‘n Vier-en-veertigjarige swart man verskyn vandag in George se landdroshof in verband met die verkragting van ‘n sewejarige meisie.
Hy is verlede week tussen die Pacaltsdorp en Thembalethu in hegtenis geneem. Die kind is in die sorg van ‘n familielid in Rosemoor gelaat, volgens die polisie.
Die verdagte het haar na bewering ontvoer en na ‘n nabygeleë huis geneem hy haar verkrag het.
Die kind het in die daarin geslaag om in die vroeë oggendure te ontsnap en na die familielid se huis terug te keer.
Sy is in die hospitaal opgeneem waar sy ‘n operasie ondergaan het. Sy is die volgende dag ontslaan.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.