
Die organisasie, Section 27, wat deur die buiteland befonds word en deur ‘n Brit, Mark Heywood, bestuur word, het die departement van basiese onderwys voor die hof gedaag.
Section 27 is tans besig met ‘n veldtog om steun te wen in die openbaar oor skoolhandboeke vir ‘n bedekte vyandige veldtog teen Afrikaanse skole.
Section 27 sal poog om invloed te bekom oor die lukratiewe kontrakte om handboeke aan skole in Limpopo te voorsien.
Die saak sal Dinsdag voor die Noord Gautengse hooggeregshof in Pretoria dien.
Section 27 verteenwoordig meer as 20 skole. ‘n Leraar aan die Universiteit van Limpopo, dr. Abbey Ngoepe sê die departement behoort nie deur die howe gedwing te word om sy mandaat uit te voer nie.
Die nuwe direkteur-generaal is Panyaza Lesufi, ‘n voormalige woordvoerder van die departement van basiese onderwys.
Lesufi is aangestel in die plek van Bobby Soobryan. Die onderwysersvakbond, Sadou hou Soobryan verantwoordelik vir die korrupsie en handboekfiasko in Limpopo.
Soobrayan is na ‘n ander pos in die departement geskuif.

Die artikel is nie duidelik nie. Wat doen Section 27?
Wat doen Section 27? -Hierdie britse klont en sy bende krap met n skerpgemaakte stok aan n siek leeu se alie dis wat hulle doen. Hy HAAT Afrikaners en ons taal. Maar nou kom die waarheid na vore. Terwyl die lot ons bestry word daar sommer n paar rand ook uit die storie gemaak met die smous van handboeke in die taal van die heiden.
Hier is so baie name betrokke dis hoekom dit so beroerd gaan met die onderwys in Limpopo. Die een weet nie wat die ander een doen nie. Dan word daar nog ‘n Brit ook opgekommandeer, maar tog jaar na jaar is daar ‘n tekort van handboeke. Hulle kan maar net in die riviere en onder die brûe loop soek. Daar sal hulle die onafgelewerde handboeke kry.
Hierdie “lobby” groep moet net weggaan.
Ouers – let op wat julle kinders leer. Lees wat jou kinders moet en wys vir hulle op die regte manier waar om self vir kennis te soek. Mens skryf maar soms in die toets wat die onderwyser wil hê (Vet weet ek het dit in st4 geskiedenis destyds al gedoen – nodeloos om te sê ek en die aap swanepoel wat vir my geskiedenis gegee het, het nie om dieselfde vuur gesit nie.)