praag.co.za

Kolleges kom landwyd tot stilstand

Written by

in

,

Die Suid-Afrikaanse studentevereniging vir verdere onderwys en opleiding het vroeër gedreig dat bedrywighede Donderdag by alle TBOO-kolleges landwyd tot ‘n stilstand gedwing moet word.

Die Departement van Hoër Onderwys het ‘n beroep gedoen dat gesprekke met verteenwoordigers van kolleges vir verdere opleiding voortgesit moet word.

Die liggaam eis inligting oor kwessies soos befondsing, infrastruktuur en uitslae en sertifikate wat nog nie uitgereik is nie.

Honderde voormalige studente is werkloos omdat van hulle na bewering tot sewe jaar vir hul sertifikate wag. ‘n Woordvoerder van die departement, Madikwe Mabotha sê die departement is vasbeslote om met alle rolspelers saam te werk om ‘n oplossing te vind.

Safetsa sê die landwye staking sal die opleiding by 265 tegniese, professionele en opleiding (TVET) kolleges raak.

Die vereniging het gesê die regering het sy kommer geïgnoreer, en kolleges sluit dus onbepaald.

Safetsa se Yonke Twani sê onopgeloste kwessies sluit in die vertraging van resultate en hangende sertifikate sedert 2012, onvoldoende befondsing en vertraging van akkommodasie en vervoertoelaes, swak infrastruktuur, ongekwalifiseerde dosente en studenteviktimisasie.

Twani sê hulle praat al jare met die Departement van Hoër Onderwys daaroor.

Comments

4 responses to “Kolleges kom landwyd tot stilstand”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Twani …lees die lippe , jy moet eers jou kursus bywoon, slaag en dan VOLLEDIG AFBETAAL alvorens jy jou verkeerde studierigting sertifikaat kan kry .
    Gister was dit die Universiteite , vandag die Kolleges…more die Skole???

  2. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Dis maar wat gebeur as hy wat nul tot die belastingpoel bydra die eerste is om die vrugte daarvan te wil pluk. Dis sy einste onbevoegde boeties wat die infrastruktuur in die grond in bestuur het tot op die punt waar dit nie meer funksioneer nie. Hy hoef nie te huil nie want die standaard van die kursusse is daarmee saam ook tot so mate vernietig dat hy maar net sowel die sertifikaart op die straathoek kan aankoop en vir ‘n jaar lank as iemand se handlanger in die rigting van sy keuse werk. Ek dink amper hy gaan beter “gekwalifiseerd” wees in laasgenoemde geval.

  3. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Die dwaasheid gaan voort.

  4. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    dis mooi booi, brand die plek af VOORDAT julle nog n jaar mors en net aan die einde van die proses “redeneer” dat julle gaan vaal. Nee wat, toi toi soos n booi booi en maak seker julle verwoes alles…so dom soos grond.

Leave a Reply