praag.co.za

Betogings oor fooie kring uit

Written by

in

,

Rhodes Universiteit in Grahamstad het gesluit nadat studente oor klasgeldverhogings vir volgende jaar begin betoog het.

Betogings het verder uitgekring oor die hele land by tersiëre instellings oor verhoogde fooie.

Rhodes se SR-voorsitter Zikisa Maqubela het gesê: “Studente betoog (oor die) minimum aanvanklike betaling, wat beteken studente moet 50 persent van die koste betaal. Dit beteken dat indien studente in die koshuis woon, sal van hulle verwag word om tot R45,000 te betaal.

“Ons kan nie so baie betaal nie, ons het net nie die geld nie,” sê Maqubela.

Maqubela het gesê studente het met senior bestuur van die universiteit Vrydag vergader, maar was ongelukkig met die uitslag.

Hulle het middernag op Sondag by die universiteit begin betoog.

By die Universiteit van Kaapstad het studente ook betoog oor fooie.

Comments

One response to “Betogings oor fooie kring uit”

  1. Witbeer Avatar
    Witbeer

    …..Blade sal moet besluit of hy die skade van die betogings by die klas gelde gaan las of aftrek van die klas gelde, siende dat dit die rampokkers se reg is om te vernietig.

Leave a Reply