praag.co.za

PRAAG ontvang antwoord van UNESCO oor vernietiging van Afrikanererfenis

PRAAG het so pas ‘n antwoord van die Verenigde Nasies se kultuurliggaam, UNESCO in Parys, ontvang. Die Pro-Afrikaanse Aksiegroep het weereens ‘n klag by UNESCO aanhanging gemaak ná die jongste vlaag aanvalle op Afrikanerstandbeelde op kampusse.

“Die ANC-bewind, asook die radikale groepe in die land wat ons standbeelde en ander erfstukke aanval, is besig om strydig met plaaslike en internasionale wetgewing op te tree,” sê dr. Dan Roodt. “PRAAG is ook bekommerd oor versamelings van boeke en skilderye wat in biblioteke en museums gehou word en wat insgelyks die prooi van marxistiese revolusionêre bendes soos dié van die EFF kan word. Ook dít is aan UNESCO oorgedra.”

cr_swart
‘n Standbeeld van oudpres. CR Swart word op die kampus van die Vrystaatse Universiteit gevandaliseer terwyl die polisie passief toekyk

UNESCO het die wens uitgespreek dat ‘n “oplossing op nasionale vlak deur dialoog tussen gemeenskappe gevind kan word”. PRAAG se klag is aan Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by UNESCO oorgedra.

Die aksiegroep het reeds verlede jaar ‘n klag by UNESCO teen die ANC-bewind aanhangig gemaak op die stadium toe die Krugerstandbeeld in Pretoria gevandaliseer is. Die organisasie sukkel egter al ‘n jaar lank om met die departement van omgewingsake, wat met UNESCO skakel, te kommunikeer aangesien die departement weier om Afrikaans te gebruik. PRAAG sal egter binnekort ‘n dringende hofaansoek bring om die departement te dwing om erkenning aan Afrikaans as amptelike taal te verleen.

“Die kommunikasieprobleem met omgewingsake belemmer ons aksie om Afrikanererfenis van vandalisme en vernietiging te red,” sê dr. Dan Roodt van PRAAG. “In teenstelling met die ANC-bewind, kan mens gemaklik met internasionale organisasies kommunikeer aangesien hulle streng by hul taalbeleid hou en veeltaligheid handhaaf. Tot dusver het ons alle briewe aan UNESCO in Frans gerig, aangesien dit een van die amptelike tale van dié liggaam is en dit boonop in Parys gesetel is. Die ANC-bewind regeer vanuit Pretoria, ‘n Afrikanerstad, maar ken blykbaar geen woord Afrikaans nie. Vreemd. Ek is egter vol vertroue dat die howe ons gelyk sal gee dat Afrikaans nie in 1994 opgehou het om ‘n amptelike taal van Suid-Afrika te wees nie.”

PRAAG skakel met verskeie buitelandse regerings in ‘n poging om hulle by die reddingsaksie vir Afrikaanse erfenis te betrek, maar ook om tussen Afrikaners en die ANC-maghebber te bemiddel. “Ons bekyk tans die idee dat aspekte van Afrikanererfenis ook gedeelde erfenis met Europese lande kan wees,” het Roodt verklaar. “Die revolusionêre afro-marxistiese bendes is dus nie net besig om óns erfenis te vernietig nie, maar ook dié van Europa. Ons doen ‘n beroep op alle pro-Westerse groepe wêreldwyd om ons in ons stryd te ondersteun.”

Die aksiegroep is veral optimisties dat die veranderende politieke klimaat in Europa en die VSA pogings om Afrikanererfenis te red ten goede sal strek. “Mnr. Trump se gewildheid in die VSA, asook nuwe regse regerings in Oos-Europa, toon dat die tydvak van Westerse dekadensie ten einde loop,” sê Roodt. “Binnekort gaan die swartman in Suid-Afrika nie meer oor ‘n vrypas beskik om vanweë sy rassehaat vir die blanke ons standbeelde aan te val, of boeke en skilderye te verbrand nie.”

PRAAG blameer ook die hoofstroommedia vir die klimaat van onverdraagsaamheid wat daar teen Afrikanerkultuur en -erfenis geskep is. “Joernaliste in die HSM blaas die haat aan en juig as Afrikanererfenis gevandaliseer word. Ook word streng sensuur gehandhaaf oor enige pogings tot die teendeel: om Afrikanererfenis te red of te bewaar. Die alternatiewe media sal egter oor die beweging teen vandalisme en afro-marxistiese vernietiging berig. En iewers in die toekoms moet vandag se meelopers wat soveel haat en vernietiging teen ons aanblaas weens hul misdade teregstaan. Hulle gaan nog boet,” sê Roodt.

 

 

Comments

50 responses to “PRAAG ontvang antwoord van UNESCO oor vernietiging van Afrikanererfenis”

  1. G Avatar
    G

    Wel Rupert steun nou openlik die EFF en hy is tevrede dat die sakemense ongewild gaan wees daaroor.

    http://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/rupert-aan-zuma-vir-kinders-se-toekoms-bedank-asb-20160323

    Ter wille van ons kinders se toekoms, bedank asseblief!

    Dit is die sakeman Johann Rupert se pleidooi aan pres. Jacob Zuma. Hy is een van die eerste hoëprofielsakemanne wat hom so sterk uitspreek oor Zuma, die ANC se versuim om teen hom op te tree en die rigting waarin die land beweeg.

