Ek weet nie juis veel oor die sogenaamde glanspersoonlikheid, me Lee-Ann Liebenberg, nie. Sover ek bewus is, het sy geen opsigtelike talent of kwalifikasies wat haar sterstatus sou kon regverdig nie. Sy is nie juis vir my aantreklik nie, want ek verkies Afrikaner-vrouens bó lede van ander Afrika-volke. Haar verloofde, ene Nicky van der Walt, glo ‘n polospeler, deel egter kennelik nie my mening oor laasgenoemde nie. Is me Liebenberg se 2-maande-oue baba syne, kon ek vra, as ek werklik belanggestel het. Ek het nog nooit ‘n liedjie wat me Liebenberg sing op die radio gehoor nie, of ‘n goeie rolprent gesien waarin sy ‘n rol vertolk het nie. Dis sekerlik veilig om te reken daarop dat sy geen gevaar loop om volgende jaar se Nobelprys vir fisika in te palm nie.
Nietemin is sy skynbaar ‘n glanspersoon, wat dit ook al mag beteken, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, wat haar in staat stel om in hogere kringe te kan beweeg, en om te fuif met Dom Perignon en Veuve Clicquot-sjampanje teen ‘n paar duisend rand vir ‘n enkele bottel. Miskien is ‘n glanspersoon iemand wat sorg dat die vuisgevegte wat sy veroorsaak deur in ‘n besope toestand soos ‘n viswyf te gil dat sy seksueel aangerand is as iemand haar per abuis stamp, by die regte uithangplekke besleg word.
Ek hou self van sjampanje, of dan streng gesproke vonkelwyn, om nou nie die Europese Unie se argwaan op die hals te haal nie. Die EU is hoeka sensitief daaroor as mens enige wyn met borrels in wat nie vanuit noordoostelike Frankryk kom nie, sjampanje wil noem. Anders as me Liebenberg is ek egter nie ‘n Nuwe-Suid-Afrikaanse parvenu nie, en beskou ek Suid-Afrika se Cap Classique soos Jacques Bruère se uitstekende vonkelwyn teen rondom R100 per bottel alreeds as beide lekker en duur genoeg om dit op spesiale geleenthede te wil drink. Om soos me Liebenberg en haar mede-partytjiegangers te maak, en om regte sjampanje soos brandspiritus-besope boemelaars op die Kaapse Vlakte te suip, terwyl mens R75 000 verkwis op Franse sjampanje vir 40 gaste, vind ek dus obseen.
Laasgenoemde maak my egter skynbaar redelik uniek in die Suid-Afrikaanse konteks, veral waar dit politici en SEB-trogvarke aanbetref. Dit lyk vir my asof me Liebenberg en haar geselskap se obsene gefuif uitstekend inpas by die tydsgees en gebruike van die Nuwe Suid-Afrika se selfaangestelde elite. In daardie opsig is me Liebenberg, die politici en die SEB-trogvarke geesgenote – beide sy en hulle het geen opsigtelike talent nie, maar dit skiet geensins tekort aan oordaad of uitspattigheid nie. Dit is dus vir hulle nie net nodig om ‘n opperste vark van jouself te maak soos wat me Liebenberg en haar gaste gemaak het nie, maar ook om jou swynagtige maniere met die duurste moontlike drank en spyse te beoefen, ten einde jou status as iemand wat belangrik is, te beklemtoon.
Daar is geen beter voorbeeld van hierdie swynagtige gedrag as die sogenaamde sakeman Kenny Kunene wat soesjie van ‘n bikini-geklede “skoonheid” se maag gevreet het nie (en ek gebruik die woord gevreet moedswillig). Zwelinzima Vavi van Cosatu het weliswaar ontplof van die verontwaardiging namens die armes wat hy kwansuis verteenwoordig nav Kunene se uitspattigheid, maar Vavi is self ‘n chardonnay-sosialis, met ‘n voorliefde vir daardie kenmerkende skerppuntskoene wat elke tuinjong se droom is, asook blink, swart motors. Terwyl ek na skoene verwys: Die korrupte voormalige Interpol-hoof, Jackie Selebi, het juis vir voormalige president Mbeki ‘n paar skoene by ‘n Sandtonse boetiek gekoop met geld wat die rampokker Glenn Agliotti aan hom geskenk het. Laat ek raai: Dit was nie daardie soort eenvoudige skoene, sonder tierlantyntjies, wat ek en jy by die Edgars gaan koop nie. So ook had Selebi glo sy eie, gegraveerde vleismes by ‘n swierige eetplek in Melrose Arch. Het hy ook ‘n gegraveerde bedkatel by die bordeel waar jou beter klas ANC-kaders uithang?
Drie Skepe is dus nie wat jou gemiddelde ANC-kader of Julias sal inneem nie. Nee; dit móét eenvoudig Johnny Walker Blue Label wees. Miskien moet iemand tog vir hulle vertel dat sekere enkelmout Skotse whiskeys selfs duurder as Blue Label is, en na bewering nog lekkerder as Blue Label, as whiskey nou jou voorkeursopie is. Dit gaan egter eerder oor die halsbandjie as oor die hondjie, vermoed ek. Die ANC-kader of SEB-vetkat hou nie noodwendig meer van Blue Label as van Black Label-bier nie, maar hy moet gesien word terwyl hy die korrekte drank inneem. Ek sou daarom graag ‘n eksperiment wou doen. Ek wil die kaders laat blinddoek en ‘n paar verskillende tipes whiskey laat proe, wat goedkoper soorte ook insluit. Sou hulle die verskil tussen Blue Label en ‘n goedkoper soort kon proe? Ek twyfel baie sterk, nes ek twyfel daaraan of me Liebenberg en haar besope gaste ná die eerste bottel enigsins die verskil sou kon proe tussen die ware Jakob en Graham Beck se Cap Classique.
Hoe pateties tog, hoe sprekend van die opperste minderwaardigheidsgevoelens, dat jy dit nodig vind om ‘n gegraveerde vleismes te moet hê, dat jy jou met Veuve Clicquot te buite moet gaan, of dat jy slegs Johnny Walker Blue Label mag drink, bloot om jouself te probeer oortuig dat jy nie ‘n talentlose nul op ‘n kontrak is nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.