praag.co.za

Anglo American wil steenkoolbedryf verkoop weens aandrang op swart eienaarskap

Written by

in

,

Eskom se aandrang op “swart steenkool” mag daartoe lei dat die mynreus Anglo American al sy steenskoolverskaffing aan die elektrisiteitsmaatskappy staak. Volgens die HUB van Anglo, Mark Cutifani, word die maatskappy se besluit om sy steenkoolmyne vir die plaaslike mark te verkoop “ten dele” geneem as gevolg van Eskom se aandrang dat hul onderneming “meer as 50% swart” moet wees.

“Ons het ons planne geskets om vanuit ‘n deel van ons plaaslike verskaffing te onttrek,” het hy verlede week tydens ‘n mediagesprek gesê. “Ons reageer sowel op regeringsaandrang dat ons meer as 50% in plaaslike hande moet hê as op die feit dat, vanuit ons oogpunt, die plaaslike verskaffing ‘n goeie onderneming was, maar dit is nie so belangrik in ons portefeulje nie. Daarom, om strategiese redes en om die regering tegemoet te kom, sal ons ons eienaarskap tot onder 50% verminder, wat die New Largo-projek insluit.” Die transaksies sal egter op ‘n “handelsgrondslag” geskied en “enigeen” sal oorweeg word. Anglo sal ook geen hulp aan swart beleggers verskaf nie, wat self die fondse sal moet bekom om aandele by Anglo aan te koop.

Volgens Cutifani is daar “aansienlike belangstelling” om ‘n belang in hul plaaslike steenkoolondernemings te bekom. Daarteenoor gaan die groep glad nie enige van sy steenkooluitvoerondernemings verkoop nie. In die 2014-finansiëlejaar het die groep 18,2 miljoen ton (mt) steenkool uitgevoer, wat op ‘n jaargrondslag ‘n toename van 7% beteken. Oorsese kliënte dring geensins op rassekwotas aan as dit by die verskaffing van steenkool kom nie.

Die plaaslike steenkoolmark wentel hoofsaaklik om Eskom wat tans sukkel om genoeg elektrisiteit op te wek weens jare lange wanbestuur en die uitwerking van regstellende aksie wat ‘n verlies aan ingenieurskundigheid in die maatskappy veroorsaak het. Verkope van Anglo aan Eskom het verlede jaar met 5% tot 37,5 mt gedaal, hoofsaaklik omdat Eskom minder van Nieu-Vaal aangekoop het, asook omdat die mynmaatskappy produksie by Kriel afgeskaal het terwyl nuwe myngebiede beplan word.
“Ons is egter van plan om teen volspoed te werk sover dit steenkooluitvoere betref,” sê Cutifani. “Dus gesels ons met die regering oor wat vir ons werk en wat vir hulle werk,” sê hy. Volgens die nuwe regulasies van die departement van handel en nywerheid – die breëswartbemagtiging – moet nuwe steenkoolmyne oor ten minste 51% swart beheer beskik, terwyl Eskom in sommige gevalle op nog “swarter steenkool” aandring met 60% swart eienaarskap. Dít, in weerwil van mededingende wetgewing in die vorm van die Mynhandves wat slegs op 26% “bemagtiging” aandring.Dinge het vir die eerste keer tussen Anglo American en Eskom begin krap toe ‘n verskaffingsooreenkoms betreffende die New Largo-projek onderhandel is. Eskom se voorsitter, Zola Tsotsi, het Anglo van dubbelsinnigheid beskuldig toe daar onderhandel is vir verskaffing aan die nuwe Kusile-kragstasie wat teen 2017/18 in werking sal tree. Dié stasie sal 4 800 MW opwek. Volgens Vusi Mboweni, die waarnemende hoof van Eskom se primêre energiedepartement, mik die maatskappy tans na 55% swart bemagtiging by verskaffers, wat geslykstaande is aan 80mt per jaar teen 2022 vanaf die huidige 30% of 42 mt verlede jaar.
Dus sal Anglo American sy verskaffingseenhede aan Eskom verkoop, tesame met sy kopermyne in Suid-Amerika en sekere platinamyne in Suid-Afrika om sy huidige skuld van $12,9 miljard te verminder. Anglo wil in die toekoms iewers tussen $10 en $12 miljard skuld.

Comments

5 responses to “Anglo American wil steenkoolbedryf verkoop weens aandrang op swart eienaarskap”

  1. Wit,steenkool Beer Avatar
    Wit,steenkool Beer

    Is die Tsotsi besig om met die Queen se steenkool te mors? of is dit net nog n geval van n lib instansie wat kerm omdat hulle gekry het waarvoor hulle gevra het?
    Eskom is juis in die gemors agv hulle bemagtiging 15 jaar gelede, so val alles om, ….murtoe, voor ons oe……. of! miskien gee Anglo in en neem weer alles oor na die beplande revolusie…

    1. Statetheobvious Avatar
      Statetheobvious

      Weet nie, met Rusland en Sjina op ons voorstoep sit die queen met ‘n dilemma

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Dit is nou net hier waar ons die NWO aan die korthare beet
    het – hulle kry geen konkrete bewyse teen ons wat n rewolusie regverdig nie –
    nou bly hulle maar net kerm en oor rassime wat al werklik baie belaglik begin
    word met al die speke in hulle rassisme wiel. Dit begin lyk of die NWO besig om
    hierdie enkele rondte teen die Afrikaners begin verloor of hoe in die breër
    prentjie?

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek het etlike jare gelede hier op Praag kommentaar gelewer oor waarheen elektrisiteitspryse in ZA oppad is. Ek het gesê dat die plan is om ons elektrisiteit dieselfde te laat kos as in die VSA of Europa, aangesien die oorgrote meerderheid van die insetkoste eintlik dollar gebaseer is. Ek is pakslae gegee oor my siening aangesien daar sogenaamde “langtermyn verskaffingskontrakte” in plek is wat steenkool teen ‘n laer prys aan ESKOM voorsien. Ek het dieselfde so ‘n paar weke op ‘n ander werf kwytgeraak met dieselfde gevolg – lekker pakslae,

    Noudat ek hierdie lees lyk dit vir my egter al meer of my siening waar kan wees. Anglo met wie hierdie langtermynkontrakte gesluit is sou in elk geval verkies om die steenkool teen markverwante dollar prys uit te voer. Nou kom die BEE vereistes – wat natuurlik ook vir ESKOM markverwante dollarpryse gaan vra, So dit gaan ek en jy wees wat weereens vir hierdie BEE ding gaan betaal in terme van kragpryse. Die een voordeel is nou dat dit lokale sonopwekking al hoe meer lewensvatbaar maak.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Die enigste manier om n parasiet onder jou vel te laat vrek
      is sny die bloedtoevoer af. Ons woon n sonnige land ons moet belê in son en baie wind by
      die see energie, en gas. Ek het – kort nog net n yskas/vrieskas dan is ek feitlik onafhanklik. Is nou besig om my motor te leer om op water te loop – maar die motortjie wil nie byt aan die
      waterstorie nie – baie halstarrig 😉

Leave a Reply