praag.co.za

Geel, rooi, blou?

geelrooiblouDie feit dat president Jacob Zuma en die ANC in staat was om grootliks die Nkandla-kwessie af te lag, dui daarop dat die gedrukte media byna geen invloed meer oor die politiek uitoefen nie.

Die veelheid klein partye wat aan die verkiesing deelgeneem het, was eerder ‘n aanduiding van hoe etniese politiek op voetsoolvlak ‘n werklikheid geword het. Dit het egter nie in stemme vertaal nie.

Die ANC is immers ‘n Zoeloe-party en die opposisie DA is nou ‘n Xhosa-party, ‘n weerspieëling van die twee grootste etniese groepe se greep op hul kiesers, maar die res is steeds stemloos.

Nkandla was vir maande op elke koerantvoorblad in Suid-Afrika. Zuma het skouerophalend gesê dit is net die “slimmes” wat omgee oor Nkandla, waarmee hy waarskynlik bedoel het die 25% of so wat gereeld koerant lees.

Zuma se minagting vir diegene wat dink die dooieboommedia het enige invloed, is deur die kiesers uitgedra.

Wat egter werklik saak maak is die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie wat by verre die grootste deel van die gehoor gerig het om hul kruisies by die voorste drie partye te gaan trek Woensdag.

Die voorste drie partye, naamlik die ANC, DA en EFF was ook die SAUK-sterre en voorts het ‘n oorvloed geld gesorg dat die drie in die kykers se oog bly.

Die ANC het vryelik toegang tot die TV benut en inheemse tale het gesorg dat daar geen Westerse filter oor sake soos Nkandla tussenbeide kom om die kieser af te skrik nie.

Die DA en EFF is rojaal uit die buiteland befonds en het letterlike honderde miljoene tot hul beskikking gehad om kykers te vermaak.

Die DA het ‘n eg-Amerikaanse veldtog gevoer met leë “wen”-slagspreuke, en netjies georkestreerde byeenkomste.

Die tekortkominge van die gedrukte media moet vir die Grondwetters ‘n kopseer wees na dese want nie alleen is daar etniese elemente wat die verkiesing beïnvloed het nie, maar ook die ANC se besondere sterk greep op die TV-kyker.

Vreemd is ook dat die meeste partye so stil is oor probleme by die SAUK.

Wat die DA betref wil hulle graag ‘n Amerikaanse twee-partystelsel op Suid-Afrika afdwing, wat dalk hul stilte oor die uitsaaier se ideologiese rigting verklaar. Die DA sal dus graag die ANC teen die EFF opstel, aangesien hul beleidsrigtings presies dieselfde is en beide partye hul toekomsvisie binne dieselfde verwysingsraamwerk as die EFF s’n plaas, naamlik met ‘n klem op korrupsie, ongelykhede en grondgryp.

En die rol van tegnologie? Mbv SMS’e en sosiale media kan die partye direk praat met kiesers, sonder die konvensionele media en sonder die TV.

Sosiale media se invloed sal egter eers toeneem soos die koste van bandwydte daal, wat baie meer mense toegang tot die internet sal gee.

Miskien is dit die rede waarom die regering so stadig is om aksie te neem om die koste te verlaag. Hoekom die SAUK verswak as dit is een van die mees kragtige ideologiese wapens is?

Dit was immers die eksperiment van die Front Nasionaal: ‘n Lakmoestoets om die invloed van sosiale media op Afrikanerkiesers te peil.

Niemand kon eintlik die mededingende verhaal van die ANC op TV troef nie. Die veelvoud menings met Facebook en Twitter was klaarblyklik oorweldigend vir die internetneofiet wat self ‘n besluit moes maak.

Afrikanerkiesers wou liewer aan die hand gelei word deur TV-vermaak as om self te dink. Die SAUK het dus die wedloop om stemme teen die internet ver gewen deur die ou uitgediende DA-weergawe van 2009 en VF+ as politieke antwoord aan te bied.

Die ANC se TV-aanslag was konsekwent: Ons het ‘n goeie storie te vertel oor die vordering wat gemaak is oor 20 jaar.

Omdat die DA, die EFF, asook die gedrukte media die herskryf van die geskiedenis as ‘n “struggle-triomf” ewe hard verkoop het, het die “opposisie” ironies genoeg van die ANC die enigste party van bevryding gemaak.

