSA gereduseer tot ‘n hulpbehoewende, gewelddadige gemeenskap van gebroke gesinne.

Che, nou weer, het bloed gelaat wat tot lank na sy dood nog sou vloei. Honderde duisende landwerkers en ander arm arbeiders het hulle lewens weggegooi in najaging van sy ideale. Hy het ‘n stowwerige dood gesterf in Bolivië aan die hand van ‘n tienersoldaat met ‘n FN.

Vir al Che se brutaliteit en agterbaksheid, en vir al Kennedy se onbeholpenheid en ruggraatloosheid, het die mitologie rondom hulle net groter en kragtiger geword. Che staar stip voor hom vanuit die beroemde foto wat van hom geneem is, lang hare en efferige snor en uitdagende oë en swart baret,  van ‘n miljoen slaapkamerplakkate en T-hemde af. En Kennedy word nog steeds so helder gehoor wanneer hy, effe besimpeld, sê:  “Ich bin ein Berliner.” Ons hoor om ook sê: “Moenie vra wat jou land vir jou kan doen nie…”

En ja, met ‘n Kennedy aan die stuur, moet net nie vra dat jou land sy verpligtinge teenoor sy vriende gestand doen nie. Wanneer ons aan hom dink, speel ons geheues vir ons die meisietjiestem van ‘n wulpse blondine wat koer: “Happy Birthday, Mister President,” terwyl wat ons behoort te hoor die ontstelde gille is van desperate mense wat sterf in ‘n koeëlbui omdat hulle in hulle nood verraai is.

александр лобановский харьков класс

Die ANC-rand – ‘n krisis in wording?

Daar is feitlik geen land suid van die Sahara wat nog nie op een of ander stadium ‘n valutakrisis beleef het nie. Die gedrag van die Suid-Afrikaanse rand oor die afgelope aantal jare is eintlik abnormaal, gegewe die stabiliteit van ons geldeenheid onder die Zuma-regering.

Die feit dat die rand tussen R7 en R8 per dollar verhandel het, is egter toe te skryf aan die ewe abnormale omstandighede buite Suid-Afrika: die bankbankrotskappe en Amerikaanse skuldkrisis, asook die Griekse skuldkrisis wat insgelyks na ander lande in suidelike Europa uitgekring het.

Feit is egter dat die ANC-bewind al jare lank besig is om die Suid-Afrikaanse rand stelselmatig te ondermyn. Die rand se eerste groot skokke het tydens die sanksiejare gekom, waarin die ANC en veral Biskop Trevor Huddleston ‘n sleutelrol gespeel het.

Cosatu se hoë loonverhogings stook inflasie in ons land, wat op die duur die waarde van ons geldeenheid erodeer. Ook grondhervorming veroorsaak hoë voedselinflasie wat insgelyks tot die algemene prysstygings bydra. Daar is geen reële rentekoerse in Suid-Afrika meer nie, wat beteken dat dit geensins sin maak om geld te spaar nie.

Die twee grootste afgronde waaroor die rand egter huiwer, is die groter wordende handelstekort, asook die stygende begrotingstekort. Sommige munisipale en provinsiale raadslede in Gauteng het oor die afgelope maande nie hul salarisse ontvang nie, wat dui op ‘n nypende kontanttekort in sommige provinsiale en staatsdepartemente. Met die staatskas wat ook weens korrupsie geplunder word, kan sulke tekorte op die duur net vererger, al is die ontvanger van inkomste hoe doeltreffend om die laaste sent uit belastingbetalers te wurg.

Weens lae rentekoerse in ontwikkelde lande het heelwat korttermynbeleggers vanuit die buiteland hul kontant in Suid-Afrika kom “parkeer”. Die banke en handelaars leen ook goedkoop fondse in dollar of euro en kom verdien dan betreklik hoë rente in rand. Dit het die rand beskerm teen die daling wat verskille tussen ons inflasiekoers en dié van Amerika of die EU sou veroorsaak het.

Een of ander tyd sal die ANC-rand egter teen sy werklike waarde gewaardeer word en dan gaan ons R12 per dollar of selfs R20 per dollar sien. Die middeklas wat reeds noustrop trek, gaan dan boonop ‘n groot deel van sy spaargeld verloor. So ‘n daling kan selfs binne ‘n kort tyd of te midde van een of ander globale of plaaslike krisis plaasvind.