    Hy het gereageer op berigte dat Zuma glo aan ‘n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gesê het hy (Rupert) het spesiaal in Desember uit Londen na Suid-Afrika gevlieg om agter Zuma se rug te konkel.

    Dit nadat Zuma op 9 Desember 2015 besluit het om Nhlanhla Nene met Des van Rooyen as minister van finansies te vervang. Van Rooyen is op sy beurt binne dae deur Pravin Gordhan vervang. Volgens inligting is Zuma deur senior partyleiers en ‘n afvaardiging van sakelui oorreed om dit te doen.

    Rupert het Woensdag by die berig “JZ sê glo: ‘Sê my reguit of ek moet bedank’ ” op Netwerk24 geskryf hy het nie uit Londen teruggevlieg nie omdat hy as kanselier waargeneem het by die Universiteit Stellenbosch (US) se gradeplegtigheid. Hy was dus reeds in Suid-Afrika.

    “Pres. Zuma, u moet asseblief opsy staan en na u ANC-tak teruggaan, veral indien u glo dat ek ‘uit Londen’ na Suid-Afrika gevlieg het om met ‘n senior ANC-leier te vergader en te eis dat dié aanstelling (van Van Rooyen) omgekeer word.

    “Indien u ‘inligting’, nie van die Guptas nie, korrek was, sou u kon sien dat ek by die gradeplegtighede by Universiteit Stellenbosch was.

    “Hoe kon ek dus ‘terugvlieg’?

    “Ja, vir die kinders se toekoms, bedank asseblief.”

    Hy het uit Amerika aan Netwerk24 gesê hy is nou “keelvol” vir die manier waarop Zuma die land bestuur.

    “Dis nou die tyd vir mense om hul stem te laat hoor.

    “Ons (sakelui) moet nou maar, soos met die vorige regime, bereid wees om ongewild te wees.”

    Sakelui en beleggers met wie hy oorsee in gesprek is, waarsku hom dat Suid-Afrika se kredietgradering onvermydelik na rommelstatus op pad is. “En dit gaan beteken ‘n dollar gaan eensklaps R30 kos. Die gevolge gaan verreikend wees.”

    Ian Cruickshanks, ekonoom by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings (SAIRR), het aan Pauli van Wyk gesê Rupert se kommentaar is “gewigtig”.

    “Hy is die eerste groot sakeman wat dit in die openbaar en op die rekord sê.”

    Rupert is voorsitter van Remgro.

    Hy het aan die Sowetan gesê die ANC is besig om al hoe meer soos die Nasionale Party van ouds op te tree en “derdemagte” vir sy eie foute te blameer.

    “Ek ontvang talle navrae van beleggers uit die buiteland. Hulle grootste bekommernis is die oppergesag van die reg asook staatskaping. As ‘n land nie deur sterk instellings, soos die Grondwet en howe, gerig word nie word hulle deur sterkmanne gerig. Die verswakking van instellings lei na korrupsie en chaos.”

    Hy reken dit sou rampspoedig gewees het as Van Rooyen se aanstelling nie ter syde gestel is nie. “Die land was op die rand van ‘n kredietramp. Nog ‘n polities-gemotiveerde, irrasionale besluit deur die president sal daartoe lei dat die wêreld en kredietgraderingsagentskappe ons onder geweldige druk plaas.”

    Gordhan is besig om buitelandse beleggers gerus te stel dat die land steeds stabiel en beleggersvriendelik is.

    Die kredietgraderingsagentskap Moody’s was verlede week in Suid-Afrika om navorsing te doen voordat hy besluit om die land verder af te gradeer.

    * Hierdie berig is sedert sy oorspronlike plasing bygewerk.

    1. ThysH Avatar
      ThysH

      Dit verstom my dat mense wat hulle rykdom te danke het aan die rook van hulle tabakprodukte, vir andere aanspreek oor “etiese” gedrag!

    2. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      G, nog even vanuit de donkerte na het laatste avondmaal, kent u deze reactie van Bobby Fischer in het filmpje in bijgaand artikel van rancuneuze nijdige Jeremy Schaap.(Nederlands voor Skaap)
      bobby fischer vs. jeremy schaap

      Hier is die brief van Bobby uit 1984, die fanatieke jaloerse leugenaar Jeremy natuurlijk WEL kende :

      AN OPEN LETTER

      FROM:

      BOBBY FISCHER

      THE WORLD CHESS CHAMPION

      TO:

      ENCYCLOPAEDIA JUDAICA

      P.O. Box 50307

      Pasadena, CA 91105

      June 28, 1984

      The Editors

      ENCYCLOPAEDIA JUDAICA JERUSALEM

      The Macmillan Company

      866 Third Avenue

      New York City, NY 10022

      Gentlemen:

      Knowing what I do about Judaism, I was naturally

      distressed to see that you erroneously featured me

      as a Jew in ENCYCLOPAEDIA JUDAICA. Please do not make

      this mistake again in any future editions of your

      voluminous, pseudo-authoritative publication. I am not

      today, nor have I ever been a Jew, and as a matter of

      fact, I am uncircumcised.