Die Demokratiese Alliansie se herdefiniëring van homself ‘n struggle-vennoot was dus eintlik ANC-propaganda wat slegs met ‘n duur blou TV-veldtog nie ontaard het in nog ANC-steun nie.

Al drie voorste partye het gestaan by ‘n radikale ekonomiese beleid teen ongelykheid, populistiese retoriek en die simbole van die rewolusie met barette omhels.

Tussen die Oscar Pistorius-sirkus deur wat dekking van die verkiesing byna oorheers het, het die internet se bereik dus gesneuwel as ‘n stuk nuttige politieke gereedskap.

Die laagste gemene deler het selfs mees die oningeligte wit kieser opgeraap: ‘n TV-skouspel in primêre kleure van geel, blou en rooi.

‘n Jubelende oud-AWB-lid het Praag tewens meegedeel dat hy vir die wenspan sy kruisie getrek het. Die blou span.

 

 

Comments

51 responses to “Geel, rooi, blou?”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    ‘n Jubelende oud-AWB-lid het Praag tewens meegedeel dat hy vir die wenspan sy kruisie getrek het. Die blou span.

    Oom Eugene draai in sy graf om – met respek gesê.

    1. Rutger Avatar
      Rutger

      Die AWB was van meet af aan ‘n klug wat wittes aangemoedig het om JA te stem. Die meerderheid wittes wou nie met hulle swak beeld vereenselfwig word nie. Hulle is spesiaal vir daardie doel in die lewe geroep. Dit was nog ‘n yslike strategiese fout van die Broeders om hul eie hefboomkrag te vernietig. Daarom is ek nie verbaas dat die AWB nou DA stem nie. Dis die enigste wit gesig wat oor is op TV en die AWB is nie bekend vir hulle hoë vlak van denke nie, maar vir hulle bereidwilligheid om kanonvoer te wees.

      1. Willy Avatar
        Willy

        Soos om die eertydse Bophuthatswana te probeer inval met ‘n sagtevel passasiersmotor.

      2. Leonor Bosman Avatar
        Leonor Bosman

        Dit was mooi beplan. Regse en AWB was die tesis (stelling): Wil julle Afrikaners regtig so vertraag voorkom in die wereld? Die ANC as die antesis (teestelling) : As julle so aangaan dan gaan die terreur net erger word. Toe kom die NP as sintese: Kom ons vat hande en bou ‘n land.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Mag ek jou laaste sin voltooi……..vir die swartes om deur hulle slote te trek.

        2. Kalium_Chloraat Avatar
          Kalium_Chloraat

          ‘n Swak sintese, want hulle het in die ANC gê-eindig.

          1. Leonor Bosman Avatar
            Leonor Bosman

            Nee, eintlik was die sintese uitstekend en goed beplan. Die Afrikaner het gegaan van ‘n sterk KP opposisie voor 1989 na die NP in 1992 en van 1994 na die NNP en nou die DA. En die Afrikaner partye het amper heeltemal verdwyn. Hulle plan het uitstekend gewerk: die Afrikaner vat hande en bou aan die lala land..

          2. Riana Avatar
            Riana

            Duidelik ja. Nie net het hulle in die ANC geëindig nie maar in ‘n situasie waar die Afrikaners nou almal met die AWB gelykgestel word as moreel besmet ongeag hoe hard hulle kruip. Die Broeders was te onnosel om te besef dit speel reg in hande van die Britte om die Afrikaners te verdeel. Die Britte het die geleentheid aangegryp om ons beeld totaal te vernietig! Eintlik is die Afrikaanse sotte by NIA steeds besig om “regses” te jag, wat eintlik beteken dat hulle steeds bly toesien dat Afrikaners geen regte geniet nie. As ek die Broeders teëkom wat dit gedoen het, dan is dit steeds vir my baie insiggewend om die uitdrukking van totale verwarring voor hulle vernietigingswerk op hulle gesigte gade te slaan. Ons is deur absolute patete geregeer, dis duidelik. Daar was geen voordeel daarin om Afrikaners te verdeel nie. Ek sien FW sê die volgende verkiesing gaan alles regstel. Hy bedoel seker met die volgende verkiesing gaan die Britte se magsgreep weer verstewig wees sonder die Zoeloe. Ek hoop hy sterf ‘n pynlike dood voor dan.

