praag.co.za

Flip Buys van Solidariteit doen ‘n beroep op sy lede om te stem

Written by

in

,
Flip Buys
Flip Buys

Die Solidariteit Beweging het ʼn beroep op sy lede, ondersteuners en die breë gemeenskap gedoen om deel te neem aan die algemene verkiesing op 7 Mei 2014. Die Solidariteit Beweging bestaan onder meer uit drie lede-organisasies, naamlik die vakbond Solidariteit, die burgerregte-organisasie AfriForum, en die gemeenskapsorganisasie Helpende Hand. Die drie instellings se 230 000 lede en hul gesinne verteenwoordig sowat 500 000 kiesers.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die beroep om aan die verkiesing deel te neem, kom na ʼn vergadering met die Vryheidsfront Plus. “Die gesprek met die VF Plus vorm deel van ʼn reeks soortgelyke gesprekke met onder andere die DA en AgangSA. In die gesprek met die VF Plus het die Beweging onder andere sy kommer uitgespreek oor die radikalisering van die ANC, die invloed van regstellende aksie op Suid-Afrika asook die algemene stand van die beskerming van minderheidsregte in die land.”

Buys sê die Beweging het tydens sy vergaderings met die onderskeie politieke partye die verwagtinge van sy lede aan die partye oorgedra. “Vir die Beweging se lede is Christelike en gesinswaardes, asook Afrikaners se reg op blywende vryheid, veiligheid, voorspoed, veeltaligheid, die Afrikaanse taal en kulturele vryheid van groot belang. Ons lede streef ook na goeie regering, ʼn produktiewe en goed besoldigde arbeidsmag, ware gelykheid sonder ras as maatstaf, en ʼn gesonde werksverhouding met die regering.

Buys sê die Beweging het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om nie net elke vyf jaar aan ʼn verkiesing deel te neem nie, maar deurentyd aktief by die burgerlike samelewing betrokke te wees. “Die demokrasie word nie net elke vyf jaar bepaal nie, maar deur hoe mense tussen verkiesings aan die burgerlike samelewing deelneem.”

Comments

67 responses to “Flip Buys van Solidariteit doen ‘n beroep op sy lede om te stem”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Vir dié redes stem ek, en stem ek Front Nasionaal, en geen ander rede :

    1. FN is ‘n Christelike party
    2. Selfbeskikking
    3. Behoud van ons pragtige moedertaal – Afrikaans !

  2. Willy Avatar
    Willy

    As FN bemarking kan doen by Solidariteit, kan daar goeie aantal stemme getrek word van die 500 000 kiesers waarvan ek ook ‘n lid is.

    1. Götterdammerung Avatar
      Götterdammerung

      Willy Solimorsmytyd en die Mulder familie besigheid is nou weer hand om die blaas. FN kan op hulle koppe daar staan en niks sal gebeur nie

      1. Willy Avatar
        Willy

        Dit is die werklikheid mnr G. Tragies nê! Ons die FN kiesers soek getalle dat ons net ‘n verteenwoordiger in die parlement kan kry.

        1. Götterdammerung Avatar
          Götterdammerung

          Jong daar is groot dinge op pad die volgende dag of twee – hou maar sosiale media dop. Julle sal aangenaam verras wees

          1. Willy Avatar
            Willy

            Dankie ek sal mnr G. Ek is natuurlik baie opgewonde.

      2. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Stem saam – hulle is eerder hanskakies in zille se kamp.

  3. Rebel Avatar
    Rebel

    Waarom ignoreer Solidariteit Front Nasionaal? Kan hulle nie insien dat alle pogings om die bruines by Afrikaner-belange te betrek, misluk het nie!!!

    1. JAVR Avatar

      Hulle ignoreer dit vir een rede alleen en dit is dit kan die anderskleuriges omkrap want hulle stem nie saam met FN se beleid nie! AL REDE!

    2. Trippie Avatar
      Trippie

      Raakgevat soos ALTYD ! (goed om jou weer hier te sien).

