praag.co.za

Ou aap nie meer snaaks

In sy uitgawe van 11 November plaas Die Burger ‘n soort van debat, of bespreking dan, van die DA se Dianne Kohler-Barnard en, glo dit as u wil, sy Edele R.F. Botha, oor die geheimsinnighede rondom die sg. Nasionale Sleutelpunte. Enige plek of instansie waaroor die ANC bewind die mond van die media wil snoer, is terloops ‘n « Nasionale Sleutelpunt ». Kohler-Barnard se sienswyses oor hierdie, of enige ander onderwerp kan ons maar rustig ignoreer, maar RF Botha ? Die feit dat Die Burger nog aan RF Botha blootstelling verleen om sy gediskrediteerde en verwerplike selfregverdigings oefeninge uit te voer, dui op die totale verdeling van die Suid-Afrikaanse samelewing ; enersyds mense wat niks wil weet oor wat RF Botha nog te sê kan hê nie en andersyds dié wat in weerwil van die algemene volksgevoel nog stiksienig volhou om aan hom en ander soos hy ‘n platvorm te verskaf.

Hoewel die onderwerp van die bespreking die gekonkel rondom die sg Nasionale Sleutelpunte is, het Sy Edele die geleentheid gebruik om die bedenklike rol wat hy en sy departement in die kapitulasieproses gespeel het vir die soveelste keer te probeer regpraat. Onder die « prestasies » wat hy aan sy departement toedig, noem hy eerstens die Nkomati-verdrag van 1984, wat ‘n vredesverdrag met die Kommunistiese Frelimo-bewind van Mosambiek was en bedoel was om die betrekkinge met Mosambiek te « stabiliseer ». Behalwe vir die verdwaalde beginselposisie wat RF aan mnr PW Botha verkoop het, was dit ‘n doodgebore verdrag wat allerweë met bespotting en kroegkwinkslae begroet is.

Dan gaan hy voort om krediet te probeer neem vir die « vreedsame onafhanklikheidswording » van Rhodesë in 1980 wat ons Noordelike grens « gestabiliseer » het. (Let op die herhaaldelike gebruik van die gerusstellende term « stabiliseer »). Inderdaad was die uitlewering aan nog ‘n kommunistiese terroristebende ‘n veragtelike en verrraderlike daad waarvoor geen regskape mens krediet sal wil neem nie. Die « stabilisering » van ons Noordgrens was die stabiliteit wat teweeg gebring is deur verraad en oorgawe. En om dan nie eers te praat nie van die vier-en dertig jaar van « stabiliteit » in Zimbabwe sedert 1980 onder die hiel van nog ‘n harlekyn diktator op die lees geskoei van ‘n Idi Amin Dada of ‘n Jean Bedel Bokassa.

En dan hierdie verstommende en skaamtelose bekentenis : »Die beëindiging van die oorlog in Angola in 1988 en Namibië se vreedsame onafhanklikheidwording in 1990 « wat dit moontlik gemaak het om in Suid-Afrika politieke mag oor te dra ». Hy beskou dit as ‘n prestasie en spog daarmee! Hoeveel meer pervers en verwronge kan ‘n mens wees sonder om ‘n volslae psigopaat te word?

Vir soveel jare is die Suid- Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse publiek aan die neus gelei deur hierdie vermaaklikheidskunstenaar en goëlaar en skynbaar is daar nog steeds mense wat na hom wil luister en sy stories glo. Mens kan egter met redelike sekerheid aanneem hulle is verreweg in die minderheid, want, soos die digter François Villon gesê het : « ‘n Ou aap is nie meer snaaks nie .»

Comments

20 responses to “Ou aap nie meer snaaks”

  1. william Avatar
    william

    Henry Kissinger was Botha se hanteerder. Niks is gestabiliseer nie. Hy het bloot Amerika en die vvo se bevele uitgevoer. Vir hulle is goud en diamante en minerale meer werd as die lewens van mense. Hulle is mos die Champions of democracy maar by hulle is daar meer rassisme as hier. Botha en sy trawante walg my.

  2. Witbeer 006 en n half Avatar
    Witbeer 006 en n half

    was RF sober? hy het soveel waarde as n afgeleefde anc toilet in die veld.
    Die Bachus, doepa is om sy gewete te probeer sus

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Hou van jou nuwe naam – dit herinder my aan Staal Burger se stories.

    2. Riempies Avatar
      Riempies

      Nou wat nou Witbeer hoe praat jy nou dan of die skepsel wel n gewete het!!

  3. henkst Avatar
    henkst

    Was die edelagbare apie nugter?