          3. Riempies Avatar
            Riempies

            Regeer deur patete en die Afrikaners wat verval het in
            gemaksugtigheid en voorspoed wat nooit n aanduiding opgetel het van die dreigende verraad deur die patete nie. Gemeet aan my eie skok wat groter as my menswees was – kan ek hierdie NIA agente se optrede nie begryp nie anders as dat ons Afrikanervolk absoluut tot die oortreffende trap deurspek is met verraaiers.
            Dit gese – mense kan net verdeel word as hulle dit toelaat – ons Afrikaners moet maar begin hand in eie boesem slaan en ons Achiles hak aanspreek – d.w.s. as daar nog Afrikaners oor is wat dit wil doen.

            Ek is seker FW het nie “die alles” gekwalifiseer nie.

            Jou mening rondom die Britte laat weer by my die vraag
            opkom of die Britse (sterk) pond of die (middelmatige) Euro die nuwe wereld geldmag gaan word. Wat maak die Britse pond so sterk? Ons goud reserwes?

          4. Riana Avatar
            Riana

            Goeie vraag. Vir seker is daardie Modder mense se rykdom uit ons grond

          5. Gas Avatar
            Gas

            Ek dink die tipe mens waarmee FW en die Broeders omring was en nog is is swak tipe mense wat altyd kruip en nooit self dink nie. Dis baie middelmatige soort mens. Hy hardloop altyd agter die sterkste een aan. Die ou spul kruipers het gedink die Britte is sterk. Geen insig en geen analise nie. Die een man wat dit wel gehad het en die hele petalje duidelik en helder kon sien, Jaap Marais, was natuurlik vyand nommer een

          6. Arnieann Avatar
            Arnieann

            ‘n Parrasiet kan slegs sy vernietigings werk voortsit vanaf die binnekant van sy gasheer.
            Dit is wat de klerk en sy trawante gedoen het.
            “If you can’t win them, join them.”
            En eers as jy binne is, dan verander jy in ‘n parrasiet, en vernietig jou gasheer.
            Dit is wat gebeur het, en dit gebeur nog steeds.
            Die FN katostrofe het dit weereens bewys.
            BKA is volgens sekere mense, ‘n yslikke groot DA rotnes gewees.

          7. Kalium_Chloraat Avatar
            Kalium_Chloraat

            Die Broederbont het presies geweet wat hulle doen. Na 1994 het hul logo skielik na ‘n Vrymesselaarsteken verander en so het hulle presies verkondig wie hulle eintlik is: ‘n organisasie wat Anglo-Amerikaanse belange dien.

      3. Rooikop Avatar
        Rooikop

        ‘n Tipiese psyops storie – meeste het gesê : “Ons wil tog nie so wees nie, verkramp ens.” Dis hoekom die klomp skape nogsteeds agter die DA aanstap – minwetende dat die DA die judasbok is.

    2. Rentia Diedericks Avatar
      Rentia Diedericks

      Hy was nie my oom nie. Hy was maar ‘n ou takhaar met sy groen onderbroek vol gate. Hy het MI6-agente se toesprake met baie emosie voorgelees, dis al.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Ek stem 100% saam, vir sy taalgebruik het ek oneindig baie respek gehad – inderdaad, vol emosie, dit het my telkens geroer. Ek waardeer dit wanneer mense Afrikaans so korrek praat, iets wat nie almal beskore is nie.

        NS: Die “oom” is maar soos ek hom “geken” het.

        1. Willy Avatar
          Willy

          Die oom en tannie is soos ons grootgemaak is. Opvoeding deur ouers is blywend so ek noem mense wat ek dink ouer as tien jaar ouer as ek is oom en tannie. Verbasend hoeveel jongmense gebruik die benaming ook. Ek is trots op hulle respek vir ouer mense.

          1. Trippie Avatar
            Trippie

            Stem – maar met ouderdom kan mens jou lelik misgis hoor. Normaalweg spreek ek onbekende mense aan as Mnr / Mev of u indien ek nie seker is van sodanige persoon se huwelikstatus.

