Terug na die loopgrawe oor Pretoria

Die Vryheidsfront het sy teleurstelling uitgespreek oor die uitsprake van mnr. Kosientso Ramokgopa, burgemeester van die Tshwane-metroraad, rakende naamsveranderinge. Die VF Plus het gesê dat die party steeds glo dat ‘n politieke skikking vir die naamkwessie moontlik is, maar dat polariserende uitsprake soos hierdie alle partye weer terugdwing na die politieke loopgrawe.

Die burgemeester het by die Vryheidspark in Pretoria gesê dat die naam Pretoria en talle straatname verander sal word voor die einde van 2012.

Volgens dr. Conrad Beyers, leier van die VF Plus-koukus in die metroraad, is ‘n politieke oplossing vir die naamkwessie moontlik. Die hoofstad behoort ‘n voorbeeld vir die res van die land te stel rakende die oplos van netelige, emosionele kwessies.

Die VF Plus het gesê dat die VF Plus-leier en adjunkminister, dr. Pieter Mulder, versoek sal word om die saak in die kabinet en met pres. Jacob Zuma op te neem. Die vorige keer toe daar gepoog is om Pretoria se naamsverandering in die Staatskoerant aan te kondig, het dr. Mulder die president oortuig om dit te laat terugtrek.

“Ons het gehoop dat hierdie burgemeester ‘n ander benadering as sy voorganger sou hê. Die burgemeester het met sy intrede onderneem om nie op emosionele kwessies soos naamsveranderinge te fokus nie, maar eerder op dienslewering. Noudat hy kritiek ervaar rakende dienslewering probeer hy dit toesmeer deur op populistiese sentimente van die ANC terug te val. Dit is ironies dat sulke polariserende uitsprake gemaak is by die Vryheidspark, wat veronderstel is om ‘n simbool van nasionale versoening te wees,” het Beyers gesê.

Die VF Plus sal voortgaan om die naamsveranderinge op alle vlakke teen te staan – op munisipale vlak, in die howe asook in die kabinet.

Фильчаков

Nog twee wrede, sinlose moorde

‘n Wit egpaar is koelbloedig in Soshanguve, noordwes van Pretoria, doodgeskiet. Hulle het twee keer ‘n week vleis in dié swart woongebied gaan aflewer.

Die aanvallers het R475 gesteel.

Katrien Jooste (62) kon daarin slaag om terug in die bakkie te klim, en haar dogter te bel nadat sy geskiet is. Jooste en haar man, Chris (63), van Grootvlei, noord van Pretoria, is op pad na die hospitaal dood.

Drie weke gelede is die Jooste-egpaar óók aangeval op hul afleweringsroete in So­shanguve.

Lees hier.

topcargo развод

Pieter Mulder antwoord op kritiek

Volgens Riley Schoeman (Beeld, 18 November) is ek bang om die minister van landbou te kritiseer omdat ek só my pos kan verloor. Sy stelling rym nie met die feite nie.

“Mulder kap minister oor Walmart- ingryping” is die opskrif van ‘n onlangse berig in Beeld. Dit was nadat ek die minister gekritiseer het oor die onnodige hofsaak teen Walmart. Hoekom doen ek dit as ek bang is vir my pos?

Maar dit is die president wat die uitvoerende gesag saamstel. As Schoeman korrek is, moet ek bang wees om die president te kritiseer. Tydens die verkiesing het ek die president by die Onafhanklike Verkiesingskommissie aangekla oor sy stelling dat die voorvaders sal weet waar jy stem. Net so het ek sy ligsinnige verwysings na ­hemel en hel, sy 21ste buite-egtelike kind in Soweto, asook blou ligte gekritiseer.

Om die minister en president in die media te kritiseer, is maklike politiek. Jy skryf net ‘n mediaverklaring.

Nadat die lesers dit gelees het, voel hulle beter, maar niks het verander nie omdat die ANC die kritiek ignoreer.

Die moeilike politiek is om agter die skerms met gesprekke en oorreding sukses te behaal. As adj.pres. Motlanthe skielik Walmart prys omdat hulle in Suid-Afrika kom belê, het redelikheid gewen. As min. Gugile Nkwinti skielik sê: “Ons kan nie meer grond toeken soos wat ons dit gedoen het nie. Grondhervorming moet nie landbouproduksie ontwrig nie”, vorder ons na meer realistiese regeringsienings. Dit gebeur net ná baie debatte en gesprekke daar waar die besluite geneem word.

