praag.co.za

Afrikaans en Europese tale afgeskaf by Universiteit van Kwazulu-Natal

Written by

in

,

Die Universiteit van Kwazulu-Natal het besluit om feitlik alle taaldepartemente behalwe Engels en Zoeloe af te skaf. Afrikaans en Nederlands, Duits en Italiaans sal van aanstaande jaar af nie meer aangebied word nie.

Slegs Frans, wat gedeeltelik deur die Franse regering gesubsidieer word, sal steeds aangebied word, maar dan slegs op een van die twee kampusse, hetsy in Durban, hetsy in Pietermaritzburg.

Hiermee sit die Universiteit van Kwazulu-Natal ‘n neiging voort wat reeds in die vroeë negentigerjare by Wits begin het, toe die Afrikaanse departement aldaar insgelyks gesluit is. Lede van die Afrikaanse departement by Wits, wat hulself as polities “links” gekategoriseer het, het heelhartig daaraan meegewerk en dit selfs versoek.

Tans is dit min of meer dieselfde geval aan die Universiteit van Kwazulu-Natal waar die waarnemende hoof van die Skool vir Kunste, waaronder die taaldepartemente ressorteer, professor Johannes Smit, kennelik ook ‘n Afrikaner is. Hy wou nie met die media oor die besluit praat nie.

Die Natal Witness het verlede maand ook berig dat die musiekdepartement weens ‘n gebrek aan befondsing genoodsaak sal wees om te sluit.

‘n Woordvoerder vir die universiteit, Lesiba Seshoka, sê “die evaluering van modules is ‘n interne aangeleentheid wat wye akademiese raadpleging geniet”.

“Duits, Afrikaans en Italiaans bereik nie die vereiste studentegetalle nie. Ons sal egter aanhou om die diens aan alle studente te lewer wat steeds by ons studeer.

“Soos beste praktyk vereis, sal UKZN aanhou om sy strategiese werksaamhede te hersien om aan studente erkende graadprogramme te lewer.”

Soos ander universiteite in die land, was die Universiteit van Kwazulu-Natal die slagoffer van Kader Asmal se kwaadwillige samesmeltings kort ná die millenniumwisseling. Die universiteit sukkel nog om van sy samesmelting met die voormalige universiteite van Durban-Westville en Natal te herstel.

Die universiteit word sedert die samesmelting deur die Afrikanistiese professor Malegapuru Makgoba geregeer. Hy tree einde vanjaar af, waarna hy deur Albert van Jaarsveld, tans die uitvoerende hoof van die Nasionale Navorsingstigting, vervang sal word.

Die akademici wat deur die sluitings geraak word, is blykbaar teleurgesteld dat dié besluit nie kon wag totdat Van Jaarsveld oorneem nie. Niemand was egter bereid om in die openbaar kommentaar te lewer nie.

Comments

5 responses to “Afrikaans en Europese tale afgeskaf by Universiteit van Kwazulu-Natal”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    En so trek die beskawing stadig maar seker terug uit Afrika. Ons voorouers het die kontinent kom tem maar helaas is hulle pogings weer besig om tot niet te gaan. Soos ‘n braak land wat eers deur onkruid en dan later weer deur bome en bosse ingeneem word.

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Kyk gerus weer my rubriek: ” Ons Afrika meesters verarm ons geestelik”. Feit is egter dat hulle nie alleen ons geestelik verarm nie, maar hulle self ook, as so-iets moontlik is.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Karel hulle het juis geen waarde aan hierdie dinge nie omdat hulle gestelik arm is. Ek dink dit is juis uit ‘n geestelike rykdom dat ander rykdomme volg – omdat ons geestelike skate besit, juis daarom maak goed vir ons saak. Daarom pas ons ons goed op vir ons kinders en nageslag. Juis daarom werk ons hard om iets op te bou wat staande bly wanneer ons houtpakke aantrek. Hierdie is ‘n toekomsingesteldheid wat ons mense het, ons skryf juis goed neer sodat andere dit na ons kan lees, ander kan bou op ons ervaring.

      In die inboorling kulture van ons land is hierdie konsep van die toekoms baie anders as wat dit by ons is. Praat met een van hulle en jy kom agter hy “es” – daarmee word daar in die hier en nou geleef, die verlede maak nie vreeslik saak nie en die toekoms is more se probleem. Ons kwel ons juis so omdat ons eintlik in die toekoms leef en die sielkundiges en gurus (nie dat ek my met hulle snert besig hou nie) verkondig altyd dat ons in die “hier en nou” moet leef dan sal ons nie angstig of depressief wees nie. Dit is juis hierdie besig wees met dit wat voorlê wat ons dryf. Dit is juis daai uitsien na iets waarvoor gewerk word – dit is so deel van ons geestelike goedere want dit kom uit die Christelike geloof wat ons basis vorm (dink maar aan Paulus se voorbeeld van die atlete).

      Verseker is ons Afrika meesters besig om ons geestelik te verarm of ten minste baie hard te probeer om dit reg te kry, dalk omdat hulleself arm is, dalk omdat hulle weet dit is waar ons moed en durf ens vandaankom. Maar soos jy sê hulleself gaan nog die ongewenste gevolge daarvan dra as stertrieme weer die enigste klere op hierdie kontinent is.

  3. william Avatar
    william

    Dit is die universiteit waar Blade studeer het. Hy spog hoe hy en sy vriende die biblioteek af gebrand het n paar jaar gelede. Dis ironies dat hy nou minister van hoeer onderwys is. Ek sien sy departement is in n geldelike verknorsing. Wanbestuur sou ek reken

  4. Andy Avatar
    Andy

    Ek vermoed dat Afrikaans nie sommer by UNISA afgeskaf sal word nie. Sou dit wel gebeur gaan hulle n groot aantal studente verloor, en so ook finansieel.
    Ek vertrou ek is reg, maar tyd sal wel leer.

Leave a Reply