    3. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Omdat Front Nasionaal vir hulle voortbestaan ‘n bedreiging inhou.
      Hulle gaan net soos die NP van destyds, in die hek duik. Almal het al gesien dat hull ook maar meer bek as binnegoed het.
      En hierdie keer is dit nie meer die DA wat voorgestoot word nie, maar VF+.
      Dit is weereens die ou resep van verdeel en heers. hulle het gesien dat die Afrikaners nou erg ” Regs” begin draai, en die enigste ander party wat die naaste aan ons is, is die VF+. Anders sou dit waarskynlik nog steeds die DA gewees het wat voorkeur kry.
      Hulle is ‘n spul Volks verraaiers daardie Sollie bende.

      1. JAVR Avatar

        Man so bek moet jam kry

      2. Willy Avatar
        Willy

        Wat my erg pla is die magdom klein regse organisasies, Arnie. Glo min of meer aan dieselde doelwitte maar ploeter voort al is daar net vier of vyf, meestal familielede wat die getalle op maak.
        Ons is te min regses om so te opereer. Ek hoop maar dat FN bo verwagting goed sal doen al is die inligting knap wat deurgee word aan ons, die lede en kiesers.

        1. Götterdammerung Avatar
          Götterdammerung

          Ons het beperkte medium tot ons beskikking. Bakkiesblad en internet blaaie wat ons goedgesind is. Naarpers en die ander media swyg ons dood. Glo dit of nie maar Radio702 het ons meer blootstelling gegee as bv Radio Aquafresh. Dan het jy die CD Smous bende wat ALLES in hul vermoee doen om FN te ondergrawe insluitend om ‘n vals bewerings te maak oor die FN bankrekening en dit het tot gevolg gehad dat die rekening vir ‘n paar dae geblok was. Ons sukkel maar om ons boodskap uit te kry bo en behalwe dat betrokke lede baie van die kostes uit eie sak – met die blok van die bankrekening het een van die candidate uit haar sak betaal vir die verkiesings plakkate wat ons kon bekostig. En ten spite van alles groei ons by die dag net meer en meer.

          1. Willy Avatar
            Willy

            Ek het van dit gelees op FN se webblad waar ek elke dag ‘n draai maak mnr G. Ons as kiesers, hoekom word daar nie op ons knoppies ook gedruk nie? Van ons kan ook bydraes maak. Plakate gaan opsit. Ek en vier vriende wat ek saamgeneem het na ‘n FN vergadering te Pretoria het vuur en vlam na die vergadering daar uitgestap want ons gaan iets vir hierdie wat ons party is doen. Ons het nie ‘n oproep tot vandag gekry nie. Ons is nog steeds beskikbaar en sal altyd wees waar moontlik.

          2. Götterdammerung Avatar
            Götterdammerung

            Willy ek sal dit met Francois moet opneem. Kan jy dalk op FN se Bakkiesblad ‘n boodskap stuur?

          3. Willy Avatar
            Willy

            Dankie en ons kontak details was gegee aan mnr Cloete op daardie vergadering mnr G.

          4. Götterdammerung Avatar
            Götterdammerung

            Jnr of Senior?

          5. Willy Avatar
            Willy

            Senior mnr G.

          6. Götterdammerung Avatar
            Götterdammerung

            Ek het nou sommer vir altwee ‘n boodskap gelos op die besprekingsgroep

          7. Willy Avatar
            Willy

            Baie dankie mnr G.

          8. Götterdammerung Avatar
            Götterdammerung

            Ek sal opvolg en jou op hoogte hou

          9. Willy Avatar
            Willy

            Weereens baie dankie vir die moeite mnr G en dankie vir die betrokkenheid op Praag.

      3. Rooikop Avatar
        Rooikop

        Einste Arnie. Hanskakies vir die DA en vir die ANC white (Ek bedoel VF)

        1. Arnieann Avatar
          Arnieann

          Vir beide bogenoemde partye is dit ikabod.
          Na hierdie verkiesing sal hulle ook disintegreer soos die ou NP’s.
          Die nuwe rolspelers gaan Front Nasionaal/ Eff/ ANC en ‘n paar ander goggas wees.
          Daar gaan ‘n grootskaalse oorlopery wees na Front Nasionaal. Dit maak my erg bekommerd, want die seekat gaan weer sy voelers daar indruk met groot geld.
          “MARK MY WORDS!!!!!”