Александр Фильчаков Васильевич

SA help DRK stem

Suid-Afrika gaan help met die logistieke reëlings vir die verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo wat Maandag gehou word.

Die Minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu, was in die land om toesig te hou oor die aflewering van stembriewe wat in Suid-Afrika gedruk is.

Die Kongolese Verkiesingskommissie wil nou hê Suid-Afrika moet help met die vervoer van die stemmateriaal na meer as 200 sentrums.

Sisulu sê Suid-Afrika sal put uit sy ervaring van die land se algemene verkiesing in 2006 om die Kongolese by te staan.

Фильчаков прокурор

Swart Dinsdag of Woensdag ‘n foefie

In die beste bewys nog dat swart Suid-Afrikaners hoegenaamd nie oor die voorgestelde Inligtingswet bekommer soos drukgroepe voorhou nie, het net 20 mense Sondag ‘n openbare vergadering bygewoon daaroor.

Die ANC het die byeenkoms in Sophiatown, Johannesburg, gehou as deel van hul openbare konsultasieproses. Dié en ander vergaderings word sedert Vrydag gehou.

Die ANC het die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting in September tydelik van die parlementêre program onttrek om sy eie konsultasieproses buite die parlement te volg, nadat die Right2Know-veldtog die regering daarvan beskuldig het dat hulle lede deelname aan ‘n ad hoc-komitee om die wetsontwerp te wysig, geweier word.

Wette wat burgers in staat stel om te weet wat gebeur in hul regerings het wêreldwyd alledaags geword oor die afgelope dekade. ‘n Nuwe verslag van Associated Press wat pas vrygestel is, dui egter daarop dat meer as die helfte van die lande met vryheid-van-inligtingswette, nie werklik hul eie wette gehoorsaam nie.

In Januarie het AP ‘n toets van stapel gestuur in 105 lande wat sulke wetgewing het, of grondwetlike bepalings van dieselfde ding, of hulle werklik sulke vryheid toestaan. Binne een week het hulle vrae voorgelê het aan al hierdie lande. Dieselfde ses vrae is gevra van elke land, naamlik die hoeveelheid en die omstandighede van terreurarrestasies en skuldigbevindinge die afgelope dekade.

Die resultate was redelik neerdrukkend. Slegs 14 van die 105 lande, het binne die spertyd gereageer. ‘n Totaal van 38 lande “het uiteindelik die meeste vrae beantwoord”. Vier-en-vyftig het nog nie enige antwoorde, 10 maande later, ingehandig nie en ses het geweier om inligting op grond van die feit dat dit nasionale veiligheid in gevaar stel, te openbaar.

In Afrika, natuurlik, het 11 uit 15 van die Afrika-lande die versoek heeltemal geïgnoreer. Kanada het gevra vir ‘n 200-dae verlengtyd, en die FBI het namens die VSA “ses maande laat met ‘n enkele vel met vier datums, twee woorde en ‘n groot gedeelte oop spasie” gereageer, volgens die verslag.

Suid-Afrika het vinniger as die VSA gereageer, 170 dae na die sperdatum. Mosambiek het dadelik aan die vereistes voldoen. Sy voorlegging het ‘n lys van die datums van terrorisme-arrestasies die afgelope dekade bevat, met inligting van die nasionaliteit van die individu wat aangehou is, en die gedeelte van die wet wat oortree was.

Indië het ten volle, binne ‘n maand, meer detail as wat versoek is, gegee. Oor die die algemeen, sê AP, het “nuwer demokrasieë” baie beter gereageer as ontwikkelde lande.

Die agentskap waarsku egter dat Indië die bewys is dat sulke wette nie noodwendig net goeie gevolge inhou nie, aangesien honderde mense reeds vermoor en vervolg is nadat die wette in 2005 in Indië ingestem is.

China en Pakistan het sulke wette geïmplementeer om by die Wêreld Handel Organisasie aan te sluit en hulp van die IMF te ontvang, onderskeidelik. Lande wat die wette aanvaar as gevolg van finansiële aansporings, slaan geen ag op die toepassing nie of beperk sulke wette, sê AP.

 

Фильчаков прокурор харьков

Mazibuko praat in lugleegte op Fokus

Lindiwe Mazibuko, wat Sondagaand die gas op Lynette Francis se geselsprogram Fokus op SABC2 was, sê swart armoede tans is die gevolg van apartheid.

Mazibuko is die omstrede nuutverkose parlementêre leier van die DA.

