praag.co.za

Egpaar in Pretoria-Tuine vermoor

Written by

in

,

​Die seun van ‘n bejaarde egpaar van Pretoria-Tuine het Dinsdag op die lyke van sy vermoorde ouers afgekom.

Hul seun Deon het op sy ouers afgekom waar hulle op die slaapkamervloer in bloedplasse gelê het.

Dolf en Pop de Lange is in hul huis in ‘n sekuriteitskompleks vermoor. Hulle was glo onlangs slagoffers van ‘n roof voor die kompleks.

Pop se haarkapper en hul seun het albei onraad vermoed toe hulle nie die egpaar per selfoon kon bereik nie.

Volgens kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder sê daar was tekens dat die twee hulself teëgesit het, maar dis nog nie seker hoe hulle dood is nie.

Comments

23 responses to “Egpaar in Pretoria-Tuine vermoor”

  1. Tinkies Avatar
    Tinkies

    Vervloek is hierdie 11de plaag.

    1. betzie Avatar
      betzie

      Jong, Tinkies , netnou word jy ook n naatsi genoem . Glimlag ek nou .

  2. Andy Avatar
    Andy

    Sekuriteits komplekse is gladnie meer ‘n waarborg vir veiligheid nie. Ek moet erken dit sal beslis seker verskil van plek tot plek, maar algemeen gesproke is dit net n troos. Ek woon in so n kompleks met elekrtiese omheining, en outomatiese hekke. gedurende die afgelope twee maande was hier al 6 keer ingebreek.

    1. witbeer Avatar
      witbeer

      Andy, dit bied net sekuriteit vir die gemors, in die gebied waar ek werk is 8 uit elke 10 inbrake in “sekuriteits komplekse”

      1. StalinX Avatar
        StalinX

        Want hulle trek gewoonlik daarin!

        1. Andy Avatar
          Andy

          More StalinX,
          Dit was mos die stille belofte . “Julle sal die huise van die blankes kry”.

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Dit gee die mense ‘n valse gevoel van sekuriteit – daar is ook van die rakkers wat dan NIKS van hulle eie sekuriteit insit nie en dan maak hulle dit onveilig vir almal. Dan is daar wat ook kerm oor die onderhoud op elektriese heinings ens.
      Hulle noem die banggatparkies nie verniet “komplekse” nie – dit is baie kompleks om daar te woon. In die plek waar ek bly (ek was voorsitter van die trustees) dan skakel die inwoner my 3 uur die more nadat hulle ingebreek het en probeer dit my probleem maak – toe ek vra “het jy al die polisie gebel?” kry ek die vraag met ‘n skaaphouding op die gesig “Moes ek die polisie gebel het? Wat is hulle nommer?”

      1. betzie Avatar
        betzie

        Banggatpark heet ook ‘ Pleasantville . ‘

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Daar is niks “pleasant” daaraan om in so ‘n hoenderhok te bly nie. Hierdie arernd het maplotter grootgeword en met jou vlerkies so teen jou lyf vasgedruk werk dit net glad nie.

          1. betzie Avatar
            betzie

            Jy bemoedig my om uit te hou in my huidige opset .

  3. witbeer Avatar
    witbeer

    mag hulle nou hulle “finale aanslag” begin

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Gegee dat daar weermagsoldate by van hierdie goed betrokke is dink ek dit is baie sterk oppad. Ek hoop ons mense is gereed.

      1. witbeer Avatar
        witbeer

        Rooikop die regering is al jare betrokke by plaasmoorde

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Ek stem saam maar ons kon dit nog nooit bewys nie – daar is altyd die een of ander storie maar hierdie raak nou so dat ons dit kan bewys. Dit versterk ons saak in die internasionale reg heelwat. Al wat ons nou kort is waar sy bevelvoerder hom die opdrag gegee het.

  4. william Avatar
    william

    Dit moet n verskriklike skok wees om die liggame van jou ouers te ontdek. My simpatie is met die familie
    Een ding is seker. Ons kan maar vergeet om op die polisie staat te maak. Ons is alleen in hierdie stryd. Ons moet alles moontlik doen om onsself te beveilig. Die blankes is in 1994 uitgelewer aan bose magte
    met die goedgunstige toestemming van De Klerk en Kie. Ek glo dat die aanslag feller gaan word My pleidooi is dat ons as blankes ons onderlinge verskille opsy moet sit en hande vat. Ek sal wil sien dat daar meer optogte gehou word om ons ontevredenheid te kenne te gee. Ons het nou genoeg die ander wang gegee.