          1. Rooikop Avatar
            Rooikop

            Jy is reg Arnie – die voelers word weer met geld ingesteek en so word die hele spul maar net weet gerysmier en die proses begin van voor af.

  4. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Buys is fw de klerk se kloon.
    En ek vertrou fw de klerk nie verder as wat ek op hom kan spoeg nie.

  5. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Waarom het Praag nog nie hierdie storie hier geplaas nie????

    Dit lê al die hele wêreld vol, maar hier is niks nie.

    ********

    MEDIA RELEASE: Largest land claim in South African history
    The political party Front National is lodging the single largest land claim in South African history to the Land Commissioner in Pretoria on Thursday, April 24. The claim will test the legitimacy, honesty and objectivity of the ANC-government regarding land claims.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Hierdie het ek gisteraand reeds op Front Nasionaal gelees.

      Ek onderneem om ‘n skrywe te rig aan Dr Roodt en hom versoek om, wanneer daar vergaderings, ens. gehou word, daar geleentheid op Praag geskep sal word vir kennisname deur Praaglesers, aangesien nie almal toegang tot Facebook het, of andersins, nie ‘n Facebook-rekening het nie.

      Een van die Kaapse leiers het self ook onderneem om die versoek aan Dr Roodt te rig.

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Dan Roodt gaan sy gai aan jou afvee.

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Ek verstaan Dr Roodt is tans onder geweldige druk – maar, ek gaan nietemin probeer, dis die MINSTE wat ek kan doen.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            ” Copy & Paste” daardie berig in sy geheel hier Trippie.
            Veral by een van daardie “berigte” wat geen kommentare oplewer nie.

        2. Willy Avatar
          Willy

          Ek het ook maar moed opgegee met my versoek by ‘n FN vergadering te Pretoria Arnie. Al wat ek gevra het is dat daar ‘n skakel op Praag geplaas word na FN se nuusgebeure, Die bestuur het daardie aand gedink dit is ‘n baie goeie idee en sal dit deurgee. Maar ja hier sit ons nog. Dit mag so wees dat dr Roodt onder druk is maar hy is nie alleen wat die werk doen nie. Daar is bestuurslede wat net die ou klein werkie vir ons kan doen. Hoekom word daar gedink dat dit net dr Roodt is wat die skip moet laat dryf weet ek ook nie.
          Ek het ook ‘n dagboek, wat kan inskakel deur Praag voorgestel. Ook niks van gekom en die verkiesing is oor net twee weke.

        3. JAVR Avatar

          Feit van die saak hier is….BAIE MIN weet wie FN is! As ons nie stemme kry vir FN nie is dit hulle eie toedoen. Mense kan net stem vir iemand wat hulle van BEWUS is! My seun het Saterdagaand met iemand gepraat wat gesê het die vader alleen weet vir wie hulle gaan stem want Zille is so uit soos perdry in die kerk! My seun sê toe daar is nou ‘n nuwe party wat hulself FN noem. Jammer maat, nog nooit van hulle gehoor nie!seg hy. Een stem minder!

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ek het my dienste direk aan FN gebied, om hier op my dorp plakate op te sit, en ander take kosteloos, verniet, mahala, gratis en pasella te doen.
            Selfs die beloftes van “Kontak met my maak” het opgedroog.
            Hier weet net die mense daarvan met wie ek reeds gesels het.
            Noem my van nou af Potius Pilatus asseblief.

          2. JAVR Avatar

            Hallo Pontius Pilatus! Selfde met die T hempies ook!

          3. Arnieann Avatar
            Arnieann

            T hempies????