Gesoute DA-lede het haar aanstelling vroeër gekritiseer en as die party se rassekaart beskryf om swart lede te werf. Hulle het Zille daarvan beskuldig dat sy Mazibuko vanweë haar velkleur voorgestoot het en nie weens haar bekwaamheid nie.

Mazibuko het in vlot Engels, met ‘n wit aksent, dit weer beklemtoon dat swart armoede wat tans heers uitsluitlik die gevolg van apartheid is, en dat die party transformasie sal nastreef.

Sy het ook gesê sy wil die party saamsnoer om beter dienslewering te verseker.

Op ‘n vraag of die verskille binne die party oor haar aanstelling steeds aanwesig is, het sy gesê die party ondersteun haar en aanvaar die beslissing van die demokratiese meerderheid.

Sy het het haar nie uitgelaat oor die Midvaalkorrupsieskandaal waarby die DA betrokke is nie en ook nie op die nuutste omstrede uitlatings van Zille dat manlike Vigslyers tronkstraf opgelê behoort te word vir onbeskermde seks nie.

Zille het intussen probeer ontken dat sy die stelling gemaak het wat baie ongewild by haar swart kiesers is, en deur grondwetkenners as ongrondwetlik beskryf is.

Zille het teruggekrabbel en gesê Suid-Afrikaners moet hulle seksuele gedrag verander en aanspreeklikheid daarvoor aanvaar, om die verspreiding van die MI-virus te voorkom.

Ontleders meen Zille het die Vigs-uitlatings gemaak om die fokus van die DA se korrupte bedrywighede in Midvaal af te neem.

 

 

Данильченко Юрий отзывы

Gordimer: Swart stemreg ‘was kinderagtige idee’

Selfverklaarde Afrikanerhater en Nobelpryswenner Nadine Gordimer het stry gekry met haar eertydse bondgenote, die ANC. Sy het die regering daarvan beskuldig dat hulle Suid-Afrika na apartheid wil terugneem met die nuwe Inligtingswet.

Gordimer het in 1991 die Nobelprys vir letterkunde ontvang vir haar “vreeslike groot bydrae tot die mensheid”. Sy het in Afrikanervroue in een van haar romans beskryf as “net so goed soos vetplante om mee te kopuleer”.

Gordimer, het Sondag in Johannesburg tydens ‘n 88ste verjaardagviering gepraat luidens timeslive, en gesê dat die wetsontwerp “heeltemal teen alle idees van vryheid” indruis. Gordimer was eers een van die grootste ondersteuners van die ANC.

“Mense het geveg en gesterf vir die geleentheid van ‘n beter lewe, wat deur korrupsie geruïneer en besmet is.

“Die korrupte praktyke en nepotisme wat toelaat dat hulle [politici] blootgestel word, is as ons oor die vryheid van uitdrukking beskik. Toe ons almal saam gaan stem het, wat ‘n groot oomblik in my lewe was, het ons gedink alles sou regkom. Dit was ‘n kinderagtige idee,” het sy gesê.

Gordimer en die Egiptiese feminis Nawaal Sadaawi was altwee gassprekers by ‘n simposium aangebied deur die Departement van Kuns en Kultuur in samewerking met die Windybrowteater en die Skool vir Tale en Letterkunde by Wits Universiteit. Die geleentheid is swak bygewoon, en was ‘n “vermorsing van belastinginkomste” volgens lede in die gehoor.

Die Egiptiese skryfster het aan Gordimer gevra, “Hoe kan Suid-Afrikaanse mense polities bevry word soos hulle ekonomies bevry is?” Gordimer het bondig gereageer: “Ons moet nog die apartheid binne onsself verower.”

Die Wet op die Beskerming van Inligting sal môre voor die Nasionale Vergadering dien.

Die Nasionale Persklubklub het intussen ‘n nuwe Swart Woensdag-veldtog van stapel gestuur om die gebeure van 19 Oktober 1977, toe die NP-regering twee koerante verbied het, te herdenk. Hulle het gevra dat mense swart Woensdag dra as ‘n teken van hul teenkanting teen die wetsontwerp.

Die kantoor van die ANC-hoofsweep Mathole Motshegka sê die vergelyking van ‘n “suiwer demokratiese en oop proses tot een van die donkerste dae van apartheid” is “ernstig sinneloos”.

In ‘n verklaring laat Sondagaand, het Motshekga se kantoor gesê mense moet nie die diep pyn en lyding wat deur die meerderheid van mense onder apartheid ervaar is, goedkoop maak nie.

