Die rivier voorsien aan 60 persent van die land se ekonomie en 45 persent van die bevolking water.
Waterwese se woordvoerder, Linda Page het gesê die gebruik van onwettige water is verlede jaar geraam op 244.000.000 kubieke meter.
“Ons weet dat die grootste sondaars boere in hierdie gebied is,” het Page het aan die dagblad gesê.
Nie-inkomste water (water wat nie deur munisipaliteite deur verlies en foute heffings dra nie) bestaan uit ongeveer 36 persent van die totale waterverbruik.
Om water in stand te hou, het Suid-Afrika nodig om onwettige besproeiing teen volgende jaar uit te wis en die tweede fase van die Lesotho Hoogland Waterprojek te implementeer, het die koerant berig.
‘n Praagleser het binne minute op die internet egter vasgestel dat die bruto-aanvraag omtrent 3580 miljoen kubieke meter is. As 36% daarvan deur die munisipaliteite verloor word, is dit 1288 miljoen kubieke meter.
Daar kan dus veilig aangeneem word dat die onwettige waterverbruik van 244 miljoen kubieke meter ook ander partye insluit omdat boere onmoontlik die ‘grootste sondaars’ kan wees gegewe die inligting.
Volgens die leser laat die berig met opset belangrike inligting uit om ‘n negatiewe sentiment oor boere aan te blaas.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.