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Nog ‘n bewys dat die NP al laaaaaaaaaank voor 1994 van binne gerysmier was.

  5. Schalk Avatar
    Schalk

    Chris Heunis se seun Jan steel Pik Botha en buitelandse sake se donderweer in sy boek, Afrikaanse vertaling, Die binnekring(?), wat die Nkomati-verdrag betref. As ek Jan Heunis reg verstaan was dit ‘n gerondvallery van die eerste water om te verseker dat Samora Machel en dalk nog ‘n paar amptenare nie toe al êrens in vliegtuie weens vals of vermeende bakens geval het nie, Jan Heunis wat so min of meer as die hoofkelner wat die skinkbord met die bekers lekker sous daarin, nie laat omneuk het nie, die KP (Klaasvakie Langley en Cas Uys, ja, daardie Uys wat FW se 1992-referendumaanbod, vir die eerste keer in die Parlement deur Roelf Meyer in ‘n toespraak gedoen? -Uys was die eerste KP op die been – aanvaar het), wat lekker om daardie vredestafel hul beskuit in Kissinger en Pik se vredesous gedoop het.
    As die geskiedenis van nie net Pik Botha se heengegane departement van buitelandse sake eendag eerlik geskryf word, moet Eschel Rhoodie se werk (een Die ware Inligtingskandaal) as wegspring gebruik word. Hy vreet darem daardie geglorifiseerde “departement van toerisme” uit, al van daar in die dae van dr. HF Verwoerd toe arme dr. Verwoerd van ou SAP-personeel van die departement van buitelandse sake gebruik wou maak om sy beleid te verkoop.
    Nog ‘n verpligte naslaanbron is Ian Smith se The Last Betrayal. Smith dryf in sy boek openlik die spot met hierdie alwetende en ewig sedige Botha wat voorgegee het die hele Vorster- en Botha-kabinette is met die goue lepel in die mond gebore wat Afrika-antropologie betref, daar is niks wat ‘n Rhodesiër hulle kan leer wat Wit-Swart-verhoudinge betref nie.

  6. jan Avatar
    jan

    Ons kan seker wees dat Pik se hele sinode van die Baalkultus sy loopbaan bepaal het.
    Hy was meer in diens van de Bokryers as van die NP.Bachus broeders .ten koste van ons hele volk se voortbestaan.Hy het Jonas Savimbi se 12 generaals ook in ‘n lokval gelei en hul is almal doodgeskiet in Luanda.

  7. Sjert Avatar
    Sjert

    Pikkewyn Botha probeer alweer (soos altyd), om die kalklig te steel.
    Sy Departement en hyself het minder as niks te make gehad met die totstandkoming van die Nkomati verdrag nie. Hy weet dit mos!
    Maar nouja. Pik sal ook nooit verander nie…
    Die lastige en toenemende bedreiging van Renamo se kant af, die bewese gemak waarmee militêre operasies teen Slovo en sy ANC kamerade in en om Maputo uitgevoer is, die moontlike onttrekking van SA Spoorweë en hawens, wie se hulp noodsaaklik was om van Maputohawe iets gangbaar te maak, die voltooing van Cahora Bassa en voortgesette elektrisiteitsvoorsiening vanuit die RSA, is slegs enkele voorbeelde van die werklikhede wat oorle’ Samora en sy bende in die gesig gestaar het.
    Toe die olyfkrans aan Frelimo aangebied is, het hulle met groot gretigheid, hul lekker garnale opsy geskuif en die hand van vriendskaplike buurmanskap na die RSA uitgesteek.
    Reikhalsend soos my Ouma sou sê.
    Let Wel. Sonder Pik en sy spul streepbroekies se agtergeblewe pogings of betrokkenheid.
    Pik se pierewaaiers is bloot gebruik om die nodige reêlings en pink Gin’s te bestel vir die tekenseremonie op die Mosambiek grens. En om ‘n paar pakke prawns huistoe te vat om vir die mense te wys en te vertel dat hulle wat Pik se piete is, ook by die Komati saainieng was. :-)))
    QED

    1. Piet Avatar
      Piet

      “Pikkewyn Botha probeer alweer (soos altyd), om die kalklig te steel.” Het gehoop daar is da’m een ding wat nie in die land gesteel kan word nie. Ook gehoor selfs die ystervarke word deesdae vir skroot verkoop. In die ou dae het ons land kon spog met sy geldeenheid se waarde teenoor die dollar en so aan en ons het nie eens nodig gehad om die goudprys daagliks te volg nie, dit was stabieler as Gibraltar, deesdae word die gemiddelde ton koperkabel per maand in die land gesteel bekend gemaak, dit lyk my dis die enigste manier hoe ‘n sekere deel van die bevolking iets naatsenby soos die bronstydperk sal bereik.

