Sedert die begin van 2003 het daar reeds 3136 Amerikaanse soldate in Irak gesneuwel. Om die tekorte aan personeel op die terrein aan te vul, het die Pentagon vandeesweek bekend gemaak dat die National Guard gevra gaan word om nog 14 000 soldate vir diens beskikbaar te stel.
Dit kom ná ‘n oproep van die owerhede aan die einde van verlede jaar dat 2 500 reserviste van die vloot inderhaas moet aanmeld vir “nie-vrywillige” diens.
Die State Department kon tewens ook nie genoeg vrywilligers vind om die 350 poste van diplomate en buitelandse personeel in Irak te vul nie, en moes met 200 tevrede wees. Dit ten spyte van aansienlike vergoedingspakette wat aangebied was om alle risiko te dek.

Geagte dr. Boesak,