praag.co.za

Afwesigheid in parlement en wetgewer onder skoot

Written by

in

,
sleepers
Die wat wel opdaag, slaap

Lede van die parlement en wetgewers kan hul plekke verloor of beboet word as hulle belangrike vergaderings misloop.

Die parlementêre woordvoerder Luzuko Jacobs het gesê ‘n beleid ten opsigte van bywoning is deur die gesamentlike veelpartyreëlskomitee aanvaar.

Hy het gesê lede kan hul setels verloor as hulle vir 15 of meer opeenvolgende sittingsdae in die Nasionale Vergadering of die Nasionale Raad van Provinsies afwesig gemerk word.

Uitsonderings sal gemaak word indien hulle toestemming ontvang het.

LP’s wat komiteevergaderings misloop wat toesig oor staatsdepartemente hou, kan ook beboet word met R1000 vir elke dag wat hulle afwesig is.

Hulle het onder skoot gekom vir die versuim om sittings by te woon waar omstrede wetsontwerpe nie bespreek word nie, as gevolg van ‘n gebrek aan ‘n kworum.

Die verskynsel van afwesige lede het ‘n gereelde kenmerk in die afgelope twee jaar geraak.

Een ANC-LP wat nooit in die Nasionale Vergadering teenwoordig is nie, is Winnie Madikizela -Mandela.

Dit sal van die speaker in die parlement afhang om die nuwe instrument doeltreffend te gebruik.

Stappe teen die skuldige LP’s kan uiteindelik tot hul skorsing uit die parlement lei.

Die hoofsweep van die ANC in die parlement, Stone Sizani sê die beleid sal slegs ‘n sukses wees mits dit in samewerking met die bestaande elektroniese moniteringstelsel gebruik word.

Sizani het by monde van sy woordvoerder gesê dat al die partye moet instem dat die moniteringstelsel geaktiveer word, sodat parlementslede se bywoning behoorlik gevolg kan word.

Die stelsel is reeds by die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies aangebring.

Comments

24 responses to “Afwesigheid in parlement en wetgewer onder skoot”

  1. Trippie Avatar
    Trippie

    Wat wou ! Hulle sit nie en slaap nie, hulle sit en VREK ! Maar kom dit by die kospotte, word die derms dik gestop, om nie te praat van die sakke oorskiet kos wat huiswaarts geneem word nie.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Wraggies… Hulle bly darem nag-lelik… Slapende zombies…

  2. Jochen Peiper Avatar
    Jochen Peiper

    Maar slaap is mos aanvaarbaar…

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Jochen Peiper – stem saam – laat hulle slaap – hulle kan
      minstens nie kwaad doen terwyl hulle slaap nie.

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Riempies, dis van al die slaap en eet wat hulle lyk soos hulle lyk ! SPEKVET – ek vertrou hulle nie eers as hulle slaap nie !

        1. JAVR Avatar
          JAVR

          Ja more Trips, dis wanneer hulle hulle volgende stappe droom!!!!

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Hierdie gaan n voltydse joppie wees – gelukkig het hulle dan mindertyd om kwaad uit te dink.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Gesegde: Moet nie slapende honde wakker maak nie – so-o-o waar… (~;

  4. william Avatar
    william

    Die parlement kan met die helfte gesny word. Hulle is niks werd nie. Parasiete

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      William – wat gaan verander as die hele ANC vir n jaar nie
      vir werk opdaag nie? –Niks– behalwe – minder wanorde en dat daar meer geld
      gaan wees om die land instand te hou – – dis nou benewens hulle maandelikse salaris wat hulle nog elke maand gaan trek.

      Sonder die ANC vir n jaar? Wat n opbouende gedagte!!

      1. JAVR Avatar
        JAVR

        Ai Riempies, “those were the days”!

  5. JAVR Avatar
    JAVR

    Ag of hulle daar is of nie, dit gaan nie help nie! Hulle sit mos in elk geval en slaap!

  6. Eric Bornman Avatar
    Eric Bornman

    Dis n ou truuk van politici, heer Pikkie wat ons ambassadeur was by die VN in die 70’s het nooit opgedaag as belangrike punte oor RSA bespreek is niem die enigste prsoon teenwoordig van RSA was n joernalis., kyk wat het van RSA geword.

    1. JAVR Avatar
      JAVR

      Seker omdat hy te dronk was om te weet hy is nie in vergadering nie! Skande van 6 in die foto slaap 5!

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        As die fotograaf ‘n wye lens kamera gehad het, het ons meer as net 5 gesien wat sit en vrek.

        1. JAVR Avatar
          JAVR

          Hy moes dit seker van ver af neem anders was dit gekonfiskeer nê! Mag mos nie weet waarvoor ons die boy en ennie regtig betaal nie!

  7. Andrea Avatar
    Andrea

    Wel, as hulle so sit en slaap weet ons darem waar hulle is en wat hulle doen … die gevaar kom in waneer ons nie hierdie goed weet nie!

  8. JAVR Avatar
    JAVR

    Rockabye baby…….!!!

  9. Rutger Avatar
    Rutger

    Dit laat mens natuurlik met die vraag van wie regtig Suid-Afrika beheer, want duidelik het hierdie spul nie die vaagste benul wat aangaan nie, neem geen besluite nie en voel nie verantwoordelik nie.

  10. Riana Avatar
    Riana

    Ek het van ‘n DA-lid gehoor Pieter Mulder se broer slaap nie in die Parlement nie want hy slaap in die fliek. Dis glo al wat hy doen in die Kaap is om te gaan fliek. Hy ken die flieks blykbaar uit sy kop

    1. JAVR Avatar
      JAVR

      Uitgeslaap want hulle was ook hier?

      1. Trippie Avatar
        Trippie

        Wat soek ‘n veronderstel om wit te wees vrou in Khayelitsha – dan nog te erken sy het in ‘n ampsmotor ‘n lewendige skaap vervoer !?!?! Nog erger, om die gepeupel se voorvaders te vereer ?!?!?!?! Ek sak my kop in skaamte vir haar wit vel !

        1. Leana Avatar
          Leana

          Jammer oor die ENGELS op ‘n AFRIKAANSE blad, maar………………
          If you can’t BEAT them, JOIN them……;-)

  11. william Avatar
    william

    Hulle slaap so lekker want hulle vreet so lekker. Lekker manier om jou geld te verdien

Leave a Reply