praag.co.za

Ambulans weier hulp in jongste Namibiese plaasaanval

Written by

in

,

‘n Bejaarde egpaar is Woensdagoggend op hul plaas naby Hochfeld in Namibië deur vier gewapende swart rowers aangeval, vasgebind, aangerand en beroof, het die Republikein berig.

Die naaste ambulansdiens het egter hulp aan die wit egpaar geweier.

Mnr. Gernot en me. Renate Zander, albei in hul sewentigs, van die plaas Monteith sowat 50 km suid van Hochfeld, was volgens hul buurvrou, me. Heike Kash, gisteroggend tussen middernag en eenuur aangeval.

“Hulle was nog besig om TV te kyk, toe hulle ’n klop aan die deur hoor en aanvaar het dat dit hul plaaswerkers is. Vier gewapende mans het hul egter verras,” het Kash gesê.

“Mnr. Zander is wreed aangerand en met ’n swaar ystervoorwerp op sy kop geslaan wat erg gebloei het. Hy is ook op sy rug geslaan wat baie seer is. Me. Zander is gewurg. Hulle was albei vasgebind,” vertel Kash.

Me. Zander het gister in die vroeë oggendure met hul bakkie hulp by hul bure gaan soek nadat hul landlyntelefoon se drade uitgetrek en hul selfone gesteel is.

“Sy beskryf die gewapende mans as een lange en drie kortes. Sy is ook nie seker wat alles gesteel is nie, maar ’n vuurwapen en hul selfone is weg,” sê Kash.

“Die mans het aangedring op geld, maar daar was nie baie geld nie, net in hul beursies. Die Zanders is gedwing om hul kluis oop te sluit en die slaapkamer is omgedolwe.”

Die polisie van Hochfeld en Okahandja was op die toneel. Ses verdagtes, van wie vier in die huis was, is nog op vrye voet. Die kommunikasiehoof van die polisie, adj.kom. Edwin Kanguatjivi, het die voorval bevestig.

Volgens die polisie wou geen private of staatsambulans uitkom na die plaas nie. Mnr. Zander se dogter het met hom na ’n hospitaal in Windhoek gejaag waar hy steke vir sy wonde gekry het en X-strale geneem is.

’n Boer in die omgewing, mnr. Marius Basson, het aan Republikein gesê dit is die tweede keer in vier maande wat mense op plase in hul omgewing aangeval is. “Die Hammans (die bekende Afrikanerbeesboer, mnr. Eddie Hamman se ma en suster), ongeveer 30 km van ons af, is so vier maande gelede aangeval en die Zanders is 20 km van ons af.”

Skaars minder as ’n maand gelede is nog ’n bejaarde egpaar in die Ooste aangeval. Mnr. Acker en me. Dorea von Moltke is op 18 Janaurie op hul plaas, Okatjombua, sowat 90 km noordoos van Gobabis op die pad na Summerdown, deur twee mans oorval, vasgebind en beroof. Mnr. Von Moltke, ’n bekende oudonderwyser, was erg aangerand.

Comments

5 responses to “Ambulans weier hulp in jongste Namibiese plaasaanval”

  1. MyHerkoms Avatar
    MyHerkoms

    En dit is nou blote toeval dat die siekte uitbrei Namibie toe duidende kilometer hiervandaan. Het die Namibiese regering opleiding van die ANC af ontvang oor hoe om die aanvalle suskesvol toe te pas sonder om verdink te word van die misdade?

    1. G Avatar
      G

      Vra die mense wat teen SWAPO geveg het of dit dieselfde is. Piet Kouekramp, Djoedjien die K@k, Leep-hol Skollie en Mêks sal hoog en laag sweer SWAPO en die ANC is “vryheidsvegters”

    2. Statetheobvious Avatar
      Statetheobvious

      Die EEF het mos ‘n tak daar gaan oopmaak

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    Die demokrasie van Namibie, bleik dieselfde te wees as die demokrasie in Azanie

    1. G Avatar
      G

      Daarsy. Netso. Dis vryheidsvegters wat bietjie misdaad pleeg want ons voer die demokrasie vrate.

Leave a Reply