Die plasing van departemente onder administrasie instede daarvan om hulle te help het probleme vir die mense in Limpopo geskep, het die ANC-jeugliga in die provinsie gister gesê. “As ‘n gevolg van die inmenging van die nasionale Kabinet, is dienslewering in Limpopo letterlik verlam,” het die liga in ‘n verklaring gesê. “Vir die eerste keer
Vyf Marokkane steek hulself aan die brand
Vyf werklose Marokkaanse mans het hulself aan die brand gesteek in die hoofstad Rabat as deel van wydverspreide betogings in die land oor die gebrek aan werksgeleenthede, veral vir universiteit-gegradueerdes, het ‘n menseregte-aktivis gister gesê. Drie is erg verbrand en in die hospitaal. Self-opoffering is ‘n taktiek van protes in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sedert
Charles Taylor was ‘n CIA-agent
Charles Taylor van Liberië, die eerste Afrikastaatshoof wat vir oorlogsmisdade vervolg word deur ‘n internasionale geregshof, het vir die CIA gewerk, het die Boston Globe hierdie week berig. Die verslag, wat gebaseer is op inligting wat beskikbaar gestel mag word na ses jaar, beweer dat Taylor vir jare lank ‘n verhouding met die Amerikaanse spioenasie-agentskap
Limpopo sonder skoolboeke, bankrot
Skole in Limpopo sal binne die volgende paar dae hulle handboeke kry. Die Minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, het dit belowe by ‘n mediakonferensie in Limpopo wat deur die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, toegespreek is. Gordhan het verduidelik dat Limpopo bankkrot is en daarom onder administrasie geplaas is. Talle skole in Limpopo het
Terugkoopkoers onveranderd
Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het soos allerweë verwag is, die terugkoopkoers onveranderd op vyf komma vyf persent gehou. Die president van die Reserwebank, Gill Marcus sê geadministreerde pryse bly ‘n bron van kommer. Marcus het hoë elektrisiteitspryse genoem en ook gesê kospryse is ‘n belangrike faktor wat inflasie aanblaas. Marcus sê plaaslike ekonomiese groei
Swart skerm
лобановский александр
DA kos Pretoria R14 miljoen
Tshwane se belastingbetalers sal R14 miljoen moet uithaal vir ‘n wykskomiteeverkiesing wat nooit gebeur het nie omdat die DA die proses se geldigheid bevraagteken. Inwoners in al 105 betrokke kieswyke was veronderstel om in Januarie wykskomiteeverkiesings te hou. Die regering het in 2011 munisipaliteite versoek om hul wykskomitees binne drie maande ná afloop van die
‘Modimollemonster’ kan heilige word
Emeritus-aartsbiskop dr. Desmond Tutu het aan The Star gesê die man wat sy vrou deur swartes laat verkrag het, Johan Kotzé, is nie ‘n monster nie en mag selfs tot heilige verklaar word. Tutu sê Kotzé bly steeds ‘n “kind van God”. Die media het na Kotzé as die “monster van Modimolle” verwys. Kotzé staan
Nasionalisme se onstuitbare opmars
Hongarye is byna bankrot en het so skerp na regs geswenk dat die EU regstappe van stapel gestuur het “ter verdediging van demokrasie”. Maar die probleem is veel meer wydverspreid: Nasionaliste is besig om dramaties regoor Oos-Europa veld te wen. Hongaarse premier Orbán het net wat nodig is gedoen om binne ‘n paar jaar sy
Italië vier ook ‘n held
Die mees gehate man in Italië wat passasiers op sy noodlottige skip aan hul eie lot oorgelaat het, kaptein Schettino, is aan die kaak stel. Maar Italië vier ook ‘n held: Kaptein De Falco. Die dramatiese beelde van die omgeslane “Costa Concordia” het regoor die wêreld opslae gemaak. Gedurende die ramp het kaptein Francesco Schettino
