‘n Nuwe Grensoorlog?

In ‘n hoofartikel vandag mor Beeld oor die ANC-regering se gebrek aan politieke wil om meer geld aan die Suid-Afrikaanse vloot te bewillig om Mosambiek se kuslyn, waar reuse gasreserwes ontdek is, te beveilig. Soos dit ‘n DA-mondstuk betaam, is die taal in melodrama gehul: “Suid-Afrika staan voor ‘n nuwe ‘grensoorlog’”. Natuurlik weer eens nie

Lees verder: ‘n Nuwe Grensoorlog?

Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?

Dit is nodig dat ons as volksgenote kennis neem van ons verantwoordelikhede, want dit wil my al hoe meer voorkom of dit nie besef word nie. Dink so bietjie hieraan: Vir hoeveel mense is jy verantwoordelik? Een antwoord wat almal gerieflikheidshalwe vergeet is: Jou ongebore nageslag. Ek kan nie vir ander antwoord nie, maar ek

Lees verder: Het jy al verder as die sepie vanaand gedink?

DA talm te lank met transformasie

Helen Zille se rassemanewales het weer eens die teorie bevestig dat alle instellings wat “demokratiese” in hul naam opneem, soos in die Demokratiese Republiek van die Kongo of die Demokratiese Volksrepubliek van Korea of die voormalige Duitse Demokratiese Republiek, met ‘n goeie skeut wantroue benader behoort te word. Zille maak geen beswaar dat Mazibuko, die

Lees verder: DA talm te lank met transformasie

Zuma waarsku hofsaakmakers dat die stembus praat

Die bevoegdhede van die howe kan nie beskou word as hoër as ‘n mandaat van die meerderheid nie, het president Jacob Zuma gesê. Dit is nodig om te onderskei tussen die verskillende verantwoordelikhede van die regbank en die verkose takke van die staat, het Zuma Dinsdag gesê tydens ‘n gesamentlike sitting van die Nasionale Vergadering

Lees verder: Zuma waarsku hofsaakmakers dat die stembus praat

Israel bou 2000 huise na UNESCO-besluit

Israel sal sowat tweeduisend nuwe huise vir setlaars in oos-Jerusalem en die Wesoewer bou in reaksie op Unesco se besluit om Palestina as volle lid van die organisasie toe te laat. Volgens die Israelse openbare radiodiens is die besluit geneem tydens ‘n vergadering van die eerste minister Benjamin Netanjahu se forum van agt senior ministers.

Lees verder: Israel bou 2000 huise na UNESCO-besluit

JuJu kla oor Valke inligting uitlek

Julius Malema, leier van die ANC-Jeugliga, voel sy menseregte word benadeel deur inligting wat gelek word van die polisie, het die SABC Dinsdag berig. Die uitsaaier het berig Malema oorweeg dit om die Openbare Beskermer en die Menseregtekommissie oor die kwessie te nader. Malema het in ‘n onderhoud gesê hy is bekommerd oor wat hy

Lees verder: JuJu kla oor Valke inligting uitlek

Honderde beset kerkgrond

Honderde mense het grond beset wat aan die Verenigende Hervormde Kerk buite Mthatha in die Oos-Kaap behoort, het die SABC Dinsdag berig. Kerkverteenwoordigers het gesê die grondbesetters het ‘n komitee gevorm, wat die 57 hektaar grond opgedeel en teen R7 000 per erf verkoop, het die uitsaaier berig. Die kerk het reeds aansoek gedoen vir

Lees verder: Honderde beset kerkgrond

Zuma prys Mazibuko

Die verkiesing van Lindiwe Mazibuko as die DA se parlementêre leier voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika, het pres. Jacob Zuma Dinsdag gesê. “Ek dink dit voorspel goeie dinge vir Suid-Afrika,” het Zuma by ‘n sake-ontbyt in Kaapstad gesê. “Ek dink dit is ‘n aanduiding dat ons demokrasie, sowel as die bemagtiging van vroue werk.” Mazibuko

Lees verder: Zuma prys Mazibuko