praag.co.za

Hoe om imperialisme te oorwin

Written by

in

 Was dit nie vir die feit dat die debakel wat tans in Atteridgeville aan die gang is my en jou as belastingbetaler ‘n aardige bedraggie uit die sak gejaag het nie, sou dit komiese vermaak van die hoogste gehalte gebied het. Dié debakel, onder die vaandel van die ANC se Yoof Lieg, staan bekend as die Wêreldjeugfees. Die tema van die fees is hoe om sogenaamde imperialisme te oorwin. 

 Sogenaamde imperialisme, omdat die Marxiste wat agter dié fees sit, iets heeltemal anders as die res van ons verstaan wanneer hulle van imperialisme praat. Gewone mense verstaan tipiese imperialisme as iets soortgelyk aan die Britse Ryk van die negentiende eeu se imperialisme, met een land wat ‘n aantal ander beset en onderdruk, dikwels met militêre mag. Die Britte se aggressie en volksmoord teen die Boererepublieke gemik was ‘n goeie voorbeeld daarvan. Die enigste voor-die-hand-liggende moderne imperialiste is deesdae die Chinese en die Moslems. China, wat op ‘n veldtog uit is om die wêreld se hulpbronne vir homself toe te eien, en die Moslems wat Wes-Europa stelselmatig in Eurabië verander dmv grootskeepse immigrasie vanuit Arabiese lande.

Kommunistiese China of die Arabiese Liga is egter stellig nie die lande wat die Wêreldjeugfees in sy visier het nie.   Die Wêreldjeugfees is veel eerder ‘n chaotiese anti-blanke, anti-Westerse samekoms van diverse gespuis uit al wat ‘n falende en gefaalde staat is; Noord-Korea, Hamas, Kuba, Zimbabwe en Azanië se regimes se jeugvleuels tel onder die illustere voorbokke. Die agenda van die fees kon veel eerder beskryf word as: “Gee, gee, gee, of anders is julle rassiste!” 

 Wanneer mense van toeval praat, verwys hulle na die denkbeeldige trop bobbejane wat op ‘n horde tikmasjiene slaan. Die groot meerderheid blaaie wat die bobbejane voortbring is lukrake gemors, maar een van die trop, gegewe genoeg tyd, miskien miljoene jare, staan die kans om per ongeluk ‘n Shakespeare-sonnet te tik. Die ANC Yoof Lieg se trop kransatlete had egter nie ‘n miljoen jaar om die Wêreldjeugfees te organiseer nie, en die resulterende chaos is skreeusnaaks. Nie dat selfs ‘n miljard jaar genoeg sou wees nie, gegewe die volslae gebrek aan enige iets wat eens by benadering op ‘n intellek neerkom in die Yoof Lieg. Die resulterende chaos bied ryke stof tot vermaak, behalwe vir die feit dat dit my teen die bors stuit om te sien waarop my belasting verkwis word. 

 Daar is gassprekers wat nie opdaag nie. Werksessies wat ure laat begin of glad nie plaasvind nie. ‘n Grootskeepse gesuipery. ‘n Soenkompetisie op die rugbyveld toe dit geblyk het dat daar geen sweempie organisasie was nie. ‘n Trop stormdronk Yoof Lieg-kransatlete wat die media-tent bestorm en aandring om gevoer te word (ek sou hulle persoonlik piesangs aangebied het as ek die spysenieringstender gewen het op grond van ‘n korrupte verwantskap met een of ander SEB-tenderpreneur.) 

 Ek het veral die soenkompetisie uiters ironies gevind, omdat dit eintlik ‘n uitstekende metafoor gebied het oor hoe imperialisme, kolonialisme en apartheid uiteindelik oorwin is. Dit was nie feeste soos die Wêreldjeugfees wat imperialisme oorwin het nie. Ook nie kongresse, werksessies, voordragte deur gassprekers of selfs militêre optrede nie, alhoewel die lamsakkige MK homself probeer vlei dat hy Suid-Afrika militêr bevry het met sy papbroekige aanvalle op ongewapende burgerlikes. 

 Dit was nie woorde, kongresse of koeëls wat imperialisme oorwin het nie, maar iets veel kleiner. Mikroskopies, in der waarheid. Dit was sperm- en eierselle. Dit was die ongebreidelde voortplanting van die voorheen-gekoloniseerdes wat die einde van imperialisme, kolonialisme en apartheid demografies-onafwendbaar gemaak het. Wat Hitler se Blitzkrieg nie kon regkry nie, gaan die Moslems se sperm- en eierselle op die lange duur regkry. Hulle voortplantingstempo in die lande wat hulle koloniseer sal sorg dat hulle ‘n meerderheid in Europa is binne die volgende 100 jaar. 

 Die soenkompetisie op die sokkerveld, met soen as ‘n voorspel vir die ongetwyfeld talle seksdade (asook nuwe vigs-infeksies) wat gisteraand plaasgevind het onder bywoners, was dus ‘n onwetende dog uitstekende metafoor vir die mees suksesvolle anti-imperialistiese strategie van almal.

free slots noЛобановский Харьков

Comments

Leave a Reply