Die ANC het ‘n besprekingsdokument oor leierskap opgestel, waarin die groeiende “maatskaplike afstand” tussen magshebbers en mense op grondvlak betreur word. In ‘n ooglopende vingerwysing na die DA, sê die ANC “skadukulture” teer soos “parasiete” op die simboliek en geskiedenis van die ANC vir eie gewin. Die dokument verwys na die DA se pogings veral
Skoolseun steek maat dood
‘n Swart skoolseun is op vrye voet nadat hy Woensdag glo een van sy maats in Mthatha met ‘n mes doodgesteek het, het polisie in die Oos-Kaap gesê. Die 16-jarige seun, het nie Woensdag skool toe gegaan nie. Hy het glo ‘n medeleerling drie keer met ‘n mes gesteek terwyl hy van sy skoolbus afgeklim
PRAAG verwerp Tutu se boikot teen Israel
Dr. Dan Roodt, leier van PRAAG, het vanuit Jerusalem emiritus aartsbiskop Tutu se oproep om ‘n internasionale boikot van Israelse produkte verwerp en sy heftige teenkanting daarteen uitgespreek. Roodt, wat as reisende ambassadeur vir Afrikanerbelange tans in Israel verkeer, het gesê: “Tutu is skynheilig, want terwyl hy Palestynse selfbeskikking ondersteun, word Afrikanerselfbeskikking en Afrikanerregte in
Markinor-peiling
Die geskiedenis leer dat peilings soms baie akkuraat kan wees, en soms redelik uit die kol kan wees. Om peilings in Suid-Afrika te doen is gewoonlik moeilik, veral omdat ‘n party soos die IVP se steunbasis gekonsentreerd en moeilik bereikbaar diep in die landelike gebiede is. Formules om hiervoor te kompenseer blyk dikwels ontoereikend te
Die Nuwe Suid-Afrika
метро алкогольные напитки ценыЛобановский
Nege renosterstropers vas
Nege mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo die afgelope paar weke renosters in Limpopo gestroop het, het die polisie Woensdag gesê. In die mees onlangse voorval is vier verdagtes in hegtenis geneem terwyl hulle glo op pad was om renosters by ‘n wildreservaat naby Lephalale te skiet, het lt. Kol. Ronel Otto gesê.
Naamsveranderings kom in Kaapstad
Naamsveranderings vóór die komende munisipale verkiesings in die Moederstad is amptelik Woensdag op die maandelikse stadsraadsvergadering aangekondig deur Dan Plato. Die DA gaan die naamsveranderingsproses in Kaapstad steun, ten spyte van groot teenkanting uit Afrikanergeledere. Peter Gabriel, ANC-hoofsweep in die stadsraad, het aan Plato, burgemeester, gevra wanneer straatname gaan verander. Plato wil die veranderings glo
Geen oorlewendes in Pakistanse lugramp
Al 152 passasiers en bemanningslede wat aan boord die vliegtuig was wat Woensdag naby Islamabad, Pakistan se hoofstad, neergestort het, is dood, het ‘n beampte gesê. Twee Amerikaners was onder die slagoffers, het ‘n woordvoerder van die Amerikaanse ambassade gesê. Hy het geen verdere besonderhede gehad nie. “Daar is geen oorlewendes nie. Ons glo almal
Staatsamptenare staak
Sowat 200 000 lede van die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het Donderdag regoor die land begin staak in ‘n poging om beter lone af te dwing. Daar sal na verwagting landswye optogte plaasvind terwyl Richard Baloyi, minister van staatsdiens en openbare administrasie, verder met vakbondleiers sal vergader. Staatsamptenare dring aan op ‘n 8.6%-loonverhoging sowel as
Die Soustrein
“Wie de ongeluk dryf dié ding?” So wil groot kokkedoor Zoempie weet wat pas van sy baie duur whiskey op sy baie duur pak klere se broek gemors het. Nogal strategies ook, sodat dit verdag baie lyk of hy ‘n glipsie gehad het. “Dis ‘n êppie pas uit die treindryfkollege. Sy het die beste punte
