Na drie dekades van skouspelagtige groei, het China daarin geslaag om Japan in die tweede kwartaal verby te steek en die wêreld se tweede grootste ekonomie ná die Verenigde State te word volgens syfers wat Maandag vrygestel is.. Dié mylpaal, al lank verwag, is die mees ooglopende bewys nog dat China se opkoms ‘n feit
Zim se vorderingsverslag
баня хамамФильчаков прокурор харькова
Zuma sal Zimverslag aan SAOG voorlê
President Zuma sal dié week by ‘n SAOG-konferensie ‘n verslag voorlê oor die politieke situasie in Zimbabwe, het die Departement van Internasionale Betrekking en Samewerking Maandag gesê. Zuma is tans in Windhoek, Namibië om Maandag die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se konferensie vir staatshoofde en regerings by te woon. “Die inklusiewe regering in Zimbabwe is besig om
DA-OD geen bedreiging vir ANC
Politieke ontleders sê die samesmelting van die Demokratiese Alliansie en die Onafhanklike Demokrate, sal nie ‘n werklike bedreiging vir die ANC in die 2014 nasionale verkiesing inhou nie. Die DA en die OD het gister dié samesmelting aangekondig en sê hulle hoop dat die nuwe alliansie sal baat vind by die toenemende ontevredenheid met die
Treine in Kaapstad ontwrig
Treindienste in die Kaapse Skiereiland sal vanoggend tydens spitstyd ontwrig word, weens strukturele skade aan treinspore en oorhoofse elektrisiteitskabels by die Koeberg-wisselaar naby Kaapstad. ‘n Woordvoerder vir Metrorail, Riana Scott, sê die skade is gistermiddag aangerig toe ‘n 75-meter staalstruktuur van sowat 75 ton oor drie treinspore geval het. Niemand is in die voorval beseer
Afghanistan: Meer as 2000 dood
Die totale getal buitelandse troepe wat tot dusver in die oorlog in Afganistan gestref het, het die 2000-merk oortref, volgens die icasualties.org-webtuiste. ‘n Totaal van 2 002 lede van internasionale magte is dood sedert die inval van die land, wat deur Amerika gelei is in 2001. Vanjaar staan die dodetal al op 434 buitelandse troepe.
Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken
Dit is teleurstellend dat Christo Landman nog nie op Thys Human se navrae gereageer het rakende of Landman en die teokratiese beweging die Kenmekaarkonferensie gekelder het nie. Immers het Human hom (Landman) die kans gegee om te bevestig of Landman, en die teokratiese beweging, van die Kenmekaarkonferensie ontrek het omdat ‘n hulle nie aan gesprekke
Lees verder: Godsdienstige fundamentalisme sal ons einde beteken
Reitz-4 gaan appèl aanteken
Die Reitz-vier gaan appèl teen hul vonnis aanteken. Hulle is onlangs skuldig bevind aan crimen injuria, nadat hulle ‘n grapvideo oor ontgroening aan die UV gemaak het. Hulle prokureur het gesê hulle vonnis van R20 000 boete of 12 maande tronkstraf plus ‘n verdere ses maande opgeskorte tronkstraf, is buite verhouding tot die misdryf. Die
SA-sending na Viëtnam
‘n Hooggeplaasde afvaardiging van Suid-Afrika besoek tans Viëtnam. Die adjunkminister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ebrahim Ebrahim is deel van die Suid-Afrikaanse sending. Dié afvaardiging is in Viëtnam vir die tweede Afrika/Viëtnam-forum. Die forum begin Maandag in Hanoi en duur tot Donderdag. Die tema is “Samewerking tussen Afrika en Viëtnam vir Volhoubare Ontwikkeling”. ‘n Woordvoerder
Politieke huwelik
Die nuus dat die DA en die ID volgende jaar onder die DA-vaandel saam aan die landswye munisipale verkiesing gaan deelneem kom vir niemand as verrassing nie. Onlangse meningspeilings het effektief die doodsklok vir die ID gelui, en daarmee saam het die persoonlike euforie wat Patricia de Lille sedert haar bedanking uit die PAC gevolg
