praag.co.za

Hewige gevegte woed teen Taliban

Pakistan het Dinsdag gesê dat hulle troepe in hewige straatgevegte met die Taliban gewikkel is in die noordweste. Humanitêre organisasies sê daar is swaar verliese onder die burgerlike bevolking.

Militêre woordvoerders sê hulle beweeg nader aan die hoof Talibanvesting Mingora in die Swatvallei. Die verwoede offensief teen die Taliban mag selfs Pakistan se soewereiniteit bedreig, volgens kenners.

Die weermag het Maandag Matta en Kanja oorgeneem, nie ver van Mingora nie. Matta as eens 'n bastion van Maulana Fazlullah wat 'n opstand gelei het om Islamitiese wette te laat geld.

"Ons troepe het 'n klinkende oorwinning [teen die Taliban] behaal,"het 'n anonieme woordvoerder gesê. "Die Taliban probeer vlug, maar ons strategie is om hulle nie te laat wegkom nie."

Kommando's is reeds in Peochar, wat die weermag se volgende doelwit is. Dit is die Taliban se hoofkwartier. Die weermag konsentreer daarop om die Taliban se voorraad af te sny en hulle sodoende te "wurg".

Humanitêre organisasies is ontstig oor die geweld wat op 2 Mei uitgebreek het en wat reeds 1,45 miljoen vlugtelinge tot gevolg het. Volgens die weermag is 15 000 troepe tans teen 4 000 Talibanvegters ingespan. Islamabad het beveel dat die Taliban "geëlimineer" moet word.

Human Rights Watch het albei kante van ongevalle onder burgerlikes beskuldig. Stralers en aanvalshelikopters is vir die sterftes verantwoordelik.
воздушный салександр лобановский супермаркет класс

Comments

Leave a Reply