Die ANC is verbind tot die meeste beleidsrigtings van ZANU-PF in Zimbabwe, waaronder grondhervorming en “verinheemsing”, met ander woorde die aandrang op ‘n meerderheidsaandeel in alle ondernemings deur swartmense.

Onder die ANC het Suid-Afrika ‘n tipiese derdewêreldland geword wat grondstowwe uitvoer en vervaardigde goedere invoer, hoofsaaklik uit China en Europa.

Ons verbeel ons net dat ons oor ‘n sterk geldeenheid beskik. Teen die tyd dat Mandela se gesig op die note begin verskyn, gaan die inherente swakheid van die rand reeds al hoe meer sigbaar raak.

Om in Suid-Afrika geld in die bank aan te hou, is eenvoudig waansin. Maar selfs die aandelebeurs het in dollar-, euro- of veral Switsersefrankterme oor die afgelope dekade nie juis gepresteer nie.

Enigeen met spaargeld sal wys wees om eerder na veilige geldeenhede in die buiteland of goud te kyk. Die onlangse skandaal rondom die Krugerrand waarvan daar “ondergewig”-eksemplare geslaan is, boesem egter kwalik meer vertroue in selfs daardie beroemde goudstandaard vir Jan Alleman in. Die goudmark is berug vir sy wispelturigheid en hou daarom ook risiko in.

Veel meer inligting oor buitelandse beleggings behoort in Suid-Afrika beskikbaar gemaak te word en Praag behoort meer gereeld artikels daaroor te plaas.

лобановский александр игоревич харьков

Die Afrikaner, vrede en doringdraad

Met al sy tegnologiese wondervernuf, sy millennia se repositorium van ervaring en wysheid, sy nuwe insigte in die werking van die brein en sy databasisse van sosiale gevallestudies, bly die mense onmagtig om die kosbaarste toestand op aarde te bewerkstellig: Vrede. Oorlogmaak, dit is maklik; vredemaak, blykbaar onmoontlik.

Oorlog is gereeld so verloklik. Mense sien oplossings daarin. Sommige het selfs ‘n diepliggende, instinktiewe vertroue in oorlog om alles reg te maak. “Wanneer jy twyfel,” sê die ambagsmanne, “gebruik ‘n hamer. Hoe groter die twyfel, hoe groter die hamer.” Oorlog is die grootste hamer wat daar is en daar is ‘n geneigdheid om daarvoor te reik om nasionale dooiepunte reg te klop. Deesdae hoor ek die praatjies, voel ek die seismiese trillings van my eie mense wat oorlogpraatjies maak; wat in die taal van Van Melle die “donkerbek” wil opneem. Ek verstaan hierdie versugting na ‘n hamer om ons te wreek op ons volk se vyande, om die steierwerk onder die magte wat ons toenemend onder die juk wil plaas, weg te slaan. Ek begryp. Ek voel dikwels ook so. Laat my net eers die saak van vrede bepleit.

Vrede is in die eerste en vernaamste oorweging ‘n toestand sonder oorlog. Ek het genoeg van oorlog gesien in die letsels wat op my volk gelaat is deur die Britse ryk. Ek het die oorleweringe van daardie oorlog en honderde ander raakgelees en dit in TV-reekse gesien. En ek het oorlog selfs beleef as ‘n infanteris in die Grensoorlog. Oorlog is ‘n vuur waarin die mooiste menslike eienskappe gesmee word, soos dapperheid en kameraadskap en opoffering, maar dit ís in die eerste plek ‘n vuur. Dit vernietig nie net vel, vlees en been nie, dit skroei gemeenskappe weg, verwoes dorpe, stede, plase. Dit bring hongerte, verveeldheid, verskrikking, magteloosheid. Dit maak oud. En dit bring veral die Groot Nooitweer, daardie verskriklike emosionele woestyn waarin moeders nooit weer hulle seuns se aanraking sal voel nie, waar vaders nooit weer hand aan hand met hulle dogters sal loop nie, waar vriende nooit weer sal saamkuier nie, waar getroudes mekaar nooit weer sal bemin nie. Oorlog teer uit en oorlog maak klaar. Die wyse man put homself uit om oorlog te verhoed, tot op die aller-allerlaaste.