          2. Willy Avatar
            Willy

            Ja soos ons ook geleer was. Ek giggel bietjie oor die misgis besigheid. Ja dit het my al in ‘n verleentheid geplaas en as ek bloos lyk dit of die son opkom.
            Lees jou verder raak op die forums.

    3. Dolk Avatar
      Dolk

      Hoe meer ek lees – hoe meer bloei my hart….

  2. Rutger Avatar
    Rutger

    Die linkses het voorheen die “regse gevaar” met groot sukses gebruik om oorgawe te verkoop. Daar is nou duidelik geen “regse gevaar” meer oor nie. Beteken dit die oorgawe is voltrek?

    1. AntSan Avatar
      AntSan

      Nee, dit regse word gemeet aan vel kleur-wit. Solank daar ‘n witman in NSA asem haal is die gevaar dat hy weer sal regeer daar. Daarom sal hul vir die skelmste skelm stem. Zille gaan DA nou verlaat. Dit gaan nou swart teen swart partye wees. Ons is lankal nie meer ‘n faktor nie. Ons is 4% waarvan nie 2 kan saamstem oor wat en hoe om die toekoms van die witman te verseker nie. Ons is ons eie vyand. TLU en die boere is die grootste rugstekers van almal. Hulle het met die hef in die hand gesit. As ons kosrakke lankal leeg was, was die hel waarin ons ons bevind nou al op die spits gedryf. Mag die wat geld gejaag het bo die toekoms van hul kinders almal hul plase verloor.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Baie sterk boodskap wat jy hier oordra !

      2. Rutger Avatar
        Rutger

        Ek dink ons sit tussen die duiwel en die diepsee want as die boere ophou kos kweek sal dit ingevoer word van Argentinië waar Jode die kitaar slaan in landbou. Dis wat Premier Milling wil sien gebeur. Onthou kos skaarste = opstande. Dis ‘n skakelaar in die hande van ‘n buitelandse mag teen ons

        1. AntSan Avatar
          AntSan

          Ons sit in elk geval met die duiwel langs die see. Ons skuld triljoene wat ons in 2016 moet begin terug betaal. Moenie dink dat die Argentyne, en of die res van die wereld, geldmag nie die korrupte SA regering raaksien nie. Hul verlustig hul hierin. Dit is net hier waar die massas blind en doof en dom is. Jy slaan die spyker op die kop met die revolusie. Maar dink jy vir een oomblik dit gaan in elk geval nie gebeur nie? Het TLU lankal die kraantjie toegedraai was daar dalk al duisende minder boere vermoor. Dit was ons verarmde ontwapende volkie se laaste wapen. Ons kon hiermee beding vir selfbeskikking. Nou gaan ons sit met niks, hou die spasie dop. Kyk hoe aggresief EFF nou die grondwet gaan verander, hoe VF+ met hopenlik 1 teenwoordiger sit in die parlement, die laaste verteenwoordiger van ‘n eens trotse Volk. Ons is weer by Bloedrivier.

          1. Willy Avatar
            Willy

            ‘n Ware prentjie wat jy skets. Vreesaanjaend maar van die werklikheid sal ons nie kan wegkom nie. Dit is nie net bangmaakpraatjie nie.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Om suksesvol aan ‘n verkiesing deel te neem word baie geld en die beste raadgewers benodig. Sonder sterk finansiële donateurs is dit soos om ‘n sport te beoefen sonder borge.

  4. Leonor Bosman Avatar
    Leonor Bosman

    Geel Rooi Blou——– God Volk Vaderland.
    Tipes soos in Afrika: Wie het wat gesteel?
    Geel het ons God gesteel- Hom verlaag tot al die ander simpel gode
    Rooi gaan ons vaderland steel- sal nie rus totdat elke boer sy grond kwyt is nie.
    Blou het ons volk gesteel met leuens en geld.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Drie fase kleure (Elektrisiteit) : (1) Rooi, (2) Geel en (3) Blou…

      1. ss Avatar
        ss

        Ook die elektrisiteit in ons land sal vinnig verdwyn.

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Primere kleure, hulle gaan aanhou steel dan is die reenboog weg.

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Leonor, Leonor… Dit, kan hulle nie…

            NS 😉

        2. Willy Avatar
          Willy

          In my woongebied is dit al klaar aan die gebeur ss.

