Vandale onder die Poskantoorstakers is besig om soveel verwoesting te saai dat baie mense wonder of die Poskantoor ooit agterna sal kan herstel. Hier is enkele foto’s daarvan.
Vandale onder die Poskantoorstakers is besig om soveel verwoesting te saai dat baie mense wonder of die Poskantoor ooit agterna sal kan herstel. Hier is enkele foto’s daarvan.
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
totsiens…. wonder of ek die rakke en mandjies kan koop
Jy meen… – dit maak die aasvoël in jou wakker? (Hehehe!)
beslis, die aasvoel in my wakker………. daai goed gaan mooi werk in my werkswinkel, ek meen hulle lyk splinternuut
Gulde geleentheid om ‘n privaatposdiens op die been te bring
Stem.
Helaas, net om weer in swart, stakende hande op te eindig…
Skokkend!
NS Is daar nie dalk kleiner foto’s nie asb.?
he he he he he gebruik die “cropping tool” skielik mis ek my etollie rekenings…… nie dat ek dit betaal nie.
Hehehe! Witbeer, ek moet eerlik wees – ek was aspris… Die foto’s is so klein dat mens niks kan sien nie!
Die antwoord wat ek voor “gehoop” het was: “Jammer Dolk, dis die kleinste foto’s wat ons het.”
Voorbeeld: https://praag.co.za/wp-content/uploads/2014/10/pkstaking8.jpg
As ek dink met hoeveel toewyding en liefde ek altyd geskenkies vir my kinders en kleinkinders koop, met sorg toedraai, en dan nog in toue staan vir versending – dit gaan nie net om die astroniese verlies aan geld wat mense ly nie, maar die “emosionele skade” wat onberekenbaar is. Daar is mense wie se hoof inkomste gemaak word uit goedere wat aanlyn bestel word. Ek doen hekel en breiwerk vir ‘n inkomste, en bestel gereeld wol van verskeie plekke. Koerierdienste is hemelhoog, en dis net enkeles wat dit sal kan bekostig.
En pakkies / briewe wat per versekerde pos gestuur is… ek dink nie daar is ‘n kat se kans dat daardie stukke OOIT by hul bestemming gaan aankom nie.
Wat van afstandsonderrig studente wat boeke by Universiteitsbiblioteke geleen het en dit per pos heen en weer stuur – boeke wat dalk onvervangbaar is??