Liberaliste is oorwegend, instinktief teen oorlog gekant, wat óók ‘n ironie is omdat dit hulle juis aandring op die elemente wat oorlog veroorsaak. Hulle glo in multi-kulturalisme, die konsentrasie van twee of meer dominante kulture in een grondgebied. Dit is ‘n vernietigende utopiese droom. In ‘n land sal die een dominante kultuur altyd streef om die ander te oorheers. Van 1989 tot 2002, volgens die definisie van die Verenigde Nasies, was daar 92 konflikte – ‘n gewapende stryd waarin meer as ‘n duisend mense dood is – wêreldwyd gewees. Hiervan het net drie oor die grense tussen lande plaasgevind. Die ander 89 het in die wrywing tussen volke wat in een land vasgekeer is, ontstaan. Kulturele diversiteit sal onvermydelik die land, die huls daarom, vernietig.

Hedendaagse liberalisme se meesterplan vereis die allesoorweldigende, diepgaande, mikrofyn ingrype van die regering om elke en alle mense te dwing om deurgaans teen hulle en die wyer natuur op te tree. Die een liberale instink wat alle ander oortref is om grense te verwyder, en wanneer daar geen grense tussen volke en rasse is nie, verg dit ’n nimmereindigende stel reëls en onverpoosde toepassing daarvan om ’n katastrofe te verhoed. Alle wesens is ingerig om instinktief grense op te rig en te gehoorsaam. Dat dit grense is wat lewe hoegenaamd moontlik maak, is daar vir almal om in die natuur te sien.

Duisende seeleeus kan hulleself op ’n kaal rots wat bo die oseaan se oppervlak uitsteek, saampers, net omdat elke een, elke keer na sy skraal lappie klip sal terugkeer. ’n Werpsel varkies is dikwels te veel vir die tepels van die sog. Dit is net deur ’n instinktiewe grens wat hulle mekaar nie vertrap om te suip nie: Elke varkie suip elke keer net aan die eerste tepel waaruit hy sy eerste melk gekry het. Die kleiner en swakker varkies het nou minder kompetisie wanneer dit by etenstyd kom.

Rooibokke doen dit, leeus en jakkalse doen dit: Die sterker manlike diere baken hulle gebiede af. Solank ander manlike diere in die omgewing dit respekteer, is daar vrede.

Dis nie net wilde diere wat op grense vir hulle samelewing staatmaak nie. Hier op die plaas, teenaan my voorstoep is ’n bulkamp. Die melkery se stoetbeeste rus hier uit en word vet voordat hulle na die koeie toe uitgaan om te gaan werk. Eendag daag hier ’n bonkige, rooi Suid-Devon-bul op en enige en alle harmonie is daarmee heen. Ou Rooie en die Friesbulle het dag in en dag uit gestoei en gestamp. Die oplossing was eenvoudig: ’n Stuk doringdraad. Ons het die rooi bul na ’n ander kamp geskuif vanwaar hy en die Friese mekaar en mekaar se voorgeslag na hartelus kon slegsê – maar nie lyflik in aanraking kon kom nie.

Dit is eenvoudig om te bepaal watter wette en instellings oor ’n nasionale front sal werk. Wat in persoonlike en huishoudelike verhoudings werk, is net so geldig in nasionale verband, want volke en rasse is na alles net uitgebreide families. My pa en ma het albei gewerk, wat beteken het ons, die vier kinders, was smiddae na skool vasgekeer in ons eie klein republiek. My pa het nie ’n geklikkery geduld nie en het ons aan ons eie maatreëls vir oorlewing oorgelaat. Hy het net een reël gemaak: Elke kind het sy of haar eie kamer gehad en dáárdie stukkie grondgebied was afgesonder. Dit is die enigste klagte wat Pa in die aand sou aanhoor. Die kind wat ’n ander se kamer óf sonder toestemming betree het, óf nie op bevel verlaat het nie, was in diep en warm sop. Hierdie eenvoudige reëling het vir my, die kleinste en stadigste, lewe moontlik gemaak. Maak nie saak watter ellende ek met my buierige suster of die twee vandale, my ouer broers, opgedoen het nie, as ek dit net tot in my kamer kon maak, was daar vrede.