      1. Sjert Avatar
        Sjert

        Deesdae se wetters is nie eers tevrede met die kalklig nie. Hulle steel sommer die limelight ook.

  8. RSA PATRIOT Avatar
    RSA PATRIOT

    Ou Pik wil nie vergeet word nie! Hy het gedink hy gaan ‘n held vir die swartes word, en nou ken hulle nie eers sy naam nie. FW s’n ook nie. Al naam wat hulle ken is dié van Hendrik Frensch Verwoerd (ja, hulle ken sy tweede naam ook), omdat hulle al vir jare vertel word dat hy die “oorsaak” van hul probleme is.

    Nee wat ou Pik, gaan hiberneer maar weer vir so paar maande. Of miskien sal jou naam onthou word as jy op nasionale televisie vertel watter dwaas jy was, dan kan jy tenminste nog ‘n laaste bietjie eer oppik. Verseker nie by my nie.

  9. Guest Avatar
    Guest

    Ou Pik wil nie vergeet word nie! Hy het gedink hy gaan ‘n held vir die swartes word, en nou ken hulle nie eers sy naam nie. FW s’n ook nie. Al naam wat hulle ken is dié van Hendrik Frensch Verwoerd (ja, hulle ken sy tweede naam ook), omdat hulle al vir jare vertel word dat hy die “oorsaak” van hul probleme is.

    Nee wat ou Pik, gaan hiberneer maar weer vir so paar maande. Of miskien sal jou naam onthou word as jy op nasionale televisie vertel watter dwaas jy was, dan kan jy tenminste nog ‘n laaste bietjie eer oppik. Verseker nie by my nie.

  10. Riempies Avatar
    Riempies

    Dink ek die dag wat Pik uitklok gaan sy vrou vir hom eteries glimlag as hy verby haar na die anderkant ondertoe gaan en nie die kant waar sy is nie.

    1. jan Avatar
      jan

      LOL Riempies!

      Dink ek aan die Ier Bill Morgan wat in die kroeg gespog het oor sy vreeslike Pa wat so met almal baklei het. Hy het hulle gedurig geblixem en sy ma het ook deurgeloop. Toe dink die klein Iertjes kinnertjies ‘n plan uit om die ou Donner besig te hou en sy aandag af te trek deur by hom te loop skinner oor daai en daai ou of onderwyser wat so en so van hom geskinder het. Dan loop blixem hy die vreemde ouens en hulle kan so bietjie asem skep by die huis…. !!

      Vraag: ‘Now Bill , what happened to your Daddy. where is he now?”

      ” OH NO!! Thank God he is dead!!”..

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Jan het ek nou lekker gelag toe ek die “OH NO” lees – bloed is
        maar altyd dikker as water. ;-)))

  11. Sjert Avatar
    Sjert

    Jammer Wim
    Wil mos lyk asof jy by die verkeerde plekke prawns gekoop/geëet het. Laurentina en 2M het soms jou ingewande uitgewas, maar was steeds baie drinkbaar. Om nie eers van die peri peri Galinha’s te praat wat nuwe betekenis aan jippo guts verleen.
    Maar nouja. Julle streepbroeke is/was ook so bederf met die pink jenewers, kaviaar en whatever, dat Machel-hulle se prawns en slonsige eetplekke nie aan julle en Michelin se standaarde kon voldoen nie.
    .

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Sjert watter Wim Kotze is dit wat hier praat want lyk hulle was ook n baie vrugbare stam en almal baie eie met die regime.

      1. Sjert Avatar
        Sjert

        Nee Rieme dit sal ek nou nie wetie.
        Glo darem nie dat ou Wim te lief vir die regime is nie.
        Daar was ook baie goeie streepbroeke in die ou dae wat nie al Pikkewyn se strooi vir soetkoek verslind het nie.

  12. jan Avatar
    jan

    Die skelm Bokryers het weer soos Piet Retief hulle vasgeloop teen Dingaan en soos Theuns Eloff en vZ Slabbert in Dakar .

    Skelm Pik as senior Vrymesselaar is soos brakkies wat hul eie giftige braaksel beskerm.namens die Baalkultus

    Theuns Eloff [op Netwerk24] het skynbaar ook ‘n Damaskus gewaarwording want sy eie braaksel is skynbaar uiters giftig.

    ‘n Nuwe Gelofte is al wat ons sal red..
    Die ding waaroor die Voortrekkermonument getuig.

Leave a Reply