praag.co.za

Petrol of diesel?

Written by

in

,
Die Audi A3-sedan en Mercedes-Benz CLA
Die Audi A3-sedan en Mercedes-Benz CLA

deur André Olivier

Met die huidige stand van sake in Suid Afrika verhandel die rand teen rekordlaagtepunte teenoor die meeste buitelandse geldeenhede. Dit veroorsaak dan nie net buitensporige brandstofpryse nie, maar ook heeltemal buitensporige pryse wat ingevoerde artikels en goedere, soos motors, betref.
Ons het dit goedgedink om ‘n paar van die nuwegeslagmotors met beide diesel- en petrolaandrywing met mekaar te vergelyk. Albei tipes enjintegnologie het oor die afgelope drie jaar met rasse skrede verbeter. Die eerste paar motors wat ons vergelyk, is ‘n nuwe segmentmotor in Suid-Afrika, die sub-kompakte luuksesedansegment. Hieronder tel motors soos die nuwe A3-sedan, die Mercedes CLA en Citroën se DS-sedanreeks wat eersdaags sy opwagting in Europa gaan maak.

Audi A3 2.0 Tdi SE vs. Mercedes-Benz CLA200

Ons het dan die Audi A3 2.0 Tdi SE, wat diesel sal verteenwoordig en die Mercedes-Benz CLA200, in die petrolhoek, onder hande geneem.

Die Audi A3-sedan en die Mercedes-Benz CLA het in wese dieselfde doel: om “bekostigbare toegang” te bied tot die Duitse luuksehandelsmerke. Tog is hul voorkoms, gevoel, en ry-persoonlikhede baie verskillend – byna teenoorgesteldes – wat beteken dat sommige kopers elke element van hierdie twee modelle tot in die fynste besonderhede sal vergelyk, terwyl ander kopers nie eens die ander model as ‘n alternatief sal sien vir sy voorkeur nie.

Met die Audi A4 en Mercedes-Benz C-Klas, die onderskeie modelle wat “gebruik” is om kompakte sedans mee te vergelyk, het die punt nou verskuif na half-groottesedans, net onder hierdie twee modelle. Beide die A3 en die CLA is gebou op die voor-wiel-aangedrewe argitektuur, en om en by dieselfde grootte; maar jy hoef net te kyk na hul verskillende profiele om die kontrasterende persoonlikhede van hierdie twee modelle te verstaan. Terwyl die A3 in wese dieselfde silhoeët as die groter A4 vertoon, hoewel met ‘n verkorte stertkant en beter gestileerde sykante, het die Mercedes-Benz CLA meer aspirasies. Van die kant kan jy die lae, vloeiende daklyn van die CLS sien, terwyl dit in die kajuitagtige binneruim weer baie na die SLK neig.

Die CLA se stertkant
Die CLA se stertkant
Stertkant van die A3
Stertkant van die A3

Die A3 is 7,5cm korter as wat die Audi A4 was toe dit in 1996 bekendgestel is. Die CLA is sowat 17,5cm langer as die A3 en die Mercedes is nou wat grootte betref, meer vergelykbaar met die hoofstroom- kompakte motors soos die Honda Civic, Chevrolet Cruze en Ford Focus. Die as-afstand ( ie afstand tussen die voorste en agterste wiele) is slegs 5cm langer as dié van die hoofstroom- kompaktesedans.

Ondanks die feit dat die lae daklyn mooi lyk, laat dit die Mercedes se binneruim baie beknop voel. Selfs al is daar baie meer ruimte voor in die Benz as in die A3! In die CLA voel dit werklik of prioriteitruimte voorlangs ten koste van diegene, wat dit durf waag om agter in te skuif , toegeken is. Dit is beslis meer koepee-agtig as die A3, wat ‘n meer bruikbare agterste sitplek het. Maar selfs in die A3 sal daar erg onderhandel moet word met diegene voor, om agter in te skuif. Materiale binne beide motors is van uitstaande gehalte en tipies van die Duitsers; kwaliteit en diensbaar. Sagte leer regdeur al twee binneruime verseker ‘n gevoel van luuksheid en ons het nie vir een oomblik gevoel dat ons in ‘n minderwaardige Audi of Mercedes sit nie. Iets om aan gewoond te raak is die CLA se ratstokkie wat soos ‘n flikkerligstokkie aan die kant van die stuurwiel gemonteer is. Dit het een of twee keer gebeur dat ek die rat stokkie misgis het vir die rigtingaanwyserstokkie en dan die motor per ongeluk in neutraal druk. Ek wens regtig Mercedes wil ‘n ander plan met die ratte maak.

