Karel Combrinck: Townshipmanewales

Deel op

Ekstreemregs en ekstreemlinks is die twee uiterste pole van die politiek. Tussenin is daar vele skakerings. Die skakerings is meesal besig om verder na links of verder na regs te beweeg. Dikwels beskuldig politieke opponente mekaar daarvan dat hulle ekstreemlinks of ekstreemregs is terwyl hulle in werklikheid nóg die een, nóg die ander is. Veral linkses het ‘n voorliefde daarvoor om enigiemand wat minder links is as hulle, as «ekstreemregs» uit te maak, moontlik omdat hulle nie juis veel ander argumente het nie. «Verregs» is natuurlik ook ‘n sinoniem vir «rassisties».

In Frankryk word Marine Le Pen en die Front National uitgemaak vir « regsekstremiste» omdat hulle dit waag om voorkeur te wil gee aan Franse burgers wat betref arbeidsgeleenthede, behuising en mediese dienste en omdat hulle probeer wal gooi teen die vloedgolf immigrante uit die Derde Wêreld. Sulke standpunte maak van jou in Frankryk ‘n regsekstremis en ‘n fascis.

Maar nou is dit ook so dat ‘n politieke ideologie wat een van die uiterste pole uitmaak soms omswaai en sy eie teenpool word. Dis byna soos die teorie van die ysmassa by die Noordpool wat so swaar word dat dit die aarde se ewewig versteur sodat dit omswaai en die Noordpool die Suidpool word, of inteendeel wegsmelt sodat dieselfde gebeur.

Die Nasionale Party is een van die beste voorbeelde van ‘n regse bewind wat skielik ‘n linkse bewind word. Die Kommunistiese stelsel in die Sowjetunie is nog ‘n voorbeeld van ‘n bewind wat sy eie teenpool geword het. In ‘n groot mate het die Nasionale Party-regering geword wat die Sowjetbewind was. En watter beter simbool kan daar wees van die Nasionale Party se ommeswaai as die patetiese figuur van Adriaan Vlok, wat nadat hy Minister van Polisie was in die Nasionale Party-kabinet en lid van die Veiligheidsraad, die ANC se voete gaan was. Soos dr Roodt dit iewers stel, kon so’n obseniteit net in die verrotte verstand van ‘n Nasionale Party-minister uitbroei. As ‘n mens na onlangse foto’s van Adriaan Vlok kyk, kan jy sien dat die voosheid nou ook na sy gesig versprei het.

Volgens onlangse berigte in die Natbroekpers wil Adriaan Vlok, noudat hy die «einde van sy dae sien naderkom», weereens die tyd uitkoop om boete te doen oor sy onchristelike optrede tydens sy ministersjare. ‘n Mens wonder watter deel van die ANC se anatomie hy nou wil was. Daar verskyn soms foto’s van hom, verloopte ou fascis, ewe voosgesig tussen sy townshipmaatjies, as’t ware ‘n soort ou Trevor Huddleston met ‘n Afrikaanse naam. As hy dan so ‘n behoefte voel om sy medemens van diens te wees, waarom dan nie die verarmde Afrikanerkindertjies in die plakkerskampe help nie? Maar nee, ‘n mens se naaste moet mos altyd noodwendig swart wees en dan gaan die kameras ook mos nie in wit plakkerskampte belangstel nie.

En dan is daar natuurlik nog gevalle. Dink maar aan die groteske harlekyn RF Botha, op sy dag grootbekvolksheld en «kampvegter vir Suid-Afrika», wat ná byna twintig jaar as minister in die Nasionale Partyregering sy knieë deurkruip vir ‘n joppie by die ANC. Dis die soort mense aan wie ons ons lot toevertrou het. Die verrotting in sy brein het ook ernstige skade aan sy gesig berokken. Kyk maar na foto’s van hom deesdae. En dan die ander een: die ou Broederbonder en testosteroonpsigopaat het natuurlik ook ernstige gesigprobleme, simptoom van gevorderde breinverrrotting. Hoe lui die ou gesegde? ‘n Vis vrot van die kop af.

So was dit ook met ons land en sy “leiers”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.