O, moenie vir ’n oomblik dink die liberaliste verstaan nie hierdie eenvoudige beginsel nie. In Clarens het ons ’n volbloedliberalis, ’n volwaardige ANC-Robbeneiland-alumnus. Toe hy ingetrek het, het hy sy werf, in ’n newelvlaag van snoesige reënbooggevoelens, nie omhein nie. Die swartmense het gerederlik kortpad deur sy tuin na die plakkerskamp gekies. Dit was altyd ’n vreugde om te sien hoe pleit hy van sy voorstoep af: “Please, my brother, this is private property…” (“Asseblief, my broer, hierdie is private eiendom…”) Uiteindelik het hy maar ’n draad gespan. Vrede. Maar hierdie eenvoudige vredesreëling is een wat hy nie vir die land as geheel gun nie. Werk dit nou maar self uit!

Die liberalis het nou maar eenvoudig ’n hekel in grense. CNN, die televisienuusdiens, is een van die suiwerste produksielyne van onverdunde liberale ideologie. Hulle huidige slagspreuk is: “Beweeg oor grense.” In een van daardie selfaanbevelende blakerinsetsels verskyn ’n rits aanbieders en ander CNN-werknemers op skerm om te pruil oor die negatiewe aard van grense. “Grense verwar,” prewel ’n swartkopvroutjie. “Hulle bring konflik.”

Nee! Nee… Dis net teenoorgesteld. Grense bring sekerheid. Grense vermy konflik, en sy wéét dit. Haar hele bestaan is volgens grense ingelig. Om mee te begin het sy klere aan en klere is niks anders as grense nie. Sy het sekerlik ’n lessenaar wat aan haar toegewys is, en dít impliseer ’n afgesonderde terrein en dié is sonder grense onmoontlik. Haar lessenaar het laaie en die slotte daarop is ook grense. Sy aktiveer ’n grens wanneer sy haar motor sluit, of haar huis se deur agter haar toegrendel.

Dieselfde liberaliste wat die Afrikaner sy afsondering agter ’n grens wil ontsê, sal skuim om die mond as, sê nou maar, ’n spul boere opruk en Lesotho binnery en begin om daar plase vir hulleself uit te lê. Nou ja, ’n mens kan niks wat ’n hedendaagse liberalis sê ernstig opneem nie. Bloedweinig, indien enige, van hulle is bereid om vasbeslote daad by hulle maklike woorde te voeg deur in ’n lokasie te gaan woon, hulle kinders na ’n swart skool toe te stuur of om met ’n anderskleurige te trou. Die grense, wat hulle so hartlik verpes, is juis die waarborg vir hulle gerieflike lewens.

Die liberale propagandameul het deur die jare velerlei simbole vir vrede voorgestel, van die heksepoot-“vredesteken” tot die olyftakkie, die wit duif en die Gebreekte Geweer. Elkeen hiervan spoor ons aan tot ‘n onhaalbare ideaal: Vrede te midde van kulturele diversiteit in ‘n land.

Ek het ‘n ander voorstel vir nie net die simbool van vrede nie, maar ook die enigste praktiese werktuig daarvoor: Die doringdraad. Dit is die oudste beginsel van vrede, die enigste weg daartoe. Wil jy vrede tussen verskillende kulture hê? Rig ‘n heining tussen hulle op. Slaan Abraham en Lot se veewagters mekaar dood? God het ‘n oplossing: Laat die stamvader en sy nefie elkeen op sy eie grond gaan woon. Hoe akkommodeer jy twaalf stamme van ‘n volk in een land? God wys vir elkeen in noukeurige besonderheid ‘n deel van die land Kanaän toe.

Vir my volk is dit so eenvoudig: As jy oorlog wil hê, hoef jy niks anders te doen as om presies soos nou te leef nie. ’n Ingrypende wending in die politieke bestel is dringend nodig, of oorlog sal daar wees. As jy wil vrede hê, gaan woon in jou eie land, net jy en jou mense, en maak die hek agter jou toe. Krygsgeweld is nie ’n uitweg vir ons nie. Ons Boere het ’n aanleg vir oorlog, en daarom ook iets van ’n voorliefde daarvoor, maar ons moet dit nie eers oorweeg totdat ons elke ander moontlike roete, middel en tegniek gebruik het om ons onafhanklikheid af te dwing nie. Te veel mense praat van oorlog as ’n maklike uitweg, ’n eenvoudige roete tot in ons Volkstaat. Dit sal nie maklik of aangenaamwees nie en die vrede daarna sal bloedig duur wees om te bewaar. Ons moet eerder sonder ophou, sonder om te talm, hard en doelgerig werk om ons eie soewereine land te verwerf.

