praag.co.za

Franse polisievrou net buite Parys ontvoer en verkrag

Written by

in

,

Frankryk begin steier onder multikulturele misdaad en geweld. In die jongste voorval waaroor die koerant Le Parisien berig, is ‘n munisipale polisievrou Donderdagaand deur twee mans ontvoer en verkrag.

Sy was besig om in haar privaat voertuig huis toe te ry toe sy oorval is, met ‘n papiersnyer aangehou en deur een van die mans verkrag is. Haar aanvaller en sy medepligtige verkeer steeds op vrye voet.

Die jong dame werk vir die munisipale polisie in die Val-de-Marne-departement wat aan dié van Parys grens. Donderdagaand was sy omstreeks agtuur op pad huis toe agter die stuurwiel van haar motor. Sy het egter nie meer haar uniform aangehad nie en was ook nie gewapen nie. Toe sy ‘n sms ontvang, hou sy langs die nasionale pad stil om dit te lees.

Dit is toe dat twee “mans” – waarvan die ras en afkoms nie in die berig vermeld word nie – op ‘n bromponie langs haar stilhou. Die bestuurder dreig haar met ‘n papiersnyer. Sy oorhandig haar selfoon, maar dis nie genoeg nie. Sy word in haar eie motor weggery en op ‘n leë erf agter ‘n bos bome verkrag. Blykbaar word sy op die grond gedwing en sit die man eers ‘n kondoom aan voor hy haar verkrag, terwyl sy vriend kywie hou.

Die verkragting het naby ‘n groot supermark, die Carrefour in die voorstad Villejuif, plaasgevind.

Die twee verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Blykbaar was haar aanvallers nie eens daarvan bewus dat sy ‘n polisievrou is nie. Agterna het sy in haar motor geklim en by vriende gaan hulp soek, wat die ambulans ontbied het.

Die polisie ondersoek tans die saak.

Comments

4 responses to “Franse polisievrou net buite Parys ontvoer en verkrag”

  1. G Avatar
    G

    Janee dis altyd die “mans” maar dis eintlik ‘n tipe see cafur

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Ek waardeer jou uitmuntende spelling. (:-))

  2. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Ook in door migratie steeds verder criminaliserend Nederland is de laatste jaren de politie tijdens de dienst en erbuiten niet meer veilig en is het beleid dat dienders hun auto’s onopvallend ver van het bureau parkeren en dat zij in burgerkleding naar het bureau komen en gaan terwijl het pistool op het bureau in de kluis wordt bewaard.
    Geldt ook voor militairen.

    In principe is het een politieagent wel toegestaan om buiten diensturen overtredingen te rapporteren maar men kan zichzelf en burgers dus niet verdedigen met gebruikmaking van het dienstwapen.

    Politiebureaus hebben de laatste decennia wel een metamorfose ondergaan en zijn meer gaan lijken op wat zoal bij bv. de RUC, in de hete tijden in Noord Ierland, al langer gebruikelijk was.
    Opgelegde linkse anti blank racistische ‘positieve discriminatie’ bij personeelswerving en een informele ‘migrantenbonus bij misdaad’, zorgen ervoor dat ook de politiemacht en de geloofwaardigheid en betrouwbaarheid nòg verder wordt ondermijnd. En tienduizenden blanke slachtoffers van allochtonenmisdaad, die in de regel een trap na kregen van de volksvijandige linkse roverheid, weten erover mee te praten maar worden tot op heden bewust boosaardig in de kou gelaten.

    De linkse islamiserende balkaniserende multi culti heilstaat mag de autochtone bevolkingen een paar centen en levens kosten in de EUSSR.

    Ik heb het idee dat o.m. Martin Bosma dat wel begrijpt : https://www.youtube.com/watch?v=EFcDz2qpUmc

  3. John Avatar
    John

    Hierdie soort van gebeurtenis is ongehoort. Letterlik. Dis die soort van ding wat of `n kort leeftyd het in die media of hoegenaamd glad nie. Indien mens `n soektog doen op Google vir enige kombinasies van “rape+police+woman+france” het die eerste (100) resultate slegs betrekking op stories wat meer in ‘vogue’ is, soos die een van Klein Duimpie – Monsieur Hollande – wie sy innige medeleie betoon met `n toekoms verkragter wie toe nou self verkrag was. Ag jinne !
    https://www.youtube.com/watch?v=BA4GRs-W7BM

Leave a Reply