Windbestuiwing by die Curroskool

In Sub A het ons lessenaars gehad waarop ons so twee-twee gesit het. Dit was sulke houtlessenaars, suur van die sweet van talle vorige geslagte skoolkinders. My lessenaarmaatjie was die slimste kind in die klas, Suzette. Ek was doodbang vir haar, selfs banger as vir die juffrou. Suzette het rooi hare en sproete gehad, en ‘n humeur om daarby te pas. Sy het my gereeld op my plek gesit. Sy was beduidend groter as ek, dwarsdeur die laerskool, asook beduidend slimmer. As sy minder as 95% gekry het vir enige vak, het haar ma-hulle die hoof in ‘n toestand van paniek gebel.

delport_manfred_600Ek weet nie wat die juffrou se plan was met my en haar by dieselfde lessenaar nie. Daar was waarskynlik nie veel van ‘n plan nie, buiten om ‘n stout seuntjie te laat intimideer deur ‘n dogtertjie wat op alle gebiede sy meerdere was. Suzette het die res van ons eweneens deur ons ganse laerskoolloopbaan uitgestof. Dit het my ook nie veel gehelp om langs haar te sit nie. Haar akademiese prestasies was helaas nie aansteeklik nie. Gelukkig ook nie haar sproete nie.

Gedagtig aan Suzette, moet ek erken dat ek so ‘n effe in die duister verkeer oor die huidige herrie rondom die Curroskool in Pretoria. Sowat dertig ouers, vermoedelik almal swart, is geweldig ontstoke agv die sogenaamde “apartheid” by die skool. Dié betrokke skool het ‘n meerderheid swart “lênnas”. Die skool se bestuur het dit egter goedgedink om voëls van enerse vere bymekaar in die klas te sit. Verbouereerde blanke graadeentjies is dus by ander blanke graadeentjies ingedeel, sodat die kinders by mense van hul eie kultuur aanklank kon vind, en kon maatjies maak.

Immer op die uitkyk vir die geleentheid om “dat’s rayyysssiiss” te skree-huil, het sowat dertig ouers van swart “lênnas” egter mal geraak van verontwaardiging. Hoe durf die skoolmaatjies van dieselfde kultuur saam wil groepeer? “Dis apartheid!”, het die ryk, swart ouers, wat hul kinders by ‘n privaatskool ingeskryf het, aan’t gil gegaan.

Dit is skynbaar onaanvaarbaar dat daar klasse is met slegs Sipho’s en Lindiwes, terwyl ander klasse weliswaar Sipho’s bevat, maar ook Jannies en Sannies. Die Ierse immigrant en kaartmannetjie met die skril stemmetjie op die radio, John Robbie, het op Talk Radio 702 ‘n onderhoud gevoer met die hoofuitvoerendebeampte van die Curroskole, en heel voorspelbaar het Robbie self, nes die ousies wat so geweldig aan’t skree gegaan het, geen oomblik verspil voordat hy die indeling van maatjies insgelyks probeer vergelyk het met PW Botha se optrede aan die grens met Angola nie. ‘n Klag van misdade teen die mensdom by die VN was stellig Robbie se volgende stap.

Waarom ek dit moeilik vind om te begryp, is die volgende: Die groot geteem oor swart staatskole handel eintlik oor dié skole se gebrekkige infrastruktuur en fasiliteite, die spreekwoordelike klaskamers onder bome. Beide die blanke en swart leerlinge by hierdie Curroskool gaan egter op presies dieselfde banke sit, onder dieselfde dak, voor dieselfde swart- of witbord. Hulle gaan presies dieselfde geriewe geniet, op alle vlakke. Hulle gaan deur dieselfde (blanke) onderwysers onderrig word. Siende hoe ons telkens vertel word hoe eners mense glo is, watter moontlike verskil kan dit maak, sou een klas meer swart lênnas en minder blanke kindertjies hê? Onthou: “Ons is almal dieselfde”, volgens die linksverkramptes, en die NSA is hoeka so kleurblind soos maar kan kom.

Voorts is daar heelwat mense wat beweer dat rassisme ‘n aangebore eienskap van blankes is. Sou dit wel die geval wees, waarom wil die mammas van die swart lênnas hul kinders op so ‘n jong ouderdom aan ontluikende blanke rassissies blootstel? Hou Sipho om hemelsnaam weg van die klein rassis, Jannie!

Dis dus voorwaar ‘n raaisel, hierdie vreemde geteem deur die swart ouers. Die enigste moontlike verklaring wat ek kan bedink, is dat die rassisme-gillers meen dat akademiese prestasie aansteeklik is, dat hul swart telgies moontlik dmv windbestuiwing by die blanke kinders hul intelligensie, en werksywer sal aansteek. As die klas 100% swart is, is daar as’t ware geen akademiese stuifmeel in die lug nie.

Helaas kan ek uit bittere persoonlike ervaring getuig: Ek het nie my akademiese prestasie by Suzette aangesteek nie. Windbestuiwing werk slegs as jy ‘n vrugteboom is.


Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.