FIFA is glad nie bekommerd dat ‘n herhaling van gister se stormloop deur ‘n skare swartes tydens ‘n opwarmingswedstryd tussen Nigerië en Noord-Korea by die Makhulongstadion naby Johannesburg mag plaasvind nie. Vyftien mense is in die stormloop beseer.
Die wedstryd is vir omtrent vyf minute vroeg in die tweede helfte onderbreek weens “die beserings en veiligheid van die toeskouers op die oorbevolkte hoofstadion” waar die heining verwyder is.
Volgens FIFA het die organisasie niks met die kaartjieverkope vir die wedstryd te doen gehad nie.
“FIFA wil beklemtoon dat hierdie vriendskaplike wedstryd geen verwantskap hoegenaamd het met die operasionele organisasie van die 2010-wêreldbeker, waaroor ons vol vertroue is, nie,” het die organisasie se verklaring gelui.
‘n Woordvoerder vir die polisie Eugene Opperman het gesê 14 mense het geringe beserings opgedoen en ‘n polisieman is ernstig beseer.
Hy meen die stormloop het begin toe te veel toeskouers gepoog het om gratis kaartjies vir die wedstryd by die stadion se ingang te bekom.
Honderde Nigeriese sokkergeesdriftiges het die hek bo-op die polisieman omgestoot in hul pogings om by die stadion, wat sitplekke vir 10 000 mense bevat. in te kom.
Vervalste kaartjies
“Die polisieman is deur die hekke vergruis soos wat mense gestorm het om in te kom,” het nog ‘n polisiebeampte op die toneel aan die Reuters-nuusagentskap gesê.
Onder die beseerdes is twee kinders, volgens ‘n getuie.
Ongeveer 500 toeskouers het in gebied rondom die stadion agtergebly vir geruime tyd nadat die stormloop “vreedsaam geëindig het”. Aan die binnekant van die stadion was daar steeds vele leë sitplekke aangesien nie alle kaartjies verkoop is nie.
“Niemand kan hiervoor geblameer word nie. Ons het geen keuse van ‘n groter stadion gehad nie,” het ‘n lid van die Negeriese Sokkderfederasie, Taiwo Ogunjobi, gesê.
“Ons is net dankbaar dat niemand dood is nie. Die kaartjies was gratis en te veel mense het probeer inkom.” Die stadion in ‘n swart woonbuurt sal nie enige wêreldbekerwedstryde aanbied nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.