      I suggest rather than fraudulently misrepresenting me

      to be a Jew, and dishonestly abusing my name and

      reputation as a kind of advertising gimmick to improve

      the image of your religion (Judaism), you try to

      promote your religion on its own merits–if indeed it

      has any!

      In closing, I trust that I am not being unrealistically

      optimistic, in thanking you in advance for your

      anticipated cooperation in this matter.

      Truly yours,

      Bobby Fischer,

      The World Chess Champion

      c: Keter Publishing House

      Jerusalem Ltd.

    3. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      As Rupert praat verander regerings- onthou die NP se reaksie in die 80’s?
      As hy die EFF steun gaan hy sy bes doen om hulle aan bewind te kry.

      1. jan Avatar
        jan

        Tsafendas het vir sy pa gewerk

  2. ThysH Avatar
    ThysH

    Die laaste keer dat groot sakemanne die leier van die regerende party van die dag probeer aanvat het, was in 1972 toe sakeleiers soos Jan S Marais, Andries Wassenaar, Lang David de Villiers en andere probeer het om die NP te oortuig om John Vorster te dwing om sakemanne in die kabinet aan te stel.

    Die aanslag op Vorster het op ‘n vergadering in die Here XVII klub in Kaapstad gekom – en is in ‘n groot berig in Rapport die land ingestuur.

    As politieke beriggewer van Die Vaderland het ek begin navraag doen oor wie almal daar was en toe van die name hierbo – en enkele ander – in berigte uitgelap, Ek onthou dat ek meegedeel is dat daar wel een van Rembrandt se top manne ook aan die opstand teen Vorster deelgeneem het, maar kon nooit ‘n naam kry nie.

    Die aanslag teen Vorster het net daar platgeval toe die belhamels se name uitgeblaker is!

    Ek vermoed dit gaan nou ook gebeur. Die ANC is juis besig om – soos die EFF – al hoe heftiger teen groot WIT geldmagte uit te vaar. My kommer is dat met Rupert aan die voorpunt van hierdie aksies, dit op nog ‘n nuwe vlaag anti-Afrikaner aksies en lawaai gaan uitloop.

    Verstommend dat mense wat in die sakewereld so deeglik en behendig kan wees, so polities onnosel is!

    1. jan Avatar
      jan

      Het jy toe die Tsafendas wisseltrofee vir voortreflike diens gekry Hmm?
      Of die Perskor goue medale vir politieke wetenskap wat jy toe dadelik ge-Chroom het?
      Ons sou oneindg ryker gewees het met Verwoerd en sonder Vorster en sy kader.

    2. Jaco Steyn Avatar

      ThysH. Een van die hoofdoelwitte van die internasionale geldmagte was nog altyd om ʼn korrupte Swart Suid-Afrikaanse regering te vestig wat sal dien as hul “marionette” – vandaar hul beplande moord op Verwoerd en die korrupte Vorster-bewind se toenemende “wegbeweeg van diskriminasie”. Een van die ANC en EFF se belangrikste doelwitte is om die invloed van die blanke middelklas sover moontlik uit te skakel deur enige teken van blanke solidariteit te verhoed en om vervolgens die belange van die magtige Anglo-Joodse (en dalk ook Sjinese?) geldmagte te bevorder. Selfs die SAKP fokus op die “wandade” van die blanke middelklas en van “Apartheid”, terwyl hulle nooit hulle ondersteuners sal inlig oor die eintlike “magte agter die skerms” wat nuttige liberaliste en kommuniste misbruik en die hoofstroommedia besit nie. Doen gerus navorsing oor wie ook al die Bolsjewiste befonds het vóór 1917! ʼn Goeie begin is Frank L. Britton se insiggewende boek, “Behind Communism”. En terloops – ignoreer gerus “jan” se lagwekkende gesanik.

  3. Jan Malan Avatar
    Jan Malan

    Nie feel van ‘n reaksie nie, Unsesco is gekastreer lyk dit my

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      Druk met tumult maken over de sloop van (christelijk) erfgoed in Syrië terwijl ook daar net als in Turkije stadig wordt gewerkt aan hun verdrijving in het samenspel tussen de dagelijks rond moordende besneden belanghebbenden uit de vredelievende landen Israel, Turkije, Saudi A. e.v.a, Jan.

      Maar men is nu in elk geval kordaat en uitgebreid op de hoogte gebracht. Mede tegen de achtergrond van de laatste zin uit het PRAAG artikel.

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Groot dankie dr. Dan – dit was al lankal tyd dat hierdie ANC
    tot verantwoording geroep moes word – Brutale magsmisbruik en barbarisme om ons
    kultuur – taal en geskiedenis te vernietig en te verbrand. Wat van al die swart
    op blanke moorde wat deur die ANC aangestig word by vergaderings – WAT DAARVAN?

    1. Jaco Steyn Avatar

      Riempies. Ongelukkig is een van die “harde” feite van die lewe dat die internasionale gemeenskap of die VVO nié hierdie land wil of sal “red” nie. Solank die oorgrote meerderheid blankes weier om eendragtig saam te staan en weerstand te bied teen die propaganda vanaf die hoofstroommedia en magtige invloedryke organisasies soos AfriForum/Solidariteit, die NG Kerk en die DA, kan ons maar die ergste te wagte wees in hierdie land…

      1. G Avatar
        G

        Dis eintlik met mense soos jy wat ons niks gaan regkry nie.