  5. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Yellow, Blue & Red Freedom is dead

  6. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Dan, is die korrek? Weet dit het niks met die kleure uit te maak nie.

    http://www.youtube.com/watch?v=nG0VD5Wsdcs

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Praag word baie wyd gelees mense – ons sal ons sokkies moet optrek!

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        U meen? Helder poefterplassie-pienk of, Nugter-alleen-weet blou?

        NS Ek kom met sandale hierheen… 😉

        1. Leonor Bosman Avatar
          Leonor Bosman

          Whahaha snak ha na ha asem whahaaaaaa….

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            LMAA! Lekker lag ek nou vir jou!!!

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Ek mis vir Hans…

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Moontlik is hy met vakansie of besig met werk? 😉

  7. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Is dit hoekom die ANC “liberation before education” gepreek het? Dit verseker vir hulle ‘n oningeligte kieserskorps wat hulle met kospakkies en eenvoudige propaganda kan “regeer” (eerder aansê wat om te doen).
    Hierdie masssas gaan egter nog omdraai en die Elite wat nou so lekker spandeer byt. Die EFF sal hulle goed ook vat.

  8. theoprinse Avatar
    theoprinse

    [Anc en EFF samen twee-derde. Dag grondwet.]

    Ja Verontrustend. Maar Malema wordt betaald door Londonse financiers en mijnbouw nationalisatie zie ik nog niet gebeuren. Tegenover landonteigening door landclaims staan land claims van blanke boeren.
    DA heeft toch gewonnen en hebben veel institutionele macht.
    Zuma beperkt zijn verlies maar de intelligentia van het ANC zijn hem beu.
    Over een paar jaar is er weer een partij congres en wellicht verdwijnt Zuma van het toneel.
    Daarom kan het nog gebeuren dat het ANC met de DA een coalitie gaat vormen op voorwaarde dat Zuma kan aanblijven.
    Dat betekent voor de komende jaren een machtsstrijd binnen de ANC gremia. Het ANC had al een tweederde meerderheid met kleine splinters maar hebben dat nooit gebruikt om b.v. de grondwet drastisch te veranderen of de NDR national democratic revolution door te voeren.
    De huidige grondwet is onder auspicien van internationale spelers zoals de UK tot stand gekomen.
    Zelf heb ik zo mijn twijfels bij de hoge opkomst en de stem voor het ANC. Vanmorgen stond volgens de Nederlandse NOS het ANC op zwaar verlies en vanavond is het weer helemaal anders. Toch raar.

  9. Henrietta Avatar
    Henrietta

    Wanneer stembriewe rondgesmyt word soos dié op die foto, is dit geen wonder nie, dat die uitslae is soos dit is. Hulle het baie mooi geleer by oom Bob…

    https://www.facebook.com/wian.esterhuizen.1/posts/10152802991444838

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Sien hulle praat 7de Laan Afrikaans daar… DA-dialek… (Soos in: DA lek die anc se sterte blink…)

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Goeie more Riempies !

      fw de klerk, en die goedgelowige ja-stemmers. Apartheid was reg en goed. Ons was veilig, nie verkrag, vir dood agtergelaat en gemartel nie.

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Goeiemore Trips,

        Trippie ek sien iets anders raak – Aparthaid as rede moet nou baie vinnig uitgefasseer word met die ANC se instel van hulle eie
        Apartphaid – wat nou die gesig van regverdigheid moet kry – m.a.w. Apartaid moet nou vinnig nou uit die geheue van die wereld as negatiewe – want dit reflekteer negatief op die ANC se doen en late – so nou word die aandag afgetrek van Aparthaid en
        verskuif na n blanke Afrikaner onderdrukker FW de Klerk as oorsaak – Oeeee en dit pas my so goed dat hy bietjie op sy h** kry!

        1. Riana Avatar
          Riana

          Janee, van sy “beste vriende” die Britte nogal. Wys jou net hoeveel minagting ‘n verraaier verdien. Selfs sy base haat hom

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ek het die gaan lees – lyk my selfs die libs is nou vies vir die klerk omdat hy so aangejaag het.

      1. JAVR Avatar

        Rooikop, ons “chaos” is hier om te bly! Ons moet ons lende omgord en wakker bly!

Leave a Reply