Swart betogers plunder hele woonstelgebou in Hatfield terwyl hoofstroommedia swyg

Deel op

Lees asb. die regstelling wat ons intussen oor dié berig geplaas het:

Bestuur van Unilofts ontken enige diefstal of plundery by studentekompleks – redaksie

Die afgelope weke is betogings deur swart studente op kampusse landwyd deur die hoofstroommedia opgehemel en geloof vir die “wetsgehoorsame” en “nie-gewelddadige” aard daarvan. Ten minste twee voertuie is egter by die Uniegebou tydens die betoging daar verbrand terwyl ‘n hele woonstelgebou wat studente naby die Tukkiekampus huisves, geplunder is.

Die gebou heet Unilofts en heelwat blanke Afrikanerstudente wat nie toelating tot koshuise aan die Universiteit van Pretoria kan kry nie, huur woonstelle daar. Tydens die “wetsgehoorsame” betogings deur swart studente op die kampus het van die betogers op die gebou, wat deur die eienaars as “veilig en met goeie sekuriteit” beskryf word, toegesak en woonsteldeure een vir een oopgebreek en geplunder.

Skootrekenaars, selfone, klere, skoene, meubels en ander waardevolle artikels is geroof. Volgens studente in die omgewing het die swart veiligheidspersoneel wat die gebou moes oppas, meegedoen aan die plundery.

“Dit was totale chaos,” sê ‘n student wat nie haar naam genoem wil hê nie. “Hordes swartes het eenvoudig by die gebou ingebars en die deure een vir een afgebreek. Die veiligheidswagte het niks gedoen om hulle te keer nie en ek het gesien hoe die veiligheidspersoneel ook gesteelde goed wegdra.”

Van die studente is te bang om na hul woonstelle, waarvoor hulle ouers steeds huur betaal, terug te keer omdat die deure afgebreek is. ‘n Tweedejaardamestudent bly tans by ‘n vriendin in Pretoria en het aan PRAAG gesê:

“Wat help dit ek gaan terug? Al my goed is gesteel en die deur van my woonstel is heeltemal afgebreek en weggedra. Ek sal nie veilig voel om daar te slaap nie, want enigeen sou te eniger tyd terwyl ek slaap kan inkom en my kan kom aanrand.”

Hatfield, waar die kampus van die Universiteit van Pretoria geleë is, is naby die middestad van Pretoria, asook Sunnyside, wat geheel en al verswart het. Misdaad vier hoogty en blanke studente, veral dames, is bang om alleen van die kampus na die Gautreinstasie in Hatfield te stap omdat hulle seksueel deur swartmans op straat geteister word.

“Hulle skree op ons en maak vieslike voorstelle aan die wit meisies. Ek kan dit nie herhaal nie en wil nie eens daaraan dink nie,” het een Tukkiemeisie gesê.

Vanweë die ontwrigting van die akademiese program, moet studente ook na-ure kampus toe gaan om praktiese werk en take af te handel. “Ons is heeltemal op ons senuwees om van die stasie af kampus toe te loop, veral na-ure as dit stil is en ‘n mens nie saam met ander studente in ‘n groep kan loop nie. Baie studente het al by die universiteit daaroor gekla, maar hulle sê hulle kan niks doen nie omdat die strate van Hatfield ‘n openbare ruimte is waar enigeen kan maak of sê wat hy wil,” sê dieselfde damestudent.

Die plundering van die Uniloftsgebou deur swart studentebetogers word tot dusver geheel en al deur die hoofstroommedia verswyg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.