‘n Ondersoek is van stapel gestuur ná sewe mense beseer is toe ‘n hysbak by ‘n parlementsgebou onklaar geraak het, het die departement van arbeid gesê.
“Ondersoekbeamptes van die [departement van] arbeid het met ‘n ondersoek begin na die ongeluk en sal binnekort aan die minister, Mildred Oliphant, verslag doen,” het Musa Zondi in ‘n verklaring gesê.
Sewe skoonmakers is beseer weens ‘n probleem met die hysbak Vrydagaand.
Luzuko Jacobs, woordvoerder vir die parlement, het aan die SABC gesê die kontrakwerkers is na ‘n hospitaal geneem ná die ongeluk in die Marks-gebou.
Die gebou, wat die SABC se ateljees en kantore vir opposisiepartye huisves, is afgekordon tot ingenieurs kon vasstel of die hysbakke veilig is vir gebruik.
Dit is steeds nie duidelik presies hoe die werkers beseer is nie.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.