        1. Jaco Steyn Avatar

          G. Wie is die “ons” waarna jy verwys – die derduisende Afrikaanse Christene wat nog steeds ywerige ondersteuners is van die organisasies waarna ek verwys het en wat glo dat gebede die beste oplossing bied vir hierdie land se probleme? Is die “mense soos jy” al diegene soos ekke wat nog (tevergeefs?) poog om andere in te lig oor die ware stand van sake?

        2. Cousin Vinnie Avatar
          Cousin Vinnie

          ??? WTF????

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Jaco ons is in n knyptang tot n sekere mate in die sin dat die ANC omdat hulle vanuit hulle perspektief ons as swakkelinge beskou omdat ons soos eerstewereld mense optree – wat hulle nie reg gelees het nie en hulle hand
        hopeloos oorspeel het.

        Die ANC kort twee belangrike faktore dit is welvaartskepping
        en kundigheid – tans is hulle in posisie om daarvoor te betaal met ons belasting geld en met die afgradering van die universiteite sien ek swarigheid dat hulle ooit in hulle eie behoeftes sal kan voorsien.

        Selfbeskikking staan in die grondwet ingeskryf waarby hulle nie verby sal kan kom nie – Selfbeskikking beteken baie meer as wat dit oogopslag sê en hulle besef dit. Dit gaan kom en hulle sal nie daarby verby kan kom met hulle baanrekord nie want ek glo nie ons sal so onnosel wees om die regering in
        hulle howe aan te vat nie. Met die baanrekord van die instromers in die
        buitelande met moord en verkragtig diefstal is ek nie bekommerd dat ons nie
        hulp sal kry nie.

        1. Jaco Steyn Avatar

          Riempies. Ons moenie die mag van die hoofstroommedia onderskat nie. Hou asb. in gedagte dat daar vandag, na meer as 20 jaar van die ANC-bewind en gepaardgaande toenemende agteruitgang, nog steeds hoegenaamd géén teken van enige behoorlike blanke eendragtigheid is nie. Dit is die gevolg van hoofsaaklik beide die hoofstroommedia en invloedryke “skynregse” organisasies se misleiding én van die meeste blankes se apatie en gemaksug/selfsug. In Europa het die hoofstroommedia en regerings nog steeds ʼn oorweldigende invloed op die denke van veral Duitsers en Swede en sal hulle wel mettertyd oorgenoeg “Hitler-films” vertoon om Europeërs te oortuig om meer verdraagsaam te wees.

        2. Kalium_Chloraat Avatar
          Kalium_Chloraat

          Riempies, die regering gee nie ‘n flenter om vir die grondwet nie, ons sien dit daagliks. Hulle sal vat en vat totdat hulle gestop word of totdat daar niks meer is om te vat nie. Kyk bietjie hoe dit in ander lande, Zim b.v., gaan. So die grondwet sal hulle nie keer nie. Ons kan nie ons Grieks-Romeinse logikastruktuur en ons Christelike moraliteitsisteem na hulle ekstrapoleer nie – hulle het dit nie.

          1. Riempies Avatar
            Riempies

            Kalium_Chloraat, dat ons regstelsel RomeinsHollandse reg in die
            stof gebyt het is so. Die feit van die saak is dat hierdie derde wereld mens wat die oorhoofse wereld se regsbeginsels nie kan begryp nie gaan vir hulle geen verskoning wees in n internasionale hof nie en dit is die rigting waarheen die ANC hulleself en hulle magsmisbruik hulle nou stuur.

            Een van die grootste foute wat die ANC gemaak het was om 11 wettige tale te vernietig terwille van n taal wat hulle gekies het. Hou ingedagte dat die Afrikaners en hulle intellektuele vermoë en hulle taal Afrikaans reeds vir baie jare erken was en om nou n fundamentele mensereg – die indentiteit van n volk – hulle taal te probeer vernietig het die ANC hulleself in die voet geskiet.

            Onthou die internasionale hof het ook n beeld van regverdigheid en billikheid voor te hou.

            Dit is vir my baie interessant dat FW nou weer na 20 verjaarsdae skielik voorgedruk word – dit was n toets om die Afrikaners se gesindheid te toets.

            Ek glo dat Selfbeskikking op die allerminste gaan realiseer – sou grond gebied nie daarmee saam onderhandel word nie sal ek baie verbaas wees.

          2. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            “voor te hou”, daar is die kolskoot. Ons sien mos hoe die VVO voel, so, sal die internasionale hof anders voel? Die internasionale hof wat die swakkes soos Milosevich dagvaar maar die ste kes soos Bush en Blair uitlos. Nee, die internasionale hof is vir die Afrikaner ‘n geknakte riet en as ons daarop gaan leun sal dit deur ons hand steek, nes die VVO.

      3. jan Avatar
        jan

        Hoekom ignoreer jy die magtigste organisasie van almal saam, naamlik die Vrymesselaars ? Wat is jou ‘ eendragtige’ storie? . geen ander Kultus is en was ‘n groter vyand vir die Afrikaner bevolking nie.
        Die kern van IT disinformasie is wanneer die opvallende voordiehandliggende aspres ge-ignoreer word.