    1. Andy Avatar
      Andy

      More William,
      Optogte gaan ons NIKS help nie, net troos. Ons sal iets Baaaaie meer konkreets moet doen. Wat , wil ek nie nou eers bespiegel nie.

      1. marula Avatar
        marula

        Jy onderskat die krag van massa solidariteit. Terwyl dit grootliks van die benadering, ondersteuning en objektief af hang, is n goed beplande betoging een van die beste maniere om aandag, publisiteit, motivering, en kommunikasie te handhaaf. Net n klein voorsmakie van hoe kragtig n betoging kan wees. Die eenvoudige gesing van Die Stem buite die gewone verwagte raamwerk het groot publisiteit veroorsaak. Dink maar wat die Egiptenare reggekry het met die verwerping van n regering, net deur betogings. Die magtige MB gesteun deur die VSA ontsetel deur ongewapende betogings en verset.

        1. Andy Avatar
          Andy

          Naand Marula,
          Ek is bevrees jy het my daar. Nee dit is reg , ek is oortuig, maar dan moet ons regtig dit beplan en van stapel stuur of hoe. Dankie dat ons so op n sivolle manier tog gedagtes kan uitruil en senergie bereik. Ek waardeer dit. Ek was in die stilligheid be-angs dat jy met n “ton bakstene” op my gaan neerdaal.

    2. witbeer Avatar
      witbeer

      https://m.youtube.com/watch?v=HIIDL2SpOpI

      poppe spel op sy beste, Voetwasser, Roelfie, Weasel, Pikkie en Maksie in een opvoering.
      kyk hoe lieg die gemors

      1. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Nog een op PikkeFrikkeRoelfie se gewetens.

        1. witbeer Avatar
          witbeer

          Hulle het nie sulke goed nie Rooikop

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Ook waar. dalk sal ou Nick nog ‘n kooltjie bysit vir elkeen van hierdie mense wat vermoor word. Ek hoop eintlik sommer vir ‘n mynvol ekstra kooltjies vir elkeen van hierdie moorde.

  5. Braam Avatar
    Braam

    Hier is ‘n berig uit vandag se Beeld waar Adriaan Basson mooi wys hoe om te praat en te dink om by die kleurling in te pas:

    Twee studente aan die Universiteit van Pretoria is uit hul koshuis geskors nadat hulle hul gesigte swart gesmeer en soos huiswerkers aangetrek het vir ’n partytjie. Beeld se verslaggewers gee hul mening daaroor.

    ’n Afbeelding van ’n plakkaat van ’n “blackface”-vertoning in 1900 in die VSA.

    Wat is Blackface?

    ‘Blackface” het in die VSA ontstaan. Rassistiese en stereotipiese uitbeeldings van swart mense, veral slawe, is in die 19de eeu in die vermaaklikheidswêreld gebruik om (wit) mense te vermaak.

    Volgens die webwerf http://www.​black-face.com het die geskiedenis van vooroordeel en vyandigheid sulke stereotipes lank laat bestaan.

    Wit Amerikaners se wanopvattings oor swart kunstenaars is deur sulke spottende karikature gevorm en die oortuiging dat swart mense op alle vlakke minderwaardig teenoor wit mense is, is deur sowel wit as swart kunstenaars in “blackface” bevorder.

    Amerikaanse kunstenaars in “blackface” het in 1948 vir die eerste keer Suid-Afrika toe gekom.

    Hul minstreeltradisies is plaaslik oorgeneem en elemente van “blackface” is nou nog in die Kaapse klopse te sien.

    Jody Nel [kleurling]

    Dis in g’n konteks snaaks

    Die twee Tukkie-studente het dalk gedink dit was onskuldige pret, maar dit beteken nie die hele klug was nie rassisties nie.

    Die historiese konteks van “blackface” is inherent rassisties en daar is nooit enige verskoning daarvoor nie.

    Die twee betrokke meisies is op universiteit, nie laerskool nie. Hulle moes van beter geweet het.

    Na aanleiding van die talle kommentaar van wit Afrikaanssprekendes wat ek al daaroor gelees het, is dit duidelik dat onkunde ten opsigte van “blackface” onder dié groep algemeen is.

    Ek is bereid om te aanvaar die meisies was onkundig en het geen slegte bedoelings gehad nie.

