UV betaal amokmakers se borg

Deel op

Stig brande, jaag betalende wit studente uit hul verblyf, rig miljoene rande se skade aan en skree luidkeels rassistiese slagspreuke?

Die Universiteit van die Vrystaat het erken dat hulle oproerige swart personeel en studente wat in hegtenis geneem is vir sulke soort misdrywe, se borgtog betaal het.

Die oproeriges is tydens betogings op die kampus twee weke gelede vasgevat nadat hulle ‘n hofbevel verontagsaam het.

Die 39 studente en werkers is op borgtog vrygelaat en die bedrae wissel van tussen R300 en R2000 elk.

Die universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, sê dié geld is deur UV van “private bydraers” ingesamel en hulle het hulp verleen omdat hulle van mening is “dat alle oortreders as onskuldig beskou word tot skuldig bewys”.

Loader wou nie reageer op navrae oor of die borgtog betaal is op voorwaarde dat skoonmakers die universiteit se nuwe ooreenkoms met uitgekontrakteerde werkers aanvaar nie.

Die skoonmakers sal na verwagting op 5 April op aanklagte van onwettige byeenkomste weer verskyn.

Dié voorreg “dat alle oortreders as onskuldig beskou word tot skuldig bewys”, is een wat wit Kovsies klaarblyklik nie geniet nie.

Sedert die anti-wit Reitz 4-voorval is nog twee wit Kovsie-studente sonder gronde van poging tot moord aangekla.

Die beweerde aanranding van ‘n swart mede-student deur Cobus Muller en Charl Blom is dadelik deur die rektor aangegryp om die twee te belaster.

Muller en Blom is daarna sonder enige prosedure van die kampus verban en nooit die geleentheid gegun om hul kant van die saak te stel nie.

Die twee is uiteindelik in die Bloemfonteinse streekhof op alle aanklagte vrygespreek en die rektor moes daarna om verskoning vra.

Dit blyk dat Muzi Gwebu se versinsels dat hy op die Bloemfontein-kampus met ‘n bakkie raakgery is en daarna geslaan is deur Muller en Blom, egter oorgenoeg rede was vir Jansen om nog ‘n tirade teen Afrikaners van stapel te stuur.

Die Reitz-4-verhoor was ‘n groter skande, ook wat die mediadekking betref. Die universiteit het ‘n skuldigbevinding vooruitgeloop.

Selfs vermanings deur ‘n landdros om nie die uitspraak deur die media te lewer nie, is botweg geïgnoreer.

Fiksie en haatveldtogte het die verhoorproses deurlopend oorheers. Die media het ook probeer voorgee dat die swart skoonmakers wat deur die vier verfilm is, onbewus daarvan was dat hulle verfilm word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.