Die CLA se paneelbord
Die CLA se paneelbord
Paneelbord van die A3
Paneelbord van die A3

Die CLA 200 het ’n sewe-spoed dubbelekoppelaar- outomatiese ratkas, terwyl die A3 oor ‘n sespoedhandratkas beskik. Werkverrigting tussen hierdie twee motors is vergelykbaar met die A3 2.0Tdi wat ‘n paar tiendes van ‘n sekonde stadiger teen 8,6 sekondes tot 100 km/u versnel as die CLA 200 petrol se 8,5 sekondes. Die CLA ry beslis beter , en daar is minder padgeraas in die kajuit , maar dit is nie heeltemal die skerp hanteerder wat die A3 is nie. Ons wil egter ook die A3 se stuurgevoel en remme as ‘n stap bo die CLA s’n plaas. Die ander ding wat die twee modelle in gemeen het, is hul inligtingsvermaakstelsel. Aan die bokant en middel van die paneelbord van beide hierdie modelle is ernstig gevorderde vermaakstelsels wat goed lyk en die uiterste funksionaliteit bied. Ons wil die Audi se MMI-stelsel voor die nuutste stelsel in die CLA plaas: nie net is die Audi-stelsel soomloos in die paneelbord versteek wanneer die voertuig geparkeer is nie, maar MMI sluit Google Earth en Street View-kaarte, gevoed deur ‘n hoë-spoed 4G LTE ingeboude datakoppeling in (wat jy ook met jou passasiers en hul toestelle kan deel).

Beenruimte in die CLA
Beenruimte in die CLA

Die Mercedes CLA sluit meer standaardveiligheidskenmerke in soos radargebaseerde botsingvermydingstelsels, asook die aandaghulpstelsel wat deur middel van klingels en liggies verhoed dat lomerigheid intree wanneer jy bestuur. Aktiewe veiligheidsopsies in die Audi sluit blindekolmonitors en aanpasbare spoedbeheer in.Wat die enjins aanbetref, word die A3 deur Audi se 2.0 liter 4 silinder-dieselenjin met turbo-aanjaer aangedryf. Die enjin ontwikkel 110 KW en 320 NM se wringkrag. Die CLA word deur ‘n 1,6 liter turbo- viersilinderenjin aangedryf wat 115 KW en 250 NM se wringkrag lewer. Brandstofverbruik word aangegee as 4,1l/100km vir die A3 en 5,5l/100km vir die CLA. Uitlaatgassyfers is ook indrukwekkend teen 107g/km vir die diesel-A3 en 130g/km vir die petrol-CLA.

Watter een van die twee sal ek met my eie geld koop? Wel die Audi A3-sedan is oor die algemeen ‘n mooier motor maar die CLA is uniek. Die CLA trek meer aandag terwyl die A3 meer prakties is. Brandstofverbruik en verrigting is so vergelykbaar dat dit in die regte lewe geen verskil gaan maak nie. Ek het agtergekom dat ek die CLA harder ry omdat hy meer sportief voel en dit sal natuurlik ‘n uitwerking op die brandstofverbruik hê. Teen R370 000 vir die A3 en R390 000 vir die CLA gaan dit ‘n moelike besluit wees.

Telkaart

Audi A3 Sedan 2.0 TDi SE

Prys 2 uit 5
Voorkoms Buite 4 uit 5
Binneruim Kwaliteit en Afwerking 5 uit 5
Spasie en Praktiese toepassing 3 uit 5
Agter die stuur 4 uit 5
Enjin en Ratkas 5 uit 5
Op die pad 5 uit 5
Veiligheid 5 uit 5
Totaal 33 uit 40

 

 

Mercedes-Benz CLA 200 outo

Prys 2 uit 5
Voorkoms Buite 4 uit 5
Binneruim Kwaliteit en Afwerking 5 uit 5
Spasie en Praktiese toepassing 2 uit 5
Agter die stuur 3 uit 5
Enjin en Ratkas 5 uit 5
Op die pad 4 uit 5
Veiligheid 5 uit 5
Totaal 30 uit 40

Comments

16 responses to “Petrol of diesel?”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Beide is prag-motors – maar my gunsteling is maar die Audi.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Ek sal ook nie nee sê as hulle een van hierdies aan my skenk nie – petrol of diesel, maak nie saak nie 🙂

  2. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Dankie André, vir die informatiewe artikel. Meeste van wat ons deesdae oor motors te lese kry, is in Engels en ‘n interesssante en kundige artikel in Afrikaans oor die mooi gediertes, is dus iets verfrissends. Sien uit na die volgende aflewering.