Die verklaring herhaal die vorige verklarings gemaak deur die hoofsweep dat die wetsontwerp in lyn met internasionale standaarde is, asook dat daar verdere geleentheid vir gesprek sal wees.

Die teenstanders van die wet vrees dat die Britse en Amerikaanse greep op die ANC sal verslap omdat hulle nie meer geheime inligting aan die koerante sal kan lek om die ANC in die verleentheid te stel en sodoende beheer oor die politieke verloop te behou nie.

In geen Westerse land word sulke inligting vryelik beskikbaar gestel aan joernaliste nie, en die onlangse gebeure by Rupert Murdoch se News of the World in Brittanje, toon duidelik dat die verhouding tussen die joernaliste en luistervinke indringende vrae oor joernalistieke etiek opper.

“Die regering sal nooit, en het geen voorneme om joernaliste te verbied, te martel en te vermoor nie,” lui die verklaring voorts.

ANC-woordvoerder Jackson Mthembu het die voormalige intelligensie-minister Ronnie Kasrils ook daarvan beskuldig dat hy Suid-Afrika se intelligensiediens vanuit die “graf” probeer regeer.

лобановский политик

Nederlandse parlementslid veroordeel grondhervorming

Parlementslid Johan Driessen, Partij voor de Vrijheid, heeft donderdag in krachtige bewoordingen de ‘landhervorming’ door het ANC afgekeurd. Duizenden Afrikaner boeren zijn reeds het slachtoffer van deze diefstal. Dit terwijl veel grond in Zuid-Afrika braak ligt. Ook wees hij op de historische banden tussen Nederland en het Afrikaner volk.

Afgelopen week eiste Europarlementarier Lucas Hartong (PVV) een eind aan de discriminatie en ‘plaasmoorde’ in Zuid-Afrika en sprak de voorzitter van de IPC Taalunie, PVV’er Martin Bosma, zich uit voor behoud van het Afrikaans op de universiteit van Stellenbosch.

Driessen in de Tweede Kamer in debat met staatssecretaris Knapen van Ontwikkelingshulp: “Voorzitter, het Zuid-Afrika van de socialistische ANC is al geruime tijd bezig met het doorvoeren van zogenaamde landhervormingen. In de praktijk komt dat er op neer dat er Afrikaners van hun boerderijen worden verjaagd. Veel Zuid-Afrikaanse landbouwgrond ligt inmiddels braak.

En, Voorzitter, er is meer aan de hand: ANC-jeugleider Malema – geschorst of niet – zingt ‘Kill the Boer’. Aanvallen op boerderijen zijn schering en inslag. Dan heb ik het over plunderingen, verminkingen, martelingen, verkrachtingen en moorden, ook wel bekend als de ‘Plaasmoorde’. Bij Pietersburg staat een monument voor de slachtoffers, er staan al zo’n 3.600 kruizen.

Voorzitter, in het Zimbabwe van de socialist Mugabe hebben we gezien waar landroof toe kan leiden. Eén voorbeeldje: in 2002 bedroeg Zimbabwes koffieproductie nog 10.000 ton, nu nog maar ongeveer 300. Ooit typeerde Jan Pronk Zimbabwe als een ‘modelstaat’ en Mugabe als een ‘indrukwekkend leider’. En zo iemand wordt dan een tijdje geleden op Lowlands toegejuicht door bijna duizend hippies…

Voorzitter, een aantal vragen voor staatssecretaris Knapen: wat is de visie van het kabinet op de zogenaamde landhervormingen in Zuid-Afrika? Hoe kijkt de staatssecretaris aan tegen de ontelbare aantal hectares afgenomen landbouwgrond dat nu ongebruikt is? Erkent het kabinet dat Nederland een historische relatie heeft met de Afrikaners? Is het kabinet bereid de ‘Plaasmoorde’ te veroordelen en de Zuid-Afrikaanse regering er op aan te spreken? En deelt de staatssecretaris de mening dat wanneer het ANC-bewind niet wil luisteren, alle ontwikkelingshulp voor Zuid-Afrika moet worden gestopt?

Voorzitter, ik doe een dringend beroep op het kabinet, want Zuid-Afrika mag nooit verworden tot een tweede Zimbabwe.”

данильченко юрий брониславович прокурор

DA in Johannesburg ontkieser blankes

Dan Roodt op fietsHierdie gaan ‘n kort rubriek wees, want ek moet gaan klaarmaak om aan die jaarlikse 94.7-fietswedren te gaan deelneem. Gister was ek heel dag in die Vryheidsfront se federale raadsvergadering en Vrydagaand by Pretoria-PEN se buitengewone vergadering.