          4. JAVR Avatar

            Ja jongie, ek, Riempies en Trips het die dag toe ons hoor FN staan sommer klaar alles georganiseer sonder om eers die arme leier en onderleier te ken in die saak! Was so “PUMPED UP” dat ons die hele Afrika sou kon verskuif het na Duitsland of iets so opgewonde was ons! Toe kry Riempies darem haar brein terug en sê MISKIEN moet ons net eers vra.

          5. Arnieann Avatar
            Arnieann

            “‘n Serp sou iets anders gewees het. Dalk goedkoper ook.
            As jy hom klaar gedra het, hys jy hom soos ‘n vlag.

          6. JAVR Avatar

            Ja dit sou, maar op daai stadium van die geveg het ons nie intelligensie vlakke gebruik nie!!! Ons wou net die FN daar buite verkondig.

          7. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Dit bly nog steeds ‘n mooi gedagte, of dit nou gewerk het of nie. Altyd iets of iemand wat ‘n “Passion killer” moet wees nê.

          8. Trippie Avatar
            Trippie

            Arnie, wat beteken “passion killer” ? LoL.

          9. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Battery nat Peeeeee !!!!

          10. JAVR Avatar

            Piepie of die battery! (common sense)

          11. Trippie Avatar
            Trippie

            Sommer net Arnie se siel uitgetrek – het jy al die Passion Killer cocktail gedrink ?

          12. JAVR Avatar

            Haai siestog Trips!!! Ek bedoel Riempies se “common sense” was die passion killer daai dag!!! Nie nou op jou bedoel nie!!! Ek mag nie eens die naam lees ine want dan word ek aangekla vir dronk bestuur!!!!

          13. Götterdammerung Avatar
            Götterdammerung

            Ons doen nie T-Hempies nie. Ons los dit vir die liberal verkramptes, AyenSee en EFFies. Dit is goedkoop politiekery om T-Hempies uit te deel

        4. Riempies Avatar
          Riempies

          Nee man Arnie – Nee. Almal wil alles van dr. Roodt weet is
          daar nie betrokke persone by die FN wat gemoeid is met die vrystelling van persverklarings en inligting nie? Waarom nie die vrae ook n slag aan mnr Engelbrecht vra nie – hy is perslot van rekening die hoofleier van die FN? Dr. Dan het nog n koerant ook wat sy verantwoordelikheid verg. Nee sowaar mens moet
          darrem redelik wees. Dit lyk my niemand besef onder wat se werksdruk hierdie nuwe FN party mense is nie.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Praag is Dan Roodt,
            Dan Roodt is Praag.
            Jammer, geen genade nie.
            Hulp was en is uit verskeie oorde aangebied.

          2. Riempies Avatar
            Riempies

            Jy is reg MAAR Praag is n koerant sover my kennis strek
            in privaat besit en FN is n politieke party.

            Die feit dat dr. Dan ook betrokke is by die bestuur van
            die FN het niks met Praag te doen nie – die meerderheidstem van FN besluit waar hulle – hulle besigheid wil doen. Soos dit vir my lyk is dit op die sosiale netwerke.

            Tot my persoonlike nadeel want ek is nie op enige sosiale medium geregistreer nie en sou dit waardeer het as inligting ook op Praag geplaas word. Maar dit is nou maar hoe dit is.

          3. Trippie Avatar
            Trippie

            Soos ooreengekom, ek het sopas vir Dok ‘n briefie in die pos gegooi en hom verwys na ons gesprek op die Clive Derby-Lewis artikel, sowel as hierdie een. Ek glo en vertrou om binnekort van hom te hoor, andersins sy mening te lug op Praag.

            HOU DUIM VAS.

          4. Riempies Avatar
            Riempies

            Trippie ek dink dat dr. Dan nou so besig is dat wanneer
            hy by die huis stel hy hom voor aan sy vrou en kinders en groet hulle hom met die hand. 😉
            Miskien is jy tog gelukkig dat hy erens n gaatjie kry om te
            antwoord. Ek hou duim vas.

          5. Trippie Avatar
            Trippie

            Riempies, hy het, kyk my skrywe hieronder aan Arnie.
            Nogal binne ‘n uur my skrywe beantwoord. Jy is reg, hy is baie besig, ook nie by sy rekenaar nie, hy het my vanaf sy selfoon gekontak.