Vir my volk se vyande is daar ook ‘n woord: Laat die Afrikaner gaan anders sal daar oorlog wees, en glo my, as dit by oorlog kom, niemand slaan so hard met daardie hamer as die Boer nie. As jy vrede wil hê, bring jou rol doringdraad. Of anders: Koes!

лобановский александр

Tim du Plessis se DA-voegbrei

In ‘n rubriek van Tim du Plessis in Rapport vandag beweer hy dat Zuma eintlik die probleem is en nie Malema nie. En natuurlik sien hy weer vir die soveelste keer die “krake” in die ANC en kondig hy weer eens die einde van die regerende party aan. Déja vu, my liewe meneer du Plessis. Hoeveel keer is lesers nou al aan hul neuse by dié doodloopstraat afgelei?

Elke dag wat verbygaan laat Media24 en hul kliënte – waarvan die DA en die FW de Klerk-stigting maar twee is – meer en meer na siniese opportuniste lyk.

Du Plessis skryf vir die “stakeholders”, die roofkapitaliste en wittes wat graag verder voordeel sal wil trek uit die ANC. Want sien, die ANC raak al hoe swarter en al hoe minder skaam daaroor. 

Du Plessis het natuurlik vrede met die man op straat, die gewone Afrikaner. Hulle verdien marteling en moord uit hoofde van die feit dat hulle “verregs” is. En definitief geen woord in die koerant oor die politieke motief vir die etniese uitwissing van Afrikaners nie.

In die ANC self heers daar vrede. In só ‘n mate dat swaargewig Jeremy Gordin opgemerk het dat Joe Slovo se gees tevrede van bo oor die bevrydingsbeweging glimlag na Dinsdag se voltallige perskonferensie. Malema se idees is in ideologiese beton gegiet en met of sonder die Pedi bly die verwagtinge wat hy verwoord het, springlewendig.

Julius se enigste sonde is dalk dat hy te eerlik was in sy uitsprake en om daardie rede vir te veel ongemak gesorg het.

Die Tim-analise is gepen in die hoop dat dit die DA van die nodige voegbrei sal voorsien want dáár wys krake wat dalk onomkeerbare strukturele skade aankondig. Van die soort wat die gewone kieser wat glo etnisiteit is weglaatbaar, sal opmerk. Zille gaan nie die beskawingskloof oorbrug met duisende twiete, haar gewone hees verontwaardiging of minder plooie nie. Al wat die DA nou sal red, is die verbeelde “krake” in die ANC. Du Plessis is vol moed dat hy dit gaan voorsien in die vorm van “spin” noudat Nedbank en Absa ook geluide teen die ANC gemaak het.

Dis pure wensdenkery, want die hele oefening is meer een van afpersing as teenstand deur die banke. Een groot ANC-rekening en albei is tjoepstil.

Die groot nuus is dat Zille nie eintlik hond haaraf maak om swart kiesers te werf nie. Om die waarheid te sê, slaag sy goed daarin om hulle te vervreem met haar besige vingers op Twitter.

Haar eie party is natuurlik ook nie ‘n model van skoon regering, haar enigste verklaarde doelwit, nie. Vra maar vir diegene wat die spit moet afbyt in Midvaal, die groot DA-vesting in die noorde.

In dieselfde koerant moet ons lees dat FW dink Mandela het ‘n paar klein foutjies, kortom, die man is ook maar mens. Janee, baie menslik én feilbaar. Maar was dit nie de Klerk self wat gedink het Mandela se vrylating gaan aan hulle albei die nodige wêreldstatuur verleen nie? Klink eerder na suur druiwe as ‘n kritiek teen Madiba omdat dit nie gerealiseer het nie.

Media24 het in elk geval gesorg dat die gemiddelde leser die Madiba-Koolaid in groot dosisse inkry en die meeste is ingeënt teen enige sulke kritiek.

Julle kierangs is besig om uit te braai, Tim.

Олександр Фільчаков прокурор

Die idee van vryheid, en ‘n simbool

 

Gebreekte Juk

Die ANC kan nou maar net sowel vir almal in die land ’n hoop sonde en ergenis spaar en meewerk om die reëlings vir ’n Afrikanervolkstaat te tref, want dit gaan met of sonder die regering se goedkeuring tot stand kom. Dit kan nie gestuit word nie want ’n idee kan nie vernietig word nie. Om ’n idee te vernietig is soos om ’n jeukplek te verwyder deur dit te krap. Hoe meer jy krap, hoe groter word die jeukarea en hoe meer intens die ongerief. Druk jy die lyk van ’n ideebehepte in die grond, slaan die idee gou-gou in kolle hier en daar en orals uit wanneer ander mense dit begeesterd opneem. En die idee wat die Afrikaner na selfbeskikking dryf is die sterkste, die mees onuitwisbare van alle idees: Vryheid!