Dus gaan vier ure en bykans 100km op ‘n resiesfiets deur die strate en snelweë van Johannesburg vir my ‘n welkome verandering van onophoudelike vergaderings wees! Iets wat raadslid Franco de Lange, die VF se enigste verteenwoordiger op die Johannesburgse stadsraad, gister gesê het, het my egter bygebly: Vóór die onlangse munisipale verkiesing het die DA se raadslede in Johannesburg 70% uit blankes bestaan en 30% uit anderskleuriges. Tans is die verhouding presies die omgekeerde, met 30% blanke DA-raadslede en 70% anderskleuriges.

Met ander woorde, die DA se interne regstellende aksie het reeds geslaag en die blanke raadslede in Johannesburg verkeer nou by verre in die minderheid. Nietemin bestaan die DA se kiesers in Johannesburg nog grotendeels uit blankes wat tydens vanjaar se plaaslike verkiesing in groot getalle vir die liberale party van mev. Helen Zille gestem en hul rug op die Vryheidsfront gekeer het.

Dit wil voorkoms asof, ten minste in Johannesburg, die Westerse minderheid verkies om nie meer verteenwoordig te wees nie en die munisipale politiek as’t ware op ‘n skinkbord aan Soweto, Alexandra en ander swart woonbuurte oorhandig. Die Westerse minderheidskiesers spreek deur hul steun vir die DA ook die mening uit dat swart of bruin verteenwoordigers meer bekwaam as blankes is. Dít, terwyl die koerante deurentyd oor die swak toestand van Johannesburg se finansies, asook die endemiese korrupsie in munisipaliteite, berig.

Is dit die DA wat die blankes ontkieser of ontkieser die stemgeregtiges hulself? Soos kalkoene wat keer op keer vir Kersfees stem, wil dit voorkom asof die Johannesburgse blankes polities boedel oorgegee het.

Daar is ‘n ou gemeenplaas wat lui: Mense ontvang die regerings wat hulle verdien. Ek ontvang heelwat kritiek weens my betrokkenheid by die Vryheidsfront, die enigste Afrikanerparty wat by die formele politiek betrokke is, maar my antwoord aan sulke kritici is: Die beste stuurlui staan aan wal! Waarom is u self nie betrokke by ‘n party soos die Vryheidsfront en verander dit in ‘n hoofstroom- Afrikanerparty wat ‘n miljoen stemme op hom kan verenig nie?

Die teenstrydighede in die DA, asook die onlangse korrupsieskandaal in die Midvaal-munisipaliteit, gaan hom op die duur ondergrawe as ‘n party wat nóg vis nóg vlees is. Tans verkeer hy in die sleurstroom van die ANC, met regstellende aksie, grondhervorming en ‘n sosialistiese welsynstaat as beleid, maar maak steeds daarop aanspraak dat hy die belange van minderheidsgroepe soos die Afrikaners en Engelssprekende blankes verteenwoordig.

Soos ek verlede week in ‘n kort briefie in die Sunday Times geskryf het: “Suid-Afrika smag na nuwe politieke idees.” Afrikaners behoort nie net ‘n oplossing vir hul eie penarie as minderheidsgroep aan te bied nie, maar ook ‘n oplossing vir die hele land en Suider-Afrika. Anders as die DA, behoort ons egter nie swart of bruin stemme na te jaag nie. Inteendeel, ons moet die Afrikaners en ander inheemse blankes wat met ons vryheidsideaal identifiseer in een party saamsnoer en dan die stelsel verander sodat die “demokratiese sentralisme” waarvan John Kane-Berman van die SA instituut vir rasseverhoudinge praat, beëindig kan word.

So pas gister is sowel ek as my vrou Karin, die redaktrise van hierdie webwerf, tot die Vryheidsfront se federale dagbestuur verkies, die tweede hoogste gesagsligaam in die party. Sy is ook voorsitter van die Vrouekomitee en ek voorsitter van die Navorsingskomitee. Ons wil daardie posisies gebruik om van die idees wat op hierdie webwerf ontwikkel word in die Vryheidsfront in te dra en te sorg dat dit partybeleid word.

Daar is reeds soveel internasionale navorsing oor selfbeskikking, minderheidsregte, asook taal- en kultuurregte, gedoen. Al wat ons moet doen, is om daardie navorsing vir ons plaaslike omstandighede aan te pas en verwoed in die Suid-Afrikaanse en internasionale media te propageer.

