praag.co.za

BRICS-geveg kom na SA met sakemense wat EFF steun

Written by

in

,

Die BRICS-geveg wat ook in Brasilië woed nadat hul president Dilma Rousseff haar amp kwyt is, gaan Suid-Afrika nie gespaar bly nie.

Bemoedig deur die regime-verandering daar, is daar tans groot druk deur die sakegemeenskap op Pravin Gordhan, die voormalige minister van finansies om Zuma aan te vat.

Die Valke en nasionale vervolgingsgesag (NVG) maak egter op hulle beurt volgens berigte gereed om Gordhan en ander voormalige kollegas van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vir spioenasie in hegtenis te neem.

Dié afdreiging van Gordhan sal die staat se blootstelling aan BRICS-invloed, of manipulasie deur die Guptas, in die kollig plaas. Indië is ook deel van BRICS en die Guptas het glo daardeur hul greep op Suid-Afrika verkry.

Met Indië wat tans toenadering soek by die VSA, is die anti-Zuma-faksie hoopvol dat hulle regeringsveranderingsplanne sal slaag.

Maar nie net Gordhan nie, ook Trevor Manuel en ander senior SAID-amptenare staan onder soortgelyke verdenking van spioenasie teen Zuma.

Die rand het intussen verder gedaal met die nuus dat Zuma nie gaan bes gee nie, maar met mening gaan toeslaan op die Angelsaksiese faksie wat hom uit die kussings wil lig.

Berning Ntlemeza (Valke), Shaun Abrahams (nasionale direkteur van openbare vervolging) en David Mahlobo (staatsveiligheid) is Zuma se handlangers.

Dit is ook duidelik dat sakemense nie op Gordhan of adj.pres. Cyril Ramaphosa sal kan vertrou om van president Zuma ontslae te raak nie, maar gaan probeer om deur negatiewe marksentiment ‘n klimaat te skep wat dit sal moontlik maak.

Dit sal wit Suid-Afrikaners dalk ontstel, maar sal geen indruk maak op die gewone swart ANC-kieser nie. Inteendeel skep die Angelsaksers eerder ‘n klimaat vir die EFF.

Comments

2 responses to “BRICS-geveg kom na SA met sakemense wat EFF steun”

  1. besoeker Avatar
    besoeker

    Dit is ongelooflik dat NIEMAND hierop reageer nie! Besef niemand wat werklik besig is om te gebeur nie?

    Net boontoe is ‘n artikel wat die nuwe president van Brasilie beskryf as ‘n Amerikaanse lakei.

    Die Zuma-must -fall is ‘n direkte gevolg van die feit dat Zuma nie meer met die VN en Amerika wil speel nie. Sy val het begin toe hy uit die wereld strafhof getree het en met ons insluiting in die BRICS pakt.

    Malema is Britanje toe en het met sake vol geld teruggekom, want HOE kan hy al die toerusting bekom en HOE kon hy van niks erens kom.

    Zuma se R250 miljoen Nkandla is ‘n DRUPPEL in die emmer van wat deur Anglosaksies heersers uit hierdie land gesteel word.

    Ons word deur hierdie buitelandse mag beheer en as die wat in regering sit nie saam speel nie dan gebeur daar net wat in Libie gebeur het, Irak, Brasilie en ons is volgende.

    Ek word eerder deur ‘n Zuma regeer as ‘n flippen gemors daar in die VN gebou wat net een doel het en dit is om almal in die wereld slawe te maak deur ons vryheid – persoonlike vryheid en privaatheid wil ontneem.

    Niemand wil hoor presies wat Agenda 21 is nie maar kla oor die waterwet wat die ‘regering’ nou wil instel om alle water te beheer. Word wakker! Die nie die regering nie maar die VN en hulle NUWE WERELD ORDE van TOTALE BEHEER oor die indiwidu. Dieselfde met die ‘smart cities’ wat lae koste behuising soos die ‘projects’ in Amerika en Engeland wil indwing tussen rustige gegoede buurtes, grondkwessies, wat ons kinders mag weet en leer, mediese sorg, inenting, groen stroke, motorkarre en moenie vergeet van ‘global warming’ nie- ALLES OM GELD te betaal annd ie heersers- in hierdie land en in die buiteland. Daar is nog bladsye te skryf oor hierdie bose agenda om ALLE lande hulle sowereinteit te wil ontneem. Doen gerus navorsing om die gevolge van die implementeering van hierdie agenda se gevolge te sien. Nerens word dit ooit genoem of bepsreek nie. Probeer jy iets daarom plaas, wel jy kan maar weer en weer probeer maar dit verdwyn. Die tentakels van die agente en hulle agenda is BAIE dieper en nader as wat ons dink.

    Reeds het 176 lande hierdie Millenium goals onderteken wat eintlik maar Agenda 21 is.

    Hier is ‘n uittrekesel die wat wakker is oor agenda 21 is rondom water:

    The UN blames population growth combined with communities in rural areas
    increase the necessity of stricter guidelines to avert “climactic and
    socio=political disasters”.

    The UN “suggests” that by 2015 all countries develop financing strategies
    and action programs that adhere to the IWRM. They want all nations to report to
    the UNEP concerning water resources management so that the UN can assess their
    progress and make changes as they see fit.

    Simply put, the securitization of water on a global scale, will be run by
    the UN only. Their target recommendations will then be directed to individual
    governments to be made into laws. The citizens of those nations will have no
    choice but to follow the laws of their countries; if they are to get their
    ration of life-giving water.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Ongelukkig is die NWO se bodem besig om uit te val. Engeland gaan waarskynlik “Brexit” en dan gaan daar nog van die ander lande hulle voorbeeld volg. Dit het reeds begin.
      Die volgende groot probleem is Putin. By hom sal niemand verby kom nie.

Leave a Reply