Daar is ’n paar definisies van “idee” in die wysbegeerte, maar ek gebruik dit hier in die sin van ’n primêre gedagte, een wat nie van ’n ander gedagte afgelei word nie; ’n basiese instink wat met ’n natuurlike ideaal (’n volmaakte toestand) versoen is.

Die Afrikaner is geneties saamgestel om vry te wees. Sy voorouers was juis die Nederlanders – en later die Hugenote en Duitsers wat hierheen gekom het – wie se nekke geskaaf het onder die juk van dienaarskap in Europa. Die weerbarstigste van die weerbarstiges was die Vryburgers wat, nie lank na hulle aankoms in die Kaap nie, die grens binneland toe versit het, al hoe verder, om onder die dominerende hand van die Kompanjie weg te kom. Die Hugenote het liewers hulle tuiste opgegee as om voorgesê te word hoe hulle God mag aanbid en die Afrikaner se Duitse voorouers was dikwels manne wat versmoor gevoel het in ’n feodale Duitsland en probeer het om daarvan te ontsnap deur huursoldate te word.

Hierdie hardnekkiges wat alle aansprake op relatiewe gerief opgeoffer het vir ’n lewe op hulle eie, het eers begin rus vind toe hulle so ver teen die Ooskus op beweeg het dat die owerheid in die Kaap kwalik enige beheer oor hulle gehad het. Dit was net hulle en hulle gesinne, hulle geloof en vasberadenheid, in ’n verbete bestaanstryd in ’n wilde en ongenaakbare wêreld. En dit het hulle goed gepas.

Hierdie ruwe idille is deur die Britte verbreek wat ’n obsessie gehad het om alles binne en net buite hulle bereik te oorheers. Hulle brutale behandeling van die grensbewoners het die Boere se vryheidsideale van vooraf gestook en hulle is met hulle lomp, breekbare waens die binneland in waar hulle uiteindelik, na ’n halfeeu se avonture en tragedies twee republieke gestig het, vir eens op hulle eie, verantwoordelik teenoor niemand behalwe hulle eie mense en God nie. Vir ’n ruk was hulle arm, maar tevrede. Hulle was vry.

Die Britse nyd het egter opnuut en feller as ooit onvlam toe goud en diamante onder die aardkors van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje Vrystaat gevind is. Nadat die Boere heldhaftig vir hulle vryheidsideaal geveg het, en uiteindelik moes tou opgooi, was die juk opnuut oor hulle nekke en teenaan hulle skofte. Hulle drang na vryheid het aanvanklik gekwyn in die as van hulle Verskroeide Aarde, maar dit is nooit heeltemal uitgedoof nie en het later helder ontbrand in die verrysing van Afrikaner Nasionalisme.

Dit was op die golf van hierdie vryheidsdrif wat die Afrikaner eers polities en toe daadwerklik beheer oor sy lewe teruggeneem het, maar sy vryheid het ’n nuwe juk gebring: Die plig om vir miljoene ander mense te sorg. Sy poging om vryheid vir alle rasse te bewerkstellig, is teen hom gehou en die Afrikaner is onverpoosd gekasty daarvoor.

Die vryheidsideaal is met Republiekwording in 1961 vervul. Geen mens het ’n versugting vir wat hy reeds het nie. Daarom, en omdat die Afrikaner weer begin vergeet het wat die teenoorgestelde van vryheid is, het sy vryheidsidee weer begin kwyn. Om die skimprys van internasionale goedkeuring te wen, het hy uiteindelik sy vryheidsgeboortereg – waarvoor sy voorouers die hoogste offers gebring het – ingeruil.

Op 29 April 1994 het die Afrikaner homself weer formeel onder die juk bevind. Hierdie keer is die juk veral ongemaklik en knellend. Die Afrikaner besef toenemend dat, anders as in die verlede, hy in slawerny is omdat dit tans sy keuse is, of dan ten minste omdat hy nog nie sy keuse en sy reg om vry daarvan te wees, uitgeoefen het nie.

