praag.co.za

Gelyke Kanse begin regsproses oor Afrikaans by US

Written by

in

,

Die Konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch het sy steun gegee aan ‘n regsproses wat daarop gemik is om die Universiteit se nuwe taalbeleid ter syde te stel.

Die beleid wat verlede jaar aanvaar is maak Engels die hooftaal van onderrig en administrasie by die Universiteit.

Die belangegroep Gelyke Kanse het ‘n aansoek in die hooggeregshof in Kaapstad ingedien om dié besluit ter syde te stel. Die aansoek word in Maart aangehoor.

Hermann Giliomee het Saterdag 21 Januarie ondersteuners van die aksiegroep #StellenboschLente toegespreek, het Litnet berig.

Giliomee het Afrikaanssprekendes se reg op ‘n Afrikaanse universiteit verdedig. Hy het ook gepraat oor die mosie by die US-konvokasievergadering op 26 Januarie, en die hofsaak wat in Maart in die hooggeregshof aangehoor sal word.

Volgens Giliomee het US rektor Wim de Villiers, Arnold Schoonwinkel en kie hul rug op studente van Porterville en soortgelyke plekke waar Engels ‘n vreemde taal is, gedraai.

Hy sê hy het self met Engels gesukkel toe hy op Stellenbosch begin studeer het. Hy het weer verwys na die ANC-belofte van twee Afrikaanse universiteite, maar daarvan het dadels gekom.

Die Kaapse Afrikaners probeer nou al geruim tyd Afrikaans red deur bruines as taalstryders voor te hou terwyl die meeste reeds verengels het en nie belangstel in die taal nie. Die meerderheid Afrikaners woon in Pretoria en voel nie deel van die Stellenbosche kliek nie.

Intussen gaan PRAAG voort met voorbereiding vir die beplande hofsaak teen die Universiteit van Pretoria se besluit om Afrikaans af te skaf as onderrigtaal.

Comments

7 responses to “Gelyke Kanse begin regsproses oor Afrikaans by US”

  1. Flip Kriel Avatar
    Flip Kriel

    Ek sal nie die mense wat Afrikaans wil bevorder afkraak nie selfs al is hulle van Skelmbos. Ons het maar al die hulp nodig wat ons kan monster om Afrikaans as universiteitstaal te behou en te bevorder selfs al is dit op S’bos.

    1. Karel Combrinck Avatar
      Karel Combrinck

      Stem.

      1. 11petrus2 Avatar
        11petrus2

        Nogal n positiewe gebaar ter Afrikaanse Taal ondersteuning wat eerder eie is aan die Jode se spog en kommeraderie van baklei=liegenbedrieg Nobelprys verwaandheid,,,,, as onse boermense se haarfyn taal ontrafelings alles onder die Swarthaak Doringboom na n Springbok game fo en dan nog steeds met n bol stront sal eindig want een in die bonnel konnie sy MIDAS bek hou nie,,,,,,,,

    2. Johann Schutte Avatar
      Johann Schutte

      Met respek, ek dink jy moet jou posisie heroorweeg. Daar is te veel Jan Smuts/Van Zyl Slabbert/FW de Klerk/Pieter Mulder figure in die Afrikaner se geskiedenis wat geglo het lg. se saak is diensbaar in die bed van- en in `n sagsinnige/redelike konsensus soekery met -Afrikanervyand. Dit lyk vir my asof huidige Afrikaner ‘leiers’ deur die beherende antagonis as leiers aanvaar en gelegitimiseer (en selfs met adjunk-ministersposte beloon) word, juis omdat hulle nuttelose papbroeke is.

      Werklike Afrikanerleiers (soos Jaap Marais, Dan Roodt, Steve Hoffmeyer) word so met die modder gegooi dat hulle naderhand vir die gemiddelde Afrikaner vuil voorkom.

      Die blink akademici wat steeds ‘leierskap’ posisies beklee vervul my met suspisie.

  2. Vicky Avatar
    Vicky

    VYANDIGE STAMME BEHEER DIE HOWE ! WORD WAKKER !

    1. Johann Schutte Avatar
      Johann Schutte

      Stem. En dis a.g.v. blanke naiewiteit, eerder as swart diskriminasie/vyandigheid wat ek uit SA is. Ek het gou na 94 besef dat die spul wittes, wanneer die moeilikheid kom, nie prakties by my sal staan nie.

      Dis wit wensdenkery en liggelowigheid wat die nuttelose VFminus aan die lewe hou, wat maak dat kombuisbediendes en tuinjongens aangestel (en met die sleutels vertrou) word, en christelike beleggings in ‘upliftment’ handhaaf.

      Hofuitsprake en regulerende dokumente (soos die konstitusie) oor taal/Afrikaans stel ten beste die onvermydelike uit. Dis omtrent soveel werd as FW se wigte en teenwigte.

      1. Vicky Avatar
        Vicky

        As die Internet in 92 bestaan het sou niemand daardie wigte en teenwigte nonsens geglo het nie.

Leave a Reply