        1. Jaco Steyn Avatar

          jan. Daar is baie lede van organisasies soos o.a. die Vrymesselary, die Jesuïete en die Afrikanerbond, wat meelopers is van wie ook al die totstandkoming van ʼn Nuwe Wêreldorde probeer bevorder, maar ek glo nie dat enige van hierdie organisasies die ware “mag agter die skerms” is nie. Wat het geword van jou samesweringsteorie oor die Nazi’s en “Wit EFFers”, noudat jy jou fokus verskuif het na die Vrymesselaars? Sover ek weet is Vrymesselaars vervolg in Nazi Duitsland.

          “To find out who rules over you, simply find out who you are not allowed to criticize.”

          1. jan Avatar
            jan

            Jaco gaan besoek tog asb die Voortrekkermonument. op 16 Des wanneer die son op die Gelofte skyn .Die lig in die duisternis van n Baal tempel.
            Gaan lees die Gelofte want dis die basis van ons Volkie se ontstaan.
            Die Vrymesselaars eer daai dag as Sabbatdag maar die 3 Susterskerke nie want de Kaapse Kerk NGK het tot vandag toe die ander twee onder sensuur.
            Alles die gevolg van politieke groot trek as gyselaars van super skelm Piet Retief
            70 jaar later vind die grootste gewapende roof en volkmoord plaas onder leiding van gay Vrymesselaars Rhodes Milner Kitchener en Jameson. The darkest hour in the whole British history

            in 1921 word die Broederbond gestig as teenvoeter teen die Vrymesselaar se beheer oor alles. Maar het so ver-Nazi dat medestigter Henning Klopper in 1988 rond verklaar het dat hy niks meer met die gemors te doen wil hê nie.

            Slegs die APK maak van die Gelofte ‘n heilige verbond.

            Daarbuite bestaan geen ander Afrikaner volk nie.

          2. Jaco Steyn Avatar

            jan. Baie Vrymesselaars se strewe na ʼn Eenwêreldorde druis lynreg in teen die beginselbasis van Nasionaal-Sosialisme waarvolgens elke volk homself moet regeer. Die Broederbond het veral sedert die moord op Dr Verwoerd nader aan die Vrymesselary beweeg en verder vanaf die vestiging van aparte volkstate vir Suid-Afrika se bevolkingsgroepe. “Die Vals Priesterdom” film bevat belangrike inligting oor Vrymesselary se betrokkenheid in die Afrikaanse kerke, terwyl “The Afrikaner Broederbond” belangrike inligting bevat oor veral die samewerking tussen die Afrikanerbond en die Rothschild familie. Hierdie films is beskikbaar op YOUTUBE.

          3. jan Avatar
            jan

            Die OGOTTERS en die Vrydenkers ens is ook uitsluitlik wit afrikaner mans .
            My troetel naampie = die wit werf EFFERS

          4. Jaco Steyn Avatar

            jan. Hans Pietersen van OGOD is uiters links-gesind wat sy politieke idees betref. Lees gerus sy boek, “Die Vrese van ons Vaders”, in verband hiermee. Daar is boonop heelwat nie-blankes wat vrydenkers is.

          5. jan Avatar
            jan

            Jaco het jy die voorwoord geskryf van Hans se meesterwerk?
            Of medewerker? / eindredakteur of sy promotor?

          6. Jaco Steyn Avatar

            jan. Nee, ek het beslis nié vir Hans gehelp met die skryf van sy boek nie. Kort nadat ek sy boek gelees het, het ek daarop kommentaar gelewer op Facebook in 2013. Na my eerste kommentaar aan hom het Hans my so sleggesê dat die see my nie kon skoonwas nie! Ek het toe gereageer met my tweede kommentaar waarin ek die diepgaande godsdienstige en politieke verskille tussen Hans en ek verder verduidelik het. Hier is my twee kommentare aan Hans:

            My eerste kommentaar:

            Alle filosofiese materialiste wat vervolgens die werklikheid van ʼn Goddelike en die lewe na die dood ontken, is nie noodwendig mense wat van staanspoor af die belange van hulself en hul vriende en familie bevorder ten koste van die welsyn van ander “vreemde” mense nie. Dit is egter ongelukkig een van die realiteite van die lewe dat die meeste mense nog altyd een of ander vorm van aanmoediging of afskrikmiddel benodig het om die belange van ander mense en diere, wat hulle nie persoonlik ken nie, in ag te neem. Magsugtige politici het jare gelede besef dat een van die grootste voordele van godsdienstige fundamentalisme die feit is dat dit gelowiges aanmoedig om op ʼn sekere manier op te tree deur hulle vreesbevange te hou met dogmas aangaande ʼn hemel vir “goeie” mense en die helse bestemming vir halsstarrige ongelowiges. Indien die lewenswaardes van ʼn spesifieke samelewing egter wegbeweeg van dié van godsdienstige fundamentalisme, moet ander maniere gevind word om landsburgers aan te moedig om op ʼn sekere manier op te tree. Marxistiese regeringsleiers het byvoorbeeld die meeste van hul inwoners “in toom gehou” met streng wetgewing, ʼn sterk polisiemag en geheime dienste.