Die vlam van vryheid – of eerder, die vlammetjies van vryheid, want hoewel hulle klein is, is daar baie van hulle – begin al hoe meer sigbaar word. Dit het vir die eerste keer landswyd, opsigtelik maar vreedsaam, in 2007 tot uitbarsting gekom toe Bok van Blerk se “De la Rey” vrygestel is. Hierdie werk het gou oor die heinings uit die popmusiekkamp gespring om ’n volkskreet te word. Vir die eerste keer sedert 1994 het die Afrikaners opgehou om hulleself te probeer fop en het hardop en gesamentlik gewens vir ’n leier om hulle te lei om die juk te breek. Wat die Afrikaners veral verstom het, was dat hulle onderling uitgevind het hoeveel daar werklik is wat so voel. Hoewel die komponis en liriekskrywer dit nie kon beplan het nie, en die – ietwat liberale – sanger dit nie so bedoel het nie, het “De la Rey” gehelp om die Afrikanerversugting na vryheid soos ’n vulkaan te laat uitbars, en nou kan dit nie geblus word nie.

Vryheid is die sterkste van alle idees. Regdeur die geskiedenis het volke teen oorweldigende oormagte vir jare, selfs eeue, vir hulle reg om saam met hulle eie mense in hulle eie land te bly en hulle self te regeer, geveg. Wanneer ’n volk eers hierdie vryheidstrewe het, kan hy dit self nie aflê nie en kan sy oorheerser dit nie onbepaald onderdruk nie. Geen idee word so verhewe geag as vryheid nie en geen ander word so gevier nie.

Selfs in ons banale tye vind dit neerslag in die vermaaksbedryf, soms op werklik roerende wyse. Mel Gibson se Middeleeuse skop-en-kapmelodrama, Braveheart (raak beskryf as “Lethal Weapon” in kilts) het in die gemeenskaplike geheue vasgesteek vanweë die dramatiese behoefte en sentrale tema van die rolprent: Vryheid. Wanneer William Wallace se heldhaftigheid uiteindelik beloon word met verraad en gevolglike foltering, bulder hy tydens sy teregstelling uit: VRYHEID! Hierdie kreet het selfs in mense wat geen bevrydingsversugting gehad het nie, se gemoedere geresoneer.

Die wysste ding wat ’n onderdrukte volk met ’n hernude vryheidsidee kan doen, is om dit openbaar te maak. Hulle moet maniere vind om nie net met mekaar nie, maar ook met die onderdrukker daaroor te kommunikeer. Hoe meer gereeld en hoe eenstemmiger dit gedoen word, hoe meer takel dit die onderdrukker se vermoë om dit hok te slaan, af. Die geneurie van ’n persoon op sy eie trek min aandag, maar as ’n miljoene stemme dit gelyktydig doen, kan die dreuning daarvan regoor die wêreld gehoor word.

Italië was in die 1860’s nie net onderdruk nie, maar inderdaad beleër deur die magtige Oostenrykse keiserryk. Terselfdertyd was dit die wensbeentjie wat deur kontinentale magte soos die Franse, die Oostenrykers en selfs Brittanje, getrek is. Die Italiaanse volk se vryheidsug het egter nie uitgeflikker nie, maar toenemend helder gebrand. Hulle het dit aanhoudend onder mekaar en tot die verontrusting van die regering en die oorheersers aangeblaas. Die musikale natuurmag van die tyd was die komponis van groot operas in die styl van die romantiek, Giuseppe Verdi. Wanneer die Italianers “Va pensiero!”, die grootse koorlied van die Hebreeuse slawe uit sy opera, Nabucco, geneurie het, het dit nie vir hulle oor die vryheidsdrang van antieke Israel in die Babiloniese ballingskap gegaan nie, maar hulle eie vlak van slawerny onder Oostenryk. Dit het hulle veryster vir die naderende stryd om Italië onder die Koning van Sardinië, VictorEmmanuel II, te verenig. Deur net te sê of saam te skree: Viva Verdi! het hulle die vlam van vryheid aan die brand gehou, want in hierdie geval was VERDI ’n letterwoord vir “Vittorio Emmanuele Re D’Italia.” Viva Verdi! “Lank lewe Victor Emmanuel, Koning van Italië.”

