Die Tshwanemetroraad in Pretoria het R19 miljoen beskikbaar gestel om 144.000 swart gesinne by te staan wat deur vloede geraak is, het RSG berig.
Die munisipaliteit sê skade van sowat R124 miljoen is veral in swart gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Ga-Rankuwa, Rethabiseng en Mamelodi aangerig.
Die metro het ook vroeër meer as ‘n R100 miljoen beskikbaar gestel om sowat 40.000 huise in Tshwane se dakke te herstel wat aan die einde van verlede jaar deur hael beskadig is.
Dit sal insluit die herstel van die huise en vensters en die vervanging van die asbesdakke wat verlede jaar in November en Desember in die storms beskadig is.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.