praag.co.za

City Press redaktrise met verlof oor rassisme

Written by

in

,
haffajee
Ferial Haffajee

Die redaktrise van City Press, Ferial Haffajee, is tans met verlof te midde van ʼn rassisme-debakel by die koerant, het die Sunday Independent berig.

“Julle bitsige redaktrise is met verlof. Dit sal julle in staat stel om die vure wat ek begin het te blus,” het Haffajee glo aan die koerant gesê.

Haffajee het in ʼn brief aan haar personeel om verskoning gevra en gesê sy kyk nou vorentoe. Dit kom nadat daar glo ʼn uitval tussen Haffajee en van haar personeel was oor “swart-teen-wit-rassisme”.

Haffajee het vroeër die week op Twitter geskryf: “Ek duld nie wit rassiste nie, so wat maak swart rassiste enigsins anders? Vandag trek ek ʼn streep in die sand. Twee kante: een aaklige munt.” Van die koerant se joernaliste wil nou glo strafregtelike klagte teen Haffajee aanhangig maak nadat hulle haar van rassisme beskuldig het.

Die joernaliste het ook die koerant daarvan beskuldig dat die publikasie te veel daarop fokus om stories te doen wat kap na president Jacob Zuma, maar nie na die Demokratiese Alliansie (DA) nie. 

Hulle beskuldig Haffajee daarvan dat sy nie swart nuusredakteurs met politieke kontakte wil aanstel om stories vanaf ʼn “swart perspektief” te vertel nie. 

Haffajee het beswaar gemaak teen die “rassistiese aanvalle” op haar drie nuusredakteurs. Sy het die joernaliste daarvan beskuldig dat hulle rassisties is en hulle ʼn week gegee om te besluit of hulle steeds by die koerant wil werk. Haffajee sê egter dat die koerant sterker aan die ander kant sal uitkom. 

Sy het aan personeellede die versekering gegee dat daar niks buitengewoon is aan die uitval nie aangesien sulke insidente dikwels voorkom. ʼn Interne ondersoek is intussen by die koerant van stapel gestuur. – Sapa

Comments

11 responses to “City Press redaktrise met verlof oor rassisme”

  1. Trippie Trip Avatar
    Trippie Trip

    Gee haar die krediet wat haar toekom. Swartes is die grootste rassiste. Enigiets wat hul nie pas, word luidkeels geskree “RASSISME” ! Die beste persoon is veronderstel om die werk te kry, NIE volgens die kleur van jou vel nie.

    1. Gas Avatar
      Gas

      Om nie van Kleurlinge te praat nie. Ons word sommer Boere in vergaderings genoem en hulle gooi ook die K woord lekker rond hier waar ek werk. Hulle het nog meer ‘n identiteitskrisis as die swartes. Kan mos sien dat elke tweede artikel wat Jansen of Jeffreys skryf moet iets met ras of Apartheid of Afrikaners te doen hê.

      1. beeshaas Avatar
        beeshaas

        ja ou Jansen is behep met die Afrikaner. soek altyd ‘n geleentheid om ons te beswadder. die ou haat die boere meer as kanker.

  2. jas stegmann Avatar
    jas stegmann

    Hmmm? City Press van die Naspersnuuskartel? Sy het nie gedink die foefieslaait se pyp waar sy aan hang vir so ‘n lekker trippie (askies Trippie Trip), kan só warm raak nie. Nou wonder sy: Moet ek vashou of moet ek los?! En die grond is nog so ver! Ek kan mos donners hard val! Hoop daardie sambreel wat sy vir ‘n valskerm het, gaan nie oop nie.
    Soos elders gestel: Vanoggend word die lysbesorger self na die graf gedra. Mag sy hard rus. En ten minste hel hard val.

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      Goeie more Jas – 😉

  3. Willy Avatar
    Willy

    Mooi en daar gooi sy ‘n slang in die duiwehok. Die waarheid maak die swart rassiste die seerste.

  4. TRT Avatar
    TRT

    Sy lyk…dronk.

    1. Trippie Trip Avatar
      Trippie Trip

      LoL – ek wou netnou al ‘n aanmerking maak oor daardie deurmekaar kuif van haar … bedink my toe.

      1. leana Avatar
        leana

        Ja nee Trippie, sy sit hande in die hare. Dis hoekom hulle so lyk.
        As my skoonseun nou hier was sou hy se haar hare lyk soos ‘n prostituut mossie se agter ent vere. Sy woorde sou egter so effens van myne verskil het.

      2. botterblom Avatar
        botterblom

        Shame Trippie, haar haarverlengingstukkie het seker uitgeval.

  5. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Sy (soos ‘n redelike mens) dink toe die mes moet beide kante toe sny. Sy het nou op die harde manier geleer die mes sny net een kant toe – dit sê ons al lankal. Dit is hoe afrika en liberale werk.

Leave a Reply