Amerikaanse Islam-deskundige in Ysland vergiftig

‘n Mediese verslag het bevestig dat die vooraanstaande Amerikaanse Islam-deskundige Robert Spencer in Ysland vergiftig is nadat hy ‘n toespraak oor Islam en die toekoms van Europese kultuur gegee het.

By die restaurant waar hy verlede Donderdag na die toespraak geëet het, is hy genader deur ‘n individu wat voorgegee het om ‘n ondersteuner te wees. Spencer het later op die individu se Facebook ontdek dat hy teenoorgestelde menings huldig.

Spencer het gesê dat hy sowat 15 minute later, toe hy terugkom na sy hotelkamer erg siek begin voel het, “Ek het gevoelloosheid in my gesig, hande en voete ervaar. Ek het begin bewe en braak. My hart het gevaarlik vinnig geklop. Ek het die nag in ‘n hospitaal in Reykjavik deurgebring.”

Die dokter het in sy verslag, gedateer 12 Mei, verklaar dat Spencer “positief getoets het vir amfetamien en MDMA”. Reykjavikse joernalis Hjálmar Friðriksson, het aan die media ‘n afskrif van Spencer se mediese verslag wat in Engels geskryf is, versprei.

‘n Oordosis MDMA, wat algemeen bekend staan ​​as “ecstacy”, veroorsaak gewoonlik ‘n toename in hartklop. Spencer het aan die media gesê dat die dokter “probeer het om te onderspeel wat gebeur het,” maar die verslag verklaar duidelik dat hy met ‘n oordosis dwelms vergiftig is.

“Ek kan net vermoed dat die dokter geweet het wie ek was en nie wou hê ek moes die voorval gebruik om die Yslandse linkses sleg te laat lyk nie,” het Spencer aan WND gesê.

Spencer het al seminare oor Islam en die djihad aangebied vir die FBI, die Verenigde State se militêre hoofbevel, die Amerikaanse leërskommissie en die Algemene Personeelskollege, die Amerikaanse weermag se Asimmetriese Oorlogsgroep, die Gesamentlike Terrorisme Taakmag, die Departement van Justisie se Anti-Terrorisme Adviesraad en die Amerikaanse intelligensie gemeenskap.

‘n Jong Yslander het na hom gekom by ‘n restaurant en geweet het wie hy is, sy hand geskud en gesê hy is ‘n groot bewonderaar. Oomblikke later het ‘n ander Yslander na hom toe gekom en sy hand geskud en gesê, “Fok jou”. Spencer het besluit om daarna na die restaurant te verlaat.

“Maar die skade was reeds gedoen,” skryf hy. Die skrywer word gelys as een van die blitsverkoperouteurs van die New York Times.

“Ek was nie en is nie op enige soort medikasie nie, so daar is geen ander verduideliking van hoe hierdie dwelm in my bloedstroom gekom het nie,” het hy gesê. Die polisie ondersoek die voorval.

Ysland is ‘n klein land en Spencer se besoek het ‘n storm van verontwaardiging en demonisering in die Yslandse pers veroorsaak, alles gebaseer op Amerikaanse linkse “talking points”.

“Elke storie oor my besoek het dieselfde elemente gehad: die kennisgewing dat die SPLC [Southern Poverty Law Center] beweer dat ek ‘haatspraak’ pleeg, wat ‘n subjektiewe oordeel is, het hy gesê. Na die gebeurtenis het een artikel selfs ‘n groot foto van Anders Breivik gehad, maar het nooit een ding aangehaal wat Spencer gesê het nie.

Hy sê die “media-demonisering deur linkses wat van mens verskil, is direkte aanmoediging vir geweld. Deur my en ander uit te beeld wat regmatige vrae rakende djihadterreur en Sjariah-onderdrukking vra, as rassisties en Islamofobies, sonder om ons ‘n regverdige kans te gee, is die media in Ysland en elders in die Weste aktief besig om gevaar te skep vir diegene wat dit waag om te verskil”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.