Die Afrikaanse aksiegroep het al dikwels die ooreenkomste tussen nasionale minderhede wat deur groter volkere omring word beklemtoon, soos dié tussen Afrikaners, die Québecois, die Vlaminge en die Katalane.
Roodt sê: Ons beskou die oorwinning van madame Pauline Marois as nie net goed vir die Québekane nie, maar ook vir die wêreldwye beginsel van selfbeskikking. Afrikaners, nes die Québekane, word omring deur honderde miljoene onderdane van die Britse Statebond wat Engels op ons afdwing en ons ekonomiese en kulturele vryheid deur rassistiese en chauvinistiese wetgewing beperk. Dit wil egter nie sê dat ons Suid-Afrika se totalitêre houding jeens veeltalgigheid met die meer verligte Kanadese weergawe wil vergelyk nie, maar ‘n klein volk en ‘n klein kultuur kan net binne ‘n eie staat vry wees.”
Dr. Roodt het ook ‘n beroep op die Afrikaner-separatistiese party, die Vryheidsfront Plus, gedoen “om te leer uit die welslae van die Parti Québecois en sy oortuigende oorwinning oor liberalisme, ten einde die Afrikaner se bevryding uit die kettings van die Engelse Statebondstaat van 1910 te verhaas. Ons kan ook liberalisme verslaan, net soos die Parti Québecois gedoen het.”
Sowel die Quebekane as Afrikaners beskik oor ‘n lang geskiedenis van taalstryd. Ook was beide volkere by tye die voorwerpe van Angel-Saksiese hoon. Roodt meen dat daar “groter samewerking tussen Quebekane, Afrikaners, Vlaminge en Katalane behoort te wees omdat hulle soortgelyke ervarings van meerderheidsverdrukking deel”. Hy is besonder geraak deur ‘n Twitter-boodskap vanuit Québec, wat in hoofletters verklaar: “ON VEUT UN PAYS!”, ons wil ‘n land hê.
“Die hemel weet, ons wil ook ‘n land hê. On veut un pays.” het hy afgesluit.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.