praag.co.za

Nkandla se eerste sondebok behou werk

Written by

in

,

‘n Werknemer van die departement van openbare werke is die eerste sondebok van die omstrede opgraderings van R246 miljoen aan pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het City Press Sondag berig.

Volgens bronne is Itumeleng Molosi (58), direkteur van projekte, geskors nadat hy skuldig gepleit het op aanklag dat hy onreëlmatig kontrakteurs aangestel het en aanskaffingsprosedures verontagsaam het, het die koerant berig.

Hy het glo verlede Maandag die ooreenkoms onderteken nadat hy onderneem het om skuldig te pleit.

Molosi sal glo sy pos behou nadat die departement hom twee maande lank sonder betaling geskors het.

Volgens Molosi het hyself asook ander werknemers onder druk geswig om prosedures te verontagsaam omdat dit die president se huis was.

Elf ander beamptes, wat almal deur die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) verteenwoordig word, kan soortgelyke ooreenkomste aangaan om uitgerekte verhore te vermy.

 

Comments

2 responses to “Nkandla se eerste sondebok behou werk”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    En die een wat eintlik in “beheer” staan kom weereens met spreekwoordelike moord weg. Dit is net ‘n in regererings waar die werklike mense in beheer wegkom met als en die mense wat die “opdragte” uitgevoer het ry aan die pen –

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Moontlik beskou die ANC dit as straf om so swarte in n nog
    hoër pos te plaas wat hy/sy nog minder kan doen. Voorbeeld: Mildred Olifant het
    nie n koeken idee wat huishulpe se salaris alreeds is nie – praat van R10.59
    per uur MOET verdien – die huishulpe kry al dubbeld daardie salaris.

    Dan dreig sy ook nog om die werkgewers te straf –
    as ek so na haar kyk weet sy meer van eet as van haar portefeulje.

Leave a Reply