Skokkende toestande soos lekkende dakke en swak maaltye kom in ‘n desperate brief aan die lig wat deur ‘n Suid-Afrikaanse mediese student in Kuba aan die Christen-Demokratiese Party (CDP) gestuur is.
Baie van die probleme, soos om “eiers in die oggend, in die middag en saans te eet” word toegeskryf daaraan dat Suid-Afrika nog nie die fondse vir hul verblyf en studies oorbetaal het nie, aldus die student wat verkies om naamloos te bly. En al word die slaapkamers en eetkamer gereeld weens lekkende dakke tydens reënbuie oorstroom, het nog niemand van die Suid-Afrikaanse missie in Kuba die studente sedert 2005 besoek nie.
“Ons is ontsteld oor die toestande wat die student beskryf. Dit is nie die manier waarop met die kinders van arm ouers, of enigeen anders, te behandel nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA)
“Dit kom voor asof die Suid-Afrikaanse regering baie stadig uit die blokke is om sy burgers in die buiteland by te staan, veral waar dit om ‘vriendskaplike’ regerings soos dié van Zimbabwe en Kuba handel. Die regering word te gereeld voor die hof gesleep om sy burgers in die buiteland te beskerm, en selfs om aan hulle hul grondwetlike stemreg te besorg.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.