Sowel PRAAG as buite-buiteparlementêre kultuurorganisasie as die Vryheidsfront wat in die parlement, asook op provinsiale rade en munisipaliteite verteenwoordig is, bied twee uitstekende platforms om juis dít te vermag.

In weerwil van die swartgalligheid onder baie van ons mense, is ek daarvan oortuig dat die keerpunt net om die draai lê. Die DA-foefie staan al hoe meer ontmasker met sy drogbeelde van ‘n tweede, “meer doeltreffende ANC” wat hy aan die publiek voorhou. ‘n Behoorlike politieke tuiste vir die Afrikaner moet dringend tot stand kom in die vorm van ‘n meer dinamiese, aanvallende Vryheidsfront wat met groter selfversekerdheid aan die nasionale debat deelneem.

лобановский александр досье

Andries Pretorius trou weer

Toe die Winburgers Pretorius gevra het om te kom help, was sy 47-jarige vrou Christina (gebore De Wit) ernstig siek. Sy het reeds in Natal ‘n soort disenterie opgedoen wat die gevolg van malaria was en het nooit behoorlik daarvan herstel nie. Weens haar siekte het hy getwyfel of hy moes gaan, maar sy het gesê: “Ek is baie siek, en die lewe kan jy my nie gee nie. Hulle vra jou hulp. Ry na jou landgenote en kyk wat jy vir hulle kan doen, terwyl die saak dringend is.” Pretorius het in September 1848 weer op sy plaas Rust der Ouden aangekom. Christina is tydens sy afwesigheid oorlede en begrawe.

Sy lewe is verder verswaar deur die onplesierige nadraai van Boomplaats. Harry Smith het die Boere wat geveg het, beboet om die £12 000 te lewer wat die veldtog die Engelse gekos het. Ander is uit die distrik Winburg verban. Party is voëlvry verklaar. In sulke omstandighede soek mense maklik na sondebokke — en party het naderhand Pretorius verwyt en die skuld vir alles gegee.

Pretorius het hom nou maar met sy boerdery besig gehou. Heel prakties het sy familie begin praat oor die moontlikheid dat hy weer ‘n vrou soek. Sy veldkommandant Daniel Erasmus het hom eendag uitgenooi na ‘n feesgeleentheid, en plaerig bygevoeg dat ál die jongste mooi meisies van die omtrek uitgenooi is sodat Pretorius vir hom ‘n vrou onder hulle kon uitsoek.

En hy het die aand iemand uitgesoek. Hy het Petronella de Lange gevra om met hom te dans. Sy het later vertel: “Ons gesels, en die jongkêrels draai om ons heen, maar hulle durf ook nie te veel aanhou nie, want my kavalier was mos die Generaal, vir wie hulle almal groot ontsag had. Ander vra my ten dans, maar eer ek kan antwoord, verseker die Generaal hulle dat ek tog al so moeg was en eers ‘n bietjie moes rus! Een van die ridders, wat ‘n paar keer aangehou het, het Pretorius met ‘n haastig bedagte boodskap weggestuur.” Die jong mans het die aand so om Petronella gedraai dat Pretorius nie die kans kon kry om die saak te beklink nie. Dit gaan naderhand na dagbreek toe, en nog ‘n laaste keer gaan sit Pretorius langs haar op die rusbank. “Hy haal ‘n rooi sakdoek uit, wat hy oor my hande en op my skoot uitsprei. Hy kyk so skuins na die dansende paartjies en besluit toe dat ieder te seer opgenome was met sy eie maat om te let wat hy doen. Hy neem my hand in syne, onder die sakdoek, en fluister: ‘Jy moet vir my wag, ek sal weer kom!’ En ek het dit sommer goedgevind.” Tot dan toe was nie een van die jonges goed genoeg vir haar nie.

Die verlowing het ses maande geduur en hulle is sowat ‘n jaar ná sy eerste vrou se dood getroud — voor die landdros omdat daar nog nie predikante noord van die Vaalrivier was nie. Petronella was negentien. ‘n Onthaal met ‘n dansparty is in die waenhuis op die plaas gehou. Die wittebroodsreis was ‘n tog na Ohrigstad waar Pretorius ‘n vergadering moes bywoon. Vier jaar ná die troue het hy ‘n mooi baksteenhuis van sewe vertrekke laat bou. Die plankvloere en plakpapier in die kamers was iets nuuts vir dié tyd. Ná Pretorius se dood is Petronella weer getroud en is in 1929 in die leeftyd van 99 jaar oorlede.

Фильчаков прокурор харьков