            Dis welbekend dat Marxisme-Leninisme wat gebaseer is op filosofiese (of sg. dialektiese) materialisme, vir meer as 70 jaar ongekende armoede en onderdrukking tot gevolg gehad het in die ou Sowjetunie. In die huidige Rooi-Sjina verseker ʼn polities-sosialistiese en ekonomies-kapitalistiese bewind dat die meeste Sjinese onderdruk word deurdat groot gedeeltes van die internet “gesensor” word en baie van hulle harde werk teen minimumlone verrig. In Wes-Europese lande het ʼn grootliks selfgesentreerde ekonomies-materialistiese en sekulêre lewensstyl, tot gevolg dat die meeste tradisioneel-Westerse inwoners van daardie lande weinig weerstand bied teen die toenemende instroming van derde-wêreldse Moslems. Baie kenners voorspel dat van daardie lande oor 50 jaar grootliks Moslem-georiënteerd sal wees met Sjaria-wette wat die mense “in toom” sal hou. Hier in Suid-Afrika is ons bewus van die voortdurende vernietigende invloed van die grootliks-sekulêre en korrupte ANC-bewind wat wegbeweeg het vanaf die Calvinistiese lewenswaardes van die ou Suid-Afrika. In elkeen van hierdie lande is/was daar ʼn super-ryk elite wat hulself bevoordeel ten koste van die welsyn van die meeste ander inwoners. Dit is dus te betwyfel of ʼn samelewing waarvan die meeste inwoners filosofies-materialistiese lewenswaardes aanvaar het, noodwendig beter lewensomstandighede sal hê.

            Ongelukkig is dit ook so dat die meeste Afrikaners wat ontnugter geraak het met tradisionele Christelike waardes, dit toenemend vervang met ʼn filosofies-materialistiese lewensbeskouing. Dit gaan verder gepaard met toenemende verdeeldheid en kleinlike selfsug onder hulle, wat dan weer veroorsaak dat daar weinig kanse is dat hulle sal saamstaan en weerstand bied teen die toenemende verval in die land. Uiteindelik sal die toenemende korrupsie, geweldsmisdade, grondhervorming en struwelinge tussen die Xhosas en Zoeloes, die land verder laat verval totdat die ateïstiese en filosofies-materialistiese Rooi-Sjinese en dalk ook ander BRICS lande, as nuwe kolonialiste die land “van agter die skerms” regeer – soortgelyk aan wat in Zimbabwe plaasgevind het.

            My tweede kommentaar:

            In plaas daarvan om op ál Hans se plasings te reageer, sal ek kortliks my standpunt verder hier verduidelik. Twintig jaar gelede was heelwat Afrikaners redelik Calvinisties en regsgesind. Baie Suid-Afrikaners het toe gely onder die “Calvinistiese” gevaar. Sedertdien het baie Afrikaanse mense wegbeweeg vanaf hul Calvinistiese lewenswaardes en meer “filosofies” materialisties begin word. Hul gepaardgaande weiering om “saam te staan” teen die vergrype van die ANC en hul ondersteuning van die gelykheidsdogma, noem ek sommer die “Hansgevaar”. Omdat ek nie by enige van hierdie bg. twee “gevare” tuis voel nie, beskuldig heelwat ondersteuners van beide groepe my daarvan dat ek die ánder groep ondersteun. Vandaar Hans se onsinnige aanmerking oor my “Calvinistiese lewenswaardes”. Oor 20 jaar van nou af sal ons sien of hierdie land nader beweeg het aan lewensomstandighede soortgelyk aan die van die huidige Denemarke en ons sal ook sien hoeveel van die Moslems in Europa besluit het om hul godsdiens prys te gee en te vervang met sekulêre waardes. Ek moet egter erken dat ek die Hansgevaar beskou as ‘n groter bedreiging vir die meeste Suid-Afrikaners – groter as die gevare van die Calvinisme. Indien daar ‘n oorlog sou uitbreek tussen hierdie twee bedreigings, sal ek dus aan die Christene se kant veg…

          7. jan Avatar
            jan

            Die DA van Pretoria het sopas sy gat gesien agv die Bokryers

          8. Jaco Steyn Avatar

            jan. Ek dink die meeste Witmense is nog steeds ywerige ondersteuners van die DA…

          9. jan Avatar
            jan

            Daar is vir ons geen erger seksistiese en rassistiese organisasie as hierdie geheime eksklusiewe gay wit mans broederskap nie. Dis die archtipe kultus Vrymesselaars En Jan is wreed eerlik gefokus op die waarheid. Dis waar ons vryheid is.

            Die post-traumatiese psigotiese smart van die ABO het ons in die arms gedryf van die Duitse weergawe. Dan is daar ook nog die vrotter poeding met ‘n ander sous van die Russe Ja.

            Maar ek het gesien hoe dramaties hierdie gawe ouens tot bekering kom en dan monumente bou.. Fenominale getuienis van hul bevryding.. Cambridge is ook vol daarvan…..

  5. Kurt Watts Avatar
    Kurt Watts

    Dankie Dr. Dan, maar as dit kom by die Verenigde Nasies en hulle filiale het ek nie veel hoop nie. As jy dink aan die veldtogte wat hulle gelei het teen Suid Afrika in die sewentiger en tagtiger jare en wat bereik is, dan dink ek die wat nou gebeur word dalk ook goedgekeur. Dis dan ons verdiende loon.

