praag.co.za

Kings kry pak, Bulle pak Brumbies

Written by

in

,
Dewald Potgieter
Dewald Potgieter

Die Leeus het die eerste van twee promosie-relegasiewedstryde vir aanstaande jaar se Superrugbyreeks teen die Southern Kings in Port Elizabeth met 26-19 gewen, berig RSG.

Vir die Leeus het Stokkies Hanekom altwee hul drieë gedruk, terwyl Elton Jantjes ‘n skitterende wedstryd gehad en 14 punte bygevoeg het.

Sy eweknie by die Kings, Demetri Catrakilis het self nege punte bygedra, terwyl Marcello Sampson en Steven Sykes die driedrukkers was.

Die Oos-Kaapse Premier, Noxolo Kiviet, het Donderdag die provinsie se Superrugby se geliefde ANC-franchise besoek om hulle sterkte toe te wens, maar dit het toe nie vir die nodige punte gesorg nie.

Die wenner van die valbyl-reeks sal tot 2016 van ‘n plek in die toernooi verseker wees.

Die tweede en finale uitspeelwedstryd is aanstaande naweek op Ellispark in Johannesburg.

Die twee halfeindrondewedstryde in vanjaar se reeks word Saterdag gespeel. In Hamilton, Nieu-Seeland speel die Chiefs teen die Crusaders in die Waikatostadion, en die afskop is net na halftien vanoggend.

Op Loftus Versfeld sal die Bulle, Jake White se Brumbies net na vyfuur vanmiddag pak. Die wenner van die stryd in Hamilton sal aanstaande Saterdag teen die wenner van die wedstryd in Pretoria te staan kom.

Die Brumbies het ‘n onveranderde span aangekondig vir die Superrugby-halfeindwedstryd.

“Die Bulle gaan ‘n reuse-uitdaging wees die naweek. Ons weet dat hulle met hul voorspelers gaan speel en Morné [Steyn] gaan gebruik om die punte te kry,” het die span se afrigter, Jake White, tydens Woensdag se aankondiging gesê.

Indien die Crusaders en die Bulle hulle onderskeie wedstryde wen, is die eindstryd op Loftus Versfeld. Indien die Chiefs en die Bulle wen, sal die eindstryd in Nieu-Seeland gespeel word.

Bulle:

15 Zane Kirchner, 14 Akona Ndungane, 13 JJ Engelbrecht, 12 Jan Serfontein, 11 Bjorn Basson, 10 Morne Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 Dewald Potgieter (kaptein), 7 Jacques Potgieter, 6 Deon Stegmann, 5 Grant Hattingh, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle, 1 Dean Greyling PLAASVERVANGERS: 16 Callie Visagie, 17 Frik Kirsten, 18 Morne Mellett, 19 Paul Willemse, 20 Jono Ross, 21 Jano Vermaak, 22 Jürgen Visser

Brumbies:

15. Jesse Mogg, 14. Henry Speight, 13. Tevita Kuridrani, 12. Christian Lealiifano, 11. Clyde Rathbone, 10. Matt Toomua, 9. Nic White, 8. Ben Mowen (kaptein), 7. George Smith, 6. Peter Kimlin, 5. Sam Carter, 4. Scott Fardy, 3. Ben Alexander, 2. Stephen Moore, 1. Scott Sio PLAASVERVANGERS: 16. Siliva Siliva, 17. Ruan Smith, 18. Fotu Auelua, 19. Colby Faingaa, 20. Ian Prior, 21. Andrew Smith, 22. Joe Tomane

Comments

8 responses to “Kings kry pak, Bulle pak Brumbies”

  1. Riempies Avatar
    Riempies

    Ek wou eintlik iets gese het by die artikel van Toettoet – nou sal ek maar hier se ek is n baie trotse bloubul.

    1. Rifrug Avatar
      Rifrug

      Ek wou ook iets gesê het by Tutu – snaaks, is die Disqus daar sommer net afgeskakel?

      1. Riempies Avatar
        Riempies

        Ek het nie n idee nie – ek het gemerk reg in die begin van die oorskakeling dat daar artikels met en sonder kommentaar was wat later kommentaar opsie bygekry het dalk is dit weer so n probleem.

        1. Rifrug Avatar
          Rifrug

          Kom ons hoop die kommentaar opsie word aangeskakel!

  2. Riempies Avatar
    Riempies

    Nou wil ek verder weet is julle ander skaam vir julle spanne?

  3. Riempies Avatar
    Riempies

    Die blou bulle is die konings van Suid Afrikaanse super liga – die ander provinsies se spanne kom nie naby nie!

  4. Riempies Avatar
    Riempies

    Hmmm niemand sprag n sprook nie – almal sit natuurlik nou vasgenael in die geheim en skelmpies voor die TV – ne!

  5. Riempies Avatar
    Riempies

    En nou mag niemand met my praat tot my dikmond gesak het nie!!

Leave a Reply