    1. Andre Avatar
      Andre

      My plesier Karel.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Weereens ‘n uit die boonste rakke artikel soos altyd André.
    Enige MB met ‘n diesel enjin. Niks soos daardie torque wat in die gene is nie. Jou vakansie begin op jou “driveway.” So voor die langnaweek is my vrou se C320 CDI afgelewer! Hardloop soos ‘n stoomtrein, geen keer!

  4. Dolk Avatar
    Dolk

    Dit gaan te GOED met die Boerevolk!!!

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Ek bou maar so ‘n klein lugkasteeltjie – met my skedonk gaan ek aftree, geld vir ‘n nuwe motor sal daar nie weer wees nie. Solank ek veilig van punt a na punt b kan reis, is ek gelukkig.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Dit sal goed gaan… – wanneer ons van die vervloekte JUK van die Afrikaan-gediertes bevry is… Wanneer ons kindertjies weer oop-handjies kan slapies… Sonder om wakker te skrik.

        Soms voel ek… – om ‘n spatlose, vlymskerp dolk te gebruik – om die toegegroeide ooglede van ons Volk oop te klief…

        Want ons volk het…, is ‘n wankelende, Afrikaan-barende sog – in ‘n bar, verskroeide woestyn…

        1. Trippie Avatar
          Trippie

          Nugterdenkende mens – ek noem hom Dolk.
          Inspirasie, ek noem hom Dolk.
          Voedsel vir die siel, ek noem hom Dolk.

          DANKIE !

    2. Willy Avatar
      Willy

      Dit is so goed dat dit goed gaan met die Boerevolk en ek is so bly daaroor. Dit wys ons kan hard werk, volgens ‘n begroting werk en nie op aalmoese staatmaak nie. Waar ons medemens (Boerevolk) behoeftig is spring ons in en help. Dit is vir my baie lekkerder as om te gee as om te ontvang.
      Ons moet net nie weer terugkeer na die tydperk tussen die Grootdroogte en die Runderpes nie, Dolk.

  5. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Te mooi vir woorde. Te onprakties om te ry op slaggate omring deu teer. Te duur om te koop. Te kragtig vir die spoedhobbels en 120 Zones. Te lekker om oor te droom.

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Een van my werkgewers het twee weke gelede juis vir al jou genoemde redes sy luukse Mercedes ingeruil vir ‘n Audi Q3.

    2. Willy Avatar
      Willy

      Gelukkig nie meer die onpaar wiele by die MB nie waar die agterstes groter is as die voorstes. Om ‘n band om te ruil was ‘n nagmerrie.

  6. Kalium_Chloraat Avatar
    Kalium_Chloraat

    Ek het hierdie som al baie gedoen. Wanneer die investeringsbesluit analise op vergelykbare voertuie gedoen word kies die som altyd petrol. Die rede is diesel se gewoonlike aanvanklike hoër aankoopprys en die onderhoud van diesel wat baie hoër is. Wanneer ‘n gelykbreekanalise gedoen word moet ‘n dieselbakkie 300000km+ (sonder brekasies wat nie deur ‘n gewone diens hanteer kan word nie) loop voordat die laer brandstofgebruik die twee opsies laat gelykbreek.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Baie waar.

  7. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Die rede hoekom boere diesel verkies is omdat dit Bo die grond gestoor kan word. Dieselfde geld vir opwekkers. Ek moet egter erken dat ek baie hou van diesels en turbos, veral nadat ek en ‘n Polo ‘n Subaru geklop het in ‘n rooilig resies. Maar die somme wys maar na lae rewolusie petrol motors, wat Mercedes toevallig baie goed is mee.

Leave a Reply