  6. Rentia Preite Avatar
    Rentia Preite

    Wat se antwoord is dit nou…hulle wil nie met ons praat nie want ons is mos rassiste en hulle praat nie met rassiste nie…so wat nou?

  7. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    “oplossing op nasionale vlak deur dialoog tussen gemeenskappe gevind kan word” Dit vertaal na Afrikaans as volg: Ons weet dat julle regering teen Afrikaners en Afrikaans is. Ons is min gepla. Ons ondersteun julle regering.

    Dit was ‘n futiele poging van die begin af, ons weet mos watter kant toe die VVO swaai..

  8. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    Dit is bewonderingswaardig dat ons nog mense het soos Dr.Roodt wat pogings aanwend om internasionaal ons saak te beveg. Maar ek dink ons is nou in skaakmat. Die buiteland verkwalik ons nog steeds oor apartheid. Die res van die wereld is teen ons en gee nie ‘n vlenter om wat die swartes met die land of sy blanke inwoners aanvang nie.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Ek dink nie jy moet jou te veel bekommer oor joernaliste by
      gebrek aan iets sinvol om oor te skryf so nou en dan n piep gee oor rassisme –
      rassisme het al baie lankal sy trefkrag verloor. Lees bietjie buitelands selfs
      al n klein bietjie simpatie met ons waargeneem. Niks het so n trefkrag as wanneer

      mens dit aan jou eie bas voel nie.

  9. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    Het is indien inpasbaar, de moeite waard om ook de regering van Viktor Orban in Hongarije en Jarosław Kaczyński in Polen te informeren.

    Zij zijn ook nogal verdienstelijk bezig met het hoofd boven water te houden in de EUSSR en hebben ruime ervaring met identieke sloop van cultuur en volk(incl. massamoord en knechten van de kerken) en hoe er over hun volken heen gelopen kan worden.
    Baat het niet schaadt het niet.

    Hier voor wie wil een recente toespraak van Orban over de volledig uit de hand gelopen ‘migratie’ of ‘vluchtelingencrisis’.
    https://www.youtube.com/watch?v=EbINrdyAXlE

  10. Rooikop Avatar
    Rooikop

    “UNESCO het die wens uitgespreek dat ‘n “oplossing op nasionale vlak deur dialoog tussen gemeenskappe gevind kan word”. ” – beteken eintlik Bla bla bla “ons gee nie ‘n hel om nie ” bla bla bla “Julle rassite verdien dit” Bla bla bla

  11. jan Avatar
    jan

    ISIS is sopas met die hulp van Rusland uit Palmyra gedryf waar hulle verwoesting gesaai het in de argeologiese kulturele skatte. RT wys alles.
    Die UNESCO tannie verklaar toe ontsteld dat dit kulturele strooptog / sloping / verwoesting is.

    Hoe kan die Afrikaner nie hiervan getuig nie? ISIS is barbaars en primitief maar die kulturele strooptog teen ons volkie was uiters gesofistikeerd en wetenskaplik Uiters doeltreffend. Vir veertig jaar het dit geduur en na 20 jaar se banvloek is daar geen einde niet Nog steeds vreet kulturele roofdiere hul dik aan die karkas van Christelike Kultuur.
    Julle ken hul almal Vrydenker THysh is trots daarop en wil die Afrikaanse universiteite afbrand.
    Hans Pietersen se OGOD vervolg Christen skole en wil dit kriminaliseer. En Satanisme as skoolvak aanbied.
    Jaco is baie trots op sy Anti- Calvinistiese vendetta.
    Henkst aanbid die dood sy eie dood en ook die dood van sy Volkie.
    Naspers is vir dekades besig met anti-christelike propaganda. Eers die Inligtingskandaal en toe die Reitz bedrog skandaal vanuit die redaksionele kantore.
    Kulturele stropery vir dekades reeds deur wit werf EFFERS en hul swart handlangers

    1. ThysH Avatar
      ThysH

      Jan, jy kan my sieninge en standpunte wat ek stel kritiseer soos jy wil, maar jy sal nie toegelaat word om my sieninge te verdraai em daaroor te lieg nie. Ek het nerens gese dat “Afrikaanse” Universiteite afgebrand moet word nie. Ek huldig steeds die standpunt dat as Afrikaans aan enige bestaande Afrikaanse universiteit totaal afgeskaf word, so ‘n plek met reg tot in die grond afgebrand en afgebreek kan word sodat daar niks van ons eertydse instellings oorbly vir die vernietigers van Afrikaans om te benut nie. Dis presies die teenoorgestelde van wat jy oor my beweer.

      En Jaco en Henkst is heel in staat om hulself te verdedig, maar jy lieg en bedrieg ook oor hulle sieninge. Ek dink die duiwel wag jou lekker in oor jy so lieg en bedrieg en vieslik is!

      1. jan Avatar
        jan

        So jy gaan al die universiteite afbrand en die res aborteer en de Bybel verban en Christene vervolg en hul kerke afbreek en wat nog? Dis mos niks minder as ‘n kulturele strooptog nie?
        Dankie – ek het jou erkenning gestoor.