          6. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Praag is ‘n Koerant sê jy Riempies. Ek het dit ook so.
            Dan is hulle nog meer skuldig daaraan om nie sulke belangrike nuus te publiseer nie.
            Ek wil Dan Roodt steun, en sulke nuus gee my daardie geleentheid. Ons almal wil hom steun, maar ek merk ‘n afsydigheid in sy optrede, juis hier waar hy dit die nodigste het.

          7. Trippie Avatar
            Trippie

            Arnie – jy “skuld” my hoor ! Binne die bestek van EEN UUR het Dr Roodt my skrywe beantwoord. Dit wil gedoen word.

            Dr Roodt is, soos reeds gesê, onder baie druk, en kom tans nie gereeld by Facebook, ens. uit om alles wat direk verband hou met Front Nasionaal se aksies en voornemende aksies uit nie. Gister was Praag ook vir die grootste gedeelte van die dag af.

            Wat hierdie belangrike inligting wat die GRONDEIS aan betref, Dr Roodt het (tot my skande) my verwys na PRAAG ENGLISH waar die artikel wel geplaas is. Normaalweg loer ek gereeld daar ook in, maar het nie tot so paar minute gelede.

            Ek het verder Dr Roodt se goedkeuring om sekere inligting wat betref vergaderings, ens. oor te dra hier op Praag, dus neem ek aan, ons wat daagliks FN op Facebook lees, mag daardie inligting hier weergee. Wat my bydrae aanbetref, ek sal steeds eers die nodige toestemming verkry alvorens ek optree.

          8. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Wie het gesê:
            ” I love it when a plan comes together” ???
            Jy is nou deel van ons “A Team”
            Geluk.
            Ek kuier nie op die Engelse Praag nie.
            Kan nie Engels verstaan of lees nie.

    2. JAVR Avatar

      Jy kan nie die bom gooi en wegloop nie Arnieann!! Waar het jy dit gelees asb!

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Largest land claim in South African history | SA News @Sky.co.za

        1. JAVR Avatar

          BAIE DANKIE ARNIEANN!! Wow!