    Daarom glo ek die meisies se lewens behoort nie deur hul ondeurdagte optrede verwoes te word nie. Maar tog glo ek dit is ’n gulde geleentheid om hulle en mense wat soos hulle dink oor “blackface” op te voed.

    Laat ek dit weer sê: Daar is nooit ’n konteks waarin “blackface” nie aanstootlik is nie, ongeag die bedoeling van die persoon wat dit doen.

    Dit is histories ’n manier om swart mense te marginaliseer, stereotipeer en af te druk.

    Swart mense is altyd geregtig om dit aanstootlik te vind.

    “Blackface” maak seer.

    Swart mense se gevoelens daaroor is meer as genoeg ­rede om dit nie te doen nie.

    Die meisies se “blackface” is nog erger saam met die kopdoeke wat hulle dra.

    Swart vroue wat in die verlede as huiswerkers gewerk het, is verplig om ’n kopdoek te dra.

    Ook dáár is ’n historiese konteks van die onderdrukking van die swart vrou.

    Die beeld wat die twee meisies uitgestuur het, is een wat vir swart vroue lag. Maar ek sien niks snaaks daaraan nie.

    As Afrikaanssprekendes enigsins respek vir mense van ander rasse en kulture het, sal hulle besef dat “blackface” in die verlede behoort, nie in 2014 nie. – Jody Nel

    Elaine Swanepoel

    Steve tot Bokke: Als moet deesdae politiek korrek wees

    Ek kon nie help as om te lag nie toe ek verlede week die foto op Facebook sien van die twee Tukkie-studente wat hul gesigte swart geverf en soos huiswerkers aangetrek het.

    Dit het my aan my eie koshuisdae laat terugdink.

    Ek kan my net indink wat deur dié twee se koppe gegaan het terwyl hulle kussings agter by hul rokke ingedruk en doeke om hul koppe gedraai het.

    Hulle sou gelag en bespiegel het oor of iemand hulle sou herken, wat die reaksie van hul vriende sou wees en of die verf sou afsmeer aan hul klere terwyl hulle hul arms op die dansvloer swaai.

    Rassisme was tien teen een die laaste ding waaraan hulle gedink het.

    Dit het my egter glad nie verbaas toe dit ’n politieke debat ontketen het nie, want deesdae moet als mos politiek korrek wees, van ’n Steve Hofmeyr-konsert tot die Springbok-rugbyspan.

    My hart bloei vir die twee “sondebokke”, want hulle is die slagoffers van ’n samelewing wat nog te “seer” is om oor die verlede te kan lag.

    ’n Samelewing wat nog te veel onderliggende haat teenoor mekaar koester om regtig te kan versoen.

    Dit maak my kwaad wanneer mense ’n bohaai opskop oor die kattekwaad van ’n paar snotneus-studentjies wat, nes ek, te jonk is om werklik die nalatenskap van apartheid te begryp.

    Dít terwyl vliegtuie in die Oekraïne neerstort en kleuters op ons agterstoep vasgevang word in die kruisvuur van bendegeweld.

    Maar ons leef ongelukkig in ’n oorsensitiewe samelewing en miskien moes die tweetjies daaraan gedink het vóórdat hulle hul manewales oor sosiale media uitbasuin het. – Elaine Swanepoel

    Lourensa Eckard

    Beskou die 2 Tukkies alle swart vroue dan as huiswerkers?

    Ek was kwaad toe ek vir die eerste keer die foto sien van die twee wit Tukkie-studente, swart geverf, kussings by hul boude ingeprop om dit groter te laat lyk, doeke op hul koppe en daardie uitdrukkings op hul gesigte.

    Dadelik het ek geweet daar gaan ’n herrie ontstaan wat uit sommige oorde as onskuldige studentepret afgemaak sal word.

    Of die studente opsetlik die spot wou dryf met swart vroue, weet ek nie, maar wat hulle gedoen het, is om die spot te dryf met ’n spesifieke swart vrou.

    ’n Swart vrou wat haar brood en botter in hoofsaaklik wit huishoudings verdien.

    ’n Swart vrou wat haar eie kinders minimaal sien omdat sy te besig is om haar wit werkgewer se kinders groot te maak.

    ’n Swart vrou wat nie toegang gehad het tot gehalte-onderwys nie en waarna daar as “ ’n ousie”, of selfs erger, verwys word.