        1. jan Avatar
          jan

          Nog iets verder ThysH
          Julle kuluurstropers is voëlvry – soos die ou wat in die Oos Vrystaat helse veldbrande gestig het. Toe word hy en paar ander met hul boksie vuurhoudjies langs die spoorlyn vrek geskiet. [Mens kon sien waar die brande ontstaan het.] Daarna was daar geen groot brande meer nie.
          So gepraat van ‘toelaat ‘ om voort te gaan met dirty trieks….
          Terwille van wetenskaplike perspektief

        2. Jaco Steyn Avatar

          jan. Nadat ThysH hard en duidelik verklaar het dat hy nié Afrikaanse universiteite wil afbrand nie, dring jy nog steeds daarop aan dat hy al die universiteite gaan afbrand! Boonop beweer jy dat hy Christene sal vervolg en hul kerke sal afbreek. Ek wonder maar net wat die sin daarin is om met iemand soos jy te probeer debatteer indien jy gedurig met hierdie versinsels vorendag kom.

          1. jan Avatar
            jan

            Jaco
            die feit op rekord is dat Thysh sal self besluit wanneer hy die engelse universiteite sal afbrand of laat afbrand. Ds nie ‘n grap nie!!
            Dis geweldig inkriminerend en dis alles op rekord. Julle speel met vuur boeta – sodat ek julle bitter errnstig daarteen waarsku dat brandstigters en kultuurstropers se lewens nie hoog ge-ag word nie.

            Dan loop kla julle by UNESCO oor kultuurstropery.!!! Wat ‘n siek grap!

            Ag nee wat Praag is niks meer as Trompie se Bokshom bende nie.

      2. Riempies Avatar
        Riempies

        Beste Thys en Jan baie dankie julle maak my dag – endorfines
        is reeds deesdae moeilik bekombaar.

        En Jan teen die tyd wat die swartes klaar is met
        brandery teen Afrikaans gaan daar niks vir Thys oorbly om te brand nie en as
        daar nog iets oor is kan hy staatmaak daarop dat ek hom sal gaan help – die
        sleg ANC sal moet kennis neem dat ons ook nie engelse universiteite wil he nie
        dan kan die ANC sommer boendoe unavirsaties “bou” onder n boom dis seker die
        beste waaartoe hulle instaat sal wees – ek soek tak een. Pholatieks

    2. Jaco Steyn Avatar

      jan. Sover ek weet plaas die Nasperskoerante nog gereeld berigte oor gebeurtenisse in die Afrikaanse kerke en propageer hulle boonop die onlangse polities-linksgesinde besluite van veral die NG Kerk se Algemene Sinode. Selfs Zuma het onlangs daarop aangedring dat mense moet bid sodat die ou Duiwel nié ANC-leiers moet beïnvloed nie. Godsdiens en politiek is nog steeds onafskeidbaar verweef met mekaar in Suid-Afrika en dis opmerklik hoe die meeste Afrikaanse kerklui nog aanhou versuim om hul lidmate behoorlik in te lig oor die ware oorsake van ons probleme. Hulle verkies egter om hul lidmate se aandag te fokus op gedurige gebede en die “sondes van die vlees”. En terloops, ek is nie bewus van Hans se voorstel om Satanisme as skoolvak aan te bied nie.

  12. jan Avatar
    jan

    Antwoord op die ontsaglike vraagstuk van eienaarskap;

    aan wie behoort die baba – as twee ma’s gelyk gekraam het en die een baba dood gebore is.
    Die lewende kind behoort aan die een wie baba se lewe wil spaar deur hom eerder weg te gee.

    Presies soos wat UNESCO nie be-indruk kan wees oor die wit werf EFFERS nie.

    Vrydenkers en OGOTERS Ateiste kan onmoontlik nie aanspraak maak op eienaarskap van SA nie.

    Die Boere het met die ABO hul eienaarskap vir ewig gekoop met hul bloed en arbeid en trane.

    Orania is die eerste holistiese rehabilitasie projek wat vir hierdie universele regsbeginsel kwalifiseer.
    Maar daar is alle tekens dat ons voorbeeld gevolg word met die privatisering van staatsbates / monopolie.
    Die Poskantoor is ‘n groot projek. Kragvoorsiening privatiseer geweldig
    Telekommunikasie geweldig vinnig. groot sukses.
    Skole is alles reeds wettiglik 100% gereed en uiters suksesvol.
    Mega boerdery Mega behuising skemas Natuurbewaring wildboerdery gaan deur die dak.
    Nou moet die superryk Boere ernstig aangespreek word om ons Universiteite te privatiseer.

    En dis die maklikste van alles om as ‘n lopende saak uit te koop by de staat.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      En presies ook soos in Orania se geval, sal swartes nie geweier mag word nie.
      Tot dusver was Orania nog net gelukig dat hulle nie daardie probleem ondervind nie.

  13. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Ek het ook, net soos unesco nou gesê het, dat ons nie hulp van hulle sal kry nie, en op ons eie aangewese is.
    Ek het talle kere gesê dat net ons hierdie probleme op ons manier kan aanspreek.
    Wat Unesco nie verstaan nie, is dat dit slegs deur die loop van ‘n geweer gedoen kan word.
    Ek hoop Praag het dit ook so aan hulle gestel.

Leave a Reply