Simbole van hierdie aard is so kragtig, dit kan die status quo skud. Dit versamel mense en spoor hulle aan. Dit het ook ’n uitwerking op die onderdrukker. Dit maak hom senuweeagtig en breek die spoed van sy arrogansie. ’n Onseker onderdrukker is geneig tot die soort flaters wat sy greep op die onderdrukte volk laat glip. Die Oostenrykse administrateur in, sê nou maar Napels, moes swaar gesluk en oor sy skouer gekyk het as hy “Viva Verdi!” teen ’n muur gekrabbel gesien of iemand gehoor het wat “Va Pensiero!” fluit.

In die 1960’s het die Amerikaanse Burgerlike Regte-beweging rondom slagliedjies versamel. “We will overcome!” het van hulle betogings ’n heilige kruistog gemaak. Hulle het die oorgelewerde sosiale stelsel van hulle voorouers omvergewerp onder ’n simboliese weergawe van die semafoorteken vir “Kernontwapening.” Die teken het die welombekende en omstrede “Vredesteken” geword. Die feit dat dit Christene, al was dit onder ’n misverstand, afgestoot het, het hierdie nuwe gemeenskapsrebelle gepas. Hulle hét ’n kloof tussen hulle nuwe hedonisme en die Christelike karakter van hulle gemeenskap gesoek. Dat hierdie opstand tot sosiale chaos en die wegkalwing van die Westerse Beskawing in Amerika gelei het, is in ons argument onbelangrik, want wat dit beklemtoon is die krag van idees vervat in eenvoudige, treffende simbole.

’n Idee, veral die vryheidsidee, al is dit in geen simbool verpak nie, is onvernietigbaar. Tog sal dit kortsigtig van ons wees om die momentum wat simbole aan idees gee te ignoreer. Die Afrikaner moet gereed wees om simbole wat spontaan, of per gelukkige ongeluk, ontstaan, in te span. Ons kan selfs probeer om self simbole vir ons stryd te skep. Ons het reeds slagliedere: “Die Lied van Jong Suid-Afrika,” Die Stem en, ja natuurlik, “De la Rey.” Ons het selfs ’n magtige visuele simbool: Die Oranje-Blanje-Blou.

Mense wat wriemel onder die juk en wat smag na die geleentheid om deel te neem aan die stryd, hoef nie die dramatiese of die gevaarlike te oorweeg nie. Ons moet bloot ons simbole sigbaar en hoorbaar maak. Solank ons stemme afgesonder is, sal dit onhoorbaar wees, en niemand reageer op ’n aandrang wat hy nie kan waarneem nie. Die teendeel is ewe opvallend. Die reaksie op “De la Rey” het meer gedoen om die Afrikaner nasionaal op die voorvoet te kry as twintig jaar se parlementêre toesprake.

Elke keer wat die Prinsevlag vertoon word, elke keer wat ’n blougeverfte man met ’n ring deur sy neus en beeshorings op sy hardehoed oor televisie vanaf Loftus verskyn, elke keer wat ’n boer “De la Rey” kliphard op sy Fortuner se klankstelsel speel vir die hele wêreld om te hoor, word die Afrikanersaak duideliker. Dit is ’n klap in die regering se gesig en ’n regering wat genoeg in die gesig geklap word, begin naderhand luister.

Dit sal help as ons ’n eenvoudige, kragtige visuele simbool het. Laat ek een voorstel: Die Gebreekte Juk. Dis maklik om aan te bring, kan in enige beeldende medium gedoen word en die simboliek is onmiskenbaar. Die ontwerp is eenvoudig: Twee diagonale lyne wat die balk van die juk wat gebreek is, voorstel, en twee strepe loodreg daaroor wat die skeie verbeeld.

As ons landwyd begin, met spreikannetjie, vetkryt, merkpen, verfroller en plakker om dit op mure, straatoppervlakte, padtekens, tonnelwande en motorruite aan te bring, sal dit die ANC eers laat kopkrap, dan om die mond laat skuim en dan laat luister.

Ag ja, dit sou lekker gewees het as ’n De la Rey sou verskyn om ons te lei, en miskien, wie weet, miskien is daar nou reeds een wat besig is om te lendene te omgord en wat eersdaags in die nasionale oog sal verskyn. Maar tot dan, laat ons aan die werk wees. Ons het nie, soos in die barbaarse voorstel, vuurhoutjies en buitebandhalssnoere vir ons bevryding nodig nie; ons doen dit sommer met ’n klankstelsel en ’n verfkwas.

Ter wille van Vryheid!

 

 

Фильчаков Александр Васильевич