    ’n Swart vrou wat tien teen een hierdie twee Tukkie-studente help grootmaak het.

    Miskien het hulle juis daaroor gedink dit is oukei om so aan te trek, miskien het hulle die rompe en die kopdoeke by die einste swart vroue gekry wat in hul ouerhuise werk.

    My vraag is: Is dit hoe hierdie studente swart vroue sien?

    Hoekom het hulle nie snyerspakke en hakskoene, soos dié wat ons openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, dra, aangetrek nie?

    Is dit nie hoe swart vroue, volgens die twee, ook lyk nie?

    Beskou hulle Madonsela, of die talle suksesvolle swart sakevroue, gemeenskapsleiers en politieke swaargewigte ook as “ousies”? – Lourensa Eckard

    Piet Matipa

    Voorval is ’n gesprek werd, nie tugstappe

    Ons moes die “blackface” soos die seksgesprek benader het.

    Die blommetjies en bytjies laat enige kamer toewasem met ongemak, maar tog voel ouers dit is ’n moet op die gesin se geselskalender. Mô en pô sal eerder met ’n koel kop pleks van ’n sambok met boetie oor seks praat.

    Daai twee Tuks-Evas het hulle seker teen dié tyd weer wit geskrik sonder om hul “blackface” af te was weens die string klagtes, reaksie en nagevolge. Ek dink nie hulle het met hul swartgeverfde bakkies en opgestopte stêre bedoel om ’n burgeroorlog te begin nie.

    Ek sê: Sies, Suid-Afrika, se-tjhaba sa heso, dat ons ons bloemers so benat het. Is ons dan nie gevorderd nie? Ons is lank­-

    al nie meer tieners nie, ons is 20 jaar oud. Wat het geword van ’n koelkop gesprek pleks van ’n sambok en die snoeiskêr?

    Hoewel ek self nie geaffronteer is deur dié twee madams nie, kan ek goed verstaan dat daar mense met rooi gesigte sit.

    “Blackface” is ’n gesprek werd, nie tugstappe nie. Suid-Afrika, jy is veronderstel om jongmense op te bou en ook op te voed. In plaas daarvan laat dié land jongmense soos die apartheidsregering voel. Heibo! Mense is al bang om na swart mense as swart te verwys en gebruik die woord nie-blank, want dit is klink sagter.

    Dis studente. Het ons dan vergeet hoe om jonk en vol pret te wees? Ek sou in ’n stadium my gesig wit verf en kakieklere aantrek na ’n partytjie toe. As jy ’n probleem daarmee het, bêre jou sambok en praat met my dat ek kan verstaan, nes in ’n seksgesprek. – Piet Matipa

    Charlea Sieberhagen

    Skorsing is drasties; tik hulle op vingers

    Ek kan nie onthou waar ek vir die eerste keer die foto van die meisies met die smerige gesigte gesien het nie.

    Maar dadelik het ek gedink: “Ag genade tog. Was dit nou nodig?”

    Want ek het besef dit is ’n storie met verskeie skakerings van grys.

    Omdat ek self op universiteit in die koshuis was, besef ek dat dié waarskynlik net twee lawwe studente is wat gedink het hul kostuums is snaaks. En ja, ék glo daar bestaan nog iets soos “onskuldige studentepret”. Want studente doen soms uit lawwigheid of snaaksheid of gewoon stupidgeid dom dinge sonder om aan die gevolge of ander mense te dink.

    Die kostuums wat die twee gekies het, is uiteraard in ons baie sensitiewe demokrasie nié politiek korrek nie.

    Dit was onsensitief, maar ek dink nie hulle het bedoel om aanstoot te gee nie.

    Dis hoekom ek dink die universiteit en almal wat dié meisies wil vervolg, moet dalk net ’n oomblik stilstaan en daaroor dink.

    Om hulle te skors is nogal drasties. Roep hulle en hul ouers in, tik hulle op die vingers, dan sê hulle jammer en ons gaan aan. Daar is ander kwessies wat ons aandag verg.

    Ek vermoed in elk geval hulle het hul les geleer.

    Die een ding wat ons almal wel hieruit kan leer, is: Oppas wat jy doen, want Facebook en Twitter hou jou dop.

    En tweedens: Trek volgende keer liewer soos Cat-woman of ’n dokter aan. Niemand behoort dan te kla nie.

    Hoop ek. – Charlea Sieberhagen

Leave a Reply