praag.co.za

Eskom belowe geen kragonderbrekings dié week

Written by

in

,
Ben Martins
Ben Martins

Met gerugte dat beurtkrag die ANC in die komende verkiesing kan benadeel, het Eskom intussen die versekering gegee dat daar geen kragonderbrekings sal wees hierdie week nie.

Eskom se woordvoerder, Andrew Etzinger sê beurtkrag word nie in die vooruitsig gestel nie, alhoewel die kragnetwerk steeds onder druk verkeer.

Dit is nie bekend hoe die kragvoorsiener in die vraag sal voldoen nie. Eskom moes noodgedwonge vier dae gelede beurtkrag instel om die ineenstorting van die kragnetwerk te verhoed.

Hulle het reeds twee keer ‘n noodtoestand afgekondig omdat die steenkoolvoorraad nat geword het as gevolg van die deurdringende reën die afgelope week. Dit is egter nie die enigste rede vir die kragtekort nie, het ontleders gesê.

Die minister van Energie, Ben Martins het gesê dat Suid-Afrika dringend alternatiewe hulpbronne, behalwe steenkool vir kragvoorsiening moet oorweeg.

Hy het gesê die land is in ‘n wedloop teen tyd gewikkel om aan die stygende vraag na elektrisiteit te voldoen.

Martins het tydens die bekendstelling van ontwikkelingsprojekte in Port Elizabeth dié pleidooi gelewer.

Hy het ook gerugte ontken dat Suid-Afrika die beste gehalte steenkool uitvoer en van swakker gehalte steenkool vir sy eie behoeftes afhanklik is.

 

Comments

19 responses to “Eskom belowe geen kragonderbrekings dié week”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    EKSDOM !!!! Ek kan skree van frustrasie ! Waarom het ons woonbuurt se krag vanoggend afgegaan net na 4 ?!?!?! Dis chaos op die pad, (en voeg nou by die spul taxi-drywers wat nie-werkende verkeersligte verontagsaam) selfs in Lynnwoodweg is daar weer verkeersligte wat buite werking is. Julle is wragtig die mees patetiese spul narre ! Ek wou nou ‘n grappie maak oor krag, maar ek het net doodeenvoudig nie krag nie !

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Trippie selfbeskikking is werklik ons enigste antwoord
      op hierdie stadium. Die gelykmaker gaan die massas bewerkstellig deur
      onbeheersde aanteling. Intussen moet julle by die werk kom – Sterkte! EN terwyl
      jy moet wag sing Sarie Marais uit volle bors – goeie kardiovaskulere oefening en
      spanning verligter. 😉

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        LMAA! – “Sarie Marais”

        😀

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Dolk goeiemore – jy lag jou as af maar kan jy jou
          voorstel in wat se gemoedelike bui die mense kan raak as alle Afrikaner “My
          Sarie Marais sing” i.p.v. frustrasie opbou oor niks vorentoe beweeg nie – ek se
          draai oop julle vensters en sing! Sing uit volle bors saam!

          1. Dolk Avatar
            Dolk

            Goeie more ook aan u en u wederhelf! (Dis goed om te weet dat iemand in ‘n verhouding ens. staan.)

            Dis presies hoekom ek dit so kostelik vind! Lief dit!

      2. Trippie Avatar
        Trippie

        Riempies, ek is so kwaad, nou sit jy ‘n glimlag op my gesig (dankie) – intussen bly my metertjie in die rooi, sien hieronder.

        1. Riempies Avatar
          Riempies

          Hierdie moer meter het my en my man laat skaterlag!!

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Suid Kaap kry bitter min onderbrekings… Baie sterkte aan al die Transvalers!

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Goeie more Dolk ! Klop my hart tjokkies – dankie vir die gebruik van “Transvalers”, 2de ligpuntjie vir die oggend 😉

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Goeie more ook julle almal…

          Trippie, julle is soos vars, goeie moerkoffie – al probeer iemand die naam verander – die inhoud bly dieselfde! 🙂

          Sterkte nogmaals aan al die Vaalpensies! (Hehehe!)

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Hehe, en wat is ek hier tussen die twee uiterstes???

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Nou moet jy verduidelik!

            (~Glimlag~)

          3. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Vaalpense aan my eenkant, en Capies aan my ander kant.
            Wat word ons hier in die Vrystaat genoem???

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            Skuus man – Blikore. Nou nie die mooiste naam nie – maar ook julle is sout van die aarde mense… 🙂

            Ek’s eintlik ‘n toeka se jare, Noord Kaap Boerklong… Gebore en getoë… Na 28 jaar in die Suid Kaap praat ek nog van plek en ek – nie êk nie… 😉

  2. Dolk Avatar
    Dolk

    Verkiesings is darem ‘n wonderlike ding… Skielik is ESKOM sonder noemenswaardige probleme! Net ‘n bietjie druk… Druk op die apies om nie die krag af te skakel nie…

    1. JAVR Avatar
      JAVR

      Hier is ons antwoord

  3. StalinX Avatar
    StalinX

    Is nog n moerse verhoging skielik weer goedgekeur vir bonusse?

  4. Eic Bornman Avatar
    Eic Bornman

    en Mickey Muis ewe regtig..

  5. Andrea Avatar
    Andrea

    Dis nou ‘n ding. ‘n Verskaffer van my bevestig dat hulle reeds sedert verlede week elke oggend 3 ure beurtkrag verduur (Alrode) en ander verskaffers (Nigel en Brakpan) bevestig dat hulle ‘n generator aan die gang het vir meer as ‘n dag nou al. Dit alles terwyl hierdie klom bobdjaane beloof dat daar geen onderbrekings sal wees nie. Die mense in Alrode, Nigel en Brakpan is seker maar almal ‘n klom leuenaars, dit kan nie Eskom wees nie!

Leave a Reply