  6. Trippie Avatar
    Trippie

    Front Nasionaal – Suid Afrika

    MEDIA RELEASE: Largest land claim in South African history
    The political party Front National is lodging the single largest land claim in South African history to the Land Commissioner in Pretoria on Thursday, April 24. The claim will test the legitimacy, honesty and objectivity of the ANC-government regarding land claims.
    The claim for the land, stretching from Ohrigstad eastwards to include the Kruger National Park, is the first of several claims being prepared. Front National claims that the intention of the Deed of Sale was to put the land under the guardianship of the “Dutch South African nation” as an ethnic group and was NOT intended as a sale to the then, or later, governments but for utilisation by the descendants now known as Afrikaner/Boer.
    LAND CLAIM: OHRIGSTAD, MPUMALANGA
    CLAIMANTS: I present the land claim on behalf of the natural descendants of the Dutch South African nation, commonly known as the Afrikaner or Boer. The claimants are those descendents identifying themselves as Afrikaners with the distinct characteristics of western/European outlook on life regarding language, culture, history and a sense of nationhood. This will exclude people not identifying themselves with the ethnic group in political and cultural sense.
    DESCRIPTION OF LAND:
    The claim pertains to the land described in State Archives R117/1846, namely –
    From Ohrigstad to the north till the Olifantsrivier, then downwards to the Delagoa Bay line; to the south till the Crocodile River; to the west to Elandspruit till the 26 degrees line; east till where the Crocodile River joins the Komati River.
    REASON/DATE OF LAND CLAIM
    The said land is the property of the Dutch South African nation as described above and according to the Deed of Sale, should by administered by the Dutch South African nation ONLY. This right was unilaterally taken from the Dutch South African nation/Afrikaner on 27 April 1994 and is currently administered by the South African Government in contravention of an international deed of sale between two nations’ descendants.
    The land was legally obtained for the Dutch South African nation as an ethnic group to be administered by such ethnic group and was only in custodianship of the SA government pre-27 April 1994 because the said government was regarded as descendents of the ethnic group. There was no legal right to hand this land over to a “foreign” government in April 1994 away from the original ethnic group.
    We claim the said land as our ancestral land of the Dutch South African nation/Afrikaner; duly bought and paid for on July 25, 1846 as an ethnic group and not as individual landowners.
    LEGAL SALE/PURCHASE
    The sale of said land on July 25, 1846 were between King Masous (representative of the Zulu) as seller; and Commandant SJZR Burg (representative of the Dutch South African nation) as buyer and a copy of the agreement is filed in the Government Archives under file R117/46.
    The original agreement is in Dutch and apart from King Masous, the following witnesses signed for the Zulu nation: Samkoela (chieftain), Makienkaan (chieftain), Mandalea (chieftain). As witnesses for the Dutch South African nation it was signed by WF Joubert, JC Steyn, JM de Beer (field cornets), L de Jager, J Lotter, H Breytenbach and PJ Coetzer.
    The sale was conducted at Kjakas Kraal, Umkumaas.
    It states: (in Dutch) …ten dienste van de Hollandsche Zuid Afrikaansche Natie die thans binnen dat grond zyn en noch in vervolg door de wettige gezag onder hun ter inwooning zal gepermitteerd worden…
    In English it states that the land is sold to those members of the Dutch South African nation and “those who in future will be permitted by their legal guardianship (not Government)…
    PAYMENT FOR THE LAND
    The receipt for the payment of the said land is filed in the Government Archives in 1846 and the copy was certified by State Secretary NJR Swart.
    The receipt for the last payment in cattle was received in January 1856 and also included the Deed of Sale of July 21, 1855 to conclude the sale.
    The receipt was issued by Maloenke (Zulu representative) at Tabankolea on February 5, 1860 and signed as witnesses by chieftains Sonagla, Jogo, Santlant, Omglagen, Malayde, Kaompeunis and Kampa. Commandant WF Joubert signed for the Dutch South African nation with FJ Joubert and H Joubert as witnesses.

    CLAIM:
    1. Flowing from the above there an be no doubt that the said land, as stated in the sale agreement, was the property of the Dutch South African nation, nowadays known as Afrikaner or Boer.
    2. There is no doubt that the land was not turned over to private ownership, but that it was to be put under the guardianship of the legal governance of said ethnic group, and not under the South African Government.
    3. There is no doubt that the sale and purchase were legal and binding and that the purchase was fulfilled.
    4. There is no doubt that the descendants of the Dutch South African nation did not by any means turn over the utilisation and control of such land to any Government, South African Government included, but that the land should be utilised and controlled by the descendants of the ethnic group and those they permit to settle there. This right was at no stage turned over to the South African Government on April 27, 1994 by the descendants of the ethnic group.
    5. As the only legal, registered political party representing only descendants of the ethnic group known as Afrikaner or Boer, FRONT NATIONAL lay claim to the land to form an ethnic controlling body in terms of our traditions, culture, language, and western outlook on life as intended by our ancestors.
    HANNES ENGELBRECHT
    LEADER: FRONT NATIONAL

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Trippie vir Parlement.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Arnie, ek voel sommer bloedrooi in my gesig – hier is vir jou ‘n Boervrou-drukkie hoor – X

    2. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Welgedaan. Dit is hoekom ek vir FN sal stem. Hierdie landgryp storie gaan nog die ANC se doodsteek wees.

  7. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Nog ‘n hanskakie vir die DA.

  8. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Die demokasie! Watter demokrasie is daar vir ons? Die demokrasie van te probeer raai oor die mees effektiewe manier om iets van ons swart meesters af te bedel. ‘n Paar krummeltjies van die tafel van die halfgebakte kommunistiese vetkatregime. En veral ‘n groterige krummeltjie vir die ewe halfgebakte wit adjunkministers in diens van die ANC regime.

Leave a Reply